![]() |
|
Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole Wat
is SkryfNet?
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
SkryfNet XI se inwonende skrywers![]() |
Dine van Zyl is ‘n bekroonde skrywer en vryskutjoernalis met meer as 30 jaar se ondervinding in alle vorms van die media. Sy het verskeie boeke geskryf, onder andere Potjiekos, Afval en Afvalligheidjies en Boerekos (nie-fiksie); Annerkant-die-berg en Slagoffers (fiksie). Enkele van haar toekennings is o.a. die SAUK Artes: beste programmaker (dokumentêr) (1985), naaswenner in die Groot Romanwedstryd van Sanlam, Insig en Kwêla, in samewerking met Radiosondergrense en LitNet in 2001, asook die WA Hofmeyr-prys in dieselfde jaar en die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns Eugène Marais-prys vir Literatuur in 2002. Sy kry spesiale vermelding: Noma Toekenning (Afrika Literatuur, toegeken deur Oxford Universiteit) in 2003, is Finalis Mondi Joernalis van die Jaar Toekenning in 2005 en is in 2006 twee keer genomineer as Mondi Joernalis van die Jaar. |
|
SkryfNet XI se skrywers![]() |
Etienne Marais is in 1969 in Johannesburg gebore en het kort daarna na Kaapstad
verhuis. Hy was 12 jaar op skool by Jan van Riebeeck en het daarna 'n
honneursgraad in Bestuursrekeningkunde aan die Universiteit van Stellenbosch
behaal. Hierna het hy by verskeie firmas in Kaapstad en Johannesburg as
rekenmeester (en later programmeerder) gewerk, asook vir 'n jaar in London. Hy
het sopas teruggekeer van Taipei waar hy vir 3 jaar onderwys gegee en deur
die Ooste gereis het, en is nou besig om sy eie besigheid op die been te bring.
'n Enkele storie van hom ("Die Vlieg") het 'n paar jaar gelede 'n prys gewen en
is in 'n bundel gepubliseer en 'n paar van sy verhale verskyn op LitNet.
|
![]() |
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.