Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Vryelik praat op Vryheidsdag

Mediaverklaring: Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG) op 27 April 2004

Op 27 April vier Suid-Afrikaners 10 jaar van vryheid van kolonialisme en apartheid. I-MAG gebruik graag hierdie geleentheid om hulde te bring aan ons beskermheer, dr Nelson Rolihlahla Mandela, eerste president van ’n demokratiese Suid-Afrika, wat ingehuldig is op hierdie dag in 1994, en herinner alle Suid-Afrikaners aan sy treffende woorde:

As jy met iemand praat in ’n taal wat hy verstaan, gaan dit na sy kop toe. As jy met hom praat in sy taal, gaan dit na sy hart toe.

Sy opvolger, ons huidige president Thabo Mbeki, bevestig hierdie sentiment wanneer hy sê:

Ons sal nie toelaat dat ons verskille wat betref ras, kleur en kultuur as rede dien om mekaar anders te behandel as Suid-Afrikaners wat dieselfde patriotisme en lotsbestemming deel nie. Net so sal ons nie toelaat dat enige van ons tale, ons kulture of godsdienste geplaas word in ’n posisie van minderwaardigheid of oorheersing deur ’n ander nie.

Uitsprake soos hierdie eggo die visie van die Vryheidsmanifes wat verklaar: “Almal sal gelyke reg hê om hul eie tale te gebruik.” In dieselfde gees beklemtoon ons Grondwet

  • dat Suid-Afrika 11 amptelike tale het, wat “gelyke respek” en “billike behandeling” verdien;
  • dat die Staat beleid moet maak om veeltaligheid te bevorder en die status van gemarginaliseerde tale te verhoog;
  • dat die Regering in meer as een taal met die publiek moet kommunikeer;
  • dat elke Suid-Afrikaner die reg het om die taal van haar of sy keuse te praat;
  • dat onderwys deur die moedertaal ’n basiese mensereg is;
  • dat gemeenskappe die reg het om hul kulture en tale te handhaaf;
  • dat aangeklaagdes die reg het om verhoor te word in ’n taal wat hulle verstaan; en
  • dat diskriminasie op grond van taal onwettig is.

Verder beskerm die Grondwet verskeie ander regte en vryhede wat ten nouste met taalvryheid verbonde is, soos vryheid van spraak, vryheid van assosiasie, die reg op onderwys en inligting en regte op gesondheidsorg, behuising en ’n veilige omgewing. Sulke regte kan deur alle mense verstaan, opgeëis en gegun word slegs vir sover hul tale bevry en bemagtig word.

Vir Suid-Afrikaners — soos vir die burgers van enige veeltalige land — kan omvattende vryheid nie van taalvryheid losgemaak word nie.

Oor die afgelope 10 jaar is belangrike vordering gemaak om Suid-Afrikaners te bevry van die kettings van taalonderdrukking en -diskriminasie. Onlangs is ’n Nasionale Taalbeleidsraamwerk aanvaar wat die regering verplig om al ons tale te gebruik wanneer hulle met landsburgers kommunikeer. Staatsdepartemente, soos die Departemente van Onderwys en van Kommunikasie, het wette en beleide ingestel wat streef na veeltaligheid in verskeie openbare domeine. Openbare liggame, soos die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad (PANSAT), is ingestel om veeltaligheid te bevorder. I-MAG gee erkenning aan die werk wat gedoen is, en steeds gedoen word, om ’n wetlike en beleidsraamwerk daar te stel wat die ware gees van ons Grondwet weerspieël.

Ons is egter bekommerd oor die versuim om hierdie beleide en wette in praktyk om te sit — ’n versuim wat ten minste gedeeltelik toegeskryf moet word aan ’n gebrekkige politieke wil en ’n onwilligheid om die nodige fondse en ander hulpbronne beskikbaar te stel. Vir die deursnee Suid-Afrikaner — en veral vir die meerderheid wat nie Engels magtig is nie — is die beloofde vryheid nog nie in taalvryheid omgesit nie.

Vryhede wat op papier gewaarborg word, lei nie tot werklike vryheid as hulle nie konkreet gemaak word in tasbare, meetbare veranderings op voetsoolvlak nie. Wette en beleide kan nie op sigself toegang verskaf tot onderwys, inligting, werk en ander geleenthede nie. Sulke toegang kan egter geskep word as ons die tale erken en bemagtig waardeur ons mense, in al hul verskeidenheid, die wêreld sien en ervaar en waardeur hulle aan hul menswees uitdrukking gee.

Mense wat gedwing word om daagliks in ’n vreemde taal te funksioneer, is nie vry om hul uit te druk of hul potensiaal te verwesenlik nie en kan dus nie werklik vry genoem word nie. ’n Filosoof het eenmaal gesê: “Die taal van die oorwinnaar in die mond van die oorwonnene is die taal van slawe.”

Ook as mense ontneem word van die geleentheid om nuwe tale te leer en nuwe identiteite te verken, om sodoende hulle horisonne en moontlikhede te verbreed, bly hul vryheid uiters beperk.

Ons daag die nasie uit om die vryheid op te eis waarvoor so baie geveg en gely het, deur vryelik hul tale te praat, mekaar se tale te leer en aan te dring op die tasbare implementering van ’n taalbeleid op elke lewensterrein.

Ons doen ’n beroep op ons leiers om die weg te wys op die “Lang Pad na Vryheid”, deur die regte voorbeeld te stel en deur ons uitdagings op taalgebied heelbo aan die lys van nasionale prioriteite te plaas.

Suid-Afrika sal nie vry wees totdat ons mense vryelik kan praat nie.

Uitgereik deur:
Mhlobo Jadezweni (Voorsitter)
Alet van Huyssteen (Ondervoorsitter)
Gerrit Brand (Sekretaris)
Annette Humphries-Heyns (Tesourier)
Pedro Dausab (Lid) en
Werner Scholtz (Mediaskakelbeampte)

namens die Meertaligheidsaksiegroep (i-MAG).

’n Engelse weergawe is ook beskikbaar





LitNet: 27 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.