Zani BotesArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klik hier en help ons om LitNet te verbeter!

André le Roux byt vas in hierdie Heupvuur

Zani Botes

Heupvuur vs André
Foto van André: SARIE

1. Daar is skynbaar oorsese vrouetydskrifte waarin mans soortgelyke rubrieke as joune in Sarie skryf. Watter tydskrifte is dit en waaroor skryf die manne?

A: Nie soortgelyk nie, meer oor alledaagse, persoonlike insidente, soos die geval is met die Nederlandse tydskrif Margriet. Op die vrou af gaan eerder oor die giere en grinte tussen mans en vroue, met ’n gelukkige einde. Die meeste vrouetydskrifte gee mans ’n spreukbeurt. Tereg, want Sarie het byvoorbeeld amper 30 persent manslesers (dis sowat 300 000), en dan is daar nog dié wat die tydskrif in die toilet lees sodat hul vroue dit nie moet agterkom nie.

Klik hier en bestel jou eksemplaar
Klik op die omslag en bestel jou eksemplaar van Op die vrou af op kalahari.net

2. Sommige mense voel dat jou rubriek seksisties is. Wat is jou reaksie daarop?

A: Ek stem saam. Dis seksisties teenoor mans - erken nie as hulle verkeerd is nie, is meestal half lui, bejammer hulself maklik, raak maklik geïrriteerd, is beterweterig, kan nie ’n eenvoudige inkopielysie verstaan nie. Mans moet darem vir hulself kan lag ook.

3. Jy het jare gelede as digter naam gemaak. Skryf jy ooit nog gedigte? Kan jy een met ons lesers deel?

A: In dié stadium skryf ek rubrieke. Mens het ’n ander oog nodig vir gedigte.

4. Een van jou boeke, geskryf as ’n "angry young man", heet Te hel met ouma. Waar is die woede nou? Hoe sou jou Sarie-lesers reageer as jy nou weer so ’n kwaai boek sou skryf?

A: Dit was darem nie ’n kwaai boek nie; dit was wel anti-oorlog. Vandag? Satire werk beter as woede. Sarie-lesers sal kan sien dis iets anders as Op die vrou af-rubrieke, wat nie te sê is hulle sal daarvan hou nie.

5. Wat dink jy van die stand van die Afrikaanse letterkunde? Wat lees jy? Volg jy die nuutste verwikkelinge? Daar is ’n gevoel dat jy as digter en prosateur goeie werk gelewer het, maar nou jou rug op jou eie skrywerskap gedraai het. Is jy ontnugter deur die literêre bedryf?

A: Nou vra jy darem baie vrae. Ek dink werklik nie oor die stand van die Afrikaanse letterkunde nie, en is dus nie deur die literêre bedryf ontnugter nie. Ek lees mense soos Charles Bukowski, John Fanté, Harry Crews, Raymond Carver en weer Charles Bukowski. Op die oomblik lees ek 'n misdaadverhaal deur Zirk van der Berg, Nobody dies, wat by Random House in Nieu-Seeland verskyn het. Hoekom die boek nie ook plaaslik beskikbaar is nie, sal net Random House SA weet, hy's immers een van ons skrywers.

Tussendeur probeer ek byhou met Afrikaans. Nog nie so daaraan gedink dat ek my rug op my eie skrywerskap gedraai het nie. Kan wees. Sal graag weer kortverhale wil skryf, maar ek’s nie haastig nie. Ek het in ’n stadium ses rubrieke per maand geskryf. Dit vat tyd om mense kwaad te maak of te laat lag. Tyd is immers iets wat mens nie aldag kry nie.

6. Jy is ook handig met die hande. Ons praat van skrynwerk en ander doen-dit-self-projekte. Vertel ons daarvan.

A. Ek restoureer my huis (al vir jare), maak boekrakke en kassies en rakkies en goed uit ou oregon. Die reuk van oregon-saagsels … En mens dink beter met ’n beitel in die hand.

7. Op wie is jou rubriekversameling "Op die vrou af" gemik? Kan mans dit ook lees?

A: Sarie is uiteraard ’n vrouetydskrif, so ek skryf vir vroue. Mans is ook welkom. Blykbaar lees vroue die rubriek vir hul mans voor.

8. Lees jou vrou eers jou rubriek om dit te veto voordat dit gepubliseer word?

A: Ja, maar nie om dit te veto nie. Dis in elk geval fiksie, maar niemand glo my nie. My vrou kyk of daar dalk foute of onduidelikhede is. Sy’s dus my eerste klankbord.

9. Waar hou jy vakansie, en hoekom?

A: Plettenbergbaai, maar verkieslik Montagu. Dis my plek.

10. Wat was die lekkerste fliek wat jy onlangs gesien het, en hoekom?

A: Was te lanklaas in die fliek; was vir te lank fliekresensent. Maar ek sal altyd terugkeer na Al Pacino, James Woods - en Charlotte Rampling.

LitNet: 22 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.