Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spyware

Johan Pienaar

Wanneer ’n persoon oor tegniese sake skryf, is drie dinge onafwendbaar. Iewers gaan jy ’n artikel skryf wat oor die ontstaan van die Internet handel, jy gaan nog een skryf oor die ontstaan van die persoonlike rekenaar, en iewers gaan jy een skryf met die strekking van “Big Brother is watching you” en jy gaan nie bedoel Ferdinand Rabie is op iemand se spoor nie.

Vandag sal ek Orwelliaans raak, omdat ek onlangs ’n e-pos ontvang het wat deur ons land se literre stamboom af na my toe aangestuur is oor sogenaamde spyware. Toegegee, die persoon wat die e-pos vir my aangestuur het was maar ’n literre takkie op die boom, maar iewers in die proses belowe ek dat daar ’n paar stewige takke en minstens ’n stam in die proses betrokke was.

Dit het my laat dink aan privaatheid oor die algemeen op jou rekenaar. Watter inligting is beskikbaar op jou rekenaar en hoe kan jy jouself beskerm teen die uitlek van die inligting? Hoewel ons dit nie weet nie, stoor rekenaars ’n geweldige hoeveelheid inligting oor ons en ons gewoontes. Rekenaars het ons nuwe dagboeke geword en mens kan baie leer van iemand anders deur na sy rekenaar kyk. Soms leer jy meer as wat jy wou geleer het, maar laat dit vir jou ’n les wees om na ander mense se foto’s te kyk en na hulle musiek te luister. Die ergste is seker dat die rekenaar se dagboek (anders as een wat jy met die hand moet skryf) homslf in stand en opgedateer hou, en (k anders as ’n dagboek) nie wit leuentjies toelaat nie. Mens kan ook nie net so maklik ’n bladsy uitskeur, opfrommel en dan weggooi nie.

So, watter inligting word versamel en hoe keer ek dat dit teen my gebruik word?


Lers met sensitiewe inligting

Ons almal het lers met sensitiewe inligting op ons rekenaars, en die meeste van ons dink seker dat as ons die lers uitwis, daardie inligting vir altyd weg is.

Die heel eerste ding van belang is seker om te verstaan wat gebeur as jy ’n ler uitwis. In die meeste bedryfstelsels word die ler nie onmiddellik gewis nie, maar geskuif na ’n Recycle Bin wat in wese niks ander is as ’n plek waar al die uitgewiste lers gestoor word nie. Terwyl die ler hier is, is dit steeds toeganklik en kan dit sonder moeite gelees word deur persone met toegang tot jou rekenaar. Terwyl lers in die Recycle Bin l, gebruik dit ook presies dieselfde hoeveelheid hardeskyfspasie as wat dit sou gebruik het voor jy dit uitgewis het.

As jy eers die lers uit die rekenaar se Recycle bin skuif, sou jy dink dat dit vir altyd weg is. Dis nie die geval nie. Die rekenaar se uitwissingsproses verwyder bloot die ler se posisie-inskrywing in die hardeskyf se FAT (File Allocation Table) en verwyder die eerste paar letters van die ler se naam. Die ler bestaan steeds op jou rekenaar, maar kan bloot nie meer gesien word deur jou bedryfstelsel nie. Daar is egter maniere om die ler weer van die hardeskyf te trek en te laat herleef. Met ander woorde, dis soos daardie stuk sjokolade wat jy weggesteek het en van vergeet het. Jy het op die ou end net jouself gekul.

Soos jy jou rekenaar gebruik, word dit al hoe moeiliker om die lers se inligting te herwin, omdat die rekenaar ’n voorheen uitgewiste ler sien as ’n skryfbare area op jou hardeskyf en dus nuwe lers in die area sal inskryf.

Die les om hieruit te leer is egter dat as die Scorpions by jou voordeur instorm, jou laaste pogings om inkriminerende lers van jou rekenaar te verwyder bloot deur hulle uit te wis, nie suksesvol gaan wees nie.

Gereelde defragmentasie van jou hardeskyf (onder Windows is die opsie gewoonlik beskikbaar in die roete Programs Accesories System Tools Disk Defragmenter) sal nie net jou rekenaar beter laat funksioneer nie, maar ook jou hardeskyf se spasie beter benut en die kanse om ou lers te herwin verminder.

Hoewel die meeste van ons seker nie sulke opwindende lewens soos die Shaik-broers lei nie, is dit tog belangrik om te onthou dat jou rekenaar gesteel kan word en dat dit dus nie ’n goeie idee is om inligting oor bankrekeningnommers, PIN-kodes en wagwoorde op jou rekenaar te stoor nie. Indien jy dit wel daar stoor, is dit altyd ’n goeie idee om dit ten minste met ’n wagwoord te beskerm. Dit sal ten minste jou gemiddelde dief uit die prentjie hou.

As jy egter werklik wil veilig wees, is die beste seker om die een of ander program aan te skaf wat die le spasie op jou rekenaar as ‘t ware skoon skrop. Van die produkte kan gekry word deur op Google (www.google.com) te gaan soek na disk cleaners. Ek self het nog nie van die programme gebruik nie en sou dus nie ’n aanbeveling kon maak nie.


Stoute Internetspeletjies

As jy in die mindernagtelike ure of in jou middagetes webwerwe besoek wat moontlik vir jou ’n verleentheid kan wees, is dit belangrik om te onthou dat ’n program soos Internet Explorer nie net ’n rekord hou van al die webwerwe wat jy besoek het nie, maar ook sekere inhoud van die webwerwe op jou hardeskyf stoor om ’n bladsy vinniger te herlaai as jy dit weer wil besoek. Ja, dit sluit die foto’s van Lisa Forward (met apologie aan Brixton Moord en Roof Orkes) in.

Die eenvoudigste manier om van die gestoorde geskiedenis ontslae te raak is om Internet Explorer jou muis te wys en Tools Internet Options en dan Delete Files, Delete Cookies en Clear Internet History te kies.

Dit alles werk uiters knap, maar onthou altyd in jou agterkop dat enige maatskappy wat toegang tot die Internet aan sy werknemers verskaf, ’n rekord sal hou van wie watter webblaaie besoek het. Die les om te leer: dis waarskynlik veiliger om gedurende etenstyd een van jou kollegas te probeer kaal sien as om Lisa Forward te wil beloer van jou werk se rekenaar af. Soos in die geval van uitgewiste lers is daar produkte beskikbaar wat jou internetgeskiedenis sal skoonvee, maar ek het ook nog nie van di programme getoets nie, so ek sal nie ’n aanbeveling kan maak nie.


Spyware

In beide bogenoemde gevalle is die inhoud en die transmissie daarvan darem beperk tot iemand wat fisiek toegang tot jou rekenaar het. Ek het reeds voorheen geskryf oor krakers wat van buite toegang tot jou rekenaar kan kry en hoe om dit te probeer verhoed. Terwyl die meeste rekenaargebruikers egter ten minste bewus is van die bestaan van krakers, is die konsep van spyware nog vreemd. Die meeste mense sit dus met spyware op hulle rekenaar en omdat hulle toestemming gegee het dat die programme wel op hulle rekenaars mag wees, word dit nie as onwettige optrede beskou nie.


Die geskiedenis van Spyware

In die begin was die Internet en die Internet was goed. Die gode wat die Internet geskep het, het na hulle werk gekyk en gaan slaap. Dit was ’n fout.

In die middel negentigs, toe die Internet begin het om gewild te raak, het die Internet homself vinnig gevestig as die nuwe manier om programmatuur te versprei. Programmeerders kon hulle programme met behulp van die Internet wreldwyd versprei teen geringe koste.

Programme wat so versprei is, is in hoofsaak in twee kategorie verdeel: Freeware, wat gratis deur enigeen gebruik kan word, maar op ’n voetstoots basis deur die programmeerder voorsien is, en dan Shareware, waar die programmeerder jou toelaat om sy program vir ’n periode te toets, waarna jy dit moet aankoop. Aanvanklik was betaling op die klint se gewete aangewese, maar dit sou nie ’n genie vat om te voorspel dat daardie plan vinnig in die hek geduik het nie.

Programmeerders het toe hulle programme so geskryf dat dit na ’n ruk sou ophou werk indien daar nie ’n unieke kode aan die program gegee word wat na betaling van die programmeerder gekry is nie. Die plan het ’n bietjie beter gewerk, maar net so goed as wat hulle hul programme op die net kon versprei, kon ander mense hulle kodes op die net versprei en sodoende betaling omseil.

Dit was dus onafwendbaar dat programmeerders ’n ander uitweg moes soek, en die kommersile internet het dit aangebied.

Neem ’n webwerf soos LitNet. Hoewel die meeste gebruikers seker dink dit kos min geld om ’n webwerf aan die gang te hou, is daar groot kostes aan verbonde. Nie net moet skrywers vir hulle bydraes betaal word nie, maar die webwerf moet in stand gehou word en daar moet betaal word vir die bandwydte wat by ’n diensverskaffer gebruik word.

Soortgelyke webwerwe sou dalk die weg van intekenare kon volg, maar in die geval van LitNet is hulle afhanklik van advertensies.

Daar is verskeie besigheidsmodelle wat die prys van advertensies op die internet bepaal, maar by verre die mees betalende is die model waar ’n ander webwerf jou betaal vir elke persoon wat van ’n skakel op jou werk hulle s’n besoek.

Die idee van spyware is dat jy die goeie verspreidingsbeginsel van Shareware neem en die goeie besigheidsmodel van Internet-advertensies daarop toepas. Jy kan dus die program gratis gebruik, maar as jy die program laai, stem jy toe dat sekere van jou inligting gemonitor word en kommersieel verkoop word - ’n tipe van Internet-Pay-as-you-go.

In beginsel is daar nie ’n probleem met die model nie, maar twee aspekte van spyware is kommerwekkend.

Eerstens besef die meeste mense nie dat hulle instem om spyware op hulle rekenaar te laai nie en verstaan hulle glad nie hoe dit werk nie.

Tweedens is van die spyware-programme dikwels vol allerhande snaakse grille en giere wat kan veroorsaak dat jou rekenaar meer gereeld hang. Hoewel dit nie die doel is van die maatskappye om jou rekenaar skade aan te doen nie (hulle wil immers h jy moet jou rekenaar gebruik, omdat dit uit die aard van die saak meer inkomste vir hulle sal beteken) is dit tog ’n nare newe-effek.


Hoe Werk Spyware?

Spyware sal tipies jou internet-epos en ander rekenaaraktiwiteite monitor en soek vir sg Trefwoorde.

Kom ons veronderstel dat jy op die net gaan soek na ’n grassnyer. Sekere spyware sal dan daardeur geaktiveer word en teen betaling jou naam en e-posadres aan ’n grassnyermaatskappy aanstuur, wat dan vir jou e-pos sal stuur oor hulle nuutste reeks.

Die toepassing van spyware is seker op die oog af onskuldig. Ander toepassing is minder onskuldig en kan selfs oneties wees. As jy byvoorbeeld na inligting oor impotensie soek, of ’n dokument skryf met die woord impotensie daarin, kan spyware dit optel en skielik sit jy met ’n inboks vol Viagra-advertensies. Of jy soek na “breast cancer” en spyware kan veroorsaak dat jy deur pornografiese webwerwe genader word.

Nou ja, mens kan sekerlik nie jouself van die wreld afsluit nie, maar ’n program soos Spybot sal ten minste die bestaan en werking van Spyware-programme op jou rekenaar monitor. Uiteindelik sal die vervaardigers van Spyware seker ook maniere rondom die produkte vind, of jou doodeenvoudig nie toelaat om seker programme te gebruik as jy hulle nie toelaat om jou gewoontes aan die wreld oor te dra nie.

Die enigste langtermynoplossing is seker om programme aan te koop en te sorg dat dit van groot verspreiders kom. Dis egter ’n duur opsie en baie mense mag verkies om deur gemorspos en Internet-opslagruite gerriteer te word, eerder as om geld op programmatuur te bestee.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.