BekchatArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Christina Storm swem stroom-op

Deborah Steinmair (mbv sappige inside info van Christina se stiefsuster, Sonja)

Jy is bekend as die mooierige stiefdogter van ’n baie aantreklike, ryk en bekende digter. Blykbaar word sy gedigte gereeld vir Thys die Bosveldklong getoonset. Hoe voel dit om te moet spartel om net bietjie van die limelight te kry in die skadu van so iemand?

Dit is nog altyd ’n voorreg om in die skadu van so ’n eksentrieke, absolute genius te wees. Ek het groot geword met Jan de Bruyn en let me tell you, ek kan blockbuster movies maak oor my kinderdae! Never a dull moment. (O, en wie/wat is die Bosveldklong?)

Jy was nog altyd stroom-op. Wat was die mees gewaagde ding wat jy gedoen het om ’n punt te bewys?

My stiefsuster het my nou die dag herinner dat ek by ’n AWB-meeting ingestap het met ’n ‘Free Mandela’ T-shirt. Vreesloos, nè? En ek was sober. ET was daar, al swetende en vloekende ... julle verstaan natuurlik dat ek nie lank kon bly nie, dus kan ek julle nie meedeel van al die interessanthede wat in so ’n meeting gebeur nie ... ??

Jy was in nege verskillende skole en het jou kinderjare uitsluitlik op klein dorpies deurgebring. Hoe het dit jou beïnvloed?

Dit was terrible. Die dorpies en die verkaklike mense in hulle. Ek is baie liberaal groot gemaak en was nooit populêr onder die onderwysers, kinders of dominees nie. Ek het in een dorpie gebly waar my beste vriendin swart was en by die volgende een aangekom waar gesê is dat swart mense ongekroonde diere is, die Bybel sê mos so, OK?

Behalwe dat jy nie te lelik is nie, is jy boonop baie kreatief. Vertel vir ons watter medium jy gebruik en watter soort kunswerke jy pleeg.

Ag, ek verf sommer met enige medium op enige iets. As die verf op is gebruik ek Cutex. Ek verf magical formulas met bloed. Haai, nee! Moenie worry, niks satanisties nie. Mami is ’n mediese tegnoloog en sy kry die bloed uit my arm, in ’n buis, en dan bly dit in die yskas tot die inspirasie weer kom. Ek verf graag gesigte en skryf dan ’n gewaagde rympie daarby, as ek lus is.

Daar is ’n “band” ook? Vertel ons van Terminatrix.

Dis ’n punk/goth band wat ons begin het en waarmee ek nie meer baie involved is nie omdat ek ’n broodjie in die oond het. Ons skreeu hoofsaaklik oor goed wat ons ongelukkig maak soos die media, dom mense, etc. TX perform gereeld en was die opening act vir German goth band “Diary of dreams”.

En jou klerereeks?

HAIL MARY is die reeks se naam. Dis klere vir wilde mense, of jy nou dik of maer, ouma of ou tannie, drag queen of moffie is. Dis vintage klere wat ek deconstruct & reconstruct, fancy, nè? That’s the whole idea. En Mary was natuurlik mami van ’n very Cooool Kid.

Jy het die hele wêreld vol getoer met modelwerk en interessante mense ontmoet. Wie het jou die meeste beïndruk?

Niemand. Die fashion industry is besaai met idiote. Hulle sal eerder hul eie hondjies vergiftig en om hul nekke dra as om weer in laas jaar se Prada gesien te word. Ek haat fashion bunnies.

Wat of wie frustreer jou die meeste?

James in traffic. Hy los niemand uit nie.

Jy en jou sussie Willemien is baie na aan mekaar. Het julle nooit soos kat en hond baklei nie? Is sy ook mooierig?

Sy is beautiful en brainy. As kind was ek baie groter as sy en kon ek harder skop. Ek het haar aan haar hare opgetel en rondgedra. Ek het haar geslaan met haar eie looppop. Hard. Ek is jammer.

Het jy nog broers en susters? Waarmee hou hulle hul besig?

Ek het baie. 2 halfbroers in Duitsland, ’n stiefsuster en stiefbroer van Jan se kant en dan was my eie pa al baie getroud, so daar is nog ’n hele kolonie aan daai kant.

Watter troeteldiere hou jy aan?

Ek het ’n hondjie. haar naam is Nunu en sy is alles in my lewe. Ek is baie lief vir haar. Sy is ’n Yorkshire Terrier.

Jy het jou vorige huismaat, Terence, al beskryf as jou beste vriend. Hy het baie dirt op jou. Dink jy hy sal praat vir betaling? Hoeveel?

Natuurlik sal hy praat. Ek leef in vrees en moet maandeliks ’n tjek oorhandig.

Watter beroep sou jy beoefen het as jy dik of lelik was?

Daar is baie ander maniere om geld te maak. Ek sal begin deur een van my kidneys te verkoop.

Re die broodjie in die oond: hoe voel dit om te weet dat jy vir die res van jou lewe ’n moerse verantwoordelikheid het teenoor ’n ander persoon? Wat as sy eendag alles aanvang wat jy tot dusver aangevang het?

Dis ongelooflik, ek kan nie wag om mami te wees nie, en wil sommer nog baie kleintjies hê! Maar ek vrees die dag dat my dogter die huis half naak wil verlaat.

Het die huwelik nog bestaansreg in hierdie millennium?

Vir my is dit ’n pot stront, maar ek gee nie om as ander mense wil trou nie.

Watter godsdiens of manier van glo is die naaste aan jou hart?

Ek is saam met die Mother Goddess.

Watter skrywers lees jy?

Ek lees te veel, dis onmoontlik om net 10 te mention. Ek lees 7-8 boeke op ’n slag.

Na watter Suid-Afrikaanse muso’s luister jy?

Arno!!!! Arno! !!!!! ARNO!!!!!! en kobus!





LitNet: 22 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.