Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Persverklaring

Microsoft programmatuur in Afrikaans en ander Afrika-tale

Microsoft gaan sy programmatuur in Afrikaans en ander Afrika-tale beskikbaar stel.

Hierdie besluit volg na twee jaar se onderhandelings tussen die Vriende van Afrikaans en Microsoft. In ’n brief (in keurige Afrikaans) skryf mnr Mike Cathie, bemarkingsdirekteur van Microsoft in Suid-Afrika, aan mnr Gideon Joubert, nasionale koördineerder van die Vriende, dat programme in Afrikaans, isiZulu, Sepedi, Setswana en isiXhosa vertaal sal word.

Microsoft gaan ’n Afrika-vertaalsentrum op die been bring wat sal omsien na vertalings “vir Suid-Afrikaanse en Afrika-markte”. Die sentrum sal help met “die ontwikkeling van taal-spesifieke funksionaliteit en ons sagteware, soos spel- en grammatika-korreksies, asook aanpassing in spesifieke dialekte.”

Volgens mnr Cathie is die Microsoft-Korporasie ook besig om programmatuur te ontwikkel wat maatskappye in staat sal stel om hul eie vertalings te behartig. “Ons gesels reeds met die Suid-Afrikaanse Regering om hierdie sagteware te toets.”

Mnr Cathie verwelkom voorstelle en opmerkings van mense en instansies wat met die projek kan help. Die Vriende van Afrikaans het verskeie besoeke aan Microsoft se hoofkantoor in Johannesburg gebring nadat ondersoeke aan die lig gebring het dat Afrikaanse leerlinge, veral op die platteland, sukkel om rekenaars te gebruik omdat hulle die Engelse programme nie verstaan nie.

Toe dit lyk of die onderhandelings met Microsoft vasval, is regstreeks aan mnr Bill Gates in die VSA geskryf. Dit was twyfelagtig of ’n brief aan hom by hom sou uitkom. Die kans het gekom toe ’n internasionale konferensie van die Rotariërs op Somerset-Wes gehou is. ’n Buurman van mnr. Gates se vader het die konferensie bygewoon en by ’n lid van die Vriende van Afrikaans tuisgegaan. Hy het aangebied om die brief aan mnr Gates sr te gee met die versoek dat hy dit aan sy seun moet oorhandig.

Kort hierna het Microsoft laat weet dat sy rekenaarprogramme in Afrikaans en ander Afrika-tale vertaal sou word. Die Vriende het deurgaans daarop aangedring dat programme ook in Suid-Afrika se swart tale beskikbaar moet wees.

Die Vriende van Afrikaans se tweetalige kuberwoordeboek verskyn eersdaags. ’n Span kenners onder leiding van prof Christo Viljoen van Stellenbosch het die afgelope twee jaar hieraan gewerk. Dit sal erken word as die amptelike Afrikaanse rekenaartermwoordeboek.

Ingestuur deur Gideon Joubert, Oxalis-straat 6, Heldervue, Somerset-Wes 7130.

Sel 082 827 7774.

Die voorsitter is dr Louise Combrink, tel 083 441-9593.
Prof Christo Viljoen: 021 883-3754.
Mnr. Mike Cathie: 0860 225 567; www.microsoft.com/southafrica/.


22 Julie 2003

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.