Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Karen Meiring KKNK op adrenalien

Klik hier vir die program

Karen Meiring, besturende direkteur van die KKNK, is ‘n besige vrou. Vir haar is KKNK ‘n werkwoord. En sy sit in ‘n warm dorpie op ‘n nog warmer stoel. Dis ‘n paar uur voor die 11de KKNK gebeur. Voertuie stroom reeds by Oudtshoorn in, die tentpenne word klokslag ingekap. Braaivleisvure stuur rookseine oor die Klein Karoo se vlaktes, I love the smell of boerewors in the morning. ‘n Groot gedoente is op hande …

Erns Grundling het haar op die vooraand van die KKNK gebel vir ‘n kort Heupvuur-onderhoud.

EG: Jy praat in die feesprogram se voorwoord oor “groter optimisme in die bedryf”. Vertel meer.

KM: Ek word elke jaar verras met die nuwe werk wat vorendag kom. Daar is vanjaar ook heelwat meer produksies op die planke en die rolverdelings is groter. So dit gaan baie besig. Behalwe vir die teaterbedryf is daar ook heelwat optimisme in die musiekbedryf.

EG: Hoe het julle besluit om van hierdie jaar se fees te praat as ‘n “kêns” kunstefees?

KM: Ons het met verlede jaar se reklame probeer om weg te breek van die tong-in-die-kies en kuier-atmosfeer, die campaign was doelbewus meer ernstig en op die “kuns” van die kunstefees gerig. Ons het die tong-in-die-kies deel nogal gemis en het besluit om vanjaar te fokus op dit wat weird en wonderful is in die kunste. Dit is nie net tot die kunste beperk nie, maar spreek ook persoonlik tot elke feesganger, wat binne elke mens aangaan. Ons is elkeen maar bietjie kêns. So dit spreek ook tot die identiteit van die individu.

EG: Hoeveel ure slaap jy gemiddeld per nag by die fees en hoe bly jy wakker?

KM: Dit het alles te doen met adrenalien. Mens hoef niks te drink om wakker te bly nie! Ja, ons werk tot baie laat in die nag en begin reeds rondom 06:00 soggens met vergaderings, maar dis ‘n wonderlike spanpoging. Die fees groei van ‘n permanente personeel van 8 na ongeveer 700 mense wat tydens die KKNK werk. Mens is maar moeg teen die einde van die fees, dinge raak maar dowwer en stadiger, maar afhangende van hoe dit gegaan het is dit gewoonlik ‘n “lekker” moeg. Ons vind wel dat daar na die fees ‘n geweldige depressie onder die personeel en die mense van die dorp hang ... tot dit weer tyd is om weg te spring met die volgende fees!

EG: Wat is jou gunsteling eetgoed by die KKNK?

KM: Ek hou veral van die heerlike kontreikos en inheemse disse wat meestal spesiaal rondom die KKNK by die kleiner restaurante bedien word.

EG: Het jy ‘n spesiale boodskap vir die feesmaagde, diegene wat vanjaar vir die eerste keer ‘n draai maak by die KKNK?

KM: Kom en kyk maar eers mooi die kat uit die boom!

  • Klik hier om Karen Meiring se bydrae tot verlede jaar se Groot Kunstefees- en Teaterindaba te lees.



    LitNet: 24 Maart 2005

    boontoe

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.