RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die boek kraai koning op Węreldboekedag

Erns Grundling

There is no mistaking a real book when one meets it. It is like falling in love.
— Christopher Morley

Moenie verbaas wees as jy iewers vandag ’n voortvarende jong Harry Potter of een van die Narnia-karakters op straat raakloop nie. Dit is immers UNESCO se Węreldboekedag, en word sedert 1995 jaarliks op 23 April gevier.

Waarom juis vandag? William Shakespeare is oorlede op 23 April 1616, en omdat hy as een van die grootste figure in węreldletterkunde beskou word, is dit heel gepas om Węreldboekedag op hierdie dag te vier.

Die Spanjaard Miguel de Cervantes, skrywer van Don Quixote de la Mancha, is ook oorlede op 23 April. Die inwoners van Katalonië — ’n streek in Noordoos-Spanje — het al vir jare ’n tradisie om mekaar op hierdie dag met rose en boeke te bederf, in die gees van “a rose for love and a book forever”.

The Centre for the Book in Kaapstad neem aktief deel aan Węreldboekedag. Meer as 60 000 plakkate ter viering van Węreldboekedag is regoor die land versprei. Elisabeth Anderson, hoof van die sentrum, is geweldig opgewonde oor die moontlikhede wat so ’n dag bied.

“Dis wonderlik dat mense regoor die węreld vir een dag op boeke kan konsentreer en doelbewus daarop kan fokus. Daar is heelwat spesiale aanbiedinge by boekwinkels regoor die land, kinders trek aan soos hul gunstelingkarakters, ens. Dis ’n dag vol plesier!”

Volgens Anderson is daar heelwat energie en hoop vir boeke. Tog flikker die gevaarligte, veral die feit dat bykans 12 miljoen Suid-Afrikaners volgens Anderson funksioneel ongeletterd is. Sy vertel van navorsing onder 30 000 graad 3-kinders in Wes-Kaapse laerskole wat verlede jaar getoon het dat slegs 36 persent ’n bevredigende graad van geletterdheid gehad het.

Hoewel die redes vir hierdie ongeletterdheid uiteenlopend is, meen Anderson dat die probleem met toegang tot boeke ’n groot rol speel.

“Daar is ’n algehele gebrek aan toegang tot boeke buite die skoolsillabus vir die meeste kinders, veral in die arm gebiede,” sę Anderson. Sy betreur die feit dat daar weinig publieke (of selfs mobiele) biblioteke is om in hierdie kinders se leesbehoeftes te voorsien.

The Centre for the Book het vandag ’n propvol program, wat lesers in Kaapstad interessant sal vind:

  • ’n Bespreking in die oggend van Richard Rive se roman Buckingham Palace: District Six, met deelname deur Shaun Viljoen (Universiteit van Stellenbosch), Geraldine Goldblatt (Wes-Kaapse Onderwysdepartement) en Audrey Simpson (Hoërskool Glendale).

  • Rondom middagete word die voor- en nadele van romance-fiksie bespreek.

  • ’n Skryfkompetisie vir skole in die Wes-Kaap se finale ronde vind na middagete plaas. Leerders van plekke so uiteenlopend soos Kampsbaai en Langa het deelgeneem, en die weninskrywings sal later vanjaar in gedrukte vorm verskyn. Die radio- en televisiepersoonlikheid, Natalie Becker, en Robyn Roodt, junior burgemeester van Kaapstad, sal die funksie bywoon.

  • In die agtermiddag sal dr Helen Moffett van die Afrika Gender Instituut ’n praatjie lewer getiteld “Miss Austen meets Ms Jones”, wat die verband gaan lę tussen Austen se Emma en die onlangse blitsverkoper en rolprent Bridget Jones’ Diary.

  • Die pret en plesier word vir laaste gebęre met “The Impossible Book Quiz”, waar twee spanne met bekende boekmense mekaar die stryd gaan aansę. Die Book-Marks en Dog-Ears, met bekendes soos Dianne Case, Fiona Coyne, Gus Ferguson, Pamela Jooste en Kole Omotoso, gaan mekaar se kennis oor veral plaaslike letterkunde toets. Die skrywer en samesteller Robin Malan sal die vrae stel. Daar is verversings om 18:30 en die verrigtinge begin om 19:00.

    Kontak Mark Espin van The Centre for the Book indien daar enige navrae is.

    LitNet wens al sy lesers ’n vreugdevolle Węreldboekedag toe.

    Books are the quietest and most constant of friends; they are the most accessible and wisest of counselors, and the most patient of teachers.
    — Charles W Eliot

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.