Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

En het hulle nie geprt nie!

Martie Meiring

is 'n bekende en ervare joernalis en rubriekskrywer. Sy dien op die direksies van verskeie Afrikaanse kunstefeeste.
  Martie Meiring

Die verwagting was dat die praatfees wat as die Afrikaanse Taalberaad verdoesel was (25-27 Augustus op Stellenbosch), 'n strategie vir Afrikaans vorentoe sou bepraat, beding en besluit.

Nou moet jy vra: Het die indaba 'n muis gebaar, of 'n beer? Nie een van die twee nie, maar wel is 'n paar striemende waarhede gepraat , 'n paar ontstellende feite uitgelig en die finale woord lank nie gespreek nie, nog minder die knellendste vraagstuk van alles: Wie gaan die geld uithaal, want om te oorleef moet jy kan betaal. Skokkend bly ook die feit dat navorsing van kommunikasiekundige Eliria Bornman getoon het dat Afrikaners die hoogste op die lys is van mense wat in die nabye toekoms wil of gaan emigreer (mt hulle geld).

Dat die taalberaad plaasgevind het, was glo 'n wonder gods as jy moet oordeel hoeveel kere die organiseerders laat weet het toe hard hulle gewerk het en hoeveel geld alles gekos het (nie vir my duidelik wie almal ingetjip het tie). En dit was 'n aardige klomp NAME wat in die Bloemhof- en Paul Roos-sale ingesit het. Taalindoenas soos prof Vic Webb, Neville Alexander, Karel Prinsloo en 'n uitgelese falanks akademici, ouer wordende turke (lyk my uit die Groep 63-dae), jonger turke, taalvroue, wittes, bruines en 'n gawe handvol swartes.

En Dan Roodt.

En Lina Spies.

Die sout en peper van enige beraad. Maar daar is 'n berg tussen Lina Spies en Dan Roodt (om Dozi te parafraseer): Spies, duidelik geartikuleerd, fighting fit, kwaad, praat reguit en Dan Roodt, elegant in sy pienk hemp maar lispelend en ewig onverkwik, is nie 'n kampioen skerpskertser nie.

Spies, op die been, beweer dat van Anton Prinsloo weg is van RSG, gebruik niemand meer die u-vorm nie. Ook wil sy weet wat is daar op RSG vir hr, 'n has-been (I kid you not, sy ht ges "has-been"!).

Magdaleen Kruger, suprema una van RSG, het haar verseker dat daar wel vir haar veel te luister is en sy sal sommer 'n rooster aangestuur kry.

Dan Roodt beweer die Afrikaanse media irriteer "ons" elke dag. Hy meen darem "ons" wen teen die media. Hoe "ons" wen, het hy nagelaat om te verklaar in vintage Roodt-taal. (Hy luister deesdae net na Radio Pretoria, wat stellig goeie ontvangs het in Dainfern, waar Roodt in sobere elegansie woon.)

Die soomlose samekoms
Tussen hierdie side shows het dit tog duidelik in al die sessies geword dat Afrikaans sy toekoms moet vereenselwig met veeltaligheid, dat wit en bruin Afrikaners "soomloos" bymekaar moet kom, en dat kordinering en kommunikasie tussen alle Afrikaners en andertaal-sprekers nodig is.

In die sessie oor veeltaligheid het die gewese NP-LP Adriaan van Niekerk aangeraai dat die Afrikaners 'n pleitbesorger in die parlement moet kry. Daar was nie veel geesdrif vir hierdie voorstel nie.

Die posisionering van Afrikaans het in al die sessies interessante uitsprake uitgelok. Byvoorbeeld: as Afrikaans hom/haar nie met die vasteland (Afrika) verbind nie, is daar geen toekoms nie. Rektor Chris Brink van Stellenbosch meen dat mense wat nie Afrikaans verstaan nie, wel die debat moet verstaan en daarom sal die debat ook in Engels gevoer moet word. Dis 'n baie geldige stelling. Maar die rektor behandel nie die ander tale se "verstaan" van die Afrikaans-debat nie.

Interessant genoeg is prof Brink se eie instelling, soos die ander Afrikaanse Universiteit van Noordwes, nie juis 'n uitblinker op die gebied van andertalige bevordering nie. Wel word van die ander tale gedoseer, maar wat word gedoen om 'n taal soos Xhosa byvoorbeeld so te ontwikkel dat dit heeltemal tereg sal kom in die hor funksies?

Dat die ander tale, of dan sommige daarvan, wel mt ontwikkel tot hor fuksies, blyk algemene konsensus te gewees het.

Maar wil hulle?
Toe iemand uit die gehoor vra of daar navorsing is oor of die ander tale hoegenaamd veeltaligheid wil deurvoer, het niemand hom geantwoord nie.

Die noodsaak om in die howe, in die mediese wreld, en ook in ander dienssektore in eie taal bedien te word het telkens opgeklink. Maar, weer, hoe ernstig het die "ander tale" al vir sulke taalberegtiging gevra?

Moedertaalonderwys was 'n sine qua non. Filosoof Johann Rossouw het 'n geldige projek voorgestel dat 'n Xhosasprekende skool wel van graad 1 tot matriek in moedertaalonderrig moet word (maar die ou duiwel het weer kop uitgesteek: wie gaan betaal?).

Die voorbeeld van Indi, waar 'n amptelike taal geskoei is op groepe wat 15 persent van die bevolking uitmaak, sal hier maar ellendig lyk. Volgens die taaloudit van die beraad tel isiZulu vir 23,8 persent van die bevolking, isiXhosa 17,6 persent, Afrikaans 13,3 persent en Engels maar 8,2 persent (minder as Sepedi).

Tussen die (vele) versoeke dat die owerheid gedwing moet word om Artikel 6 van die Grondwet (taleberegtiging) toe te pas (selfs voorstelle dat belasting eensydig afgetrek word!), het verskeie vermanings gekom: Hein Willemse, deurwinterde taalprofessor, het gewaarsku teen die vervreemding van Afrikaans deur strydlustigheid. In die sessie oor die toekoms van Afrikaans se verlede is die konfronterende neiging om op Afrikaans oral aan te dring eweneens sterk afgekeur (nie Dan Roodt nie). Willemse stel dit dat diversiteit en veeltaligheid ineengestrengel is en uiteindelik is ons lotsgebonde as 'n nasie. Die uitdaging is dan juis om veeltaligheid ook as 'n instrument vir menswaardigheid te sien.

Ons baklei en is paternalisties
Die strydlustigheid en die dikwels patroniserende aard van Afrikaanssprekendes teenoor ander blyk 'n heel algemene verskynsel te wees. Taalpraktisyn Gerrit Brand sien dit as 'n bewese vervreemding tussen wit en bruin. In Eliria Bornman se voorlegging bevind sy dat wit Afrkaners van alle groepe die meeste aan taal en ras gebonde bly. Dus is die aanvaarding van diversiteit nie so maklik nie.

Oor tien jaar moet almal in die land 'n swart taal kan praat, s Zanele Mbunde van die Oos-Kaap pront - dis skandalig om een taal oor 'n ander te bevoordeel. Sy s ook terloops dat daar meer Afrikaanse woorde in Xhosa is as Engelse woorde.

Nogal verkwiklik by die beraad om na taledosent Mhlabo Jadezweni se Xhosfrikaans en Zoelfrikaans te luister. Klink baie beter as Engfrikaans!

Opvallend, toe, dat die bruin sprekers beslis nie die Engfrikaans gebruik het wat algemeen onder jong Afrikaners gehoor word nie. Ivor Price, 'n jong (bruin) joernalis, wys juis op die "normale" taalgebruik van baie jong bruinmense, maar hy vra ook dat die taalvariante van Afrikaans (hy noem dit dialekte) in die media gebruik word, soos die werk van skrywers Peter Snyders en Charles Johansen.

Soos ook van die geestige Heindrich Wyngaard (nou politieke redakteur van Rapport) verwag kan word, het hy 'n voorstel vir nasiebou rondom die volkslied: sing "Nkosi Sikele" se Xhosa-deel baie hard, neurie die Engelse deel en sing die Afrikaanse deel sag en mooi. Ek sing dit in my kop, en dit klink goed. Nou het ons ook musikopolitiek!

Op ernstiger en ontstellende noot wys Wyngaard op 'n houdingsverskil: terwyl Alan Boesak nog nie vergewe word nie, hoewel hy reeds sy straf uitgedien het, word van Charmaine Phillps ('n veroordeelde moordenares) byna 'n heldin van gemaak na haar vrylating.

Media
Die media het deeglik onder skoot gekom, onder meer omdat dit uitbasuin het dat PanSAT tandeloos is, maar toe PanSAT wel vanjaar sy tande gekry het, was daar geen mediastem daaroor nie.

Dat dit tans goed gaan met die Afrikaanse media, blyk uit prof Lizette Rabe se opmerking dat daar vanjaar 100 meer tydskriftitels is as voorheen. Ook het Tim du Plessis van Rapport gloeiende syfers van veral die Afrikaanse media. Natuurlik is al die syfers wel af, soos in die res van die wreld, maar nogtans het daar wonderwerke gebeur, soos met die Kaapse Son, waar die sirkulasie binne 'n jaar tot 200 000 gestyg het. Hierdie "nuwe" mark bring baie groei-opgewondenheid in die media.

Om te oorleef moet die media innoverend bly, het Du Plessis gemaan, maar tog wel die gevaarligte vir die gedrukte media uitgestippel: die elektroniese media neem snel oor. Ook hier was daar vrae oor die toeganklikheid van die elektroniese media in armer gebiede, waar die groter getalle van Afrikaners wel bly. (Heilna du Plooy van Potch maak 'n voorstel dat TV en die internet gesubsidieer word vir sulke gebiede, maar sy word verstaan as dat privaat mense wel 'n stel vir 'n armer familie behoort te koop!)

Hier kon Ria Olivier van die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans ook 'n droewe verhaal vertel van projekte om plattelanders te bemagtig deur Afrikaans, gestaak moet word weens die gebrek aan geld.

Magdaleen Kruger het, bewus van die kritiek op die "swak" taalgebruik op RSG, dit kaalkop gestel: die radio is 'n kommunikasiemedium eerder as 'n taalinstrument. Op sy beurt het Theo Erasmus van KykNET die kyker as die belangrikste komponent van die bedryf beskryf en daar kan nie taalstryd of politiek gehoor word nie.

Oor die ernstiger kwessie van die ekonomiese waarde wat aan Afrikaans gekoppel kan of moet word, stippel Gerrit Brand in sy navorsingstuk die groeikrag van die taal uit: vertalers, tolke, leksikograwe, taalbeplanners en taalopleiers. Maar hy waarsku dat kommersile waarde van die taal ontgin moet word pleks van net toevoeging bied.

Die kulturele wisselwerking tussen die taalgroepe is nie op die beraad aan die groot klok gehang nie, maar duidelik l 'n groot deel van die "ontginning" van die taal in sy letterkunde wat in ander tale vertaal moet word. Hier het uitgewer Kerneels Breytenbach wel ook raakgesien dat die Son-lesers 'n onontginde mark vir boeke blyk te wees. Ivor Price noem ook die leemte in boeke vir die na-jeug. Bruin skrywers voel dit erg dat hulle so moet sukkel om te publiseer.

Nou vir die doen
Maar na alles ges is, moet gedoen word. Die allervraag bly: Wie gaan betaal vir die gebak? Duidelik het die sakesektor geen geesdrif nie, die owerheid nog minder. (En die moontlikheid van nog meer uitdunning uit Afrkanergeledere na oorsese lande verskraal seker die vae kanse om wel by die sakesektor hulp te kry.)

Dan bly daar net die tande van die nuwe PanSAT oor.

Met die doodsnikke (want amper was dit 'n dood) van die pratery het 'n duidelike onderstroming van onderlinge wantroue opgeklink. Dit was soos ingeteelde familie wat hul eie geheime het en vir ons buite die familie was dit nie duidelik wie wat wou h en hoe die pad vorentoe vir Afrikaans gekarteer moet word nie.

Rustig het PanSAT-voorsitter Neville Alexander (is hy dalk die Nelson Mandela van Afrikaans?) eerstens gewaarsku teen oorhaastigheid om die "volkies by die volksgebondenheid" in te sleep, en toe het hy 'n opspringende, omgelliede vergadering toegelaat om te formuleer, te herformuleer en weer eens te formuleer, ondanks sy vermaning dat "stadig oor die klippertjies" gewerk moet word.

Was ek reg om te vermoed dat die spanning tussen die institusionele instansies (PanSAT en NTLA) en die gemeenskapsgroepe (die FAK ea) nog nie heeltemal uitgepluis is nie?

Maar dan, dit was immers 'n Afriknse beraad en skeibrekers sal jy kry.

Uiteindelik is besluit dat 'n koalisie van gewilliges hulle moet aanmeld by die PanSAT-kantoor en ek vermoed ander belanghebbendes uit die gemeenskappe sal ook vrywilliges of gewilliges verwelkom vir diens in die voortgesette beplanning.

Hoog op die agenda is die bemoeienis met veeltaligheid en ook die soomlose samekoms van wit en bruin en swart onder die taal. Dit vra toegewyde aandag en mens dink aan institute soos die Goethe Instituut en die Alliance Francaise, wat met taal ook kultuur bevorder.

Maar, soos iemand ges het, dis nou nie asof jy vir 'n Mzi Khumalo, wat R10 m uit sy gatsak haal vir 'n partytjie op 'n skuit rondom die Griekse Eilande, kan gaan vra, hei, gee ietsie daar vir die tale nie! Hoewel dit glad nie 'n slegte idee sou gewees het nie.

Tog is die netwerk geskep onder die 50 sprekers en die 60 deelnemers aan die gesprekke. 'n Sogenaamde taaloudit is gedoen van Afrikaansgerigte organisasies en dit gaan stelselmatig bygewerk word.

Dis duidelik dat as dit gaan kom by uitvoering van die beleid van veeltaligheid, dan is die heil by PanSAT (met sy nuwe tande). Want vir invloed in die onderwys, of om die verslagtaal teenoor gebruikstaal te besleg, is dit sekerlik die kanaal. Die gemeenskappe kan self sorg vir die kunstefeeste, die taalaandjies, die basaars en taalfeeste en miskien sommer self daaraan dink om 'n tweede TV vir 'n arm gesin te koop!

Na al die oorlegplatforms, die vele pogings om te mobiliseer om Afrikaans 'n lewe te gee, het hierdie taalberaad met al die herhalings en teensprake tog wel 'n matelose bron van kundigheid en passie ook. Dit sou darem onvergeeflik swak wees as die sg voortgesettebeplanningskomitee of -raad nie gou met meer voorstelle en voornemens kom nie.



LitNet: 30 Augustus 2004

Have your say! To comment on this piece write to webvoet@litnet.co.za, and become a part of our interactive opinion page.

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.