Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

SA 2014: Heupvuur vir Program 8

Erns Grundling

André Louw (AL) (ABSA Leerstoel in Agribesigheidsbestuur: Tukkies) en Gerdie Landman (GL) (stoetteler, betrokke by boerdery met swart gemeenskappe in die Oos-Kaap) is twee van die gaste in eerskomende Sondag se SA 2014, wat om 20:00 op kykNET uitgesaai word. Die aanbieder van die program is JP Landman en die onderwerp van bespreking is Grondhervorming.

LitNet het hulle met 'n handvol vrae oor grondhervorming gepeper:

1. Is grondhervorming 'n staats- of gemeenskapsgebaar?

GL: Staatsbeleid, maar meer suksesvol uitgevoer met gemeenskapsondersteuning.

AL: Grondhervorming is beide. Dit vorm deel van die Swart Ekonomiese Bemagtigingsinisiatiewe (SEB). 'n Groot mate van welwillenheid van belanghebbendes is nodig om dit suksesvol te maak.

2. Wat is jou beoordeling van die afgelope 10 jaar se grondhervorming?

GL: Dit was grootliks grondrestitusie, nie grondhervorming nie. Die volgende 10 jaar gaan grondhervorming momentum kry.

AL: Tot dusver was dit in die landelike omgewing stadig agv verskeie faktore en sal dit teen die huidige tempo nie aan die gestelde doelwitte kan voldoen nie.

3. Beskou jy grond as 'n "kommoditeit" of as 'n "basis van gemeenskap"?

GL: Landbougrond in kommersiële produksie is 'n kommoditeit, kommunale grond is wel 'n "basis van gemeenskap". Westerse gemeenskappe soek 'n huisie by die see, ander wil teruggaan na die khaya (grond) toe!

AL: Verstaan nie heeltemal die vraag nie, maar ... Grond word ongelukkig gesien as die sleutel tot welvaart. Dit is 'n noodsaaklike hulpbron soos arbeid, kapitaal en ondernemerskap.

4. Gaan ons die pad van Zimbabwe loop as ons nie grondhervorming gou toepas nie?

GL: Ja, ek glo so, daarom moet ons die bedreiging bestuur terwyl ons nog kan.

AL: Grondhervorming is 'n proses wat baie fasette behels, en neem tyd. Om 'n Zim te verhoed moet ons egter groter realisme tot baie partye bring en ook die gevolge van 'n Zim uitspel. Ons moet wedersydse vertroue herstel.

5. Hoe sien jy die verdeling van Suid-Afrika se oppervlakte oor 10 jaar?

GL: Dit sal beduidend verander van wat dit tans is - sou mens alle staatsgrond en die voormalige tuislande se grond bytel, glo ek die teiken van 30 persent in swart besit is haalbaar.

AL: Daar is nie 'n hektaar- of persentasie-antwoord nie. Verskillende vorme van eienaarskap en huur sal bestaan. Die volgende wel:

  • verstedeliking meer
  • sal wel grond in swart hande hê
  • sal groot kommersiële boere hê - waarskynlik meer groot en meer klein boere.



    LitNet: 20 Augustus 2004

    Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.