VryepoortArchive
Versorg deur: Kabous Meiring, Johan Pienaar en Susan Samuel
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Vryepoort@LitNet

Vryepoortstasie


Projek
Afrika Afrikaan

Projekskets: AFRIKA AFRIKAAN vrywilligersprojek


Kapittel
Datums

16 Junie - Jeugdag


Vlampunte

Die Soweto-opstande en die posisie van Afrikaanssprekendes vandag

Johan Pienaar

Op 26 Junie 1963 maak John F Kennedy in wat allerwe beskou word as een van sy beste toesprake, die volgende stelling:

Two thousand years ago the proudest boast was civis Romanus sum. Today, in the world of freedom, the proudest boast is Ich bin ein Berliner. All free men, wherever they may live, are citizens of Berlin, and, therefore, as a free man, I take pride in the words Ich bin ein Berliner!

Hy maak die stelling as ’n uitdaging aan almal wat demokrasie wil tegaan. Juis daarom wil ek my bydrae tot die gesprek inlei met di stelling gebied in dieselfde gees as wat John F Kennedy sy stelling aan die inwoners van Wes-Berlyn gebied het:

Vandag is een van die trotsste uitsprake om te maak oor vryheid om te s: Ek is ’n Suid-Afrikaner. Alle inwoners van die land, ongeag hul taal of geslag, en ongeag hul velkleur, is burgers van die land en daarom, as vryburger van die land, kan ek met trots s: Ek is ’n Suid-Afrikaner.

Ek kan dit vandag s ten minste gedeeltelik omdat, byna 13 jaar later, skoolkinders in Soweto op ’n staking gegaan het om te betoog teen wat hulle beskou het as ’n onregverdige skoolbeleid. In 1976, in die hoogtepunt van sg klein apartheid, was de volgende woorde van Verwoerd die diktum waarvolgens swart skole bedryf is:

Natives [blacks] must be taught from an early age that equality with Europeans [whites] is not for them.

Daarom is swart mense opgelei om in die eerste plek te dien as arbeiders vir wit mense en daarna om in die tuislande dienste aan hulle eie mense te lewer.

Voorts was swart mense in di tyd deur die destydse adjunkminister van onderwys, dr AP Treurnicht, gedwing om opvoeding in Afrikaans te ontvang. Terselfdertyd het wit kinders ’n keuse gehad of hulle in Afrikaans of Engels onderrig wou word.

Op 16 Junie 1976 bereik die skoleboikot ’n crescendo toe skoliere in Soweto ’n protesoptog onderneem. ’n Protesoptog wat, soos ons nou weet, geindig het in geweld en die dood van Hector Peterson en 32 ander.

Ek weet dat baie nou die maklike parallel gaan probeer trek tussen die huidige taalstryd op Stellenbosch en die gebeure in 1976. Daar is egter geen parallel nie.

In hoofsaak is die verskil gesetel in die vlak van vryheid wat vandag deur Afrikaans en Afrikaners geniet word versus die vryheid van swart skoolkinders in Soweto in 1976. Miskien is die belangrikste verskil as ek nou maar die risiko loop om wel ’n direkte parallel te trek met die taaldebat di van keuse. Swart kinders het in 1976 geen keuse gehad oor hoe en in watter taal hulle onderrig wou word nie. Afrikaanssprekendes vandag het keuses nie net op primre en sekondre vlak nie, maar steeds op tersire vlak. Buiten die universiteit hier om die draai is dit steeds moontlik om tersire onderrig te ontvang in Afrikaans by beide UP en die PUK. Wat dit merkwaardig maak, is dat die verengelsing van universiteite ’n wreldwye verskynsel is. Reg of verkeerd, maar Engels het hom in die afgelope 50 jaar toenemend gevestig as die taal van akademiese diskoers, die Latyn van die 21ste eeu.

Vryheid van keuse strek natuurlik verder as dit. Die onderliggende regte wat soveel van ons hier as vanselfsprekend aanvaar die reg om ingelig te wees, die reg om te kan protesteer en te kan s wat ons wil was nie regte wat toeganklik of beskikbaar was vir die kinders in Soweto nie. Blanke Suid-Afrika was grotendeels onbewus van die protesaksie deur swart skoliere. Regeringsbeheer oor die koerante het di tipe storie van die voorblaaie afgehou. Verbeel julle vir een oomblik dat die staking van sekuriteitswerkers nooit iewers in die nuus was nie. Verbeel julle vir een oomblik dat die moord op 1 800 plaasboere nooit iewers gerapporteer is nie. Dan begin julle dalk te verstaan hoe dit gevoel het om swart en jonk te wees in 1976.

Daarom s ek onomwonde dat enige parallel met 1976 nie bestaan vir die Afrikaanssprekende van vandag nie. Ons is vir die eerste keer in ons geskiedenis vry. Vry om te doen wt ons wil h ons wil. Daar is geen druk op ons om enigiets te doen nie en daar is geen beperking sou ons alles wou doen nie. Miskien en di is ’n gewaagde stelling was die sigbare kettings wat apartheid om ons swart medeburgers gedraai het, minder skadelik as die onsigbare kettings wat dit gedraai het rondom die Afrikanergees.

In wese is dit waaroor die gesprekke vir my gaan. Dat ons nou begin om die kettings af te gooi van ons gees. Dat ons nou en ek is seker daar is baie hier wat dit reeds doen omdraai in die laer en ophou om na binne te kyk en eerder na buite kyk en nie net kyk nie, maar ook na buite stap. Dat ons ophou vrees. Soos vrees oor die voortbestaan van Afrikaans. Vrees is nie ’n produk van die huidige regering nie. Vrees is die produk waarmee die apartheidsregering vir jare die Afrikaner in sy hok gehou het, en dieselfde vrees is dit wat die huidige golf van apartheidsapologete aan ons probeer verkoop.

Geen regering kan Afrikaans laat uitsterf solank as burgers van die land dit praat nie. Die Britte het probeer om Monty Python effe te parafraseer: Lets face it, siblings, as empires go, this is the big one.

By geleentheid het iemand vir my ges dat vrees die teenoorgestelde is van liefde. Ek wil daarby ook voeg dat vrees die teenoorgestelde is van vreugde. Vreugde om vry te wees om te kan s wat ek wil. Om te kan doen wat ek wil.

Daar is geen volksmoord teen Afrikaners in aantog nie. Plaasmoorde is verskriklik, maar so ook is die moorde en bendegeweld in Mannenburg. Die verskil is dat die moorde in Mannenburg en die townships in Suid-Afrika baie groter afmetings aanneem as die moorde waaroor ons Afrikaanse koerante berig lewer. Ons vrees dat ons iets gaan oorkom, laat ons ongelukkig nie toe om dit in te sien nie. En gevolglik laat ons vrees ons nie toe om ’n oplossing te vind nie.

Net omdat daar nie direkte parallelle te trek is as dit kom by die omstandighede van die Soweto-opstande en die posisie van Afrikaanssprekendes vandag nie, beteken dit nie dat daar nie lesse is om te leer uit die opstande nie. En die eerste les wat ek sou wou h ons moet leer, is die les om vreesloos te wees. Die kinders, ongetwyfeld aangevuur ook deur die geloof van die jeug dat hulle onvernietigbaar is, was vreesloos in hulle verwerping van ’n stelsel. Toe ek in die laat tagtigs ’n gedeelte van my diensplig in die townships gedoen het, het ek by geleentheid op stasies in die Tokoza-omgewing wag gestaan. Die township was destyds in ’n volslae toestand van oorlog gewees. Wanneer treine egter die stasie binnegekom het, het daai waens gedreun-sing soos die mense gesing het, vreesloos en vreugdevol.

Heel eerste moet ons as nuwe geslag Afrikaners leer om vreesloosheid te omhels. Ons moet ophou bang wees. Ons moet ophou bang wees vir ons medeburgers, ons moet ophou bang wees om te kritiseer, en ons moet veral ophou bang wees om weer te help opbou. Ons moet ophou om die ANC te vrees. Wanneer hulle gekritiseer moet word, doen dit fel, maar hou ook op om te bang te wees om hulle te prys.

Die tweede les wat ons moet leer, is dat dinge wat ons nou doen, se effek dalk eers jare later gevoel mag word. Die Soweto-opstand is gewelddadig onderdruk, en die gevolglike aksies teen die vryheidsbeweging het dit na ’n klaaglike mislukking laat lyk. Maar die sade was geplant en die streep was getrek in die grond.

Net so plant ons vandag die sade vir hoe die land gaan lyk tien en twintig jaar van nou. En dis nou tyd om ernstig te besin oor die sade wat ons plant. Die nuwe golf van wit rassisme, apartheidsapologie en laertrek wat in die afgelope vyf jaar oor Afrikaanses spoel, se vrugte gaan ons pluk in die toekoms. Net soos ons almal vandag nog die vrugte pluk van di wat voor ons geplant het.

Die laaste les wat ons kan leer, is di van individualisme. Die kinders in Soweto het grotendeels as individue opgetree. Daar was min sprake van organisasie. Dis tyd dat Afrikaanses as individue begin om ’n verskil te maak. Dis tyd dat ons ons medeburgers as individue begin beoordeel en omarm. Ons kan dit selfs selfsugtig doen, want die swart mense wat nou toenemend moeg raak vir die ANC se regering, is ons bondgenote in ’n nuwe tydvak.

Ek wil met di aanhaling afsluit (geskryf deur John Steinbeck):

Our species is the only creative species, and it has only one creative instrument, the individual mind and spirit of a man. Nothing was ever created by two men. There are no good collaborations, whether in music, in art, in poetry, in mathematics, in philosophy. Once the miracle of creation has taken place, the group can build and extend it, but the group never invents anything. The preciousness lies in the lonely mind of a man.

And now the forces marshaled around the concept of the group have declared a war of extermination on the preciousness, the mind of man. By disparagement, by starvation, by repressions, forced direction, and the stunning hammer blows of conditioning, the free roving mind is being pursued, roped, blunted, drugged. It is a sad suicidal course our species seems to have taken.

And this I believe: that the free, exploring mind of the individual human is the most valuable thing in the world. And this I would fight for: the freedom of the mind to take any direction it wishes, undirected. And this I must fight against: any idea, religion, or government which limits or destroys the individual. This is what I am and what I am about. I can understand why a system built on a pattern must try to destroy the free mind, for that is one thing which can by inspection destroy such a system. Surely I can understand this, and I hate it and I will fight against it to preserve the one thing that separates us from the uncreative beasts. If the glory can be killed, we are lost.


Toespraak gelewer by die Stellenbosch Kapittel.


LitNet: 7 Junie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel?
Opinies/essays kan gestuur word na redaksie@vryepoortstasie.co.za, of jy kan op SNet reageer deur 'n brief te stuur aan webvoet@litnet.co.za.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.