Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
Senior watch slim, Jaeger Le Coulter Masters Series must not replica watches miss. Jaeger Le Coulter's master series is swiss replica watches an entry - level series in the brand, but it replica watches sale also has a complex style to replica watches online the sky.

Spitsberaad oor Afrikaans

Mediaverklaring

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in samewerking met die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans beplan 'n spitsberaad oor Afrikaans as onderrig- en voertaal op tersiêre vlak. Die vier rektore van die Histories Afrikaanse universiteite het al hul samewerking en steun toegesê en stuur 'n verteenwoordiger om namens hulle een en ander toe te lig oor hulle standpunt ten opsigte van Afrikaans en die kwessie van meertaligheid in die tersiêre onderwys. Sprekers is onder andere Van Zyl Slabbert, Lawrence Schlemmer, Niek Grové, Neville Alexander, Victor Webb, Christo Viljoen, Christo van der Rheede en Hennie van Coller. Annette Combrink en Teuns Verschoor sal deelneem aan 'n paneelbespreking oor die onderwerp.

Studenteverteenwoordigers van vier universiteite sal standpunte oor taalsake by hulle universiteite stel. Ina Gräbe, redakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, sal praat oor die taal van ons akademiese tydskrifte.

Swig Afrikaanstalige akademici vir die druk om slegs in Engels te publiseer en wat is die betrokke redaksies se standpunte? Die bedoeling is dat die uitkoms van die beraad 'n werkbare plan vir die volhoubaarheid van Afrikaans en meertaligheid oor die algemeen oplewer wat dan aan die Regering voorgelê sal word.

Datum:
Vrydag, 1 September, vanaf 14:00 (ligte aandete is ingesluit)
Saterdag, 2 September, 8:00-13:00

Plek:
Oude Libertassentrum, Adam Tasweg, Stellenbosch

Let wel: Registrasie is gebiedend noodsaaklik. Jy kan nie sommer daar opdaag nie! Geen registrasiegeld is egter betaalbaar nie.

Navrae: Jacques van der Elst (012 328 5082), jvde@akademie.co.za of Christo van der Rheede (021 481 8304), stigting@afrikaans.com

Die tentatiewe program en inskryfvorm verskyn op die SA Akademie se tuisblad by www.akademie.co.za onder opskrif: Beraad vir Afrikaans.



LitNet: 8 Augustus 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.