Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Barrie, the lights will stay on ...

Sonja Loots

is 'n skrywer, joernalis en Rapport se boekeredakteur.

Barrie Hough
Barrie Michael Hough
17/01/1953 - 16/08/2004

Vir Barrie Hough se vriende, kennisse, kollegas en geliefdes was die nuus van sy selfmoord vandeesweek nie heeltemal onverwags nie. Dit is mos 'n ding wat al 'n lng pad aankom, die oopsteek van 'n seer waarvoor niemand salf gehad het nie, waaraan niemand ten slotte iets kon doen nie.   Of s probeer mens dit rasionaliseer, want hoe anders verduidelik jy dat so 'n sagmoedige, stukkende ou reus deur die gaatjies van ons almal se vangnette geglip het? Dat die seun wat wolf geskree het, eindelik tog wel opgevreet is deur die sluipende, swart dier wat hom jare lank agtervolg het en wat niemand kon verjaag nie?

Ek herinner my baie vrolike en minder vrolike kuiers saam met Barrie: in kroe en restaurante, by gesellighede, tydens pouses by toneelstukke, rondom Rapport se koffiekan, of in sy deurmekaar kantoor waar ons twee lief was om lekker ou rillers uit te ruil.

Die heel eerste ontmoeting was trouens deur sy boeke, toe ek nog 'n skoolkind was. Een vir een het ek hulle verslind, want vir my en duisende ander jong mense was Barrie Hough-jeugboeke 'n tydelike troos teen anders voel, vreemd voel, seer voel. Van My Kat word Herfs het ek kleintyd so baie gehou dat ek vir 'n hele paar aande met die boek onder my kopkussing geslaap het. En sal ek ooit Barrie se reaksie vergeet toe ek dit later jare oor 'n glas wyn vir hom vertel? "My dierrrrrr!" het hy kliphard gejil en my skaterend teen daardie groot, sagte lyf van hom vasgedruk. Lnk. En toe 'n skunnige grappie wat ek liewer nie hier sal herhaal nie, want Barrie kon goed skunnig wees, weet ons almal!

Dit alles is nou deel van "the strange things we never forget" waaroor The Walkabouts sing in daardie mooi, ou liedjie "The lights will stay on":

And if you bury me, add
three feet to it
one for your sorrow, two
for your sweat
three for the strange
things we never forget.

Daar is baie "strange things we'll never forget", maar dit is veral n ontmoeting wat nou by my spook. Dit was 'n Vrydag-laatmiddag-gekuier in die son op die stoep van Boekehuis, Corina van der Spoel se gesellige boekwinkel in Auckland Park. N die ongeluk waarin Barrie so erg seergekry het, voor die jongste liefdesteleurstelling, en ek het nog gedink hy lyk okei. Later moes ek gaan, iewers heen, en in die haas het ek my laptop vergeet onder die tafeltjie waar ek en hy gesit en klets het. Toe ek later my fout agtergekom, was ek lankal in 'n heel ander uithoek van die stad en oortuig dat die boekwinkel reeds toe sou wees. Dan maar vir Barrie op sy sel bel, het ek gedink.

"Ja, my dier, ek weet. Jou laptop," het hy geantwoord. Sonder groet of inleiding. "Hy l hier by my voete, ek wag vir jou."

"Is hulle dan nog oop?" wou ek verbaas weet.

"Nee, hulle is besig om toe te sluit, maar ek wag vir jou."

En toe ek eindelik daar aankom, menige verkeersknope en oponthoude later, ws hy daar, my laptop onder sy arm. Alleen, alles donker, en dit was kd, maar hy het gewag. Net so bly soos ek was om my laptop te sien, net so bly was hy vir nog 'n laaste bietjie geselskap, 'n laaste drankie om die hoek by Nuno's miskien, 'n geleentheid huis toe. Maar ek moes gaan, het ek mos ges. Eintlik het ek skaars tyd gehad om na sy storietjie oor die geveg met sy huurder te luister; ek het hom net gou nog gaan aflaai by die huisie in Brixton, waar daar ook nie ligte gebrand het nie.

Dis n eers dat ek hom weer onthou soos hy daar voor Boekehuis staan en wag het: niemand meer oor op die stoep nie, die ligte lankal afgeskakel, net hy en die lang, lang naweek wat voorl. Ek wens ek kon s daar was op daardie aand - en al die ander - iemand wat lus was vir gesels, wat nog nie al die stories gehoor het nie, wat genoeg stamina oorgehad het vir die onmoontlike eise wat hy soms aan 'n vriendskap gestel het, vir die laatnag-oproepe, die dwelms, die geld wat hy geleen en nooit terugbetaal het nie, die "dark underbelly" van sy liefdeslewe, al die dramas en gedoentes wat hy saamgedra het, soos die ekstra kilogramme wat hy nou maar eenmaal net nie kon afskud nie.

Ek wens ek kon s daar was nog mense op die stoep wat vir hom 'n stoel sou uittrek en plek sou maak in hulle kring.

Ek wens dat die ligte nog gebrand het.

Maar dit was nie hoe dit was nie, en al hoe ons nou nog vir hom kan lig maak, is met die gloeilampie van onthou. Nie net die dinge waarmee hy ons moeg gemaak het nie, maar ook dit waarop hy en ons met reg trots kan wees: die werk wat hy as resensent op kuns- en literre akker gedoen het en, veral, 'n hele gerf boeke wat kinders nog vir lank sal help deur dae net so swart soos Barrie se laaste dag op aarde.

Net s met die koester van sy boeke, die terugdink en die onthou saam sal die belofte van daardie ou liedjie van The Walkabouts op 'n manier vir Barrie waar word:

And long after we're gone
the lights will stay on
the lights will stay on;
And long after we're safe
the lights will not fade
the lights will not fade 




LitNet: 18 Augustus 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.