Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

MEDIAVERKLARING DEUR DIE NASIONALE TAALLIGGAAM VIR AFRIKAANS (NTLA) op 21 November 2003

’n Nasionale Strategie vir Afrikaans in Wording

Die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans (NTLA) kondig graag aan dat die eerste boustene tans in plek gesit word vir ’n Nasionale Strategie vir Afrikaans.

Die NTLA is ’n subkomitee van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT), ’n grondwetlike liggaam met die opdrag om al die tale van Suid-Afrika te bevorder. Dit is ter uitvoering van sy besondere opdrag en met die heelhartige steun van PanSAT dat die NTLA ’n Nasionale Strategie vir Afrikaans in die vooruitsig stel. So ’n strategie moet toegeëien en gedryf word deur bestaande organisasies en individue wat hulle vir die bevordering van Afrikaans binne ’n veeltalige opset beywer, asook deur almal wat Afrikaans gebruik, sowel eerste- as tweedetaalsprekers. Hierin wil die NTLA graag ’n fasiliterings- en netwerkfunksie vervul om te help toesien dat bestaande inisiatiewe en hulpbronne gekoördineer en optimaal aangewend word en dat oorblywende gapings gevul en nuwe uitdagings die hoof gebied word.

’n Aantal stappe in hierdie proses is reeds gedoen:

  1. Die NTLA konsulteer tans oor ’n wye front met organisasies in alle provinsies wat met Afrikaans gemoeid is. Hierdie proses sal in die komende maande voortgesit word.

  2. ’n Landwye opname om vas te stel watter organisasies op die gebied van Afrikaans werksaam is, wat hul aktiwiteite behels, wie hul teikengemeenskappe is en watter hulpbronne hulle tot hul beskikking het, is in die beplanningsfase en sal waarskynlik vroeg in 2004 afgehandel wees.

  3. ’n Beraad oor ’n Nasionale Strategie vir Afrikaans, waarby alle rolspelers betrek sal word, word vir die nuwe jaar in die vooruitsig gestel.

  4. Die NTLA ondersoek tans alle moontlikhede om strukture in plek te kry wat die proses die beste kan dien en om fondse uit sowel die openbare as die privaaksektor daarvoor te genereer. ’n Nasionale Taalfonds vir Afrikaans, waartoe enigiemand wat die saak van Afrikaans steun, kan bydra, is reeds ver gevorder en R150 000 is al vir die fonds bewillig.

Hoewel die inhoud van ’n Nasionale Strategie vir Afrikaans in gesprek tussen Afrikaansgebruikers uitgeklaar moet word, sal die NTLA graag wil sien dat dit oor ’n breë front aangepak word. Daar sal besin en gewerk moet word op gebiede soos Afrikaans in die onderwys, die media, die regspraak, regeringstrukture en die privaatsektor, toevoeging van ekonomiese waarde tot Afrikaans, Afrikaans en regeringsbeleid, die nierassige karakter van Afrikaans, Afrikaans as tweede taal en brugtaal onder alle sektore van die Suid-Afrikaanse bevolking, Afrikaans se verhouding tot ander tale en die bevordering van meertaligheid onder Afrikaanssprekendes. Die bedoeling is dat bestaande inisiatiewe op al hierdie en ander terreine mekaar onderling sal aanvul en versterk, sodat die saak van Afrikaans ook meer hoorbaar in nasionale forums gestel kan word.

Die NTLA wil graag alle belanghebbendes en soveel moontlik van die beskikbare kundigheid by hierdie proses betrek en dit terselfdertyd so benader dat alle betrokkenes hul eie identiteit, fokus en onafhanklikheid kan behou. Daarom word belangstellendes uitgenooi om met ons kontak te maak, om insette te lewer en om by die Nasionale Strategie vir Afrikaans betrokke te raak. Skakel gerus met dr Christa van Louw (voorsitter) by tel 021-808 2983 of met prof Wannie Carstens (ondervoorsitter) by tel 018-299 1552.

Kom ons maak van 2004 ’n waterskeidingsjaar vir Afrikaans en veeltaligheid in Suid-Afrika!


Uitgereik deur dr Christa van Louw (voorsitter), prof Wannie Carstens (ondervoorsitter) en mnr Andre van der Walt (koördineerder) namens die NTLA.

9 Desember 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.