Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Afrikaanse Taalberaad

Aangebied deur die NTLA Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans

TaalberaadDie Afrikaanse Taalberaad vind plaas op 25 - 27 Augustus 2004 in Stellenbosch op Paul Roos Gimnasium se Markottersportterrein en in die aangrensende Hoër Meisieskool Bloemhof se skoolsaal. Hierdie Taalberaad word aangebied deur die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA) van PanSAT en verskeie ander instansies, taal- en kultuurorganisasies. Die bespreking van en terugvoering oor die verslag van die taaloudit is die fokus van die beraad en dit sal hopelik die weg baan vir 'n gesprek oor 'n Nasionale Strategie vir Afrikaans.

Die Taaloudit

Die eerste fase van die Taaloudit van Afrikaans het in Januarie 2004 begin met 'n landswye taalopname wat deur die FAK-kantoor gekoördineer is. Organisasies en instansies wat aktief betrokke is by die bevordering van Afrikaans, is gevra om verslag te lewer oor al hulle aktiwiteite. Die voorlopige verslag van die Taaloudit sal teen die einde van Julie 2004 beskikbaar wees. Die inhoudsopgawe bevat o.a. die volgende afdelings:

  1. Afrikaanse erfenis: Bewaring en bevordering daarvan
  2. Afrikaans in die buiteland
  3. Arbeidsektor, vakbonde
  4. Bemagtigingsprojekte (Sien ook Onderwysbevordering)
  5. Bemarking van kunstenaars
  6. Beurse, lenings, toekennings
  7. Bevordering van veeltaligheid
  8. Ekonomie, sakesektor-organisasies en -energieë
  9. Koorwerk en voordragkuns
  10. Kunstefeeste: binnelands; buitelands
  11. Landswye taal- en kultuurverenigings
  12. Leesbevordering en leeskringe
  13. Media: koerante, tydskrifte, elektroniese tydskrifte, vakwetenskaplike tydskrifte, radiostasies, uitgewers
  14. Nederlands en Afrikaans: kontakuitbouing
  15. Onderwysbevordering
  16. Skryfbevordering
  17. Taalbewusmaking, taal- en groepsregte
  18. Taalkursusse: universiteite, kommersieel
  19. Taaltegnologie: masjienvertaling, spelkontroles, ens.
  20. Taaltoerisme
  21. Uitbou van skakelingsnetwerke, binnelands en buitelands
  22. Vertaling en redigeringsdienste
  23. Welsynsverwante dienste
  24. Wetenskap en Tegnologie
  25. Woordeboeke en terminologieskepping

Die Afrikaanse Taalberaad

Die Taalberaad fokus op die temas wat uit die taaloudit na vore kom. Elke tema word ingelei deur 'n kort uiteensetting van die bevindinge van die oudit. Daarna word 'n paar sprekers die geleentheid gegee om vanuit 'n verskeidenheid sieninge 'n bydrae te lewer. Hierdie formele fase word gevolg deur algemene bespreking, verdere standpuntstelling, voorstelle, en so meer deur die beraadgangers. Die laaste sessie van die beraad (Vrydag) sal gewy word aan 'n samevatting van die sieninge en voorstelle wat hopelik sal lei tot die daarstelling van 'n strategie vir Afrikaans vir die toekoms.

Taalberaadreëlings

Die Vriende van Afrikaans in Stellenbosch hanteer die reëlings van die Taalberaad. Skakel asseblief met :

Me Phia van der Westhuizen, Vriende van Afrikaans
Tel: (021) 808 3745              Sel: 082-226 0550
Faks: (021) 887 1999           E-pos: taalberaad@mweb.co.za

Daar is plek vir net 200 beraadgangers. Reageer dus asseblief spoedig om u plek te verseker.

Huisvesting en vervoerreëlings word nie deur die kantoor hanteer nie. Inligting sal op versoek verskaf word. Middag- en aandetes sal op Woensdag en Donderdag (25 - 26 Augustus) gratis verskaf word by die beraad.


REGISTRASIEVORM

Titel en van:
.................................................................................................................................

Voorletters / naam:
..................................................................................................................

Posadres:
............................................................................................................................................................ ........................................................................................................................................................... ............................................................................................. Kode:................

Tel (Huis): .......................................................... Tel (Werk): ...........................................
Selfoon: .............................................................. Faks: ....................................................... E-pos: ................................................................................

Betaling
Registrasiekoste vir die Taalberaad is R100,00.

  • Sluit 'n tjek hierby in, uitgemaak aan: Taalplan, of
  • Bank die bedrag en faks die depositostrokie aan (021) 887 1999.

Bankbesonderhede:

Rekeningnaam:           Taalplan
Rekeningnommer:       912 1312 989 (spaar)
Bank:                         ABSA, LYNNWOODRIF
Takkode:                   632 005

VOORLOPIGE PROGRAM

Taalberaad
Woensdag 25 Augustus
08:30 Registrasie
09:30 Amptelike opening
10:30 - 11:00 Tee / koffie
11:00 - 13:00 Taaloudit: Oriëntering
13:00 - 14:00 Middagete
14:00 - 16:00 Werksessie 1: Afrikaans in die onderwys
16:00 - 16:30 Tee / koffie
16:30 - 18:30 Werksessie 2: Afrikaans en kuns en kultuur; erfenis
19:00 Aandete

Taalberaad
Donderdag 26 Augustus
08:30-10:30 Werksessie 3: Afrikaans in die regswese, en vakbonde (arbeidsektor)
10:30-11:00 Tee / koffie
11:00 - 13:00 Werksessie 4 (Twee parallelle sessies):
Werksessie 4A - Afrikaans en die sakewêreld
Werksessie 4B - Afrikaans: dienslewering en taalkursusse
13:00 - 14:00 Middagete
14:00 - 16:00 Werksessie 5 (Twee parallelle sessies):
Werksessie 5A - Afrikaans en Wetenskap en Tegnologie
Werksessie 5B - Afrikaans in die media
16:00 - 16:30 Tee / koffie
16:30 - 18:30 Werksessie 6 (Twee parallelle sessies):
Werksessie 6A - Afrikaans in die buiteland; Nederlands en Afrikaans
Werksessie 6B - Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika
19:00 Aandete / Konsert

Taalberaad
Vrydag 27 Augustus
08:30-10:30
Werksessie 7 (Twee parallelle sessies):
Werksessie 7A - Boeke en uitgewersbedryf
Werksessie 7B - Die toekoms van Afrikaans se verlede
10:30-11:00 Tee / koffie
11:00-13:00 Werksessie 8: Leemtes, aanbevelings, opvolgaksies
13:00 Afsluiting


Kontakbesonderhede:
Vriende van Afrikaans, Banghoekweg 115, Stellenbosch 7600
Posadres: Posbus 3256, Matieland 7602
Tel: 021-8083745; Faks: 021-887 1999
E-pos: ; E-pos: taalberaad@mweb.co.za
Sel: 082 226 0550

  • Klik hier vir die finale Taalberaad program


    LitNet: 29 Julie 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.