|
|
Breytenbachs antwoord lesers se vrae oor woon en werk in die VKVraag:Omtrent al my vriende was al in Brittanje op die tweejaar-werksvakansievisum. Ek is sommer nuuskierig om te weet hoeveel Suid-Afrikaners elke jaar op dié tipe visum na Brittanje gaan. Het julle sulke statistiek? Antwoord:Ja, heelwat Suid-Afrikaners kom elke jaar op hierdie tipe visum na die VK. Heelwat keer terug ná hulle tydperk op die visum verstryk het, maar daar is ook talle wat oorskakel na 'n werkspermit of wat verder studeer in die VK. Hier onder is statistiek in dié verband van die Britse regering. Die syfers is vir die onderskeie boekjare en verteenwoordig die aantal sodanige visums wat by die Britse Hoë Kommissaris in Pretoria uitgereik word.
VraagEk het gehoor dat die Britte ook gaan oorskakel na 'n tipe puntestelsel vir hulle immigrasiewetgewing, soortgelyk aan die tipe immigrasiereëls en -regulasies van Australië. Wanneer beoog hulle om dit te doen? Ek sal graag wil weet, want ek oorweeg dit om dalk self vir 'n jaar of so bietjie werksondervinding in Engeland op te doen.
AntwoordJa, die Britse regering is tans besig om die hele immigrasiewetgewing te heroorweeg en daar gaan na verwagting oorgeskakel word na ’n puntestelsel, soos jy tereg opmerk. Niemand kan egter met enige sekerheid op dié stadium sê wat verwag kan word nie, maar die Britse regering het gesê dat hulle aankondigings in dié verband gaan doen in die Britse lente van 2006. Indien jy graag op die hoogte wil bly van die aangeleentheid en hoe dit Suid-Afrikaners wat in die VK wil werk, kan beïnvloed, kan jy gerus inskryf op ons nuusbrief; jy kan dit doen op ons webwerf www.breytenbachs.com.
Wat ons kliënte sêI CANNOT thank you enough for all the trouble and hard work you all put into my case - it really means a lot to me and is GREATLY APPRECIATED! Thank you very much! I know it is your job and you get paid to do it, but you have just given me my future and a great deal of happiness!Kim Joubert LitNet: 07 Februarie 2006 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |