Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die taal van vroue bemagtig Suid-Afrika

Marthie Richter

Die kern van die probleem van taal en die bemagtiging van vroue gryp ver terug in die verlede.

’n Oorsigtelike blaai deur die geskiedenis wys dat vele groot menslike tragedies as ’n gevolg van magsvergryp deur ’n individu of groep juis ontstaan het weens ’n onvermoŽ tot kommunikasie. Verwydering wat veroorsaak word weens ’n interaksie-dooiepunt lei tot misverstand, onbegrip en uiteindelik totale vervreemding en verharding van gesindheid.

Hierdie Farao-sindroom van ’n verharde hart loop soos ’n draad deur die geskiedenis. Vanaf die verhaal van ou Israel, tot by die laagtepunt van die moderne tyd van Hitler se Joodse vervolging en ons eietydse Robert Mugabes.

In die onlangs-vertoonde dokumentÍre rolprent waarin daar deur gesprekke met sy sekretaresse na die ware Adolf Hitler gekyk word, word die stelling gemaak dat hy in terme van abstrakte teorieŽ gedink het eerder as vanuit ’n raamwerk met die mens of die individu as fokuspunt.

In ’n koerant-artikel in Beeld (07.08.2002) sluit Christi van der Westhuizen hierby aan waar sy skrywe oor die Afrikaner-vrou en Afrikaner-nasionalisme. Oor die rol van die vrou in die geskiedenis van die Afrikaanse volk skryf sy: “Menslike ervaring het verdwyn in die knelgreep van die ideologie” — met besondere verwysing na die verskynsel van Afrikaner-nasionalisme soos dit in die vorige eeu gestalte gekry het.

Dit is opvallend dat dit deur die eeue merendeels lede van die manlike geslag was wat in die modderige slyk van ideologiese verabsolutering versink en uiteindelik versmoor het. Want versmoring is altyd die uiteinde van ’n pad van ideologiese verabsolutering, met natuurlik gepaardgaande verreikende gevolge vir die geskiedenis van die mensdom.

Dat daar, in soverre dit wyse van uitdrukking aangaan, meestal belangrike verskille in styl, tegniek en fokus tussen lede van die verskillende geslagte bestaan, sal niemand seker sonder meer wil ontken nie.

Oor die algemeen is vroue meer ingestel op die ervaringswÍreld, terwyl die manlike teenpool verkies om die lewe vanuit ’n meer rasionele oogpunt te benader. Die manlike geslag is sů meer kwesbaar vir die gevaar om in die teoretiese en ideologiese verstrengel te raak. (Maar soos met elke reŽl het hierdie waarneming natuurlik ook sy uitsonderings.)

Inspraak vanuit vroulike perspektiewe is dus van wesentlike belang vir ’n wÍreld om te vorder in die rigting van die herstel van ’n sinvolle geheel.

Op ’n vreemde manier het hierdie kommunikasieverskille tussen mans en vroue — wat aanvullend behoort te wees met die ingeboude potensiaal om tot ’n geheimenisvolle volkomenheid te groei — versteur geraak.

Hierdie kloof het met die verloop van tyd breŽr en dieper geword namate sieninge oor die misterieuse skeppingsplan verwronge geraak het weens ’n ideologiese neiging tot selfverheffing, meerderwaardigheid en magsvergryp.

Die moontlikheid vir sinvolle gesprek het gekwyn en uiteindelik vervaag tot ’n gaping wat so groot geword het dat die skepping in sy totaliteit in ’n staat van wanbalans en chaos verval het.

 rens het daar tog in die geledere van die manlike element van despotisme ’n lewegewende lig begin opgaan wat in die meer onlangse geskiedenis opgevlam het in die herontwaking van ’n sosiale bewussyn en morele gewete. Vernuwende denke het gelei tot die uitbreek uit die eeuelange isolasie van manlike oorheersing tot die bevryding van die vrou.

En toe gebeur wat niemand kon voorsien nie. Met die terugkyk kan ’n mens seker sÍ die onvermydelike het gebeur — gemeet aan die lig uit die verlede van sekere prosesse wat hulself oor en oor in die geskiedenis herhaal. Miskien het die bevryding net te vinnig gekom. Soveel so dat dit ’n noodwendigheid was dat die vroulike aanslag aan die ander kant sou afval.

Gevolglik is ons in ’n fase waar vroue gevaar loop om die oorheersingsdrang van die teenoorgestelde geslag te wil voortsit of ten minste daarna strewe om dit te probeer ewenaar. ’n Toedrag wat in plaas van “herstel” eerder die balans verder versteur.

In die posisie van wedywering in die manlike werklikheid is die vroue van die 21ste eeu nogeens besig om hulle bestaansdoel te mis — haar andersoortige rol waarin sy uit ’n ander werklikheid moet kommunikeer, om ’n sagtheid en ervaringsdimensie aan die wÍreld te bedien. In plaas van wal te gooi kan die topvroue van ons land in hulle ywer om hulself te bewys en te verwesentlik, medewerkers word in ’n proses van ontmagtiging en ontmensliking deur hulle deelname aan ’n proses van enersmaking en ontneming.

Die vroue van Suid-Afrika word ontneem van ’n eie taal waardeur hulle geroepe is om wesentlike menswees te kommunikeer ten einde van die werklikheid ’n beter plek te help maak.

Dit is moeilik vir ’n vrou om skeppend haar hart te kommunikeer in ’n koue, ongevoelige en globaliserende wÍreldmonster van eentalige verengelsing en vervlakkende materialisme. Soos Jeanne Goosen dit iewers stel: “Met die uitsondering van so een of ses bestaan daar nie eintlik iets soos ’n denkende vrou in Suid-Afrika nie.”

Miskien is Jeanne reg. Miskien was die ontworteling van vrouwees net te diep en ingrypend vir die onverwagse eise van die terugvind van ’n regmatige plek in die samelewing. Dit kan nog lank neem voordat vrouwees tot so ’n mate herstel het dat vroue ’n staanplek in die samelewing sal kan opeis — daar waar hulle weer vanuit die hart sal kan praat soos wat hulle bedoel was om dit te doen en die wÍreld weer in die rigting van werklike vernuwing, ewewig en harmonie sal kan rig.

Hiermee dus ’n “vroulike” versoek aan arrogante leiers om nie, deur kortsigtigheid van beleid, vroue se kosbaarste instrument tot lewegewende uitdrukking — ’n eie taal — te minag nie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.