RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die omstrede God in Dinsdagaand se SPITS op kykNET!

Erns Grundling

Klik hier vir meer oor SPITS!





Die omstrede God op kykNET!Die omstrede God is Dinsdagaand op die kassie! Die aktuele program SPITS, wat Dinsdagaand (14 September) om 21:00 op kykNET uitgesaai word, gaan 'n insetsel wy aan hierdie omstrede publikasie.Theunis Nel is die aanbieder en die regisseur is Frederik de Jager.

Hier volg meer inligting oor die insetsel:

Is daar werklik ’n God? Hierdie vraag het ’n jaar of twee gelede ’n woeste debat op ’n Afrikaanse internetjoernaal veroorsaak, toe maande lank duisende driftige briewe soontoe afgestuur is. 400 hiervan het nou ’n ewe omstrede boek geword met die titel Die omstrede God. Vraag is: Hoe dan dat Afrikaners nou so heftig in die openbaar twyfel? SPITS het by van die vernaamste debatteerders gaan hoor - van die skerpste ateïs tot die hoogste kerkman tot ’n bekende digteres wat nie meer alles glo nie.

Thomas Mollett (mede-samesteller), Sakkie Spangenberg (teoloog), Kleinboer (skrywer), Maryna Blomerus (organiseerder: UKkasie) en George Claassen (hoofredaksielid van Die Burger) is van die deelnemers aan die debat wie se standpunte in hierdie insetsel gehoor gaan word.

Diegene wat Dinsdagaand se program misloop kan dit steeds sien tydens die volgende herhalings:

Woensdag 15 September om 16:00
Donderdag 16 September om 11:00.

Lesers in die buiteland kan na SPITS kyk via die KuduClub se live streaming.

  • Die omstrede God is by voorste boekhandelaars beskikbaar en kan ook bestel word by www.sun-e-shop.co.za of (021) 808 2401. Navrae kan gerig word aan africansumedia@sun.ac.za.



    LitNet: 12 September 2004

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.