Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

CTexT doen dit weer!

Mediaverklaring

In 'n tyd waar vele mense bekommerd is oor die stand, taak en toekoms van Afrikaans, toon hierdie produk dat Afrikaans lewendig, sterk en vol digitale krag is. - Dr Mariëtta Alberts van PanSAT (Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad)

Met die onlangse bekendstelling van die Afrikaanse Speltoetser 3.0, Tesourus 1.0 & Woordafbreker wys CTexT™ (Sentrum vir Tekstegnologie) weer hulle staal in die ontwikkeling van toonaangewende taaltegnologieprodukte vir Afrikaans. CTexT™, 'n eenheid van die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse Konteks by die Noordwes-Universiteit, is al vir langer as 'n jaar bedrywig, en die Afrikaanse Speltoetser 3.0, Tesourus 1.0 & Woordafbreker is die jongste toevoeging tot hulle reeds stewige produkreeks.

Vandat die Speltoetser in die negentigerjare die eerste keer die lig gesien het, het die leksikon al verdubbel en vandag herken dit meer as 350 000 woorde - wat 'n wye verskeidenheid eiename, vakterme en akronieme insluit. Danksy gevorderde morfologiese analise herken die jongste speltoetser nou ook 'n groot aantal nuwe samestellings en verbuigings.

Wat hierdie nuwe weergawe kop en skouers laat uitstaan bo sy voorganger (Afrikaanse Speltoetser 2.1 & Woordafbreker), is die insluiting van 'n tesourus. Die tesourus is gebaseer op LG de Stadler se Groot Tesourus van Afrikaans, en die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woordkeusegids.

Mnr Roald Eiselen, projekleier van die span wat die tesourus ontwikkel het, beskryf 'n tesourus as 'n tipe "omgekeerde woordeboek", waar dit nie oor die spesifieke betekenisbeskrywing van die woord gaan nie, maar oor die verhouding waarin die woord tot ander verwante woorde en ander betekenisse staan (as 't ware die "familie" van die woord). So byvoorbeeld hoort straatkat, wildekat en huiskat saam onder die inskrywing kat, wat weer opgeneem word onder soogdier. In die tesourus word woorde dus in klasse verdeel op grond van die gedeelde betekenisse en verbande tussen die woorde.

Hoewel die tesourus dikwels sinonieme van woorde verskaf, is dit streng gesproke nie 'n sinoniemwoordeboek nie. As jy kat opsoek, kry jy 'n lys van verskillende soorte katte: die gebruiker moet dus die woord kies wat in die betrokke konteks die beste sal werk. In ander gevalle bied die tesourus wel alternatiewe wat as sinonieme beskou kan word: as jy sien opsoek, kry jy woorde soos waarneem, gewaar en aanskou.

Die belangrikste funksie van die tesourus is dus om aan 'n gebruiker alternatiewe woorde te gee om uit te kies. So byvoorbeeld kan jy lastige herhalings voorkom deur verskillende woorde met verbandhoudende betekenisse te gebruik. Op hierdie manier skep jy nie net 'n interessanter en lewendiger teks nie, maar brei jy ook sommer jou woordeskat uit!

Die program is maklik om te installeer en is ook volledig geïntegreerd met Microsoft Office 2000/XP/2003. Dit sluit ook 'n woordafbreker in wat woorde aan die einde van die reël korrek kan afbreek. Die Afrikaanse Speltoetser 3.0, Tesourus 1.0 & Woordafbreker is in Augustus by Protea Boekhuis in Pretoria bekendgestel en sal binnekort op winkelrakke dwarsoor die land beskikbaar wees.



LitNet: 10 Oktober 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.