RiemTelegram - warm boekenuusArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Spog ATKV-toekennings vir prestasies gedurende 2003

Uitgereik deur die ATKV

Presteerders op verskeie terreine van Afrikaans word vanjaar vir die negende jaar agtereenvolgens deur die ATKV met die ATKVeertjie-toekenning bekroon. Vanjaar se spoggeleeentheid vind op Saterdag, 27 Maart voor ’n uitgelese gehoor by Theatre on the Track in Kyalami, Midrand, plaas.

1) ATKV-TELEVISIEPRYS

Die AKTV se televisieprys word toegeken aan die persoon wat gedurende die afgelope jaar (1 Januarie tot 31 Desember 2003) die grootste kreatiewe bydrae gemaak het tot die bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur deur middel van TV-programme en -reekse.

“Kreatiewe bydrae” word in die breedste moontlike sin vertolk en is van toepassing op enige program — van musiek-, drama-, nuus- en joernaal-, tot kinder-, dokumentêre en aktualiteitsprogramme.

Daar is die afgelope jaar in ses kategorieë meegeding en sowat 122 programme is deur vervaardigers en produksiehuise ingeskryf. Elke kategoriewenner ontvang R2 000 en ’n sertifikaat, terwyl die algehele wenner met ’n verdere R2 000 én die gesogte ATKVeertjie-toekenning wegstap.

Die algehele wenner van die ATKV-televisieprys 2003 word by die ATKVeertjie-geleentheid aangekondig.

Die kategoriewenners is:

  • Beste onderhoud:
    Nuus en/of aktualiteit: Geen wenner vir 2003.

  • Beste tydskrif-/leefstylprogram:
    Die SABC2 tydskrif-/leefstylprogram Pasella (as reeks), vervaardig deur Tswelopele Productions met Amor Engelbrecht as uitvoerende regisseur.

  • Beste musiek-/verskeidenheidsprogram of drama:
    Die musiekprogram Geraas (as reeks) op SABC2. Dit is vervaardig deur Threshold Collective.

  • Die beste nuus-/aktualiteits-/dokumentêre program:
    Gee jou Hart vir Hillbrow op kykNET. Jan Horn is vervaardiger en regisseur. Anderkant Beitbrug in 50/50 op SABC2. Johann Botha is vervaardiger, regisseur en aanbieder.

  • Beste aanbieder:
    Johann Botha vir André Hartman/Haaiman in 50/50 op SABC2.

  • Beste programinsetsel:
    Verby die Eerste Kyk in 50/50 op SABC2 met Lieza van Tonder as regisseur.

    2) AKTV-RADIOPRYS

    Die AKTV-radioprys se Veertjie-toekenning word gedoen aan dié persoon wat die vorige jaar deur middel van ’n radioprogram uitgemunt het in die kreatiewe bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

    Vanjaar ding ses kategoriewenners mee om die gesogte ATKVeertjie-toekenning. ’n Totaal van 42 programme was ingeskryf.

    Soos in die TV-kategorie, kry elke kategoriewenner R2 000 en ’n sertifikaat, terwyl die algehele wenner die ATKVeertjie-toekenning én’n bykomende R2 000 ontvang.

    Die algehele wenner in hierdie kategorie word ook tydens die gala-geleentheid bekend gemaak.

    Die kategoriewenners is:

  • Beste program - Musiek/Verskeidenheid/Drama:
    Flip Loots se inskrywing Die Woord het Pyn geword op RSG.

  • Beste program - Nuus/Aktualiteit/Dokumentêr:
    Jannie Pelser met Brandpunt op Radiokansel.

  • Beste onderhoud:
    Daniel Hugo in Leeskring — Herman Giliomee op RSG.

  • Beste aanbieder:
    Johann Botha van Tempo op RSG.

  • Beste programinsetsel:
    Mètzi van der Merwe vir haar aanbieding van Arm bejaardes op Monitor, die nuus- en aktualiteitsprogram soggens op RSG.

    3) ATKV-KINDERBOEKTOEKENNINGS

    Die doel van dié toekenning is om die gewildste Afrikaanse kinderboek, soos deur kinders self aangewys, te bekroon en hulle sodoende aan te moedig om meer Afrikaans te lees. Só word die mark gestimuleer om meer oorspronklike Afrikaanse kinders- en jeugboeke op die rak te plaas.

    Die ATKVeertjie-toekennings word oorhandig aan die skrywers en illustreerders (waar van toepassing) van die beste Afrikaanse kinderboeke wat in 2002 verskyn het.

    Die kinderboeke word in vyf kategorieë beoordeel en elke kategoriewenner kry ’n ATKVeertjie-trofee sowel as R1 000.

    Vanjaar se kategoriewenners is:

  • Kategorie 3 - 5 jaar:
    Net een slukkie padda — Piet Grobler (Human & Rousseau) Piet word bekroon vir die skryf van die boek sowel as vir die illustrasies daarin.

  • Kategorie 6 -7 jaar:
    Geen toekenning vir 2003.

  • Kategorie 8 - 9 jaar:
    Geen toekenning vir 2003.

  • Kategorie10 -12 jaar: Hospitaaltyd — Francois Bloemhof (Human & Rousseau)

  • Kategorie 13 - 15 jaar:
    Liefde laat jou Rice Krispies anders proe (LAPA Uitgewers) — Jaco Jacobs wat onder die skuilnaam Tania Brink skryf.

    Sowat 1 831 kinders het gedurende 2003 saam met biblioteke landwyd aan die beoordeling van hierdie boeke deelgeneem.

    4) ATKV-PROSAPRYS

    Dié toekenning, tans een van die grootste literêre pryse in die land, word gedoen aan die boek wat in die vorige kalenderjaar verskyn het en wat die grootste byval by die leserspubliek gevind het.

    Vanjaar kom dié eer Marzanne Leroux-Van der Boon toe vir haar werk Granate bloei in Jerusalem (Lux Verbi BM) waarvoor sy die ATKVeertjie-trofee en R23 000 ontvang.

    Die ATKV-Prosaprys word reeds sedert 1984 toegeken en skrywers soos Dalene Matthee, Etienne van Heerden, Jan van Tonder, Riana Scheepers, Erika Murray-Theron, Marita van der Vyver, Corlia Fourie en Deon Meyer tel onder die vorige wenners.

    5) AKTV-DAMES SE SPESIALE ERKENNINGSTOEKENNING

    Dié vroue-arm van die ATKV gee vanjaar spesiale erkenning aan ’n dinamiese vrou wat deur haar toewyding ’n daadwerklike verskil in haar gemeenskap maak.

    ATKV-DAMES se oorkonde gaan vanjaar aan Michelle Pretorius, superintendent van die Sophiatown-polisiestasie. In haar strewe om die gemeenskap op te hef deur die aanbied van werkswinkels, inisiatiewe te ontwikkel wat geweld en misdaad bekamp, bewusmakingsveldtogte oor die gevolge van dwelm- en alkoholmisbruik en haar volgehoue pogings om die korrupsie in die Polisiediens uit te roei, het sy grootliks bygedra om geweld en misdaad in die gemeenskap van Sophiatown te bekamp. Met hierdie spesiale erkenning loof ATKV-DAMES haar vir haar onbaatsugtige diens en positiewe gemeenskapsbetrokkenheid.

    6) ATKV-DAMES VROU-VIR-VROUETOEKENNING

    ATKV-DAMES se top Vrou-vir-Vrouetoekenning word toegeken aan ’n Suid-Afrikaanse vrou wat ’n buitengewone bydrae tot die samelewing en haar gemeenskap lewer, met die fokus veral op vroue wat ’n verskil op maatskaplike gebied gemaak het.

    Vanjaar se toekenning gaan aan Margaret Vos. As direkteur van Toughlove SA, wat met rehabilitasiesentrums, skole, kerke, private instansies en die Wes-Kaapse Dwelm- en Alkoholforum skakel, is sy ten nouste betrokke by die stigting van ondersteuningsgroepe vir dwelm- en alkoholverslaafdes. Sy gooi ook haar volle gewig in agter die bewusmaking en bekamping van dwelm- en alkoholverslawing.

    Verlede jaar het sy ook Projek Debbie (SA) in die lewe geroep. In samewerking met hotelle in die Wes-Kaap en Nationwide, spits dié gemeenskapsgerigte projek hom onder Vos se leiding toe op die verskaffing van gratis nood-huisvesting en werksgeleenthede vir mishandelde vroue, hul berading en om die stilte rondom gesinsgeweld en mishandeling te verbreek. Goedere en skenkings van die publiek word ook aan vroue in nood, in veilige hawes en ouetehuise versprei.

    Vorige ontvangers van hierdie belangrike toekenning was onder meer Marike de Klerk en Penny Coelen-Rey.

    7) ATKV-PRESTIGETOEKENNING

    Dit is die ATKV se hoogste erkenning en word jaarliks aan ’n persoon toegeken vir sy/haar volgehoue bydrae op ’n bepaalde terrein van die Afrikaanse taal en kultuur.

    Dié wenner, wat tydens die gala-geleentheid bekend gemaak word, sluit hom of haar aan by ’n lang lys formidabele vorige ontvangers onder wie die sakeleier dr Anton Rupert, die skrywer PG du Plessis, die kultuurleier lt-genl M van Vuuren, die musikant Nico Carstens, die operasangeres Mimi Coertse, die akademikus prof Elize Botha, die digter prof TT Cloete en die skrywer Elsa Joubert.



    LitNet: 19 Maart 2004

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.