Alles boeke!Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

'n Resensie van Jaco Botha se eerste roman, Miskruier

Jaco Fouchť*

Klik en koop nou! Miskruier
Jaco Botha
Human & Rousseau
2005
ISBN: 0798145811
228 bladsye
R125


Glo maar die vermaning op die agterblad dat die boek nie vir sensitiewe siele is nie. Ek was skepties oor hierdie waarskuwing, maar ene sersant Vuil van Zyl, 'n polisielid wat die hoofkarakter Braam Fourie in die Kaap teenkom, het my, met 'n truuk wat sy in die spreekwoordelike mou voer, anders oortuig. Ook word die tronklewe uitgebeeld met 'n grinterigheid wat 'n mens al leer ken het in Amerikaanse tronkdramas op televisie en die silwerdoek, maar wat sekerlik nog nie in Afrikaanse fiksie so gestel is nie. 'n Suid-Afrikaanse voorloper (of ten minste gedeeltelike literÍre inspirasie) is moontlik die outobiografiese The True Confessions Of An Albino Terrorist, 'n boek wat in agtergrond dalk meespreek in hierdie teks en ook gaan oor 'n man wat deur 'n regering geÔnkarsereer word waarvan die edelheid betwyfel word. Een van die newekarakters se tronkbynaam is Breyten.

Die storie verloop sů: daar is 'n plot-opbou in Johannesburg, dan 'n vlugtog Kaapstad toe, dan opsluiting in die Suid-Kaap. Dis natuurlik nie naastenby die hele storie nie. Die pas loop goed, veral in die tweede helfte.

Soos 'n mens uit sy kortverhaalbundels gewoond is van Botha, is die beskrywings raak en, soos hulle sÍ, sintuiglik. (Trouens, vir iemand wat net tien persent sig het, sien hy nogal baie raak.) Terwyl Braam byvoorbeeld op 'n stadium rede het om skuldig te voel en ook om vir sy vryheid te vrees, brand 'n gloeilamp in 'n hotelbadkamer "soos die lig van 'n ondervraer in (sy) gesig" (p 124). Kort hierna moet die man wel ondervraers in die gesig staar.

Daar is miskien twee soorte "man-hunts" in fiksie: die soort waar die jagters se jagtog om die beurt met die prooi se vlugtog verhaal word ('n mens dink byvoorbeeld aan die bekende flieks The Fugitive en U.S. Marshalls), en dan die soort waar net die prooi se situasie uitgebeeld word. Miskruier is van die tweede soort, met voldoende herinneringe om van Braam 'n interessante en taamlik ronde karakter te maak. Hy dink terug aan sy gesin, sy kinderdae, sy broer, sy ouers. Uit 'n literÍre oogpunt is Braam byna 'n soort outsider-figuur, maar die aksie-genre laat nie heeltemal toe vir al die introspeksie en somber betragting wat 'n mens van daardie karakters verwag wanneer hulle hulle sake in die eerste persoon stel nie. Tog kan 'n mens seker redeneer dat elke misdadiger en voortvlugtige 'n outsider-figuur is.

Diensplig in die tagtigerjare word bygehaal, hoewel met die gebruiklike korrektief van boetedoening en skulderkenning. Dit sal aangenaam wees om die een of ander tyd iets in Afrikaans te lees oor die militÍre lewe wat nie die hoof buig en mea culpa prewel nie. Maar dalk vind 'n mens nie so 'n storie in die diensplig wat soveel duisende wit mans in die sewentigs en tagtigs moes ondergaan nie, 'n tyd wat ons maar te gedurig vertel word inherent boos was, net soos ons twintig jaar terug verseker is dit inherent goed was; dalk moet 'n mens uitwyk na ander weermagte en eras vir sulke stories en verdere bydraes tot die grensliteratuur.

Nie dat dit kritiek teen die boek is nie. Daarvoor is Braam se soldatelewe te goed geÔntegreer met die veertigjarige man wat hy in die storie is. Kritiek wat 'n mens wel kan opper (en ek voel ek moet hierdie dinge noem, met die aanklag van nepotisme vlak voor my, want ek ken immers die skrywer en ook die redakteur), betrek geringe instansies. Op p 98 staan daar byvoorbeeld: "Sy en steek 'n sigaret aan" en op p 127 vind 'n mens beide "vrank" en "frank" - die regte woord is natuurlik "vrank".

Daar is al die een en ander genoem oor die geweld en seks in die boek. Dit was nie vir my oordadig nie (hoewel sersant Vuil van Zyl asseblief nie oor my pad moet kom nie), nie as 'n mens dink aan wat daagliks op televisie te siene is nie, maar dit was interessant om daarop te let dat die effekte soms baie sterk vir die leser (of hierdie leser) oorgekom het. Dit moet weens die een of ander vooroordeel wees wat 'n mens het: gewoond daaraan om jou onheil en afgryse in beeldvorm in te neem, skok dit in die gekoesterde privaatheid wat papier, en tradisioneel Afrikaans, bied.

Braam se vriendskap met Dalton, een van die figure in die tronk, kon miskien meer van gemaak gewees het. Dis 'n interessante en dalk selfs lewensbelangrike verhouding vir Braam en 'n mens kan insien hoekom die twee mans mekaar in die gure omgewing ondersteun. Ook wonder 'n mens later wat het dan van Braam se vrou geword, nŠ sy geteken is as 'n aantreklike en belangrike figuur. Maar dit is ook so dat aksieverhale juis nie vra om uitgesponne verhoudings nie, maar eerder met die storie wil aangaan.

Dalton is natuurlik 'n bruin man wat met die nodige Kaapse dialek voorgestel word. Of met die Kaapse dialek soos wit skrywers dit verstaan. Ek neem vrymoedigheid om dit op te haal omdat ek self vroeŽr hierdie jaar Kaaps probeer naboots het in 'n boek en nie seker is hoe ek gevaar het nie. Wat sou mense soos Heindrich Wyngaard en SP Benjamin daarvan dink? Daar is juis nou 'n debat aan die gang oor swart skrywers. Wat interessant sou wees, is as 'n swart (of bruin) skrywer 'n slag die wit deel van die Afrikaanse gemeenskap aanpak om te ondersoek, kompleet met dialek en eienaardige preokkupasies. Ons het waarskynlik heelwat eienaardigheid, nie in die minste ons vooropgestelde idees van ons bruin en swart familie nie. Dit egter in die algemeen en tersyde.

Botha se karakterisering is goed en hy laat tough guys soos tough guys praat en die tough girls soos tough girls optree. Hy staan nie terug vir onderwerp nie en werp homself in die stryd met die woord en die woes van die lewe.

Miskien kan 'n mens die vloektaal en seks nog 'n bietjie bekyk. Ons skrywers gaan nog eendag moet verantwoording doen vir ons ruimskootse gebruik van vulgariteite en dit sal, as ons so gelukkig is om dan nog gepubliseer of heruitgegee te word, in die vorm van sensuur wees: ons boeke sal gesuiwer word van nare woorde. Want die pendulum sal sekerlik die een of ander tyd terugswaai en mense sal lag en wonder oor hierdie spul wat rondom die eeuwending dan so grof geskryf en gepraat het, en ons sal terug wees in 'n scenario wat nie te veel sal verskil van wat ons in die ou dae geken het en wat in 'n mate herhaal word in die boek met sy distopiese Nuwe Suid-Afrika nie. Wat Miskruier miskien sÍ, is dat ons moet dankbaar wees vir die geleentheid om 'n bietjie losbandig en vulgÍr te wees. 'n Mens hůťf dit nie te wees nie, en jy kan jou ook openlik daarteen uitspreek as jy die behoefte voel, maar dis in jou eie belang dat jy die opsie het.

Laastens: daar is al die een en ander gesÍ oor die leesbaarheid van die boek. Ek was van voorneme om dit 'n bietjie te laat hou en darem oor drie of vier dae daarna te kyk, maar ek het dit op die eerste dag klaar gelees. Dit voer 'n mens wel mee.

Botha meen hy is vir eers klaar met kortverhale. Dit lyk asof sy oorgang na die roman 'n groot sukses kan wees en 'n mens sien uit om te hoor hoe goed sy skryfsel vaar. Lees gerus die boek.



* Jaco Fouchť is die skrywer van twee romans en 'n kortverhaalbundel



LitNet: 24 Oktober 2005

boontoe

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.