SkryfNet - 'n aanlyn-skryfskool
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Sanlam/LitNet aanlyn-skryfskole

Slag die patriargie af

Ronel Scheffer

(i)
dol wind en somerhitte
smerige kondisies vir ’n sagwordende lyf
ek paai my hart stil
naar bedink ek weer
my sogenaamde keuses:

my oë verstrik in die weefstof van klank en lig
wat my geheim aan die lewe hou
die verhouding met die res te wissel-val-lig

aanvaar jy my borste hul aparte bestaan
het jy die spieël gesien, wat sê dit van jou
my veertigjarige buik rou agter 'n sluier
hoe kan ek kyk

hoe kan ek dié liggaam ooit ken
verstaan, betekenis maak, vertrou
as jou oë alwetend net dood bly dreig

hoe kan ek haar by die gifte van die aarde ag, hoe
kan ek hierdie mens liefhê en die eeue terugwen

jou verbete hande sluit om die son
jy bedryf my klewerig in die strate van elke stad
o jy weet jy ken my
en ek moet mooi trap vir die heer
my geboortereg verpand
by jou herinnering syg ek neer
ek moet weer opstaan elke dag

die atmosfeer straal deur die staal kake van jou kou
jou gevangenis is heerlik

en ek bly dol
prisonier van die heersende weer

(ii)
in my boekrak staan ’n bybel
en bande wat ek moet eer
maar al wat ek sien in hierdie nag
is die jesus, die mensdom
styf in ’n hoek gekeer
deur jou dom piel

die volmaan bloei
vryheid blom in die lug
ek wil die teerpad soen
die donker streel
tussen die huise dans met vry borste
intree in eie plesier en verwondering in
maar dis jou verspotte testikels
wat my verbeelding moet vul
waarvoor ek my in toom moet hou

jou filosofering is luide simbaal, kaksleg metaal
rasionele opdrifsels van 'n donker plas
selfhaat en eie belang
woorde, beelde
drup eentonig
jou piel skakeer, gedy eindeloos
kroon van die natuur
bespotting van lewe

die volmaan bloei
vir ons
maan skater oor aarde
en ek sal hierdie nag
nooit weer aan jou oorlaat nie





LitNet: 14 November 2005

  • Lees die eerste weergawe van hierdie gedig: "Man"
  • Lees die tweede weergawe van Ronel Scheffer se eerste gedig: "Elemente van Pyn"
  • Lees die eerste weergawe van Ronel Scheffer se eerste gedig: "Elemente van Pyn"
  • Terug na SkryfNet VIII

    Wil jy reageer op SkryfNet VIII? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.