Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Koos du Toit reageer op Jakes Gerwel

Prof. J.B. du Toit (medewerker Tabema & Taalsekretariaat, Stellenbosch)

Dis 'n groot stuk ironie dat op die vooraand van Afrikaansweek (9 tot 15 Augustus) in die Paarl, Jakes Gerwel in Rapport (8/08) vra : "Maak besinning oor Afrikaans praat nog saak?" Volgens die program sal bruin en wit kunstenaars en skrywers optree. Want, net soos Engels, die taal van kolonialisme en kulturele imperialisme, was Afrikaans, die sg taal van apartheid, ook nog altyd 'n bindingskrag in 'n diep-verdeelde samelewing.

Besinning oor Afrikaans sal egter, soos diť oor Engels, altyd vol oŽnskynlike teenstrydige uitsprake wees. Want uiteindelik wanneer daar oor taal gepraat word, is dit eintlik die mťnse en hul doen en late wat ter sprake is. In diť verband, het een van ons voorste sosio - linguiste en kampvegters vir die behoud van Afrikaans se status en funksies in die nuwe Suid-Afrika, wyle prof. Johan Combrink gesÍ: "My moedertaal is die naaste wat ek het aan 'n eie vaderland." En die skrywer, wyle Jan Rabie, wat sedert sy eerste publikasies die pen opgeneem het teen rasse-apartheid, het gesÍ: "Sonder Afrikaans is ek niks."

Hierteenoor vra Jakes Gerwel vanuit 'n ander perspektief, of "die besinning oor Afrikaanssprekenheid - die plek, betekenis, rol en toekoms daarvan - hoegenaamd nog sin het of maatskaplik beduidend is." Dat Gerwel wat onder rasse-apartheid gely het, en deel van die "struggle" was, 'n ambivalensie oor Afrikaans het, is verstaanbaar. Al was hy ook professor in Afrikaans. En in diť opsig deel hy beslis die gevoelens van duisende bruin Afrikaanssprekendes. Want soos gedurende die apartheidsdae t.o.v. Afrikaans gesÍ is: "die taal van die onderdrukker, is bitter in die mond van die onderdruktes."

So is dit ook ewe verstaanbaar, dat Gerwel 'n probleem het met "taalgedefinieerde gemeenskappe". Want dit sou volgens hom "'n teruggryping, 'n reaksionÍre moment in 'n moderniserende samelewing", beteken. As ek hom reg verstaan: 'n teruggryping na gemeenskapsvorming en groeperings in terme van ras en kleur? Maar natuurlik, dit wil ons nie hÍ nie - ons leef immers in 'n nie-rassige Suid -Afrika!.

Maar kom ons kyk verder as Suid - Afrika se grense, na multi-kulturele en meertalige demokrasieŽ, nŠ die val van kommunisme. In hierdie samelewings is vrywillige "groeperings", "assosiasies" en instellings rondom taal en kultuur, tans die enigste moreel-verdedigbare en aanvaarbare verskynsels. Want die mens is 'n kudde - dier en groepeer sal hy groepeer.

Op die persoonlike vlak word daar van die kant van die ander inheemse taalgroepe ook pront uit gesÍ: "my taal en my kultuur is my identiteit". Dit is immers die ervaring in 'n nasionale taakspan oor die kwessie van "taal en inhoud op die SAUK/TV", en selfs op die SAUK se eie taal - werksessie in Nov. 2002.

Die beduidendheid van Afrikaans --en al die ander tale --- is nou na tien jaar van 'n wankelende demokrasie beslis van uiterste belang. (Al sou dit nog nie vir ons politieke owerhede en vir die swart bemagtigde elite 'n prioriteit wees nie. Hulle verkies oŽnskynlik net Engels...) Hoe daar ook met die teoreties - akademiese "trampolienspronge" oor Afrikaans se status en funksies in die nuwe SA geredekawel word :is vir gewone mense, op alle lewensterreine (en wÍreldwyd) vryheid, erkenning en bemagtiging in hul moedertaal, 'n wesenlike bestaansreg. Al is ons ook hoe geglobaliseerd. Terwille van hierdie sentimente en innerlike oortuiging, is Die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 AUGUSTUS 1875 in die Paarl gestig. Die meerderheid van hulle was afstammelinge van die Franse Hugenote---mense wat 'n hoŽ premie op vryheid gestel het.
Nog 'n groot stuk ironie ivm uitsprake oor Afrikaans se voortbestaan : daar was beslis geen twyfel oor die "maatskaplike beduidendheid " van die Afrikaanse taal by die London Times, toe diť koerant op 29 April 1994, twee dae nŠ die eerste demokratiese verkiesing, na Afrikaans verwys het as"die lewende taal van miljoene." En vandaar dan ook die titel van die onlangse publikasie onder redaksie van prof. F.I.J. van Rensburg: "AFRIKAANS lewende taal van miljoene."

Soos duidelik blyk uit Gerwel se klip -in - die -bos-vraag en Afrikaans se geskiedenis is dit dikwels eerder geloof, persepsies en innerlike oortuiging, as die objektiewe feite, wat van deurslaggewende belang is. Op die omvattende Afrikaanse Taalberaad van 25 tot 27 Augustus op Stellenbosch sal daar hopelik met hierdie ingesteldheid oor sinvolle strategieŽ besin word.



LitNet: 26 Augustus 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.