Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

As 'n taal sterf

Gerrit Kruger*

In 1997 het David Crystal op Cambridge in Engeland 'n werk die lig laat sien waarvan die harde uitkoms en verhaal wat dit impliseer, hom s benouend aangegryp het dat hy onmiddellik sy hand aan 'n opvolgboek geslaan het om weer ekwilibrium in sy eie gemoed te verkry. Drie jaar na die verskyning van sy English as a global language, publiseer hy (ook by die Cambridge University Press) hierdie gebiedende opvolg: Language death.

David Crystal is tans een van die wreld se voorste gesaghebbendes op die gebied van die universele taalwese. Hy is immers ook die skrywer en samesteller van die magistrale Cambridge encyclopedia of language (1987, 2de uitgawe 1997) n Cambridge encyclopedia of the English language (1995). Taal is vir hom 'n uiters bekende terrein. Immers, hy het ook 'n groot deel van sy lewe gewy aan die handhawing van die Walliese taal op sy voorstoep.

Crystal het besluit om 'n nuwe ekolinguistiek op die wreldtaalkaart te plaas, die saak daarvan ernstig te bepleit, en konstruktiewe wetenskaplike raad aan te bied. Hy het gou ontdek dat net soos die mens die fisiese wreld wat hy gerf het, afbreek en verwaarloos, hy ook besig is om sy geestesgoedere stelselmatig te vernietig. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat Engels (en nie Mandaryns) di (enigste) wreldtaal kan word. En dan volg sy selfverlonende uitspraak (as 'n uitverkore Engelssprekende): "If that happens, I concluded, it will be the greatest intellectual disaster that the planet has ever known."

CF en FM Voegelin, Classification and index of the world's languages (New York: Elsevier, 1977) het bereken dat daar vandag ongeveer 4 500 lewende tale in die wreld gebruik word. Minstens 600 hiervan, meen Crystal, se voortbestaan lyk, ten minste op medium termyn, veilig. Globalisering is vinnig besig om 'n deel van die mensheid se historiese kultuurerfenis weg te vreet - tot sy eie onherroeplike skade en skande en ondergang.

Taaldiversiteit beskou Crystal as een van die mens se kosbaarste erflatings, en hy haal Louis MacNeice (Snow, 1935) aan: "The world is incorriglibly plural." Immers, soos Steve Jones (saam met Robert Martin en David Pilbeam) later, in 1992, dit ook sou uitwys (in hulle The Cambridge encyclopedia of human evolution: "Evolution depends on genetic diversity"), is dit ook 'n beginsel wat die mens se taalgebruik raak.

Hierdie Darwiniaanse perspektief en genetiese analogie het egter ook al vir groot pret gesorg. Dante het, in sy De vulgari eloquentia, Ou-Testamentiese Hebreeus tot die mens se moederspraak verklaar (soos deur die eertydse mitologiese bril gesien), terwyl Voltaire (in 'n brief aan Katherina die Grote op 26 Mei 1767) die dame van Versailles aanhaal wat van opinie was dat as Babel se taalverwarring nie plaasgevind het nie, sou algar vandag Frans gepraat het.

Die taaldebat rondom Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch - "helaas" die jongste Westerse literre taal - neig soms om meer emosie uit te lok as beredeneerde denke, veral omdat dit so polities gelaai is. Die huidige skrywer was slf eens deel van hierdie debat, al ruim 'n tien jaar gelede. Vandag wil hy egter graag terugkeer na wat David Crystal voorstel 'n volk moet doen wie se taal gevaar loop om die onderspit te delf teen die globale aanslag van Engels, s eie moedertaal.

Crystal stel dit duidelik dat daar nooit net n rede kan wees waarom 'n taal sterf nie. Dit is altyd 'n sameloop van omstandighede rondom 'n sentrale oorsaak. Al die gevaartekens moet net betyds gelees en uitgewys word. Hy onderskei tussen vyf stadia in die moribund van 'n taal, hoofsaaklik gebaseer op die afname van sy getal sprekers. Dan haal hy verder ook Stephen Wurm (Language death and disappearance: causes and circumstances, 1991) aan wat weer meer klem l op die sosiaal-maatskaplike en ekonomiese faktore wat die voortbestaan van 'n taal bedreig, en verwys uiteindelik ook na James Bauman (A guide to issues in Indian language retention, 1980) wat nogeens die verdwyning van 'n taal in vyf stadia van agteruitgang sien: flourishing, enduring, declining, obsolescent en extinct. Sekerlik staan Afrikaans hier, huidiglik, nog relatief sterk. Maar wat van die toekoms? Laat ons ons dan tydig posisioneer!

Daar is verskeie redes waarom Crystal meen dat elke taal op aarde kosbaar is:

  • Taal versinnebeeld 'n volk se identiteit. Om dit te illustreer haal hy die bekende Walliese spreuk aan wat s dat 'n volk sonder taal 'n volk sonder 'n hart is (Cenedl hab iaith, cenedl hab galon), asook die raak metafoor van Oliver Wendell Holmes: "Every language is a temple, in which the soul of those who speak it is enshrined."
  • Taal is die argief van 'n volk se geskiedenis, veral geskrewe vasgel. Johan van Hoorde (Let Dutch die? Over the Taalunie's dead body, 1998) het dit raak opgemerk: "When you lose your language, you exclude yourself from your past." En op besoek aan Skotland het die nimlike leksikograaf Dr Johnson by geleentheid uitgeroep: "Alas! sir, what can a nation that has not letters tell of its original?"
  • Taal, diverse tale, dra by tot die somtotaal van ons kennis van die mensheid. Vir Ou Egipte, die bakermat van beskawings, het helaas, naas die piramides, net hirogliewe oorgebly. Maar die antieke Grieke en Romeine het ons gelukkig vertel waarvandaan ons, Kinders van die Renaissance, eintlik kom. Esra Pound het op 'n keer ges: "The sum of human wisdom is not contained in any one language." Ons eie Khoisan het al klikkend 'n kosbare skat, al is dit in woorde alleen, nagelaat. Juis om hierdie rede het Charles F Hockett (A course in modern linguistics, 1958) reeds opgemerk dat taal die kosbaarste enkele besitting van die mensheid is. Soos George Steiner (Language and silence, 1967) dit ook tereg stel: "Everything forgets. But not a language."

Maar wat kan dan gedoen word om die ondergang van soveel tale, daardie groot diversiteit wat die mens tydens die gang van sy eie historie geskep het, te red? David Crystal stel ses voorkomende stappe voor:

  • 'n Bedreigde taal moet steeds bou aan sy prestige in 'n gemeenskap waar 'n meer dominate taal dit beler. Hier het ons Afrikaanse skrywers en digters van formaat 'n formidabele plig en opdrag. Met sy pasverskene In stede van die liefde het Etienne van Heerden weer eens bewys dat hy (soos soveel van ons ander skrywers) universeel kan "fabuleer" binne die allerdiepste wese van die menslike siel, vasgevang in sy gebroke werklikheid. Laat die profiel van Afrikaans hoog bly!
  • 'n Bedreigde taal moet sy grondwetlike reg beding en afdwing. Selfs in Europa, as deel van die Westerse "Ou Wreld", het Gaetano Arf, 'n Italiaanse parlementarir, die regte akkoorde, so onlangs as 1981, geslaan met sy handves vir die regte van alle minderheidstale binne die Europese Unie. En Nederland, Switserland, Noorwe, Finland, Hongarye, Kroasi en Liechtenstein was dit blitsvinnig eens. Brittanje het eers, na sewentien jaar van swygende en swoende prevarikasie, besluit om aan te teken. Waarom? wil 'n mens, skalks genoeg daarby, vra.
  • 'n Bedreigde taal moet dit hom ten doel stel om 'n sterk teenwoordigheid te handhaaf in sy land se onderwyssisteme. Hier geld dit vir primre, sekondre en tersire onderrig - al die skakels in 'n lang ketting. Dit wil (heel valslik) voorkom asof dit vandag net gaan om die stryd vir Afrikaans aan die Universiteit van Stellenbosch. Dit vertel egter net 'n halwe storie van ons opset in Suid-Afrika. Dit is wel imperatief dat Afrikaans op Stellenbosch as ankertaal behou moet word en as wetenskapstaal uitgebou moet word, omdat hierin 'n historiese mandaat opgesluit l wat ni vir alle Suid-Afrikaanse Universiteite geld nie. Afrikaans is deel van Stellenbosch se (Bybelse) reg van die eersgeborene. Maar sy voedingsbron moet ewe-eens durend gehou word. In die jongste tyd word egter besef dat die amptelike meertaligheid van ons land ook universitr bevorder en gedek moet word. 'n Innoverende herontdekking van die wiel. As al daardie "wiele" saam draai, word die "paradoks" van Stellenbosch as 'n Afrikaanse universiteit gekantel. Ander universiteite in Suid-Afrika behoort dus Stellenbosch se voorbeld te volg, elk met 'n (verwaarloosde) inheemse taal onder sy vlerk. 'n Belegging vir die toekoms in ons eie diversiteit. Onderwys in die moedertaal regdeur is tog immers 'n universele ideaal. 'n Mens kan alleen origineel dink, verstaan en konstrueer in die taal wat jy met jou moedersmelk ingekry het. Alleen daarin kan jy opreg bid, lekker uitskel, salig droom, en selfs vir 'n moppie op die regte tyd lag.
  • 'n Bedreigde taal kan alleen oorleef en gedy as die sprekers daarvan dit ook kan skryf - ortografies en grammatikaal korrek. Hier het Afrikaans reeds 'n voorsprong opgebou naas die meeste ander amptelike tale van ons land. Hier het ons 'n situasie wat, met die oog op die lang termyn, dringend gekorrigeer moet word. Immers, daar is alreeds mee t lank uitgestel. Weer eens het Samuel Johnson dit by geleentheid ges: "Books are faithful repositories, which may be neglected or forgotten; but when they are opened again, will again impart their instruction: memory once interrupted, is not to be recalled. Tradition is but a meteor, which, if once it falls, cannot be rekindled." Vir Afrikaans het die "boertjies van die dal" in die Paarlvallei dit reeds aan die gang gesit op 14 Augustus 1875 toe die GRA gestig is.
  • 'n Bedreigde taal kan homself red deur sy eie koopkrag in harde kontant. Lenore A Grenoble en I Whaley Lindsay (Endangered languages: current issues and future prospects, 1998) het die ekonomie uitgesonder as die moontlik sterkste enkele mag wat die lot van 'n bedreigde taal kan benvloed (bl 125). Crystal wys daarop dat dit die geval was met die ekonomie van Kataloni in Spanje, asook met toerisme in dele van Switserland en Noord-Itali. Die rasionaal van hierdie argument l ook opgesluit in die beginsel van swart bemagtiging wat tans in Suid-Afrika teregkom. Ses miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika het al klaar koopkrag. Op Stellenbosch word daar, vindingryk deur 'n filantroop bedink, beurse aan agtergeblewenes in ons gemeenskap beskikbaar gestel op voorwaarde dat hulle Afrikaans magtig is. In die heel jongste verlede het die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale Richemont-groep, mnr Johann Rupert, 'n uitsonderlik kragtige lansie vir Afrikaans gebreek deur die Britse leeftydskrif Wallpaper (hoofsaaklik bedoel vir die rykes) monetr aan te vat nadat dit Afrikaans op 'n ongevraagde en heel ongevoelige wyse as 'n "lelike" taal afgemaak het. Die afloop hiervan gaan 'n rimpeleffek h met implikasies tot op Suid-Afrikaanse bodem. Dit het in die verre buiteland gebeur en nie op Stellenbosch, waar die plaaslike universiteit (al is dit helaas ten dele) naarstiglik besig is om vir sy Afrikaanse kultuur en taal se voortbestaan te veg nie. Welgedaan aan die suksesvolste Afrikaanse sakeonderneming ooit!
  • 'n Bedreigde taal moet meer gebruik maak van die hedendaagse elektroniese tegnologie. LitNet, met die nimlike Etienne van Heerden as loodsman, het die pad reeds gebaan. Meer as 500 tale verkoop hulself al op die internet. Dit is oneindig goedkoper as om in die nuusblad, die radio en die televisie jou taalsaak te propageer, dag en nag. Baie Afrikaners het reeds in diaspora gegaan. Tog kan hulle met die moederkultuur in Suid-Afrika na willekeur flankeer, en bly ons in n groot taalfamilie. S het Afrikaans sy eie landsgrense weggebreek en homself geglobaliseer. Hierdie bron en sy potensiaal is haas onuitputbaar. Vir die voortbestaan van Hebreeus (moderne Iwriet), die grondtaal van die Ou Testament, n die val van Jerusalem in 70 nC aan die hand van die Romeine, het 'n totaal ander scenario gegeld. Vir bykans vyftig geslagte lank is dit in Europa aan die lewe gehou deur die onverdrote werkdadigheid van enkeles. En in 1948, met Theodor Herzl se droom van hervestiging, het Hebreeus weer die spreektaal van miljoene geword in 'n eie staat. Die pad vir Afrikaans, danksy die moontlikhede van die internet, is hier oneindig meer gelyk en makliker. Ons het reeds ons eie kykNet op televisie, net geskoei vir Afrikaans - maar ongelukkig ook tans slegs teen 'n persoonlike prys te bekom.

Akira Yamamoto (in sy ondersoek oor bedreigde tale in Newsletter of the Foundation for Endangered Lanuages, 1997, 5, pp 8-14), asook M Lynn Landweer (in sy Indicators of ethonolinguistic vitality, 1998) stel afsonderlik 'n soortgelyke stel modi operandi voor vir tale wat gevaar sou loop om hul bestaan kwyt te raak.

Al die tale van ons geglobaliseerde wreld het 'n onvervreembare bestaansreg. Engels het die lingua franca geword, maar die naasbestaan daarvan met ander tale sorg vir 'n veelkleurige lappiespatroon waarin nie alleen linguiste groot behae het nie, maar waarop die "etniese" sprekers elke keer met trots gedy. Konfrontasie hier is om taalkundig venyn te pleeg. Naasbestaan en wedersydse respek onder al die tale van die wreld moet die wagwoord wees. Meertaligheid, aan die ander kant, is 'n goue bonus. Die Franse (van alle mense) het 'n spreekwoord wat lui dat 'n man wat twee tale kan praat, ook die waarde van twee manne in een liggaam het. En in Slowaaks s hulle dat met die aanleer van elke nuwe taal, die mens 'n nuwe siel bykry. Selfs die groot (12-volumige) Oxford English Dictionary, wat in 1933 voltooi is, met sy meer as vyf miljoen aanhalings uit eie Engelse bronne, kon nie nalaat om etimologies na meer as 350 tale te verwys nie.

David Crystal wys daarop dat as Normandiese Frankryk in 1066 ou Engeland sou oorrompel het, daar nie 'n Chaucher, Shakespeare, Wordsworth, Charles Dickens en andere sou gewees het nie. Dit sou hierdie wreld oneindig armer gelaat het. En wat sal ons s van ons eie Afrikaanse literre voortbrengsels wat n Eugne Marais se Winternag in 1905 gevolg het? Helaas, wat l nog onontboesemd voor? Dit was Robert Browning wat eens poties gedeklameer het: "Grow old along with me! The best is yet to be."

Die skrywer van hierdie bydrae "in die stryd om Afrikaans" het die buitengewone voorreg gehad dat die president van die Foundation for Endangered Languages (FEL), wat enkele jare gelede in Engeland gestig is deur die einste David Crystal van Cambridge, naamlik dr Nicholas Ostler van Bath in Somerset, Engeland, vir 'n week by hom op Stellenbosch tuisgegaan het - vergesel van sy eggenote, Jane Dunn, die bekende Engelse literre biograaf. Dit was by geleentheid van FEL se 9de kongres wat vanaf 18 tot 20 November vanjaar op Stellenbosch gehou is. Dit was Mikael Grut, 'n Deense akademikus wat tussen 1961 en 1975 dosent in Bosbou op Stellenbosch was - en ook hier getrou het met Marina Keet, wat in 1981 haar besonderse werk oor die geskiedenis van ballet in Suid-Afrika die lig laat sien het - wat daarop aangedring het dat die kongres vanjaar op Stellenbosch in Suid-Afrika gehou moes word. Die eintlike doel van die kongres was om te kom besin oor die voortbestaan van die Khoi en die San van die Boesmans. Mikael het egter op heel klandestiene wyse daarin geslaag om die taalbeleid van die ANC-regering in Suid-Afrika k (deur 'n toegevoegde paneelbespreking) op die agenda te kry. Afrikaans word nog hoegenaamd nie as 'n bedreigde taal beskou nie! Dit strook egter nie heeltemal met FEL se eie manifes nie. Saam met die Ostlers was David Nash en Jane Simpson uit Sydney, Australi, ook by ons tuis. Nash is op die oomblik besig om hom te ontferm vir die voortbestaan van 'n inboorlingdialek in sy land wat nog net deur sowat 30 sprekers gebruik word.

In FEL se lyfblad, Ogmios, van 18 September 2005 (bl 11) s dr Neville Alexander, direkteur van PRAESA (Project for the Research of Alternative Education in South Africa), dat die Suid-Afrikaanse regering binne die volgende tien jaar ons amptelike taalbeleid, om praktiese redes, sal moet wysig. Hy meen dat net vier van die huidige amptelike 11 tale in Suid-Afrika hierdie status sal behou, naamlik Sesoeto, Afrikaans, Engels en 'n Nguni-taal (Zulu of Xhosa).

Dit staan enigiemand vry om, deur 'n verskeidenheid subskripsiemoontlikhede, lid van FEL te word. Die VK-tesourier is Chris Moseley van Reading in Engeland, by e-pos Chris_Moseley@mon.bbc.co.uk.

Die doelstelling van FEL is om die massale uitwissing van tale wat weens globalisering verwag word, teen te werk. Reeds gebruik al 49 persent van die wreldbevolking maar net tien tale, wat elkeen die spreektaal is van meer as 'n 100 miljoen mense. FEL wys in sy manifes daarop dat 83 persent van die huidige 6 900-plus tale in die wreld (volgens Ethnologue, Gordon 2005) reeds blootgestel word aan die politieke grille van die maghebbers in bevel. En daarom moet die linguiste van die wreld voortydig mobiliseer om die erfenis van sy taaldiversiteit te bewaar. Die oorblywende tale van die wreld moet internasionaal bevry word van verderflike invloede wat dit wil ondergrawe in die naam van ras, geslag, godsdiens en (veral) politiek. Laat ons in Suid-Afrika wat ons taalerfenis, histories n akademies, in Afrikaans insien en kosbaar ag, vroegtydig 'n bondgenoot in FEL ontdek!

Mikael Grut wys in sy inleiding by FEL se kongres op Stellenbosch daarop dat, uit die 5,5 miljoen inwoners van die Wes-Kaap (statistiek van 2001), 55 persent Afrikaanssprekend is, 24 persent Xhosa en 19 persent Engels; en dat enigeen van hierdie drie tale in die plaaslike parlement gebruik kan word. As mens na hierdie syfers kyk, dan wonder jy regtig waarom Stellenbosch hoegenaamd vir sy Afrikaans moet pleit (met UK en UWK op sy demografiese drumpel). Kan politieke gedienstigheid jou werklikwaar s in vervoering bring dat jy bereid is om die Self te lon? Fastine lente - haas jou langsaam, Stellenbosch!


Nota: Nicholas Ostler het pas 'n uiters belangwekkende werk oor die taalgeskiedenis van die wreld gepubliseer (waarin Afrikaans ook genomineer word!) onder die titel Empires of the Word: A Language History of the World, HarperCollins, New York/Londen, 2005.


*Gerrit Kruger: Afgetrede hoogleraar in Grieks aan die Universiteit van Stellenbosch.
Sy e-posadres is gerritkruger@skyweb.co.za.


LitNet: 17 Januarie 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.