Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Onmoontlik! Afrikaans SA se derdegrootste taal?

Terwyl die jaar 2001 dan die sensusjaar is, is dit nogal heel gepas om sekere feitestellings te maak op grond van die taaldemografiese werklikhede van Suid-Afrika.

  1. IsiZulu met 8.3 miljoen sprekers (22%) is die grootste taalgemeenskap in Suid-Afrika.

  2. Afrikaans as eerste taal word deur 5.7 miljoen mense (15%) gepraat, en is die derdegrootste taalgroep ná isiXhosa met 6.6 miljoen (17%) eerste taalsprekers.

  3. Engels as eerste taal word deur 3.4 miljoen sprekers(9%) verteenwoordig, en is die sesdegrootste taalgroep in Suid-Afrika.

  4. Die Suid-Afrikaanse bevolking kan in 4 hoof-taalgroeperings verdeel word wat 94.5% van die bevolking uitmaak, nl. Nguni 16.6 miljoen (44.38%); Sotho 9.6 miljoen (25.71%); Afrikaans 5.7 miljoen (15%) en Engels 3.4 miljoen (9.1%). Xitsonga, (1.3 miljoen) en Tshivenda, (776000) is nie kognaat aan enige taalgroep verwant nie en is nie by bogemelde berekeninge ingesluit nie.

  5. Afrikaans is in twee van die provinsies die dominante taal, Wes-Kaapland (58.5%) en Noord-Kaap (69.7%). Noord-Kaap is egter die kleinste provinsie in terme van bevolkingsgetalle. Die provinsies waar Afrikaans in terme van persentasie van die totale provinsiale bevolking die minste verteenwoordig is, is KwaZulu Natal (1.73%) en die Noordelike Provinsie (2.45%).

  6. Engels is in geeneen van die nege provinsies die dominante taal in terme van eerste taalsprekers nie.

  7. Die meeste Afrikaanssprekers in terme van getalle word in die Wes-Kaap provinsie aangetref, nl 2.6 miljoen sprekers, gevolg deur die Gauteng-provinsie met 1.5 miljoen sprekers.

  8. Afrikaans is die mees dominante taal in die metropolitaanse gebied Kaapstad, en in die metropolitaanse gebiede van die groter Oos-Rand, Tshwane en Nelson Mandela is die Afrikaanssprekers meer as die Engelssprekendes.

  9. Geprojekteerde syfers tot die jaar 2006 dui daarop dat die taalgroeperinge relatief tot die totale bevolging konstant sal bly, met die sterkste groei van Afrikaanssprekers onder die Kleurlingbevolking van die Wes-Kaap provinsie.

  10. Engels is nie die lingua franca van Suid-Afrika nie. Engels is wel die “grootste-gemene-deler” taal, hoofsaaklik as gevolg van die feit dat die oorgrote meerderheid Engelssprekende Suid-Afrikaners nie Afrikaans kan praat nie, swart Suid-Afrikaners Engels promoveer in die openbare en private sektor, en Afrikaanssprekers die “grootste-gemene-deler” taal maar al te gelate aanvaar.

André van der Walt
Taalsekretariaat
6 Desember 2001

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.