Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VK

Vraag:

My seun werk tans in Engeland. Hy het in September 2002 sy tweejaar-werksvakansie-visum gekry. Toe die visum verval, het hy aansoek gedoen vir 'n studentevisum. Aan die begin van hierdie jaar, Januarie 2005, het hy 'n werkspermit gekry. Ek wil graag weet wanneer hy sal kwalifiseer vir permanente verblyf in Engeland.

Antwoord:

'n Studentevisum en tweejaar-werksvakansie-visum is slegs tydelike visums en kan nie lei tot permanente verblyf in die Verenigde Koninkryk nie. Die tyd wat hy op sy werkspermit - wat 'n permanente visum is - spandeer het, kan tel vir die tydperk wat hy in die VK moet wees ten einde te kwalifiseer vir permanente verblyf. 'n Persoon moet vier jaar op 'n permanente permit soos die werkspermit wees voor hy kan kwalifiseer vir permanente verblyf. In jou seun se geval sal dit dan Januarie 2009 wees. Ander permitte, soos die grootouer-visum, die HSMP ens kan ook lei tot permanente verblyf.

Vraag:

Ek is tans in Suid-Afrika met vakansie. Ek woon, werk en studeer in die VK op 'n studentevisum. My meisie is ook 'n Suid-Afrikaner en woon en werk ook in die VK, maar op 'n grootouer-visum. Ons bly al vir byna drie jaar saam, en wil trou sodra ons genoeg geld bymekaar gemaak het. My probleem is dat ons nie nou al op 'n permanente basis wil terugkeer Suid-Afrika toe nie, maar ek sien ook nie kans om langer op 'n studentevisum in die VK te bly nie, weens die beperking op die aantal ure wat ek mag werk per week. Ek kwalifiseer ook nie vir 'n werkspermit nie. Het julle dalk enige voorstelle oor wat ek kan doen?

Antwoord:

Indien jy saam met 'n persoon woon wat op 'n grootouer-visum is, in 'n verhouding soortgelyk aan 'n getroude verhouding, kan jy kwalifiseer vir 'n ongetroude-lewensmaat-visum. Jy sal moet bewys dat julle al vir minstens twee jaar saamwoon in so 'n verhouding. Indien jou aansoek suksesvol is, sal jy in die VK kan woon en werk sonder enige beperkinge op jou werksure.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com

Wat ons kliënte sê

I CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!
Kim Joubert


LitNet: 08 Junie 2005

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.