![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() Drs. Harry Brinkman praat by Huis der NederlandenByeenkoms van die afdeling Kaap de Goede Hoop van die internasionale kultuurvereniging (3 000 lede wêreldwyd) van die Orde van den Prince (wat in Vlaandere ontstaan het - die Prins verwys na Willem van Oranje). Ons afdeling werk vir die bevordering van Nederlands én Afrikaans en die kultuurlewe van Suid-Afrika. Datum: Saterdag, 3 April 2004 Ons spreker daardie oggend is doctorandus Harry Brinkman. Hy is afgetrede hoof verantwoordelik vir die bestuur van die Vrije Universiteit van Amsterdam, het ’n ere-doktoraat van die Universiteit van Potchefstroom, het met die herstrukturering van byvoorbeeld universiteite in Rusland gehelp, is voorsitter van die invloedryke Stichting ZASM in Nederland, wat befondsing aan die HdN gee op die voorwaarde dat die Huis Afrikaniseer en ’n donasie bewerkstellig het waarmee die HdN nou geletterdheidskursusse vir plaaswerkers organiseer. Bowenal is hy die inisiatief agter ’n projek op Stellenbosch om ’n Nederlands/Afrikaanse Afrikaans/Nederlandse woordeboek tot stand te bring. Dit is egter nog nie die belangrikste punt nie: drs. Brinkman is trots daarop dat sy projek op twee vlakke diens beoog. Soos hy dit self stel: Het tweede niveau is verbonden met de daarbij toegepaste technologie, die op zeer specifieke in Nederland-Vlaanderen ontwikkelde expertise berust. Die technologie en expertise werden voor Zuid-Afrika zeer relevant geacht, met het oog op het ontbreken van woordenboeken tussen de inheemse talen in Zuid-Afrika, waarvan er verschillende nauw verwant zijn. Doel van het project was dan ook die expertise over te dragen naar Zuid-Afrika en Zuidafrikaanse actoren in staat te stellen die in Z.A. te gaan toepassen. Drs. Brinkman se groot frustrasie is tans dat hy nog niemand in Suid-Afrika bereik het wat belangstel om hierdie tegnologie te benut nie. Hy voel hier is ’n kans wat die tale van Suid-Afrika deur die vingers laat glip. Sy versoek ten opsigte van sy praatjie is dan ook om soveel moontlik mense te vind wat belang sal stel. Dit sal vir die Orde-afdeling ’n eer wees as jy ons byeenkoms kan bywoon. Ons het ’n tuiste in die HdN gevind en stel dikwels wanneer uitgelese sprekers optree, ons vergaderings vir die lede van die HdN oop. Samewerking was nog altyd vir my een van die belangrikste elemente van ons bestaan. Vriendelike groete Anneke van Niekerk Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |