SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Ballade van Daisy Rowe*

Elize Parker

aan die begin van die twintigste eeu
in ‘n huis langs die vuurtoring op L’Agulhas
verstil ‘n koorsasem agter die lippe van
die ligwagter se madeliefiekind
‘n stil, slu smet
los spore soos wit mossels
in haar keel
 
in sy nagwake
rig hy met gesmelte skaapstertvet
in die Argandlamp
vlote staalskepe
oor suidpuntwaters
weg van kliphorisonne
hy klim snags ses-en-sewentig trappies
en laat strale genade
uitreik na ander
 
maar sy dogter se lantern brand laag
hulle begrawe haar in ‘n skulpgruisgraf
terwyl vlinders oor die fynbos dartel
 
en nou, met volmaan
wanneer ‘n alikreuk-reuk
uit Skulpiesbaai naderwaai
bars vlinders uit
‘n klipskeur op haar graf
en ‘n ligdraer klim
ses-en-sewentig trappies
met sokkies van die mis


* Sy sterf aan witseerkeel



LitNet: 23 Augustus 2006

  • Lees Elize Parker se tweede gedig: " Middag mirage "
  • Terug na SkryfNet XII

    Wil jy reageer op SkryfNet XII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.