My lyf weeg van kleins af te swaar. Te lomp. 'n Kadawer wat ek saamsleep. My brein het begin krimp na my sestiende verjaarsdag. Ek weet, want ek voel nou net dof. Wiped out. Van 16 af weeg my brein elke jaar drie gram ligter. Van die oorspronklike 100 miljard breinselle wat aan my toebedeel is, sal op 40 reeds vyf persent verdwyn het, en daarna nog vyf persent vir elke dekade wat ek hierdie lyf saamsleep. Ek kan dit duidelik voel. En breinselle word nooit vervang nie. Dis hoekom my lyf swaarder word, my brein dump dooie breinweefsel teen 500 selle per uur in my bloedstroom en my lyf moet daarmee cope.
My lyf is te staties. Asof sy nie exist nie. Ek kyk af na my voete; hulle lyk blou. Maar ek weet daar's stuff daar binne. Bloed en atome en senuweedraadjies vol messages van hoe om 'n toon te beweeg. Hare wat groei met geen respek vir my decomposing lyf nie. Hulle gaan na my dood steeds groeikrag uit my lyf haal en aanhou groei en groei. So moet ek weekliks my naels ook sny. Hulle groei teen twee volle haarbreedtes per dag, in die winter en in die somer. Binne vier maande is my naelbed my vinger se naelpunt. Maar daar's nooit 'n connection tussen buite en binne nie. Van al hierdie dinge voel ek niks. Aan die een kant is my lyf besig om onder my beheer te sterf en aan die ander kant teel ander selle aan asof daar nooit 'n einde kom nie. War zone en ek sit numb in die middel. Sy laat my koud.
Hoe voel dit om te voel?
Op 'n dag, op 'n bepaalde helder oomblik, besef ek dat die lyf shock therapy moet kry, if you will. Totdat ek haar kan voel. As ek haar leed aandoen … miskien pynig? Ek soek 'n unlimited supply van mense wat haar kan seermaak tot ek voel en sy pyn en ek huil. Maar ek weet mense is cowards; hulle pyn jou nie as jy daarvoor vra nie, jou pyn moet jy self create.
'n Failed suicide is veilig. Dit waarborg 'n mens tyd in therapy en met luck selfs 'n opname in die saal saam met "wounded souls" (soos die corny sielkundige sê). Waar beter kan jy leer van pyn? Mense wat dit goed verstaan.
Dis skuins na elf. Ek is alleen in my flat. "Iris" van
Goo Goo Dolls speel. Ek reken dis romanties genoeg vir 'n beplande
selfmoord. Die doel is stadige meandering tunes. Ek gaan stadig
saam met die musiek oor in blissful autopilot en haar ooglede knip
stadiger. Dis 'n vulnerable, onlogiese staat waar kleure begin anders
lyk. Skrabbel gou 'n note, vir effek. Death is a punishment to
some, to others a gift and to many a favour. Dramaties genoeg.
Ek sny haar polse soos die song harder word. Dit brand my. And I bleed just to know I'm alive. Dit werk heel goed. Triljoene morfienagtige endorfienmolekules trek sjiffon oor haar brein. Alles raak sagter, ronder, soos die bloed escape uit die confines van haar lyf. Ek verloor selfs effens my bewuste. Niks om oor huis toe te skryf nie. Geweet my flatmate kom terug binne 'n paar minute. Dis 'n small risk. Sy sal my kry. Ambulans bel. En so werk dit. Presies.
Van Casualties verwys vir opname in pyn en lyding. Tussen die blou huis en die maan loop ek op en af in die gange. Soek bloed, guts and gore. Ek soek en ek soek en ek soek. Ek soek iets wat sin maak teen die mure, om die fyn web van pyn met my vinger te trace. Maar die mure is wit.
Van kleins af sit ek en byt die vel tussen haar duim en haar wysvinger om meer real te voel. Om hierdie kadawer reg te skok. Om lewend te voel. Ek byt haar hand voos. My ma huil vir 'n land oor die weird kind.
"Jy's depressed," sê sy.
"Is nie, ek shimmer," antwoord ek.
Dis amper-fights oor iets wat nie een van ons twee verstaan nie, die verskriklike moeder-admin, en die mutilation waarvan ek in die gestig leer en die simpatie wat niks help nie.
Daar moet iets meer wees. Op die internet kry ek 'n site wat my leer hoe om pyn te ervaar sonder letsels. Daar staan dit, in neon rooi letters wat flash: Pyn sonder simpatie. And I shit you not; dit werk. By die eerste meeting sê die leier van die groep vir my ek moet eers 'n lys vrae beantwoord voor ek kan begin met my recovery.
"Recover van wat?" vra ek. "Life? What the fuck is life? Jy moet my eers oortuig dat ek wil recover," sê ek. Sy smile.
Kortliks:
- Ek moet genoeg emosionele support hê van familie en vriende, sodat ek hulle kan gebruik in plaas van om die lyf seer te maak
- Daar moet 'n minimum van twee mense wees wat ek kan bel wanneer ek lus kry om die lyf seer te maak
- Ek moet gemaklik voel om oor Self Mutilation te praat, of soos die sielkundige dit noem, Self Injury.
- Ek moet 'n lys van minstens tien dinge hê wat ek kan doen in plaas van om haar seer te maak
- Ek moet 'n plek hê waarheen ek kan gaan sodat ek haar nie seermaak nie.
Blah blah blah. So loop die redes, tot die laaste treffer een:
- Ek wil stop om haar seer te maak.
Ek tick 'n gereed by elkeen. Lyk bietjie diep en hartseer as die sielkundige deur my antwoorde lees. En ek wag net vir die tips oor hoe om die lyf verder op te fok sonder letsels.
By die support group leer hulle my valuable lesse. Die vrou sê: "As jy jouself wil sny, is dit belangrik om veilig te bly." Ek moenie cutting implements deel nie. Ek moet first aid leer. Die sielkundige gee my tips. Sy sê: "Moenie jouself judge nie." As ek die lyf wil brand, leer sy my dat ek die wonde vir 15 minute onder koue water moet sit. Dat ek NIE moet room aansit nie. Ek moet die wond met 'n ligte gauze cover. Sy leer my van alle verskillende tipe brandmerke. Sy leer my wanneer ek moet weet dat die wond wat ek haar toegedien het, steke behoort te kry. Sy waarsku my teen wonde wat my in skok kan laat gaan. Sy leer my dat ek vir my Betadine moet koop. Dat ek eerder Tylenol moet drink, want dit verdun nie die bloed soos asprin nie.
Ek word slimmer met elke meeting. Teen die muur in die badkamer lees ek: Life is a pendulum that swings between the two extremes of boredom and pain. By die vierde meeting gee sy my toe die pêrels. "Jou training wheels", noem sy dit:
- Ek moet 'n skets maak van haar, die sterwende lyf. Wanneer ek gefrustreerd of kwaad is, moet ek op die skets met rooi ink merk waar ek haar wil sny.
- Ek moet Coke-bottels bymekaar maak en hulle slash wanneer ek haar wil seermaak.
- Ek moet ys vat en dit hard druk op die presiese spot op die lyf wat ek wil sny; dit los nie 'n merk nie, net effens rooi vir 'n ruk, soos wat 'n brandwond sou doen.
- Ek moet haar vinger vir 'n paar minute lank in 'n bak roomys hou; daarna kan ek dit aflek.
- Ek moet 'n chili eet.
- Ek moet haar gewrigte vyftig maal met 'n rubberrekkie skiet.
En laastens, tydens die heel laaste sessie, wag die sielkundige vir my in die agterste kamer waar ons die houers pynapparate wegpak vir die volgende groep. Sy staan in die donker agter die deur. Sy roep my. Ek ruik haar asem. Sy knoop my oop, sy haal my uit. Sy pak my van binne af buite toe. Sy buig my om, sy sleep haar tong oor dooie atome. En my lyf word 'n pendulum wat swing tussen die twee extremes van pleasure en pyn.
And I'm connected. Hello the future.
|