Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

23 April 2003 — Apartheidsmuseum

Johan Pienaar

Ek daag vroeg by die Apartheidsmuseum op. Ek wroeg al meer as ’n dag oor die besluit om te gaan. Niemand hou daarvan om met hulle verlede gekonfronteer te word nie. Allermins ek.

Die sekuriteitswag verduidelik vir my dat hulle tussen tienuur en vyfuur oop is en dat die gemiddelde persoon sowat twee en ’n half uur neem om deur die museum te beweeg. Dit beteken ek het sowat ’n uur en vyftien minute om om te kry. Die wag moes die vertwyfeling of die teleurstelling in my oŽ gesien het en sÍ vir my, “It is a very nice museum.”

Skielik het ek ’n behoefte om met hom te praat. Nie oor apartheid nie, nie oor politiek nie, sommer net oor sy werk. Hy vertel my dat hulle nie so besig is nie. Hy skryf dit toe aan die feit dat die museum nog nie amptelik geopen is nie. Blykbaar sou Mandela dit laasjaar kom doen het, maar toe was die museum nie reg nie. Nou is dit meestal buitelandse toeriste wat die museum besoek.

Hy vra na die boek in my hand. Dis Antjie Krog se Kleur kom nooit alleen nie. Ek het gister die boek uit ’n vriendin se boekrak bevry na ek besef het sy het twee kopieŽ. Ek vra vir die wag of hy Afrikaans kan lees. Hy skud net sy kop. Tog voel ek dat ek vir hom van Antjie Krog moet vertel — haar werk by die Waarheidskommissie, Country of my Skull en die dertien verse uit die boek in my hand onder die titel “Dagboeke uit die laaste deel van die twintigste eeu”.

Ek vertel hom nie net ’n storie nie, ek vra om verskoning, besef ek. Ek verskoon myself nie vir die onverskoonbare nie. Ek probeer vir hom die onverduidelikbare verduidelik. Ek probeer vir hom verduidelik hoe ’n volk kollektief kan mal raak, al is hulle inherent goeie mense. Ek voel skuldig oor elke keer wat ek die woord “kaffer” gebruik het. Ek is skuldig. Leti het my altyd beskuldig dat ek woorde soos klippe gooi. Ek wonder hoeveel klippe ek in my lewe gegooi het ...

“Fokken kaffertaxi.”

“Donnerse kaffers.”

“Die kaffers breek fokken alles.”

Klip op klip. ’n Berg vol klippe wat ek probeer wegverduidelik. Die land se geskiedenis sit in haar klippe. Elke klip met sy eie storie.

“Fokken klippe, fokken kafferklippe.”

KŠn ek dit wegverduidelik? wonder ek. Kan enkelinge soos Beyers Naudť, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Max du Preez ons kollektiewe malheid skoonwas? Kan die feit dat selfs in die felste hitte van Groot Apartheid daar Afrikaners was wat bereid was om hulle protes aan te teken?

Of is dit maar net soos Jeanne Goosen by monde van Doris sÍ: “Ons is nie almal so nie”? Al wŠs ek so. Ek wil myself nie verskoon nie. Ek wil dit verskoon wat nie so was nie. Hulle wat nie die skandvlek verdien nie. Ek, ongelukkig, verdien dit.

Dit alles probeer ek vir die wag verduidelik deur hom van Antjie te vertel, maar ek dink nie hy het dit verstaan nie. Ons groet. ’n Handskud. Ek onthou te laat van die gewoonte om hand te skud met die gebruiklike wisseling van greep in die middel. Kom so ’n sekonde te laat by, maar maak toe darem op daarvoor in die pylvak.

Dis nog lank voor die museum oopmaak en ek moet koffie in my lyf kry; die museum gaan nie vir nugter mae wees nie.

Die Gold Reef City Casino oorkant die pad is al plek binne loopafstand wat diť tyd van die oggend koffie bedien. Dis ligjare weg van die museum, al is dit net oorkant die pad. Binne die mure bestaan die verlede nie, net ’n blinkgepoleerde toekoms wat in neon ’n helder toekoms vir jou uitbasuin. Alles is op die klatergoue toekoms gerig. Alles behalwe een man met ’n Robbeneiland-golfkeps op. God weet, al bestaan die verlede nie hier nie, bestaan die kommersiŽle afbeelding daarvan wel ...

Che Guevara as ’n Edgars fashion item.

Robbeneiland op die derde bof.

Wat is volgende?

Vlakplaas commemorative teapoons?

“I survived Quattro” T-shirts?

“My pa en ma het die galgkamer besoek en al wat ek gekry het is die T-Hemp”? (Natuurlik met variasies op die tema vir jou oupa en ouma, oom en tannie, boetie en sussie, en — omdat ons in ’n polities-korrekte omgewing bly — my broer en sy lewensmaat ook?)

Met koffie in my are en ontbyt in my maag teen ’n prys wat party mense vir ’n week kan voed, pak ek die museum weer aan. Diť keer met ’n plan: beskryf elke kamer soos jy dit sien. Diť goeie idee sou ook redelik gou sy gat sien.

Van buite lyk die museum soos ’n tronk, met rooi baksteenmure, grys staaltraliewerk en leiklipgeboue. Dis amper so ’n tronk uit die vyftigs-ontmoet-jou-tagtigs polisiestasie-argitektuur. Beslis nie uitnodigend nie en waarskynlik ’n waarskuwing van wat binne wag.

Maar dis nie lelik nie. Dis mooi. Skoonheid kan ook verskriklik wees, onthou ek weer.

Die vrou in die kaartjieskantoor word beskerm deur dik glas soos diť waarmee hulle deesdae banktellers van die publiek skei. Ek wonder wie so dapper sal wees om diť plek te beroof en sy kanse met die swart hand van karma te vat. Die einde van apartheid, besef ek, was net die einde van ’n slegte stelsel, nie die einde van slegte mense nie.

Die toegangskaartjie is ’n elektroniese swart of wit toegangsbeheerpas wat lukraak aan besoekers uitgedeel word. Niemand verduidelik vir jou hoekom nie. Die woorde Nie-blankes/Non-Whites staan op die swart pas en Blankes/Whites op die wit pas.

Verby die ingang van die museum is die eerste lafenis vir jou siel, want jy het nog nie eers begin nie en jy voel alreeds hoe die tronk/polisiestasie-argitektuur jou begin benoud maak. Binne ’n rustige poel water, ’n grys betonmuur met die aanhaling en waarskuwing van Nelson Mandela: “To be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.”

Lopende water stort die twee meter of so na benede en skep die rustige klank van ’n rivier wat loop. Die oorspronklike “white noise”. Die regte soort.

Teen die rooi baksteenmuur. Groen parkbanke op grys klippers, met die woorde Europeans only of Elkin Bank. Ek loop verby die bank wat sÍ Europeans only en gaan sit op die Elkin Bank. Ek onthou hoe natuurlik die woorde op die oog geval het toe ek ’n kind was. Hoe ek daar kon sit terwyl swart mense moes rondstaan. Enige vertwyfeling wat ek dalk mag gehad het oor die regverdigheid van so ’n stelsel is weggevee deur die drie susterkerke wat ons vertel het dat ons die uitverkore volk in Afrika is. Dit was my voorreg om op my Europeans Only-bankie te sit en meerderwaardig te voel. Nee, nie ’n voorreg nie, dit was my eersgeboortereg op die kontinent, die waarheid daarvan daagliks bevestig deur my ouers, my onderwysers, my dominee en die stelsel Ö

Elke keer wat ek op die bankie gaan sit het, was dit nog ’n klip. Miskien het die sielsklippe in die townships opgekom waar dit jare later na Ratels gegooi sou word toe ons die townships gepatrolleer het. Ek het altyd gewonder waar die kaffers al die klippe vandaan kry. Miskien was dit my eie klippe gewees wat hulle na my terug gegooi het.

Sewe reusebetonpilare wys die weg aan na die ingang, wat om ’n draai versteek is. Op elkeen van die pilare wat reeds van buite die museum afgespeel teen ’n rooi baksteenmuur sigbaar is, is daar in geroeste staal letters aangebring. Letters wat woorde word. Woorde op reusebetonklippe.

Freedom

Respect

Responsibility

Diversity

Reconcilliation

Equality

Democracy.

Om die draai word die elektroniese passe se doel duidelik. Twee ingange reg langs mekaar. Een vir swart pashouers, een vir wit pashouers. Totale finale diskriminasie op kleur gegrond. Nie die kleur van jou vel nie, maar die kleur van jou pas. Bob Marley se woorde kom draai in my kop: “Ö Until the colour of a man’s skin/ Is of no more significance than the colour of his eyes — Me say war.”

Deur ingange wat herinner aan die van ’n stasie word jy geskei. Ma van kind, minnaar van minnares, man van vrou, en elkeen moet deur sy eie gangetjie beweeg. Vandag word jou toekoms vir omtrent vyf minute bepaal deur die kleur van jou pas. In die laaste eeu is jou toekoms bepaal deur die kleur van jou vel.

Geskei van jou vriende pak jy die eerste deel van jou reis alleen aan. Hier is nie plek vir saamwees nie. Jy reis alleen deur gesigte wat na jou terugstaar van ’n swerm ID-boeke, ID-kaarte en pasboeke met die gepaste rasseklassifikasies. Gewone mense, hulle kon jou bure gewees het as dit nie vir die rasklassifikasie was nie. Elkeen kla jou aan en kla ’n stelsel aan. Elkeen wil vanuit die stilte van sy paskaart weet wat het jy gedoen. Elkeen staan ook saam met jou in die beskuldigdebank. ’n Hele nasie wat homself aankla en klippe na homself begin gooi. Bo-oor alles is daar ’n vae stem wat praat oor rasseklassifikasies.

En reg aan die einde, in ’n koerantberig in ’n Star van 1985, word die belaglikheid van ’n stelsel ontbloot: 1 700 mense het in die jaar van kleur verander. Met ’n penhaal is hulle van bruin na wit na Chinees herkleur. Penhale het niemand in die jaar van swart na wit verkleur nie. Miskien moes jy oor ’n paar jaar verkleur.

Hierna sluit die paadjies weer by mekaar aan. ’n Lang opdraande met vollengte-spieŽls lukraak gepak in die buitelug. Op die spieŽls is figure aangebring. Soos mens teen die opdraande uitbeweeg, sien jy net hulle rŻe, maar as jy omdraai en van voor kyk, sien jy ook hulle gesigte. Ek herken net vir George Bizos wat ’n kind se hand vashou. Die res is vreemde mense vir my. Maar die proses om deur die spieŽls te loop is beslis nie maklik nie. Jy word voortdurend met jouself gekonfronteer. Oor die rŻe en langs die skouers van ander mense word jou eie menslikheid blootgelÍ.

Niks op aarde is so ongenadig soos ’n spieŽl nie. Die spieŽls dwing mens om ontvlugting te soek in die enklaves teen die muur waar rotskuns die storie begin vertel van ’n land voor apartheid. Die land van die Boesmans. Die ander muur is inderdaad geen muur nie, maar eerder ’n traliewerk gevul met klippe. By party plekke tot heel bo; ander plekke net halfvol. Weer eens word die land se klippe sy storie. Die wat gevang is dat hulle klippe gooi, is heel dikwels tronk toe gestuur om klippe te kap.

Die opdraande is seker so ’n honderd meter lank. ’n Vriendin sou later aan my sÍ dat dit eerder na so vyf honderd gevoel het.

Maar dan is jy bo-op die dak van die museum, en hier begroet die ongelooflike vista van Johannesburg vanuit die suide jou. Eers dan verstaan ek hoekom die museum juis hier moes wees. Johannesburg was in die finale instansie die slagveld van apartheid. Niks het elders gebeur wat nie ook hier gebeur het nie. In Johannesburg is die storie van Apartheid vasgevang. Johannesburg — Egoli. Die besluite is dalk in Kaapstad en Pretoria geneem, en elders is mense ook verskuif teen hulle wil, maar nÍrens anders was apartheid so dringend en in jou gesig as in Johannesburg nie.

Dis ’n lieflike herfsoggend in Gauteng en die son giet sy warmte oor die groepies effe verkluimde mense wat een vir een die spieŽlbult aanpak en verower. Min mense praat hier op die plek. Later in die museum sal hulle wel praat en dinge uitwys, maar vir nou is die meeste mens tevrede om net in hulself te keer.

Daar is ’n trap wat van die dak lei na die hoofmuseum. ’n Spiraaltrap, en ’n paadjie lei na die hoofingang van die museum. Die paadjie loop uit in ’n voorportaal waar ’n persoon agter ’n toonbank sit, gewapen met pamflette.

Die museum herhaal binne die strak buitekant, hoewel effe meer genadig. Geweldig baie staalraamwerke word gebruik om die uitstallings te huisves. Nie die glansstaal van Sandton City nie, maar eerder die staal van die ghetto’s en die agterstrate. Glans eindig hier by die ingang. Baie soos apartheid.

Die eerste besoekpunt by die museum is ůf die ouditorium, waar ’n inleidende fliek vertoon word oor die wortels van apartheid, ůf ’n sy-uitstalling. As Toast Coetzer dink dat om soju en bier in afwisseling te drink, soos ’n boksgeveg teen Tyson en Coetzer gelyk is, dan is die besoek aan die apartheidsmuseum soos ’n steniging met klippe toegedraai in purper fluweel.

Die video maak my tegelyk kwaad vir en simpatiek met my voorgeslagte. Geplaas in ’n land waar Afrika en Europa altyd ewe sterk getrek het, was foute onafwendbaar. Die skuld vir apartheid is nie net die van die Afrikaner nie. Miskien was apartheid die keuse van mense wat ’n nuwe fout wou maak. Maar die tol was verskriklik. As jy mense onmenslik maak, word jy ook in die proses onmenslik. Net soos die slagoffers van apartheid aanvanklik net swart mense was, het ons almal later slagoffers geword.

Die museum volg min of meer die geskiedenis van apartheid uitgebeeld in klank, beeld en met fisiese uitstallings van die laaste eeu. Daar is letterlik honderde uitstallings. Elkeen tref sy kol met sy eie hou, maar vir elke persoon sal die houe verskil. Dis ’n reuseboksgeveg teen die geskiedenis. Aan die einde tref die groot hou jou tog hard, maar soos in enige goeie boksgeveg, is dit die klein houe wat jou aftakel vir die uitklophou.

Houe soos:

die videomateriaal van die gewonde Afrikaner wat die Voortrekkermonument open en aan homself sweer dat hy nooit weer sal toelaat dat iemand hom seermaak nie

pasdokumente wat oral rondlÍ

PW Botha op sy ergste

’n reuse-Casspir

wapens, en nog wapens

die geweld van die oorgangsarea

’n agtjarige seun wat skree “AWB AWB AWB”

die skrik wat die nuusberig van Chris Hani se dood gebring het en Gill Marcus wat ’n bewoŽ Cyril Ramaphosa moet troos; gelees deur David Hall Green

die galgtoue vir elke politieke tereggestelde

die stories, die arrogansie, die vernedering.

Die Casspir was my uitklophou. Ek het begin huil toe ek onthou hoe jonk ons was toe ons in Ratels gedruk en die townships ingestuur is. Hoe mense ons daar gehaat het en hoe ons hulle teruggehaat het oor dit al logiese emosie is wat jou teen soveel haat kon beskerm.

Miskien het ek te hard probeer om te vergeet. Miskien vergeet alle mense maar net die klein besonderhede. Maar die pyn lÍ altyd in die klein besonderhede, en tot diť herfsdag in 2003 het ek nog nooit gehuil oor apartheid nie.

Besoek die Apartheidsmuseum, want elkeen van ons moet op sy eie manier herinner word aan wat apartheid was en dalk daaroor huil. En as jy uitloop, kyk na die hoop klippe en onthou: ons is mense van Afrika, ons is mense van die klip. Ons kan ’n beter toekoms bou.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.