Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers.

Wees dit net en basta!1

Theo Erasmus

'n Standpunt oor Afrikaans in die media

Dié keer was die doemprofete verkeerd. kykNET, die Afrikaanse vermaaklikheidskanaal op DStv, is 'n groot sukses. Daar was genoeg rede om te twyfel in die kanaal se kanse om kommersieel te oorleef: dit sou dalk die verkeerde politieke boodskap uitstuur ("Daar gaan die Afrikaners al weer met hulle laertrekkery"); besighede wil polities korrek wees (assosieer nie hulle produkte met 'n Afrikaanse omgewing nie, eerder 'n meer inklusiewe omgewing); en die jonger Afrikaanse geslag, wit en bruin, wil liewer nie assosieer met iets wat hulle as oudmodies en "uncool" ervaar nie.

Maar die kanaal is geloods en die kykertalle en advertensie-ondersteuning het aanhou groei tot 'n suksesverhaal waar die kanaal nou onder die gewildste kanale op DStv tel en van die hoogste advertensie-inkomste vir M-Net en Multichoice verdien.

Dit was belangrik om indringend na 'n paar strategiese filosofieë te kyk om seker te maak dat die regte beeld uitgedra word, dat die nuwe-generasie Afrikaanse gehoor getrek word (sonder om die bestaande gehore te vervreem) en dat adverteerders gemaklik met die omgewing sou voel - alles om langtermynsukses te verseker:

  • Die kanaal mag nooit gesien word as een wat eksklusief op 'n wit mark gerig is nie. Die persentasie bruin mense wat DStv besit en dus toegang tot kykNET het, is bitter klein, maar die kanaal moet ook toekomstige gehore teiken - nie net in sy eie belang nie, maar in belang van Afrikaans.

  • Die kanaal durf nie gebruik te word om 'n taalstryd te stry en taaldebatte te voer nie. 'n Taalvegtery vervreem die jonger Afrikaanse en bruin gehore, en daar is boonop geen adverteerderondersteuning vir sulke programme nie.

  • Die kanaal sal Afrikaans moet praat soos wat die mark (nou en later) die taal praat. Afrikaans, net soos enige ander taal, is 'n modetaal wat elke dag verander - nuwe woorde word geskep, ander verval in onbruik, ens. Deur Afrikaans uit te saai soos wat hy op daardie tydstip deur die grootste deel van die mark gepraat word, is die kanaal toeganklik. Mense sal kyk.

  • Die kanaal kan nie voorskriftelik wees oor taalsuiwerheid, morele, geloofs- en ander kwessies nie. Dit is weer 'n kommersiële oorweging. Dis maklik om Afrikaans te vereenselwig met streng voorskrifte en 'n konserwatiewe lewensuitkyk. Deur informeel te wees en te fokus op vermaak eerder as opvoeding, sal die kanaal winsgewend bly en Afrikaans op lang termyn indirek bevorder.

  • Die kanaal sal nie Afrikaans as verhewe bo die ander inheemse landstale mag uitbeeld nie. Dit is vir kykNET belangrik om nooit die indruk te skep dat Afrikaans voorkeurbehandeling verdien nie. Daar is groot kommer dat daar nie genoeg gedoen word vir die behoud van ons ander inheemse tale, wat net so 'n belangrike deel van die Suid-Afrikaanse kultuurskat uitmaak, nie.

As ek na die feite hier bo kyk, voel dit asof ons gerus kan leen by die Calvin Klein-slagspreuk, "Just Be!" Wees net Afrikaans, wees gemaklik daarmee, wees akkommoderend daarmee, wees inklusief daarmee, wees buigsaam daarmee, wees verdraagsaam daarmee, maar bowenal, WEES DIT NET en basta!



1 Voordrag gelewer tydens die Afrikaanse Taalberaad van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad se Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans op 26 November 2004 te Stellenbosch.


LitNet: 15 Desember 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.