BekchatArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jaco Botha van Big Bad Wolf

Deborah Steinmair

Jy is 'n vennoot in die advertensiemaatskappy Big Bad Wolf. Wat doen jy presies?

Ek werf kliënte; werk vir hulle bemarkingstrategieë uit; dink konsepte uit; skryf advertensies; betaal salarisse en rekeninge; en stres, rook en vloek baie.

Kan 'n kleiner advertensie-agentskap suksesvol meeding in die haaivervuilde See van Advertising?

Goedkoper tegnologieë en meer innoverende denke oor hoe om jou mark te bereik het die veld oopgeskiet vir klein ouens soos ons. Maar dit is nie maklik nie; daar is geweldig baie kompetisie (meer as 500 agentskappe in Johannesburg alleen). Ons doen soms selfs werk vir groot agentskappe op kontrak, omdat ons kan bekostig om laer tariewe te vra.

Hoe lank bestaan Big Bad Wolf al?

Vandag, presies een jaar!

 

Met watter projekte is julle op die oomblik besig?

Ons doen al die internasionale etikette van ’n groot winkelgroep; ons skep logo’s en korporatiewe identiteite vir verskeie jong maatskappye; en dan werk ons ook aan ’n opwindende kinderboekprojek, waaroor ons binnekort ’n persvrystelling sal maak.

Hoe het jy/julle besluit op die naam Big Bad Wolf?

Een Saterdagoggend wakker geword met die naam in my kop. Toe bel ek my een vennoot om haar daarvan te vertel – sy is toe juis besig om die storie van die drie varkies saam met haar seuntjie te kyk. In drie woorde, “Big Bad Wolf”, word ’n hele storie vertel en daarin lê die magic van goeie kopie.

Ek het jou geGoogle en tien bladsye vol hits gekry! Jy is in 1972 gebore. Leef jy teen 'n vinniger tempo as die res van ons?

Veertig jaar in die eerste twintig ingepas; daarna dertig in die volgende tien en die afgelope jaar nog tien jaar ouer geword – om ’n eie besigheid te begin was sekerlik die moeilikste projek wat ek nog aangepak het.

Is jy nog steeds 'n cowboy, of word jy met die jare minder taai?

Soms op ‘n Vrydagaand, dan fluit ek deur my tande en tuur in die verte – dan weet my vrou dat ek vir die aand weer ‘n cowboy is en my vriende soek wegkruipplek.

Waarmee is jy besig, persoonlik kreatief gesproke?

Ek werk aan ‘n roman met die naam Miskruier en ‘n kortverhaal-projek, saam met ander skrywers, wat tans nog onder die kombers is – dit sal ook eers oor ’n maand of drie openbaar word. Na vier jaar in IT voel dit so goed om weer in ‘n skeppende omgewing te wees.

Ek het selfs êrens op die Net gelees van 'n song wat jy opgeneem het. Sing jy nog?

Ja, soggens in die bad en soms naweke om die braaivleisvuur vir pelle – Alta Joubert sing van my songs en ek soek nou nog kunstenaars wat iets daarvan kan maak.

• Wie is jou gunsteling SA musikant/groep?
Mmm – Koos du Plessis bly koning, maar Gert Vlok Nel, wyle Kerkorrel en Karin Zoid maak ook amazing musiek.

Wie is jou gunsteling Afrikaanse skrywer?

Sjoe, dis moeilik – seker maar Etienne Leroux.

Watter boek lees jy op die oomblik?

Hel, nou voel ek skaam – het ‘n jaar laas ‘n hele boek klaar gelees – nou net begin met Kipling se Kim – ek moet weer behoorlik begin lees.

Wat doen jy om die swart hond hok te slaan?

Ek vry met my vrou , snuif soms kokaïen en drink tee met heuning daarin, terwyl ek dankbaar voel oor die goeie mense en dinge in my lewe.

Jy is die liefdevolle versorger van LêNet, een van LitNet se gewildste bladsye. Wat is jou definisie van erotiek?

Sykouse … die intrek van ‘n asem … daardie oomblik wanneer jy weet dat sy jou al diep in haar kan voel, alhoewel jou spiere nog net saamtrek vir die sprong.

Wat is die "Naai 'n skrywer"-projek?

‘n Paar jaar gelede, nog in die cowboy-dae, het ek en Tom Dreyer die idee gehad om Afrikaanse boeke met woord en daad aan vrouelesers te bemark. Genoeg om te noem dat ons ons beste vir die taal gegee het

 

Bestel nou jou eksemplaar en praat saam!

 

 

LitNet: 5 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.