Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Afsluiting: George - Stellenbosch

Dis vandag die tiende dag dat ek en Henry Cloete op ’n toer is, ’n taaltoer. Op die spoor van Afrikaans het ons geskryf. Wat simboliseer Afrikaans vandag, dertig jaar na 1976? Wie praat dit en hoekom?

’n Statige, wyse vriend het ek padlangs in die Koffiefontein-omgewing gemaak: oom Sekretarisvoël. Vir ’n paar dae was hy my gasheer – my bekendgestel aan iets van Afrikaans. “Hou maar die pos dop, Oom, ek sal skryf. Baie dankie.”

By Mosselbaai halt ons vir die laaste aand. Teen die bult af, see toe, is daar posklippe, waaronder vroeë ontdekkingsreisigers briewe gelos het vir die volgende skip om op te tel.

Beste oom Sekretarisvoël

Wat ’n voorreg om so deur die land te kon reis agter ’n mens-verskynsel aan: Afrikaans. Ek kon dit by baie vind, nooit by enigeen vaspen nie. Ek het vir mense gevra wie die taal besit, en gevind dat elkeen wat dit praat, ’n eienaar is. Ek het self vir baie daaroor vrae gevra – ek het gevind dat niemand die bestaansreg daarvan bevraagteken nie.

Oom het my op pad na Beaufort-Wes laat besef daar is geen Groot Vergadering wat mag besluit waar Afrikaans kan en nie kan geld nie.

Vroeër vandag het iemand my gevra hoe ek voel oor die taal. Opgewonde het ek voorspelbaar geblaker: “Ek voel positief … ek is lus vir Afrikaans.”

Oom, ek dink eintlik nie dis heeltemal waar nie. Ek is na hierdie toer wel besonder onder die indruk van die wydverspreide gebruik van Afrikaans en die algemene vriendelikheid daarjeens. Vir baie is daar nie eers ’n ander leefwyse denkbaar nie – vir feitlik geeneen is ’n ander taal verkieslik nie.

Afrikaans is ’n taal. ’n Taal is meer as die klanke wat ons hoor – dis ook die denkprosesse daaragter. Hoe kan mens lus wees vir iets wat ondenkbaar is om van af te sien?

Hartsgroete

Piet le Roux

*

Die Amerikaanse skrywer Mark Twain het gesê: “Education is the process from cocky ignorance to miserable uncertainty.” As hierdie tog as ’n tipe opvoeding geklassifiseer kan word, het die uitkoms slegs ’n mate van mismoed, en ’n verdraaide onsekerheid meegebring. ’n Mate van mismoed, omdat daar soveel mismoed is, binne en buite die konteks van Afrikaans. ’n Verdraaide onsekerheid, omdat daar sekerheid lê in die onsekerheid van hoort. Waar hoort Afrikaans? Nêrens anders as op die roesrooi, rondvallerige tong, en in die pen, van die persoon wat dit wil praat nie. En uit geen twee monde vloei presies dieselfde Afrikaans nie. Afrikaans, belaai met swaar bagasie en kalbasse vol soetwyn. Geliefde taal, gehate taal, net soos elke ander taal.

Elke mens wat Afrikaans kan voel, is deel van die tog. Is daar ’n punt waar die bagasie wat elkeen self aan sy taal heg, afgegooi kan word? ’n Tog sonder ’n vaste bestemming bring mee dat daar nooit êrens “gearriveer” word nie. In daardie geval kan ’n mens maar net die bagasie vat vir wat dit is … bagasie. Nie ’n identiteit nie.
Jammer vir al die beelde. Ek voel soos ’n lawwe, nat-agter-die-ore Afrikaanse aspirantdigter. Maar ek kan nie wees wat ek nie is nie.

Ongelooflik baie dankie aan LitNet – dit was gees!

Sala kakuhle, mooibly, bly mooi.

Henry


Terug na Taaltoer

LitNet: 11 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.