![]() |
![]() |
![]() ![]() |
![]() |
|
![]() |
![]() RiemTelegramDeborah Steinmair
Bill van 'n boek
Gewese Amerikaanse president Bill Clinton (foto
onder) het sy lewensverhaal neergepen. Resensente is nie juis entoesiasties
oor My Life (wat teen 957 bladsye selfs dikker as LitNet se eie Die
Omstrede God is) nie. New York Times se Michiko Kakutani het dit
as "slordig, selfbevredigend en dikwels skeelmakend vervelig" beskryf. Newsweek
het dit afgemaak as "nou nie juis 'n naelbyt-ervaring nie."
Hoe dit ook al sy, vooruitbestellings oorskry reeds die 2 miljoen-kerf. 'n Washingtonse boekhandelaar het hierdie Bill-lustigheid met Harry Potter-manie vergelyk, met boekwinkels wat laat oop bly om teen middernag af te skop met verkope.
Praag en praal Op die plaaslike boekefront is daar helaas nie van manie sprake nie, hoewel
'n redelike skaretjie op Protea Boekhuis in
Hel is ander mense (bron: www.mnet.co.za)
Amanda se koetsier (bron: Rapport) Op die sprokiesfront gaan dit bedrywig. Die Buksie van Hoopstad het 'n kishou
geslaan en gooi haar raket oorboord vir die
Crossing Jordan (bron: Huisgenoot)
'n Sprokie wat helaas nie gelukkig geëindig het nie, is die van Imran Khan, oud-krieketspeler en deesdae politikus van Pakistan en sy Britse Jemima, wie se huwelik been voor paaltjie uitgevang is.
Maak hom los, tokkelos Daar's 'n vis in die bos ... ons Liedjieboer ry nie meer alleen
op sy Harley nie ... Bly by my vannag, het skrywer Jeanette
en die meermin en die lorelei Sedertdien ry hulle in 'n wonnerlike wolwielwa.
Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte. |
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |