Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Fauresmith-uithouwedren: n interessante subkultuur in die wreld van die Perd ...

Michiel Heyns

Michiel Heyns (junior), gebore in Johannesburg, geto in Bloemfontein, tans in Stellenbosch as MA-student in Afrikaans en Nederlands. Oor die verlede en die toekoms weet ek weinig.

Julle kan enige plek stop, behalwe in die mense se pad, s die man wat op n opvoustoel langs die skouterrein se hek sit.

Fauresmith-uithouwedren, 2005. Om by die skouterrein te kom ry jy byna regdeur Fauresmith. Die dorpie self is ietwat vervalle, maar daar heers steeds n plattelandse atmosfeer. Tussendeur die toegemaakte winkels in die hoofstraat waarvan die ruite meestal uitgegooi is loop n ongebruikte treinspoor. Die Uithouwedren is die belangrikste sosiale en ekonomiese gebeurtenis op Fauresmith se kalender.

Deur n sameloop van omstandighede het ek gedurende n bepaalde stadium van my lewe enkele kere die voorreg gehad om deel te wees van die Suid-Afrikaanse Saalperdkultuur, n interessante subkultuur in die wreld van die Perd. Ekself is nie n ruiter nie, trouens, n perd is in my o n gevaarlike en onvoorspelbare dier wat met wantroue bejen moet word. Die enkele kere in my lewe wat ek myself wel op die rug van n perd begewe het, was kortom traumatiese en spanningsvolle ervarings. My deelname aan Saalperdskoue en sedertdien ook Uithouritte vind dus streng vanaf die periferie, uit die oogpunt van die toeskouer, plaas. (Suster, daarteenoor, is n perdeliefhebber wat perde nie wantrou nie, nie vir hulle bang is nie en weet hoe om n perd op te saal en selfs op haar dag n paar keer ge-Saalperd het.)

Ek beskou myself teen hierdie tyd as n connoisseur op die gebied van skoukos. Van Luckhof tot Philippolis het ek al gepannekoek en gekerrie-en-rys, en daar is its aan kos wat n mens so uit styrofoam met die reuk van perdemis langs n baan eet. Op Fauresmith, kan ek met trots verslag lewer, was die kerrie en rys, sowel as die pannekoeke, van hoogstaande gehalte.

Langs die pawiljoen is daar soos op alle perdeskoue n saal met staaltafels en plastiekstoele en daar kan jy sit en eet en deur die Volksblad blaai. Of jy sit sommer buite op die pawiljoen met die deurwinterde Vrystaatsonnetjie op jou skouers.

Perdemense is, net soos hondemense en dieremense in die algemeen, gewoonlik n kleurryke klompie bymekaar. Deurslaggewend heers in my o egter altyd n gees van goedbedoelde sportmansgees, amper soos by n kerkbasaar. Met die Uithou-mense is dit ook nie anders nie. Aan die teenoorgestelde kant van die baan is n kamp vol vierwielbakkies, army-tente en aanmekaargeflansde perdekampies. So was daar byvoorbeeld die aankondiging: Almal wat borduurwerk bestel het, kan dit nou kom afhaal  en n bietjie later: Niemand mag voor hierdie kantoor staan nie. Ek herhaal: julle kan aan die oorkant staan, of enige ander plek langs die draad, maar nie voor die kantoor nie. Kom mense, ons oefen nou vir more, n 

Want ons was op die tweede dag van die Uithourit daar. Daar is drie bene van die wedstryd: op die eerste dag ry die ruiter 74 km deur die omringende koppies van Fauresmith, op die tweede dag weer 74 km (die eerste dag se roete anderkantom) en op die derde dag 52 km n totaal dus van 200 km binne drie dae. Die ruiters spring met intervalle van vyf minute uit mekaar uit weg en die resies is dus teen die klok en nie teen ander ruiters nie. 250 tot 300 perde neem elke jaar deel, wat Fauresmith die grootste uithourit in Suid-Afrika maak. Interessant is ook dat daar geen prysgeld vir die kompetisie is nie.

Deurgaans word daar noukeurig op die welstand van die perde gelet: gedurende die roete is daar twee veeartspunte waar daar seker gemaak word dat die perde gesond is. Wanneer die ruiter en perd by die eindstreep aankom, het die stal twintig minute om die perd aan een van die amptelike veeartse aan te bied vir n laaste ondersoek. Gedurende hierdie ondersoek word die perd se hartklop en spiere gemonitor, kompleet met n stetoskoop. Dit was eintlik die jokkies wat ek jammer gekry het: na 74 km (wat binne enigiets van drie tot vyf uur afgel word) klim sommige n bietjie stram, maar moedig, van die perd af.

Na ons besoek aan Fauresmith kry ek n video, A horse runs through it, onder o waarin daar vertel word hoe die Uithourit ontstaan het. Volgens ene Frans de Jager het daar in 1964 in die Landbouweekblad n debat ontstaan oor die beste perderas in Suid-Afrika, en die gevolg daarvan was n uithourit vanaf Hanover na Richmond via De Aar. In die tweede jaar het di rit egter in chaos geindig nadat ongeveer 60 perde vermoedelik weens vergiftiging omgekom het. Daarna is die rit na Fauresmith verskuif en strenger veiligheidsmaatrels ingestel.

Na ek my kerrie en my rys en twee pannekoeke geet het, gaan soek ek vir Suster waar sy met glasige o tussen die perde ronddwaal en sleep haar kar toe. Jy kan maar bestuur, s sy dromerig en ek vat die pad. Terug na Jagersfontein waar die grootste mensgemaakte myngat is. Ek en Suster wil gaan kyk, maar hulle is toe vir lunch. Ek draai die kar se neus in die rigting van Bloemfontein en gee vet. Bloemfontein wat Fauresmith volgens my perdevideo met net twee stemme as die hoofstad van die Vrystaat gewen het.

Ek dink ek sal iets oor Fauresmith skryf en draai die nuwe Kelly Osborne op OFM n bietjie harder. Daar pak donker Vrystaatse donderwolke bo my kop saam en ek hoop die weer hou uit tot ek tuis is.



LitNet: 26 Julie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.