LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Daar word deesdae baie gepraat oor oppervlakkigheid:
Insig en LitNet word deur lesers daarvan beskuldig dat hul inhoud te “populêr” word
rondom kunstefeeste en populêre Afrikaanse musiek had ons die Jaco Botha/Sunette Bridges-debat
iewers agter alles huiwer die Goosen/Hofmeyr-backtracks-gesprek
ons verneem dat uitgewers net topverkopers wil uitgee en die poësie verwaarloos
rondom kerke verneem ons dat charismatiese kerke 'n toeloop ervaar en sommiges sien dit as 'n vlakwording van ons geesteslewe
ons hoor van die toneelwêreld waar produksies al meer kunstefees-gerig word
ook die media, verneem ons, word by die dag vlakker en al meer ingestel op sensasie; die klem val op vermaak, haas, geld ...
Wat word van die erns en die suurdeeg van die denke? Is daar nog plek vir die niekommersiële? Het ons kultuur nog breedte en diepte? Wat lê voor?
En/of/maar: Is dit nie juis deel van ons postmodernistiese wêreld, hierdie omgaan met populêre kultuurvorme nie? Lê daar nie juis groeipunte as "hoog" en "laag" ontmoet nie? Red die gewilde aanslag nie juis ons taal nie?
LitNet bied 'n aanlynseminaar aan oor die vraag rondom "die nuwe oppervlakkigheid", waarin ons wil besin oor die vervlakking al dan nie van verskillende aspekte van ons kultuurlewe, bv drama, letterkunde, godsdiensbelewing, die openbare debat, Afrikaanse musiek, die media, ens.
Media: Izelle Venter Oor
INSIG en oppervlakkigheid "INSIG word steeds
geposisioneer as ’n tydskrif met ’n unieke inhoud wat
veral fokus op demokratiese waardes, suksesvolle mense, sake-inspirasie
en die goeie lewe.
Ons word deur ’n paar Afrikaanses daarvan beskuldig dat ons
diepte vir lekkerte verruil het. Daarmee stry ons nie. Dit was in
der waarheid een van ons mikpunte."
"...ons nuwe strategie vir
INSIG se voorblaaie is herkenbaarheid. Om onsself van nuuts
te vestig en potensiële lesers te wen, is daar geen ander keuse
nie."
Musiek: Andries Bezuidenhout Die
nuwe oppervlakkigheid en trourokke: ’n requiem "Ek
het ook beweer dat die Afrikaanse musiekmark deur ’n treinspoor
in twee verdeel word – die bodorp, wat na Koos du Plessis luister
en wyn drink, en die onderdorp, wat na Bles Bridges luister en brandewyn
drink."
Godsdiensbelewing: Theo Geyser
Viagra God "Ongelukkig
dra die verwonding van die apartheidsteologie daartoe by dat vele
hulle met weersin na ’n nuwe geestelike alternatief wend:
Die Virtuele Viagra God, beter bekend as TBN of The God Channel."
Drama:
Mike van Graan
Self-fulfilling prophets of superficiality? "Like
different brands of toothpaste, there are different markets for different
kinds of theatre. The challenge to writers and directors of “serious”
theatre is not to blame “Philistine” audiences, or purveyors
of competing, more popular forms of entertainment for lack of support
for their work, but rather to do the research, to find the audience
for “serious” theatre, and to devise and implement effective
marketing strategies to sustain and build this audience."
Musiek:
Ilza Roggeband Mozart is ’n ringtone
"Hou op met wroeg. Solank jy net Afrikaanse musiek ondersteun, nie
CD’s kopieer nie en doen wat nodig is om jou hare te laat terugwaai.
En as jy iets wil kritiseer, luister of lees dit ten minste eers.
Die grootste kritici van Huisgenoot is mense wat erken hulle
koop of lees dit nooit nie. Die mense wat die meeste hul monde uitspoel
oor sogenaamde populêre kunstenaars, het hulle amper nog nooit
hoor sing nie."