Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Besoek ons webtuiste!

Breytenbachs beantwoord vrae oor permanente verblyfsreg en HSMP-permitte

Vraag:

Ek werk in Brittanje op ’n grootouer-visum – my ouma aan moederskant was ’n Britse burger. Ek hou tans vakansie in Suid-Afrika en oorweeg dit nou om my kuier hier met ’n paar maande te verleng, aangesien ek eintlik verskeie familieverpligtinge hier het. Hoe lank kan ek per jaar buite Brittanje wees sonder dat dit my latere aansoek vir permanente verblyfsreg in Brittanje beďnvloed?

Antwoord:

Om te kwalifiseer vir permanente verblyfsreg sal jy vyf jaar in die Verenigde Koninkryk moet deurbring op jou grootouer-visum. Na ’n jaar op die status van permanente verblyf sal jy kan aansoek doen vir Britse burgerskap. Om te kan kwalifiseer vir permanente verblyfsreg sal jy moet bewys dat jy gewerk het in die VK gedurende die vyf jaar en jouself onderhou het sonder om gebruik te gemaak het van openbare fondse. Jy sal ook moet bewys dat jy gemiddeld nie langer as 90 dae per jaar buite die VK was gedurende hierdie vyfjaartydperk nie. As jy nie kan bewys dat jy aan bogemelde vereistes voldoen het in jou aansoek vir permanente verblyfsreg nie, sal jy moet aansoek doen vir die verlenging van jou grootouer-visum.



Vraag:

Ek is in my vroeë veertigs en baie geďnteresseerd om in die Verenigde Koninkryk te werk met die permit vir Hoogs Geskoolde Persone waarmee jy kan werk sonder enige werksbeperking of sonder dat jy ’n Britse werkgewer het. Ek het gaan kyk op julle webwerf en volgens die kriteria kan ek inderdaad die vereiste 65 punte bymekaar maak, maar wat my bekommer is dat ek in die kategorie “Kwalifikasies” geen punte kry nie, aangesien ek geen formele naskoolse opleiding het nie. Sal dit teen my tel?

Antwoord:

Die naam van die HSMP-permit (Highly Skilled Migrant Programme) kan eintlik baie misleidend wees, aangesien ’n persoon nie “hoogs geskoold” hoef te wees om dié tipe permit te kry nie.

Solank jy die vereiste 65 punte kan bymekaar maak uit die ander kategorieë soos werkservaring, inkomste ensovoorts, sal die feit dat jy nie naskoolse opleiding het nie, nie teen jou tel nie.

Dieselfde geld ook vir die ander kategorieë. ’n Persoon kan dus inderdaad kwalifiseer vir dié tipe permit sonder dat hy punte in al die kategorieë verdien.


Het jy enige vrae of wil vir 'n Britse permit aansoek doen?

Kontak Breytenbachs by info@breytenbachs.com of besoek hul webtuiste by www.breytenbachs.com




LitNet: 16 Augustus 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.