Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jannie Moolman laat die skerwe spat

Zani Botes

1. Wat kan die gehoor verwag wanneer hulle Jannie Moolman met Dozi en die Afrika Mamas gaan kyk?

’n Program van ongeforseerde “cross-over”. Dozi sing in Italiaans, ek in Zoeloe en Xhosa, en die Afrika Mamas in Afrikaans en Italiaans. Dit spreek van baie fun, lekker lag en saamsing. Die musikale regie is behartig deur Janine Neethling. Sy toor soos altyd met kitare, baskitare, tromme, klaviere, en dié keer is daar ook ’n konsertina.

2. Die kombinasie van jou stem met die Afrika Mamas en Dozi is beslis buitengewoon. Wie het besluit dat die kombinasie sal werk?

Dit was Karen Meiring se idee.

3. Hoe sou jy die klank beskryf?

Meesleurend en baie omvattend. Die mense sê na die vertonings dikwels hulle kan nie glo Dozi sing in Italiaans en ek sing rock nie. Wat nog van die Afrika Mamas wat in Afrikaans en Italiaans sing! Dit sê baie.

4. Hoe het julle gevoel om die Herrie-gewildheidsprys te wen?

Ons was verras en baie opgewonde. Ons het nie gedink ons staan ’n kans nie.

5. Vertel ons meer van die Afrika Mamas?

Hulle harmonise fantasties en het ongelooflike stemme. Ons werk heerlik saam. Hulle is vyf dames met styl! Kleurvolle persoonlikhede en weet wat hulle doen.

 

6. Hoe was dit om saam met Dozi te werk?

Vol aangename verrassings en ’n great ondervinding. Ons twee saam is ’n gevaarlike kombinasie vir ’n plek soos die Godfather by die KKNK.

7. Waar en wanneer is die volgende optredes?

Carnival City op 19 Junie
Volksbladfees in Bloemfontein op 14 Julie.

8. Aan watter produksies werk jy nog op die oomblik?

Konserte saam met Rina Hugo
Optrede saam met my vyfstuk-orkes by die Centurion-teater op 20 en 21 Augustus.

9. Wat was jou gunsteling-opera waarin jy al opgetree het?

Madame Butterfly, Puccini.

10. Wat is vir jou ’n lekker aand uit?

Lekker movie of lekker show. Casper de Vries of so iets

11. Watter Afrikaanse CD’s het jy?

Herman van der Berg, Casper de Vries, Coenie de Villiers, Dozi, Piet Botha, Amanda Strydom, Laurika Rauch, om maar ’n paar te noem. Ek like Afrikaans baie!

12. As jy ’n bekende internasionale skrywer kon wees, wie sou dit wees en hoekom?

Cervantes (Don Quixote). Hy het ’n moerse verbeelding en ek dink sy kop het ’n bietjie geraas

13. Is dit maklik vir jou om aan die slaap te raak? Indien wel, waarvan droom jy? Indien nie, wat hou jou wakker?

Hang af. Partykeer makliker as ander kere. Ek droom van die onmoontlike.

Mediavrystelling:

Uitgereik deur Frans Swart

WEN KAARTJIES NA DOZI, JANNIE MOOLMAN EN AFRIKA MAMAS
Jy kan twee kaartjies wen na die uitstekende produksie DOZI, JANNIE MOOLMAN en DIE AFRIKA MAMAS op 19 Junie by Carnival City se Big Top Arena. Al wat jy hoef te doen is om die volgende: DOZI LITNET na 35450 te SMS. Wenners sal telefonies in kennis gestel word en premium tariewe sal gehef word. Besprekings vir hierdie produksie is by Computicket (011) 340 8000 of op die internet by www.computicket.com Groepe meer as 20 kan vir Di Sparks skakel by 073 208 8483 vir ’n lekker afslag.

MEER OOR DOZI, JANNIE MOOLMAN EN DIE AFRIKA MAMAS OP EEN VERHOOG!

19 Junie 2004 om 20:00 - Carnival City (Big Top Arena)

Besprekings: Computicket (011) 340 8000 of by www.computicket.com
Groepe: Di Sparks 073 208 8483

Gooi Dozi, Jannie Moolman en die Afrika Mamas saam op een verhoog en jy het die grootste “cross-over show” wat Suid-Afrika nog gesien het. By hierdie jaar se KKNK was hierdie produksie totaal uitverkoop, met staande toejuigings by elke aanbieding. En toe stap dit ook weg met een van die mees gesogte pryse by die KKNK - die Herrie-prys vir die Mees Opspraakwekkende produksie, want kyk, die mense het gepraat oor Dozi, Jannie en die Mamas. En nou kom dit Gauteng toe en gaan speel op een van die grootste verhoë en venues in die land: Carnival City se Big Top Arena op 19 Junie om 20:00. Besprekings by Computicket (011) 340 8000 of op die internet by www.computicket.com. Afslag word gegee vir groepe van meer as 20 - skakel gerus vir Di Sparks by 073 208 8483. In die voorprogram tree die Zing-wenners, Johnny en Viviene, saam met Dozi se band op. Die talentvolle Janine Neethling is die musiekregisseur vir die hoofprogram met Dozi, Jannie Moolman en die Afrika Mamas, saam met van Suid-Afrika se top musikante om die musiek te maak.

Dozi
Die twee meter lange sagmoedige reus is seker een van Suid-Afrika se gewildste sangers en ’n man wat in Afrikaans, Engels en Zoeloe sing. Sy eintlike naam is Henk Opperman. Hy kom oorspronklik van Hluhluwe se wêreld, waar hy by sy Zoeloe-maatjies die taal vlot leer praat het - vandaar dat hy Zoeloe so mooi uitspreek.

En die naam Dozi? Glo baie daarvan gehou om lekker baie te slaap toe hy student was … lekker gedoze!

Sy musiekgenre sprei wyd. Van tradisionele nommers soos “Ou ryperd” , tot nostalgie in “Ma se song” , rock, blues, en dan natuurlik sy ongelooflik mooi vertolking van Zoeloe-liedjies. In Dozi, Jannie Moolman en die Afrika Mamas trek hy ook saam met Jannie Moolman los met ’n opera-aria of twee. Sê hy by die KKNK terwyl hy sy hand na die gehoor wys: “Sien julle … my crib notes … hulle wil hê ek moet opera sing … hoe gaan ek ooit by daardie note uitkom en nou kan ek nie eers verstaan wat ek sing nie … hoe moet ek ooit hierdie woorde in my kop kry?” En daar trek hy en Jannie weg met “Santa Lucia” dat jy hoendervleis kry. Ja, die man met die rasperstem het talent!

Jannie Moolman
Onse eie rugby-operaster! Hy het daarvan gedroom om eendag op Loftus Versfeld rugby te speel. En toe hy wel uitdraf, was dit om die rol van Don Jose in die opera Carmen op Loftus te sing. Jannie Moolman se tenoorstem het hom reeds reg oor die wêreld geneem, maar hy het niks daarvan gehou nie en besluit om terug te kom Suid-Afrika toe. “ Dis koud daar, daar is nie son nie, die mense is onvriendelik, daar is nie rugby, braaivleis of Dozi nie!” sê hy.

Hy was onlangs ook by Carnival City te sien in die huldeblykproduksie oor Gé Korsten, Gé-hoor my lied. Sy rock-vertolking van “ Nessum Dorma” saam met die ghitaarspeler Mauritz Lotz het gehore elke keer op hul voete.

“ Dit is heerlik om saam met Dozi en die Afrika Mamas te werk … ek het lank laas soveel pret in ’n produksie gehad … en soveel talent.”

En ja, daar is ook “ cross-over” vir Jannie - hy sing heerlik rock saam met Dozi en, glo dit as jy wil, hierdie statige operaster gee sommer ’n klomp fluite soos enige sokkeraanhanger maar net van kan droom.

Afrika Mamas
Die kleurvolle en talentvolle a capella-groep Afrika Mamas pas perfek in hierdie produksie om dit ook daardie Afrika-klank te gee. Stel jou voor - die Afrika Mamas, Dozi en Jannie Moolman met ’n pragtige vertolking van een van die tradisionele Zoeloe-liedjies. En kan hulle jive met selfs ’n paar Afrikaanse songs! Serious!

Die Afrika Mamas leef hul Afrika-tradisies uit in a capella-sang en -danse. Hul ervaring wissel van musiekvertonings tot agtergrondsang vir Lucky Dube en Johnny Clegg. Die Afrika Mamas is onlangs vereer met die bynaam “ die Vroulike Ladysmith Black Mambazo” - waarop hulle baie trots is.

Johnny en Viviene
Hierdie twee jong manne het verlede jaar se Zing-kompetisie van kykNET gewen en woel sedertdien lekker in die musiekwêreld. Johnny is tans ook aanbieder op kykNET en hulle toer die land dwars en kruis. Hul eerste CD is ook reeds uit en vaar baie goed. Dozi se eie band is natuurlik ook baie vermaaklik … hulle maak nie net musiek nie! So gooi Johnny en Viviene saam met Dozi se band … pret boeta, pret!

Bespreek sommer nou dadelik by Computicket, (011) 340 8000! MEDIANAVRAE/ONDERHOUDE: 082 468 2732

LitNet: 12 Mei 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.