![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Hierdie bydrae maak deel uit van die geskiedkundige Afrikaanse Taalberaad (aangebied deur die NTLA) wat onlangs op Stellenbosch plaasgevind het. LitNet plaas in die komende weke van die lesings wat by hierdie beraad gegee is. Klik gerus hier vir die volledige program en lys van deelnemers. Afrikaans en die sakewêreld*Anton Botha
1. Inleiding Afrikaans is een van 11 erkende landstale, sodat sakelui met agting van hul mark ook meertaligheid as 'n bemarkingsmiddel sal wil gebruik. Die keuse vir (Afrikaanse) sakelui is dus nie Afrikaans óf nie, maar Afrikaans én! Dus is die meeste sakepersone nie van nature taalstrewers nie, buiten meertaligheid. Die spreekwoord sê mos: "Soveel tale as jy kan, soveel male is jy man." 2. Bespreking Afrikaans (en minderheidsregte) is só 'n kernsaak wat die sterk potensiaal het om ons in alle rigtings te sleep voordat ons verenig agter twee of drie strome en leiers. Daar is dié wat gemaklik is met al die tale en nie juis sal opstaan vir Afrikaans nie; andere weer sal die verontregting van (gewaande) miskenning en verguising sterk aanvoel en daaroor in opstand kom; andere sal wil kalmeer met klem op ons diversiteit en inklusiwiteit, waarin ons krag lê. Daar is sekerlik nog meer moontlikhede. Feit is dat hulle almal die kliënte van sakelui is, en ongeag die plofkrag van die teenstrydighede is ons ingestel op die mark! Die AHI is konstruktief en positief ingestel op die behoud en bevordering van Afrikaans in die sakewêreld. Ons werk as organisasie op die beginsel dat ons aandag gee aan daardie sake waarvoor ons lede aptyt en energie het. Dusver het ons nie sulke inisiatief oor die bevordering van Afrikaans in eie geledere ervaar nie, waarskynlik omdat daar genoeg ander organisasies in die Afrikaanse taal- en kultuurkring is wat effektief geleenthede daartoe bied. As ons let op die gebruik van taal in die sakewêreld - direksiekamer, oor die toonbank, in korrespondensie - dan is dit sekerlik waar dat Engels 'n toenemende rol vervul. Wanneer die personeel egter informeel verkeer, vind mens meer dikwels dat Afrikaans óf een of ander van die inheemse tale oorheers. Dit is opvallend dat die swart medeburgers soveel tale magtig is. Moontlik moet ons as ideaal stel dat elke Suid-Afrikaner, benewens die moedertaal, ook drie ander inheemse tale sal verstaan. Dit sal ons in staat stel om in respek teenoor mekaar ook eer aan mekaar te betoon. Die ontstaan, bestaan en voortbestaan van die AHI is krities afhanklik van Afrikaans. Die Afrikaanse sakelewe is ons nismark wat in ons ledebasis, soos in Sakekamers, bediening en ondersteuning behoef ten bate van sake-ontwikkeling. 3. Slotsom
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |