Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kommentaar van die Taalsekretariaat op die konseptaalbeleid (Konsep 1) van die Universiteit van Stellenbosch

  1. Inleiding

    Die Taalsekretariaat gaan akkoord met die oogmerk van die konseptaalbeleid en -taalplan om Afrikaans as voertaal aan die Universiteit in ’n konteks van meertaligheid te bevorder.

    Waardering moet ook uitgespreek word vir die feit dat spesifieke voorstelle van die Taalsekretariaat en ander instansies wat voorleggings gemaak het, in die konsepdokument opgeneem is. Dit — en die voorlopigheid waarmee die konsepdokumente vir oorweging en kommentaar aangebied word — wek die vertroue dat die taalbeleid en taalplan nog in ’n ontwikkelingsfase verkeer en deurlopend beďnvloed kan word deur insette van belanghebbendes. In daardie gees lewer die Taalsekretariaat graag kommentaar op die konsepdokumente. Waar kritiek gelewer word, moet dit opgeneem word as ’n konstruktiewe bydrae tot die verdere ontwikkeling van ’n taalbeleid en taalplan vir die Universiteit.

    In die eersvolgende afdeling (2) word die taalbeleid en -plan in breë trekke beoordeel. Afdeling 3 sal dan ingaan op die detail van die konsepdokument, met gemotiveerde voorstelle vir herformulerings, toevoegings en weglatings.

  2. Oorkoepelende beoordeling

  1. Die kernfunksie van die Universiteit Stellenbosch moet duidelik gedefinieer word as “sentrum van uitnemendheid wat gerig is op die produksie van kennis deur navorsing en die oordrag daarvan deur leer en onderrig deur medium van Afrikaans as taal van instruksie op sowel voorgraadse as nagraadse vlak“.

  2. Gegewe die sosiolinguistiese dinamiek in die Suid-Afrikaanse samelewing, en teen die agtergrond van die ervaring op hierdie gebied in die Suid-Afrikaanse en internasionale universiteitswese, is daar nie ’n werkbare kompromie tussen Afrikaans en Engels as medium van instruksie solank daar ’n wetlike vakuum op hierdie gebied bestaan nie. Engels (alleen of in kombinasie met Afrikaans op parallelmedium-basis) kan slegs in uitsonderlike gevalle, wat beskryf moet word, op voorgraadse vlak gebruik word waar ’n bepaalde kursus net op Stellenbosch aangebied word. As ’n reël moet alle kursusse in Afrikaans (A-taalspesifikasie) aangebied word. Daar word immers reeds deur die oorgrote meerderheid universiteite (ook in die Wes-Kaap) vir Engelsmedium-onderrig voorsiening gemaak. Die oordrag van kennis deur medium van Engels behoort dus nie tot die primęre verantwoordelikhede van die Universiteit nie.

  3. Die bevordering van meertaligheid onder studente vereis nie onderrig in meerdere tale nie. Studente wat onderrig in Afrikaans ontvang, kan meertaligheid as ’n persoonlike, sosiale en professionele bate ontwikkel, soos die ervaring by histories Afrikaanse universiteite oor etlike dekades heen onteenseglik aangetoon het.

  4. ’n Funksionele taalbenadering, sonder ’n beginselvoorkeur vir Engels en met inagneming van verskeie internasionale tale (veral Nederlands, vanweë die nou verwantskap met Afrikaans), moet op nagraadse vlak gevolg word om ook internasionale studente te akkommodeer. Die verskillende taalspesifikasies in die taalplan (A, T, A&E en E) kan as opsies slegs op nagraadse vlak gestel word.

  5. Die feit dat die Grondwet amptelike status aan 11 amptelike tale toeken, plaas geen dwingende verpligting op tersięre inrigtings om hul kernfunksies so te verbreed deur meertaligheid tot bykomende doelwit te verhef nie. Veral wanneer slegs sommige universiteite (die histories Afrikaanse universiteite) hierdie verpligting op hulle neem, ontstaan ’n situasie van sistemiese onreg en diskriminasie wat op sigself ongrondwetlik is. Trouens, daar is geen bepaling in die Grondwet, anders as die reg op moedertaalonderrig, wat die taak op tersięre inrigtings plaas om veeltaligheid te bevorder nie. Tersięre inrigtings in Suid-Afrika is taalspesifieke omgewings, hetsy Afrikaans of Engels of ’n kombinasie van die twee tale. Deur meertaligheid te verhef tot deel van die kernfunksies van die Universiteit onder die dekmantel van veeltaligheid, beteken om Engels te institusionaliseer en Afrikaans as taal van instruksie uit te rangeer.

  6. Tersięre inrigtings het wel die verantwoordelikheid om ruimte te skep vir die akademiese groei van die inheemse Afrikatale, aangesien die gebruikers van daardie tale (anders as Engelssprekendes) nog nie by enige van die huidige tersięre inrigtings in hul moedertaal bedien word nie.

  7. Die Taalsekretariaat verskil van die beginsel dat Engels naas Afrikaans, of in samehang met Afrikaans, aan die Universiteit Stellenbosch as taal van instruksie gebruik word. Die beginsel werk ook deur na die taalplan deurdat die opsie van Afrikaansmedium-onderrig (die A-taalmodule) slegs een van die moontlikhede is waaruit departemente op voorgraadse vlak kan kies. Die noodwendige gevolg van hierdie beginsel en sy implementering is dat Afrikaans uiteindelik ’n minderheidstaal op die kampus sal word, sodat die voortgaande gebruik daarvan toenemend in gedrang sal kom. In dié sin is die konseptaalbeleid en -taalplan selfondermynend en nie volhoubaar nie.

  8. Die uitgangspunte dat die konseptaalbeleid en -taalplan diversiteit moet bevorder, en die institusionalisering van Engels as opsie van onderrig soos in die taalplan voorsien, verkeer met mekaar in spanning. Onder diversiteit word verstaan dat ras-, godsdiens- en etniese oorwegings nie ’n rol by die toelating van studente speel nie. Die katalisator van diversiteit is egter dat Afrikaans die taal van onderrig sal wees in ’n diverse studentesamestelling. Moedertaal- en niemoedertaalgebruikers van Afrikaans kom immers uit alle rasse-, godsdienstige en etniese groeperinge in die Suid-Afrikaanse samelewing. Afrikaans is, in die woorde van die skrywer Jan Rabie, Suid-Afrika se “grootste nie-rassige prestasie”. Afrikaans moet dus gebruik word om diversiteit te bestendig en uit te bou.

  9. Die Taalsekretariaat aanvaar nie die onuitgesproke uitgangspunt van die konsepdokument dat die status quo, soos deur die taalbestekopname gepeil, as normatief moet geld nie. Soos die taalbestekopname duidelik laat blyk, is die bestaande taalopset aan die Universiteit deel van ’n tendens: meer kursusse en navorsing in Engels, minder in Afrikaans (en geen in isiXhosa nie). Die taalbeleid en taalplan moet juis hierdie destruktiewe tendens omkeer deur die posisie van Afrikaans daadwerklik te bestendig.

  10. Engels as taal van onderrig moet stelselmatig uitgefaseer word, behalwe onder spesifieke omstandighede wat duidelik omskryf moet word. Studente wat tans (deels) in Engels studeer, moet egter toegelaat word om hul kursusse in Engels te voltooi. Hierdie standpunt is nie gebaseer op die eksklusiewe “bewaring” van die Afrikaanse gemeenskap nie. Dit is nie die funksie van tersięre inrigtings om bepaalde gemeenskappe te “beskerm” nie. Die standpunt is eerder gemotiveer deur die goed gevestigde opvoedkundige beginsel van voortgesette moedertaalonderrig, en die toeganklikheid tot tersięre opleiding van die geografiese gemeenskap waar die Universiteit geleë is.

  11. Die (toenemende) gebruik van Engels aan die Universiteit bevorder die toeganklikheid van die Universiteit vir wit Engelssprekendes, die meerderheid wit Afrikaanssprekendes en ’n minderheid (ongeveer 20%) uit die swart bevolking wat Engels funksioneel magtig is. Hierdie deel van die bevolking word reeds voldoende by talle ander tersięre inrigtings geakkommodeer. Die meerderheid swart Suid-Afrikaners (in die geval van die Wes-Kaap veral isiXhosa-sprekendes) en met name Afrikaanssprekendes uit voorheen benadeelde gemeenskappe toon ’n uiters lae vlak van toetrede tot tersięre onderrig. Die bestendiging en verdere ontwikkeling van Afrikaans en die vestiging van isiXhosa as onderrigtaal sal die Universiteit juis vir hierdie deel van die bevolking meer toeganklik maak. As hierdie beleid van groter toeganklikheid dmv ’n oordeelkundige taalbeleid egter nie in streng reëls vasgelę word nie, bly die versoeking groot vir alle akademiese departemente om, ter wille van getalle en subsidies, deur middel van Engels studente uit die reeds bevoordeelde sektore van die samelewing te trek.

  12. Aangesien onderrig in isiXhosa (anders as in die geval van Engels) tans by geen enkele tersięre inrigting aangebied word nie, en isiXhosa-sprekendes ’n beduidende deel van die bevolking van die Wes-Kaap uitmaak, moet die Universiteit daarna streef om, waar moontlik, isiXhosa as tweede voertaal, in samehang met Afrikaans, in te voer. Vir dié doel kan ’n opname gemaak word van dosente wat in staat is om in isiXhosa onderrig te gee. Kennis van isiXhosa kan ook voortaan as aanbeveling by die vereistes vir akademiese poste gestel word, terwyl vereistes ten opsigte van die aanleer van isiXhosa aan bestaande akademiese personeel gestel kan word. Sodoende kan die Universiteit ’n unieke en wesenlike diens aan die samelewing verskaf, sonder om ’n diens wat reeds in oormaat elders beskikbaar is (Engelsmedium-onderrig) eenvoudig te dupliseer. (Sodra die owerheid haar verpligting nakom om voorsiening te maak vir tersięre onderwys in die inheemse Afrikatale, kan die Universiteit dan oorweeg om isiXhosa, soos Engels, as voertaal uit te faseer.)

  13. Die taalbeleid en taalplan maak geen voorsiening vir die besondere behoeftes van dowes nie. Hieraan moet dringend aandag gegee word.

  14. Die belangrike plek en funksie van Nederlands aan die Universiteit word nie voldoende deur die konsepdokumente behandel nie. Danksy die nou verwantskap met Nederlands is Afrikaans, soos Engels, ’n poort tot die internasionale akademie vir Suid-Afrikaanse studente en ’n faktor wat bydra tot die aantreklikheid van die Universiteit vir buitelandse studente en akademici. Nederlandse werke behoort vrylik aan studente voorgeskryf te word en die gebruik van Afrikaans en Nederlands op nagraadse vlak en in navorsing behoort besondere aandag te geniet. ’n Lees- en verstaanskennis van Nederlands moet dan ook as vereiste aan studente gestel word, ten minste vanaf die tweede studiejaar.

  15. Die taalvaardigheidsvereistes wat in die konsepdokument aan studente en personeel gestel word, moet aan kontroleerbare maatstawwe, soos matriekuitslae in taalvakke en/of taalbegripstoetse gekoppel word. Deur dit na te laat, word die betrokke vereistes ’n dooie letter. Slegs dosente wat in Afrikaans kan doseer en studente wat in Afrikaans wil studeer, kan by die Universiteit geakkommodeer word, net soos Engelsmedium-universiteite slegs voorsiening maak vir studente en personeel wat Engels magtig is.

  16. Die algemene gevolgtrekking is dat die toepassing van die konseptaalbeleid en -taalplan Afrikaans op mediumtermyn met Engels sal vervang as taal van onderrig by die Universiteit Stellenbosch. Die proses sal versnel word deur die bykomende finansiële en doseerverpligtinge wat die dokumente veronderstel. Die lydende partye in daardie geval is daardie deel van die bevolking van Suid-Afrika wat reeds deur die hoëronderwysstelsel uitgesluit word, asook die land as geheel wat ’n waardevolle kulturele bate (Afrikaans as akademiese taal) kwyt kan raak. Dit is van die grootste belang dat die Taakspan vir die Ontwikkeling van ’n Taalbeleid vir die Universiteit van Stellenbosch nóú die moed, visie en kreatiwiteit aan die dag sal lę om ’n beleid en plan daar te stel wat, hoewel miskien nie populęr in alle kringe nie, die voorwaardes sal vestig waaronder Afrikaans as akademiese taal kan gedy.

  1. Voorstelle vir die verdere verfyning van die taalbeleid en taalplan

  1. In §2 van die konseptaalbeleid (“Taal”) word gestel: “Dit is dus nie die taak van elke afsonderlike instelling, waaronder die Universiteit van Stellenbosch, om reg aan elkeen van die elf amptelike tale te laat geskied nie.”

    Voorstel: Wysig die kursief gedrukte sinsdeel om te lui: “… om volle verantwoordelikheid vir elkeen van die elf amptelike tale te neem nie” / “… om na elkeen van die elf amptelike tale om te sien nie” / “… om elkeen van die elf amptelike tale as voertaal te ontwikkel/gebruik nie”.

    Motivering: Die huidige formulering kan die indruk skep dat sekere taalregte willens en wetens deur die Universiteit verontagsaam word.

  2. Voorstel: Voeg by aan die einde van §2: “Die landwye hoëronderwysstelsel as geheel moet egter wel vir alle tale voorsiening maak.”

    Motivering: Dit verklaar hoekom elke afsonderlike instelling nie hierdie verantwoordelikheid dra nie.

  3. Die eerste sin in die omraamde gedeelte onder §2.1 (“Afrikaans”) lui: “Die Universiteit van Stellenbosch is verbind tot die gebruik en voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as akademiese taal.”

    Voorstel: Voeg by: “… sowel voor- as nagraads en op navorsingsgebied”.

    Motivering: Dit moet duidelik gestel word dat “Afrikaans as akademiese taal” nie slegs op elementęre vlakke gebruik en ontwikkel sal word en dus ’n oorbruggingsfunksie moet vervul nie, maar volwaardig naas Engels en ander tale in die akademie moet funksioneer (sien volgende punt).

  4. In §2.1 word verder gesę dat Afrikaans “Op nagraadse vlak en in navorsing … na gelang van omstandighede naas Engels gebruik” moet word. In §2.2 (“Engels”) word dit nog sterker gestel deurdat Engels as “die primęre taal op nagraadse vlak en in navorsing” uitgelig word.

    Voorstel 1: Vervang die betrokke sin onder §2.2 met dieselfde formulering as wat in §2.1 in verband met Afrikaans gebruik word: “Op nagraadse vlak en in navorsing word Engels na gelang van omstandighede naas Afrikaans gebruik.”

    Motivering: Die bewoording strook nie met die doelstelling (sien vorige punt) dat Afrikaans as akademiese taal gebruik en ontwikkel moet word nie. ’n Taal wat nie haar volwaardige plek “op nagraadse vlak en in navorsing” beklee nie, is nie in die volle sin van die woord ’n akademiese taal nie. Dit is begryplik dat die streng taalbepalings ten opsigte van die gebruik van Afrikaans op voorgraadse vlak nie net so op nagraadse vlak en navorsing oorgedra kan word nie, maar dit beteken nie dat Engels voorkeur bo Afrikaans moet geniet soos die huidige bewoording suggereer nie.

    Voorstel 2: Voeg in albei bg sinne, na die frase “naas Engels” / “naas Afrikaans”, die frase “… en ander tale” toe.

    Motivering: Węreldwyd is dit gebruiklik om op nagraadse vlak en in navorsing (publikasies, kongresse ens) meer as net een of twee tale te gebruik. Die prominensie van spesifieke tale wissel na gelang van vakgebied en węrelddeel. ’n Waardevolle bate van die Universiteit van Stellenbosch en ander histories Afrikaanse universiteite in Suid-Afrika is dat daar tradisioneel, naas Afrikaans en Engels, ook ander tale, soos Nederlands, Duits en Frans, op nagraadse vlak en in navorsing gebesig is. In sommige gevalle is leesvaardigheid in enkele van hierdie tale selfs op voorgraadse vlak as vereiste gestel. Die taalbeleid en taalplan moet hierdie moontlikheid steeds ooplaat en dus nie uit die staanspoor ’n voorkeurstatus aan Engels verleen nie. Engels as akademiese taal op ’n gevorderde vlak het geen beskerming nodig nie. Die taalbeleid en taalplan moet eerder Afrikaans en ander tale teen die neiging tot Engelse eentaligheid in beskerming neem ter wille van die “persoonlike, professionele en sosiale bate” van akademiese meertaligheid (§2).

    Voorstel 3: Voeg in die sin onder §2.1 en die onder §2.2 (soos volgens Voorstel 1 aangepas), ná “Afrikaans”, by: “… en Nederlands”.

    Motivering: Deel van die waarde van Afrikaans as akademiese taal is dat dit toegang verleen tot die Nederlandse taalgebied en terselfdertyd die akademie hier te lande vir besoekende studente en akademici uit daardie streke aantreklik en toeganklik maak. In dié sin is Afrikaans ook ’n taal wat die internasionale gerigtheid van die Universiteit kan aanvul en versterk. Afrikaans deel 95% van sy woordeskat met Nederlands en dit is dus allermins onredelik om van nagraadse studente en navorsers wat Afrikaans gebruik, te verwag dat hulle ook Nederlands kan lees en verstaan.

    Die betrokke sinne moet dus lees: “Op nagraadse vlak en in navorsing word Afrikaans en Nederlands (‘Engels’ in §2.2) na gelang van omstandighede naas Engels (‘Afrikaans’ in §2.2) en ander tale gebruik.”

  5. In §2.1 word voorts gestel dat voorgraadse studente “oor minstens akademiese lees- en luistervaardighede in Afrikaans” moet beskik.

    Voorstel: Hierdie vereiste moet duideliker uitgespel word. Dit kan byvoorbeeld gekoppel word aan die aflę van ’n taalbegripstoets deur voornemende studente of studente wat tot die tweedejaarstudie wil toetree. Daar kan ten minste van voornemende studente verwag word om ’n verklaring te onderteken waarin hulle te kenne gee dat hulle aan die vereiste voldoen.

    Motivering: Die huidige bewoording is te vaag. As daar nie ’n objektiewe standaard aangelę word nie, bestaan die gevaar dat voornemende studente bloot van die vereiste kennis neem sonder dat hulle werklik daaraan voldoen. Die gevolg kan dan wees dat die teenwoordigheid van ’n groot aantal studente wat nie aan die vereiste voldoen nie, toenemend druk uitoefen op die volhoubaarheid van Afrikaans as voertaal.

  6. Die eerste paragraaf van §2.1 sluit af met “… naas en in kombinasie met hulle moedertaal of ’n ander taal soos Engels.”

    Voorstel: Voeg by: “… of isiXhosa”.

    Motivering: Dit moet duidelik wees dat ook sprekers van isiXhosa, hetsy moedertaalgebruikers of niemoedertaalgebruikers, aan die Universiteit van Stellenbosch verwelkom word en dat isiXhosa net so hoog as Engels geag word.

  7. Voorstel: Voeg by aan die einde van die voorlaaste paragraaf van §2.1 (dus ná “… nasionale bate is.”): “In hierdie opsig kan Afrikaans as inspirasie, model en brughoof dien vir die ontwikkeling van die ander inheemse tale as kultuurtale. Bowendien verskaf Afrikaans toegang tot die Nederlandse taalgebied en, tot ’n mindere mate, die ander Germaanse tale, sodat dit die funksie van ’n tweede internasionale taal naas Engels vervul.”

    Motivering: Dit is belangrik dat Afrikaans nie net ’n inherente waarde het nie, maar ook ’n belangrike funksie ten opsigte van die uitbou van veeltaligheid in die algemeen (“die ander inheemse tale”) kan vervul. Verder moet dit onderstreep word dat Afrikaans ook, soos Engels, internasionalisering kan stimuleer.

  8. In die laaste paragraaf van §2.1 word gesę: “Daar is niemoedertaalgebruikers van Afrikaans wat Afrikaans beter beheers as Engels en derhalwe deur universitęre opleiding in Afrikaans bemagtig kan word.”

    Voorstel: Voeg by: ‘Hier gaan dit onder meer om van die mees agtergestelde dele van die landsbevolking wat tot dusver weinig of geen daadwerklike toegang tot hoër onderwys geniet het nie.”

    Motivering: Hierdie punt is belangrik, omdat dit daarop wys dat die gebruik van Afrikaans juis transformasie en regstellende aksie in die hoëronderwysstelsel kan bevorder deurdat dit toegang bied aan die deel van die bevolking wat dit die nodigste het.

  9. §2.1, die voorlaaste sin, lui: “Afrikaans funksioneer in universitęre verband saam met Engels weens die belang van Engels as akademiese en beroepstaal.” Die tweede sin in die omraamde gedeelte onder §2.2 (“Engels”) lui egter: “Engels funksioneer aan die Universiteit van Stellenbosch in samehang met Afrikaans” (dws minus die motivering).

    Voorstel 1: Voeg dieselfde motivering as by die sin in §2.1 ook aan die sin in §2.2 toe: “… weens die belang van Afrikaans as akademiese en beroepstaal.”

    Motivering: Die huidige diskrepansie tussen die twee formulerings — dws ten opsigte van Afrikaans en Engels onderskeidelik — skep die valse indruk dat slegs Engels van belang is as akademiese en beroepstaal. In werklikheid geld dieselfde egter vir Afrikaans en die ander inheemse tale.

    Voorstel 2: Voeg by bg sinne, ná respektiewelik “Engels” en “Afrikaans”, die frase “… en isiXhosa” in.

    Motivering: Die voorgestelde toevoeging strook beter met die slotsin van §2: “Die Universiteit van Stellenbosch hou rekening met Afrikaans, Engels en isiXhosa.”

  10. §2.1 sluit af met die sinsnede “… binne ’n oorwegend Engelse taalbestel in die tersięre onderwys.”

    Voorstel: Voeg die frase “(tans nog)” voor “oorwegend Engelse” in.

    Motivering: Die huidige formulering suggereer dat die bestaande oorheersing van Engels nie net ’n teenswoordige gegewe is nie, maar ’n onafwendbare of selfs wenslike stand van sake. Dit sou in stryd wees met die grondtoon van die konsepdokument, naamlik dat die ander amptelike tale toenemend ook hul plek moet volstaan in die akademie.

  11. Die voorlaaste paragraaf van §2.2 begin met die sin: “In die uitvoering van sy kennisfunksie benut die Universiteit van Stellenbosch Engels ter wille van die taal se internasionale waarde.”

    Voorstel: Voeg die frase “onder meer” in voor “Engels”.

    Motivering: Die wanpersepsie dat Engels die enigste taal van “internasionale waarde” in Suid-Afrika of węreldwyd is, moet nie versterk word nie (sien ook bo, punte d en g).

  12. Die eerste sin van die slotparagraaf van §2.2 sluit af met die frase: “… en wat die Universiteit Stellenbosch in die besonder betref, naas Afrikaans.”

    Voorstel: Voeg by: “… en isiXhosa”.

    Motivering: Sien motivering by punt i, Voorstel 2.

  13. §2.3 (“isiXhosa”) begin met die sin: “isiXhosa is ’n amptelike taal waarvoor in bepaalde programme voorsiening gemaak word met die oog op beroepskommunikasie.”

    Voorstel: ’n Praktiese kennis van isiXhosa of ’n ander inheemse taal moet as vereiste uitkoms in alle voorgraadse trajekte gestel word.

    Motivering: Elke graduandus van die Universiteit moet ’n praktiese kennis van isiXhosa of ’n ander inheemse taal hę. Kennis van minstens drie amptelike tale is immers noodsaaklik ten einde na behore te kan meedoen aan die openbare lewe in ’n veeltalige land soos Suid-Afrika. So ’n vereiste is nie onrealisties nie. Dit betref immers nie ’n gevorderde, akademiese kennis van die taal nie. Die feit dat isiXhosa reeds in bepaalde kursusse aan Suid-Afrikaanse universiteite “met die oog op beroepskommunikasie” as vereiste gestel word, wys dan ook dat dit nie ’n onredelike verwagting is om aan voorgraadse studente te stel nie.

    Buitendien sal ’n groot aantal niemoedertaalgebruikers van Afrikaans aan die Universiteit isiXhosa of ’n ander inheemse taal as moedertaal hę, sodat die vereiste nie ’n addisionele las op hulle sal lę nie. Moedertaalgebruikers van Afrikaans en Engels sal oor die algemeen ook reeds die ander taal (dws Engels of Afrikaans) verstaan en hoef in daardie geval dus slegs een nuwe taal op ’n elementęre vlak aan te leer. Gegewe die feit dat daar tans geen isiXhosa-medium-universiteit in die land is nie en dat alle isiXhosa-sprekendes dus Afrikaans en/of Engels — op ’n akademiese vlak — moet leer om toegang tot hoër onderwys te geniet, is dit niks minder as reg nie dat Afrikaans- en Engelssprekendes ook isiXhosa of ’n ander inheemse taal — op ’n interpersoonlike vlak — moet aanleer. Dit blyk des te duideliker as in ag geneem word dat Afrikaans- en Engelssprekendes oor die algemeen, vanweë die ongelykhede in die onderwysstelsel, oor ’n leervoorsprong beskik in vergelyking met isiXhosa-sprekendes. Die instel van so ’n taalvereiste in alle studierigtings sal ’n reuse voorwaartse stap wees waarmee die Universiteit die egtheid van haar verbintenis tot meertaligheid laat blyk.

  14. Die volgende sin in §2.3 lui: “As ontluikende akademiese taal word isiXhosa deur middel van onder andere die Universiteit Stellenbosch se Taalsentrum bevorder.”

    Voorstel: Daar moet duideliker riglyne gegee word oor presies hoe die Taalsentrum hierdie taak moet uitvoer. Die vertaling van studiemateriaal en handboeke in isiXhosa, taal- en skryfkursusse vir personeel en studente en die ontwikkeling van vakterminologie is voorbeelde van inisiatiewe wat in hierdie verband geneem kan word.

    Motivering: So nie, is die gevaar groot dat die bepaling ’n dooie letter bly.

  15. In paragraaf 1 van §2.3 word van “die ontwikkeling van mindere amptelike tale” melding gemaak.

    Voorstel: Die term “mindere” moet met ’n ander vervang word.

    Motivering: “Mindere” kan hier misverstaan word as “minderwaardig” of “van minder belang”.

  16. In dieselfde paragraaf word gestel: “Die Universiteit Stellenbosch sien die uitbouing van isiXhosa as akademiese taal nie as sy primęre en eksklusiewe verantwoordelikheid nie.”

    Voorstel: Dat hierdie sin óf geskrap word, óf dat ’n soortgelyke sin aan §2.2 (“Engels”) toegevoeg word.

    Motivering: Die “primęre verantwoordelikheid” van die Universiteit is inderdaad die “uitbouing” van Afrikaans as “akademiese taal” en in dié sin is geen ander taal haar primęre verantwoordelikheid nie. Die feit dat dit ten opsigte van isiXhosa eksplisiet vermeld word, maar nie in verband met Engels nie, suggereer egter dat daar ’n taalhiërargie aan die Universiteit moet geld, met Afrikaans eerste, Engels tweede en isiXhosa in die laaste plek. Dat dit in die praktyk — vir die voorsienbare toekoms — so sal uitwerk, val nie te betwyfel nie. Dit is egter ’n vraag of dit ook as prinsipiële uitgangspunt moet dien. Die Taalsekretariaat is van mening dat Engels en isiXhosa prinsipieel dieselfde status aan die Universiteit moet hę. Dit beteken dat Afrikaans die voertaal is (soos in die taalbeleid uitgespel), maar dat Engels (by hoë uitsondering) en isiXhosa ook geakkommodeer word waar nodig en haalbaar. Die feit dat veral Engels op kort termyn hiervoor in aanmerking sal kom, is te wyte aan verskeie historiese, sosiale en politieke (dws kontingente) faktore. Die moontlikheid dat isiXhosa toenemend ’n volwaardige plek, naas Engels, as “tweede” gebruikstaal aan die Universiteit kan inneem, moet doelbewus oopgehou word. Hierdie voorstel betref dus nie slegs ’n herformulering nie, maar eintlik ’n hersiening van een van die grondliggende uitgangspunte van die konsepdokument, naamlik dat Engels vanselfsprekend ’n voorkeurstatus as tweede gebruikstaal aan die Universiteit moet geniet. Die Taalsekretariaat bevraagteken hierdie aanname met ’n beroep op die nasionale grondwet en die taalbeleid van die Wes-Kaap, waarin al die amptelike tale “gelyke status” toegeken word.

  17. §3 (“Diversiteit”) se derde paragraaf lui: “Deur Engels wil die Universiteit Stellenbosch toeganklik wees vir sowel plaaslike as internasionale studente en personeel met Engels as moedertaal of voorkeurtaal.”

    Voorstel 1: Voeg na die eerste “Engels” die frase “en isiXhosa” in en na die tweede “Engels” die frase “of isiXhosa”.

    Motivering: Sien motivering by punt p. Hier moet ook in ag geneem word dat isiXhosa die deur oopsluit na die hele familie van Nguni-tale binne sowel as buite die grense van Suid-Afrika.

    Voorstel 2: Die rol van Afrikaans as trekpleister vir “internasionale studente en personeel” moet ook hier vermeld word.

    Motivering: Dit is belangrik om deurgaans te beklemtoon dat Afrikaans, net soos Engels, ’n unieke bydrae tot diversiteit en internasionale betrekkinge kan lewer. Die gebruik van Afrikaans is nie net om in die behoefte van plaaslike Afrikaanssprekers te voorsien (soos in die voorafgaande drie sinne van §3 gesuggereer word) nie, maar juis ook om die studente- en personeelsamestelling van die Universiteit te verryk, plaaslik en internasionaal.

  18. Die vermelding van “sowel plaaslike as internasionale … personeel met Engels as moedertaal of voorkeurtaal” skep die indruk dat personeel wat nie Afrikaans kan of wil gebruik nie, ook deur die Universiteit in diens geneem kan word. §3 van die konseptaalplan maak ook melding van “dosente … wat (nog) nie klasse in Afrikaans kan aanbied nie, bv internasionale dosente”. Verder stel voetnoot 3 by die Taalspesifikasietabel dat “Dosente met onvoldoende akademiese taalvaardigheid in Afrikaans … aangemoedig en deur die Taalsentrum bygestaan” sal word “om binne drie jaar na aanstelling by die Universiteit hulle mondelinge taalvaardigheid te ontwikkel om in Afrikaans klas te gee.”

    Voorstel 1: ’n Duidelike en streng vereiste moet in hierdie verband gestel word as deel van die werksooreenkoms wat tussen die Universiteit en personeellede aangegaan word.

    Motivering: Uiteraard kan die Universiteit nie slegs personeel aanstel wat by tye van hul aanstelling in Afrikaans kan doseer nie. Die Universiteit kan egter redelikerwys van dosente verwag om “binne drie jaar [of selfs twee jaar] na aanstelling … in Afrikaans klas te gee.” So ’n vereiste ten opsigte van Engels (selfs al ten tye van aanstelling) geld byvoorbeeld as vanselfsprekend by alle Engelsmedium-instellings. Die huidige formulerings suggereer dat, hoewel dosente “aangemoedig” sal word om Afrikaans te leer, dit uiteindelik van elke dosent sal afhang of s/hy dit ook daadwerklik doen. Hiermee ontstaan ’n skuiwergat wat uiteindelik, alle ander bepalings ten spyt, tot die afskaling en selfs verdwyning van Afrikaans as voertaal aan die Universiteit kan lei, soos die ervaring by ander universiteite binne en buite Suid-Afrika al geleer het. As ’n departement byvoorbeeld nie genoeg dosente het wat in Afrikaans kan doseer nie, sal dit as voldoende rede moet geld vir implementering van die E-taalspesifikasie (slegs Engels) in alle modules, en elke presedent in hierdie verband sal ’n soortgelyke tendens in ander departemente versterk. Daarom moet daar spesifieke maatreëls wees om te voorkom dat daar op groot skaal personeel in diens geneem word wat nie bereid is om binne ’n redelike termyn Afrikaans voldoende te bemeester nie. Geen Engelsmedium-universiteit sal immers personeel in diens neem wat nie in Engels kan of wil doseer nie.

    Voorstel 2: Ook ten opsigte van (’n praktiese kennis van) isiXhosa moet daar ’n streng en duidelike vereiste, as deel van die werksooreenkoms en gekoppel aan ’n redelike termyn, aan doserende personeel gestel word.

    Motivering: ’n Algemene probleem op alle vlakke van die onderwys in Suid-Afrika is dat die meerderheid leerlinge in ’n ander taal as hul moedertaal onderrig ontvang. Hierdie probleem moet op verskillende maniere aangepak word. Een daarvan is om die meertaligheid van leerkragte aan te moedig. In ’n Afrikaans- en/of Engelsmedium-kursus sal ’n dosent wat isiXhosa selfs op ’n elementęre vlak verstaan, beter in staat wees om inligting aan isiXhosa-sprekende studente oor te dra of dié studente se probleme met die leerinhoud te hanteer as ’n dosent wat geen kennis van isiXhosa het nie. Aangesien isiXhosa een van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap is en daar op hierdie stadium nęrens vir isiXhosa-onderrig voorsiening gemaak word nie, behoort alle onderwysinstellings wat hierdie gebied bedien, isiXhosa-sprekendes sover moontlik tegemoet te kom, ook al is die ontwikkeling van isiXhosa as akademiese taal nie hul primęre verantwoordelikheid nie. Die aanleer van isiXhosa is een manier om dit te doen en om te help skep aan die voorwaardes vir die toekomstige invoering van isiXhosa as universiteitstaal, hetsy aan die Universiteit Stellenbosch of elders.

    So ’n taalvereiste is nie onredelik of onhaalbaar nie. Dosente behoort tot die intellektuele elite in die samelewing en kan dus in staat geag word om met relatiewe gemak nuwe tale (veral op ’n elementęre vlak) aan te leer. Meertaligheid behoort dan ook deel uit te maak van die mondering van leiers en rolmodelle soos akademici in ’n veeltalige land. Die feit dat kennis van ’n spesifieke inheemse taal reeds by sommige universiteite as vereiste aan doserende personeel gestel word, bevestig dan ook dat so ’n vereiste nie onrealisties is nie. Internasionaal is dit gangbaar en vanselfsprekend dat akademici hulle van meerdere tale kan bedien in die uitvoer van hulle taak.

  19. §A.1.1 van die konseptaalplan stel dat “effektiewe leer en onderrig maksimaal … bewerkstellig” moet word “sowel vir studente wat Afrikaans as huistaal of voorkeurtaal vir onderrig en leer het, as vir studente wat Engels of ’n ander taal as huistaal of voorkeurtaal vir onderrig en leer het.”

    Voorstel: Dat “Engels of ’n ander taal” vervang word met “Engels, isiXhosa of ’n ander taal”.

    Motivering: Sodoende word die indruk vermy dat “studente wat Engels … as huistaal of voorkeurtaal … het”, hoër status en dus meer regte as isiXhosa-sprekendes aan die Universiteit het. Die voorstel volg uit die prinsipiële gelykheid van Engels en isiXhosa as sekondęre voertale aan die Universiteit (sien punt p).

  20. Dieselfde paragraaf verwys na die bevinding van die Taalbestekopname dat studente “beide Afrikaans en Engels vir hulle studie en beroep as belangrik beskou.” Dit dien dan as motivering vir die doelstelling van die taalplan “dat studente akademiese taalvaardighede in Afrikaans en Engels ontwikkel.”

    Voorstel: Die belang van ’n (ten minste praktiese) kennis van isiXhosa of ’n ander inheemse Afrikataal vir studente se “studie en beroep” moet ook vermeld en in die taalplan verreken word.

    Motivering: Uit die aangehaalde gedeelte is dit nie duidelik of die Taalbestekopname ook navraag gedoen het oor studente se siening van die belang van isiXhosa (of ander tale) “vir hulle studie of beroep” nie. Ook al sou dit egter blyk dat studente oor die algemeen nie veel waarde aan die bemeestering van ander tale as Afrikaans en Engels heg nie, sou dit nie as voldoende rede vir die nalaat van isiXhosa en die ander inheemse Afrikatale geld nie. Die Taalbestekopname betref immers studente se houdings ten opsigte van verskillende tale en sę as sodanig niks oor die werklike belang van verskillende tale vir “studie of beroep”, los van studente se menings daaroor, nie. Dat kennis van ’n inheemse Afrikataal (in die Wes-Kaap veral isiXhosa) van groot belang is vir die vorming van toekomstige posbekleërs op verskillende vlakke van die openbare lewe, gegewe die veeltalige aard van die samelewing en die belang van taal in interkulturele kommunikasie en die skep van geleenthede, kan nie ontken word nie. Dit volg hieruit dat onderwysinstellings ’n verantwoordelikheid het om studente ook op hierdie gebied behoorlik toe te rus.

  21. Die tweede paragraaf van §1.2 lui: “Die A-module, die A&E-module en die T-module verteenwoordig (met hoë uitsondering) die opsies van taalspesifikasies vir modules op voorgraadse vlak. Op nagraadse vlak is die E-taalspesifikasie (met Engels as die primęre taal van kommunikasie) ’n algemene opsie.” Verder stel §2.2.c: “Op voorgraadse vlak word Engels met uitsonderlike motivering deur dosente as primęre mondelinge kommunikasietaal in die klas gebruik.” (Sien ook A.2.2.a.)

    Voorstel 1: Die voorwaardes waaronder uitsonderings toegestaan kan word, moet duidelik uitgespel word. Die voorwaardes moet van so ’n aard wees dat dit ook in die praktyk slegs by “hoë uitsondering” tot die implementering van die E-taalspesifikasie op voorgraadse vlak sal lei. Die besluitnemingsinstansie in hierdie verband (byvoorbeeld die Senaat) moet ook duidelik geďdentifiseer word.

    Motivering: Die formulering “met hoë uitsondering” of “met uitsonderlike motivering”, sonder spesifikasies, skep ’n skuiwergat in die sin dat “hoë uitsonderings” mettertyd die reël eerder as die uitsondering kan word, veral as dit onduidelik bly aan wie die “uitsonderlike motivering” gerig moet word en wie die finale besluit mag neem.

    Voorstel 2: Die strekking van “algemene opsie” met betrekking tot die E-taalspesifikasie op nagraadse vlak moet duideliker uitgespel en gekwalifiseer word.

    Motivering: Die huidige formulering, veral in kombinasie met §2.1 en §2.2 (sien punt d), skep die indruk dat die E-taalspesifikasie by voorbaat as die gangbare en verkiesbare opsie op nagraadse vlak beskou word. Gegewe die feit dat verskeie sosiale, ekonomiese en politieke faktore reeds meewerk tot die toenemende dominansie van Engels (en die verarmende marginalisering van ander tale) op nagraadse vlak in alle onderwysinstellings binne en buite Suid-Afrika, maak dit nie sin om deur middel van spesifieke maatreëls die posisie van Engels te verskans en te versterk nie. Eerder moet die moontlikheid bewustelik oopgehou word dat ander tale (by die Universiteit Stellenbosch veral Afrikaans en Nederlands) steeds, waar dit haalbaar blyk te wees, op nagraadse vlak kan funksioneer. Dws die huidige sosiolinguistiese stand van sake moet wel verreken word (daarom minder streng verskansing van Afrikaans op nagraadse vlak), maar moet nie tot norm verhef word nie. Die taalbeleid en taalplan moet dus deurgaans die taalopsies (A, A&E, T, E ens) oophou en nie prinsipieel standpunt inneem ten gunste van Engels as primęre nagraadse taal nie. Indien standpunt ingeneem word, moet dit juis wees om die betrokkenes aan te moedig om, waar moontlik, Afrikaans as nagraadse taal in stand te hou.

    Voorstel 3: Die T-opsie moet geskrap word.

    Motivering: Hierdie opsie is oorbodig, aangesien ’n kennis van Afrikaans buitendien binne hierdie module van andertaliges vereis word en hulle dus ewe goed die A-module kan hanteer. Bowendien is meertalige onderrig nie nodig om akademiese meertaligheid onder studente te bevorder nie. Studente van die (voorheen eentalige) histories Afrikaanse universiteite was nog altyd uiters suksesvol tweetalig op alle vlakke.

    Voorstel 4: Ook die A&E-module moet, soos die E-module, slegs “by hoë uitsondering” toegelaat word. Dws by kursusse wat slegs by Stellenbosch aangebied word, en met toestemming van die Senaat, mag ’n kursus in slegs Engels of in Engels en Afrikaans (parallelmedium) aangebied word. As ’n reël moet die A-module egter vir alle kursusse geld.

    Motivering: Dit is ’n welbekende feit dat parallelmedium-onderrig, in die afwesigheid van ondersteunende wetgewing van regeringsweë, uiteindelik op enkelmediumonderrig in die dominante taal (in die breër samelewing) lei. Dit is sowel in Suid-Afrika as węreldwyd telkens bewys. Die huidige gebruik van Engels na die tweede studiejaar, in stryd met die bestaande taalbeleid van die Universiteit, moet eerder stelselmatig uitgefaseer word en nie verder gevestig word nie.

  22. Die laaste paragraaf van §1.2 lui: “Insentiewe van formele erkenning sal ondersoek word om veral studente wat Engels as huistaal of voorkeurtaal vir onderrig en leer het aan te moedig om hulle akademiese taalvaardigheid in Afrikaans te ontwikkel en meertaligheid as ’n bate vir hulle toekomstige beroepe te sien.” §1.3 voeg daaraan toe: “Die ontwikkeling van studente se taalvaardigheid sal waar nodig deur die fakulteite, met inagneming van hulle taalvaardigheidsprestasie in toegangstoetse, so vroeg moontlik geďdentifiseer moet word.”

    Voorstel: Die terme “insentiewe” en “aan te moedig” moet vervang word met “vereistes” en “in staat te stel/by te staan”. Hierdie vereiste moet dan ook aan ’n voorgeskrewe standaard (byvoorbeeld “toegangstoetse”) gekoppel word. Die rol van “die fakulteite” in die toepassing hiervan moet duideliker omskryf word.

    Motivering: Elders in die dokument (sien byvoorbeeld §2.1 van die konseptaalbeleid, §A.1.3 van die konseptaalplan en die Taalspesifikasietabel) word taalvereistes uitgestippel waaraan studente moet voldoen om aan A-, A&E-, T- en E-modules te kan deelneem. Die verwysing na “insentiewe” en “aanmoediging” verkeer daarmee in spanning, omdat dit suggereer dat dit hier om ’n vryblywende ideaal, eerder as ’n streng voorwaarde of vereiste gaan. Veel eerder moet daar maatreëls geneem word om te verseker dat studente ook daadwerklik aan die taalvereistes vir die verskillende module-tipes voldoen (sien punt e). Dit is verder nie duidelik wat met die “ontwikkeling van studente se taalvaardigheid … geďdentifiseer” bedoel word nie. Die mees wenslike interpretasie is dat “die fakulteite” sal toesien (deur taaltoetse ens) dat studente aan die taalvereistes voldoen.

  23. In die vierde paragraaf van A.2.2.a word gesę: “Die voorsiening van studiemateriaal … [ens] in beide Afrikaans en Engels bied aan studente noodsaaklike blootstelling aan die terminologie in die taal waarin hulle ’n laer vlak van akademiese taalvaardigheid het. Dit dien om lees- en luistervaardigheid stelselmatig in die taal te ontwikkel waarin studente hulle minder tuis voel.”

    Voorstel: Die moontlikheid om, met die hulp van die Universiteit se Taalsentrum, studiemateriaal ook in isiXhosa (op teenoorstaande bladsye naas Afrikaans of Engels, na gelang van omstandighede) beskikbaar te stel, moet ernstig ondersoek word.

    Motivering: Die huidige formulering skyn te veronderstel dat óf Afrikaans óf Engels kwalifiseer as “taal … waarin studente hulle minder tuis voel”. In werklikheid bevind die meeste isiXhosa-sprekende studente hulle egter in ’n situasie waar hulle in sowel Afrikaans as Engels “minder tuis voel”. Terwyl daar nou ’n maatreël voorgestel word om hierdie probleem by Afrikaans- en Engelssprekendes te oorbrug, word dieselfde nie vir isiXhosa-sprekendes in die vooruitsig gestel nie. Dit beteken dat hierdie studente een taal waarin hulle “minder tuis voel” as basis moet gebruik om meer tuis te word in ’n ander taal waarin hulle ook “minder tuis voel”. Hulle word dus talig benadeel in vergelyking met Afrikaans- en Engelssprekendes. Die opvoedkundige logika van die gebruik van twee tale op teenoorstaande bladsye is juis om die student se voorkeurtaal naas ’n minder bekende taal te plaas om sodoende oor en weer vergelyking in die hand te werk. IsiXhosa-sprekendes behoort ook hierby te baat. Dat die Universiteit ’n verpligting het om isiXhosa-sprekendes as een van die hooftaalgroepe in die Wes-Kaap talig by te staan, behoef geen betoog nie.

  24. §A.2.2.c lui: “Vanweë die internasionale aard van navorsing en nagraadse studie gebruik dosente op nagraadse vlak Engels as die primęre mondelinge kommunikasietaal.” §A.2.2.a stel dan ook dat “’n hoër vlak van akademiese taalvaardigheid in Engels” op nagraadse vlak vereis word.

    Voorstel: Die eerste sin moet vervang word met: “Vanweë die internasionale aard van navorsing en nagraadse studie gebruik dosente op nagraadse vlak ook Engels, Nederlands en ander internasionale tale as mondelinge kommunikasietale. In die tweede sin moet “’n hoër vlak van akademiese taalvaardigheid in Engels” vervang word met “’n toepaslike vlak van akademiese taalvaardigheid in Engels, Nederlands of ander internasionale tale wat in spesifieke nagraadse kursusse gebruik word”.

    Motivering: Die huidige formulering suggereer verkeerdelik dat Engels die enigste internasionale akademiese taal is, of dat dit die enigste internasionale taal is wat ook plaaslik gebruik (kan) word. In werklikheid word die akademie węreldwyd gekenmerk deur ’n wisselende verskeidenheid van internasionale tale, waaronder Nederlands, en is daar onder die tale van Suid-Afrika meer as een taal (spesifiek Afrikaans as nou verwant aan Nederlands) waardeur die internasionale akademiese toneel in al sy talige en kulturele verskeidenheid vir studente en navorsers ontsluit kan word. Baie Nederlandse en Vlaamse studente en akademici sal ook byvoorbeeld makliker in ’n Afrikaanse as in ’n Engelse opset funksioneer. Om by voorbaat ’n eksklusiewe voorkeur aan Engels te verleen hou dus nie met die feite rekening nie en ontneem studente van die waardevolle geleentheid tot ’n wyer blootstelling aan die internasionale akademiese toneel as deur Engels alleen. Dit is onnodig om ’n spesifieke vereiste ten opsigte van Engels, in onderskeiding van ander internasionale tale, vir nagraadse studie as geheel te stel. Daar kan eerder vereis word dat die taalopset in elke kursus (mondelinge kommunikasietaal, studiemateriaal, voorgeskrewe werke ens) duidelik in die jaarboek uitgestippel word en dat daar dan vanselfsprekend by voornemende studente “’n toepaslike vlak van akademiese taalvaardigheid” veronderstel word.

  25. Die Taalspesifikasietabel stel dat voorgeskrewe handboeke en ander verpligte leeswerk in die A- en T-modules en die A-stroom van die A&E-module in Afrikaans en/of Engels moet wees en in die E-module slegs Engels.

    Voorstel: By die modules wat vir Afrikaans voorsiening maak en ’n kennis van Afrikaans by studente vereis, moet ook voorgeskrewe werke in Nederlands uitdruklik vermeld word. Daarby moet die formulering duidelik maak dat ook ander tale, afhangende van vakrigting (byvoorbeeld Duits in teologie), ter sprake mag kom. In die E-taalspesifikasie en die Engelse stroom van die A&E-module hoef die taal van voorgeskrewe werke insgelyks nie tot Engels beperk te word nie.

    Motivering: Enige student wat Afrikaans kan lees en verstaan, kan met ’n geringe inspanning leer om Nederlands te lees. Dit is juis wat van Afrikaans ’n waardevolle poort tot die (nie-Engelse) internasionale akademie maak. Deur studente by voorbaat in te lig dat Nederlandse werke voorgeskryf mag word, word hierdie onmisbare funksie van Afrikaans bestendig. Terwyl dit sin maak om, in die algemeen, aan te dui in watter tale werke in alle kursusse voorgeskryf mag word (Afrikaans, Engels en Nederlands), moet die moontlikheid oopgelaat word om in spesifieke kursusse ook addisionele tale te vereis. Dit behoef geen motivering nie, aangesien dit standaardpraktyk in die akademie węreldwyd is.

  26. Onder (9) noem die Taalspesifikasietabel dat “Hulp in Afrikaans aan studente wie se akademiese taalvaardigheid in Afrikaans onvoldoende is, soos bepaal in toegangstoetse” gebied sal word. Naas die Taalsentrum (10), word ook “Tutors en mentors (van Akademiese Ontwikkelingsprogram en departement)” in hierdie verband genoem (sien ook §A.4.12).

    Voorstel 1: Die Taalsentrum, met haar gespesialiseerde middele en menslike hulpbronne, moet volle verantwoordelikheid vir taalverwerwings- en taalverbeteringskursusse neem. “Tutors en mentors” moet dan konsentreer op hulp met die vakinhoud van verskillende kursusse, maar dan in die moedertale (byvoorbeeld Engels of isiXhosa) van die betrokke studente — dit in die vorm van ekstra klasse, individuele afsprake ens.

    Motivering: Niemoedertaalsprekers van Afrikaans wat moeite ervaar om die leerinhoud na wense te integreer, benodig twee vorme van hulp: taalontwikkeling (die Taalsentrum se verantwoordelikheid) en behandeling van die leerinhoud in ’n taal wat hulle beter verstaan (die verantwoordelikheid van tutors en mentors).

    Voorstel 2: Tutors en mentors wat gebaretaal kan gebruik, moet ook aangestel word om dowe studente van hulp te bedien in die tolking van lesings en ondersteuning in die bemeestering van vakinhoude.

  27. Die Taalspesifikasietabel sluit af met die “vereiste minimum taalvaardigheid van studente in Afrikaans en/of Engels vir effektiewe studie”.

    Voorstel 1: By die Afrikaanse (en deels Afrikaanse) modules moet lees- en luistervaardighede in Nederlands ook vereis word.

    Motivering: Sien bo, punt y.

    Voorstel 2: Die “vereiste minimum taalvaardigheid” moet aan kontroleerbare maatstawwe getoets word. Dit kan insluit skoolprestasie in bepaalde tale en/of die gebruik van taaltoetse om vlakke van vaardigheid te bepaal.

    Motivering: Taalvereistes maak sin as ’n maatreël om die volhoubaarheid van ’n taalbeleid en taalplan te verseker. Sonder kontroleerbare maatstawwe kan dit dié funksie egter nie vervul nie.

  28. §A.4 van die Taalplan stel in die tweede paragraaf: “Akademiese meertaligheid kan vir modules as spesifieke uitkomstes gestel word.”

    Voorstel: Die woordjie “kan” moet met “moet” vervang word.

    Motivering: Akademiese meertaligheid is, soos lees- en skryfvermoë en navorsingskapasiteit, ’n essensiële onderdeel van akademiese vorming en moet dus as vereiste hanteer word.

  29. §A.4.13 lui: In beide die A-module en die voorgraadse E-module ontwikkel studente ’n basiese akademiese taalvaardigheid in die ander taal.”

    Voorstel: Dat hierdie spesifikasie ook aan die Taalspesifikasietabel toegevoeg word.

    Motivering: In die Taalspesifikasiemodel word kennis van Afrikaans in die Engelse modules as opsioneel beskryf, terwyl dit hier as vereiste gestel word.

  30. §A.4.14 en 15 noem dat klasnotas op voorgraadse vlak in
    Afrikaans en Engels beskikbaar gestel word en dat studente die keuse het om vrae, werkopdragte en vraestelle in Afrikaans of Engels te beantwoord.

    Voorstel: IsiXhosa moet in eersgenoemde geval deurgaans, en in lg geval waar moontlik (gegewe die dosent se taalvaardigheid), toegevoeg word. Die Taalsentrum kan verantwoordelikheid vir die vertaling van klasnotas in isiXhosa neem.

    Motivering: IsiXhosa-sprekende studente het tans, anders as Engelssprekendes, nie die opsie om by ’n ander instelling in hul moedertaal te studeer nie. Sowel Afrikaans as Engels is vir hulle tweede of derde tale en geen van beide kan dus ’n brugfunksie in die verstaan van die leerinhoud vervul nie. Vir dié doel moet isiXhosa benut word. So nie, word isiXhosa-sprekendes onregverdig benadeel.

  31. §B (“Taalgebruik in Navorsing”) stel dat die “ontwikkeling en verspreiding van kennis, veral op nagraadse vlak en in navorsing rekening [hou] met die belang van Engels in hierdie kontekste.”

    Voorstel: Die frase “onder meer” moet voor “Engels” ingevoeg word, of dit moet met “Engels, Nederlands en ander internasionale tale” vervang word.

    Motivering: Die huidige formulering suggereer foutiewelik dat Engels die enigste taal van belang op nagraadse vlak en in navorsing internasionaal is.

  32. Dieselfde paragraaf stel dat die Taalbeleid hom verbind tot “meertaligheid en die ontwikkeling en uitbou van Afrikaans as akademiese taal”.

    Voorstel: Voeg by: “ook op nagraadse vlak en in navorsing”.

    Motivering: Die indruk moet vermy word dat Afrikaans ’n minderwaardige rol teenoor Engels op nagraadse vlak en in navorsing sal speel.

  33. §B se tweede paragraaf, punt 2 lui: “Die Universiteit soek vennootskappe en geleenthede vir samewerking vir die uitbou van Afrikaans as akademiese taal.”

    Voorstel: Hierdie bepaling moet gespesifiseer en gekonkretiseer word.

    Motivering: Die bepaling is van groot belang, maar kan ’n dooie letter bly as dit nie aan spesifieke verantwoordelikhede en maatreëls gekoppel word nie.

  34. §B1.5 lui: “Binne omgewings wat deurlopend met die publiek en studente kommunikeer, verseker die Universiteit dat daar genoegsame personeellede is wat gemaklik ook in Engels en in isiXhosa kan kommunikeer.”

    Voorstel 1: Gebaretaal moet ook in ag geneem word.

    Motivering: Internasionaal word dit as ’n reg van dowes bestempel om, op versoek, deur openbare instansies in gebaretaal bedien te kan word.

  35. §B2.2 lui: “Amptelike dokumentasie aan studente vanaf die Universiteitsadministrasie is in Afrikaans of Engels na gelang van die voorkeurtaal.”

    Voorstel: Amptelike dokumentasie aan studente moet ook in isiXhosa beskikbaar gestel word.

    Motivering: Om amptelike dokumentasie in isiXhosa te vertaal (dmv die Taalsentrum) is nie veel gevra nie en sal die taalvriendelikheid van die Universiteit verhoog en isiXhosa-sprekendes meer welkom laat voel.

  36. §B.2.2 sluit af met: “Navrae en versoeke van studente word waar moontlik in die taal van die navraag of versoek hanteer.”

    Voorstel 1: Voeg by: “maar altyd ten minste in Afrikaans”.

    Motivering: Vaardigheid in Afrikaans behoort immers ’n minimumvereiste vir werknemers van ’n Afrikaanse universiteit te wees.

    Voorstel 2: Die frase “waar moontlik” moet geskrap word.

    Motivering: Die kwalifikasie “waar moontlik” is in stryd met die eis dat die Universiteit sal verseker “dat daar genoegsame personeellede is wat gemaklik ook in Engels en in isiXhosa kan kommunikeer” (§B.1.5, sien ook bo, punt h).

  37. Voorstel: Die tale ten opsigte waarvan “vertaal- en tolkdienste” beskikbaar gestel sal word (§B.1.6) moet gespesifiseer word en moet gebaretaal ook insluit.

    Motivering: Sien bo, punte z en hh.

  38. §B.2.1 lui: “Die taal van werwing is Afrikaans en Engels, en in sekere gevalle isiXhosa.”

    Voorstel: Herformuleer: “Die tale van werwing is Afrikaans, Engels en isiXhosa, en in sekere gevalle ook ander amptelike tale.”

    Motivering: Die voorstel is in pas met die uitgangspunt van die dokument dat die universiteit met al drie hooftale in die provinsie rekening hou en dus ook primęr op dié teikenmark gerig is.

  39. §B.4 stel dat “die formulering van inligting op die webwerf” gedoen word “ooreenkomstig die Universiteit se taalbeleid”.

    Voorstel: Die vereistes op hierdie gebied moet uitgespel word en onder andere insluit dat alle inligting op die webwerf in ten minste Afrikaans moet wees.

    Motivering: Die Universiteit se primęre gerigtheid op Afrikaans moet ook op die webwerf weerspieël word.

  40. §D (“Die bemarking van meertaligheid”) lui: “Die Universiteit se siening is dat meertaligheid ’n persoonlike, sosiale en professionele bate is, en bevorder en bemark dit as ’n attribuut van ’n Stellenbosch gegradueerde.”

    Voorstel: Die attribuut van meertaligheid moet as ’n vereiste uitkoms en voorwaarde vir (eerste) graduering gestel word. Dit moet insluit ’n akademiese kennis van Afrikaans en ’n praktiese kennis van nog ’n amptelike taal (naas Engels).

    Motivering: Die formulering van §D in die taalplan dien as voldoende motivering vir hierdie uitbreiding.

  41. §E (“Die rol van die Taalsentrum”) spel die funksies van die Taalsentrum uit.

    Voorstel: Die Taalsentrum moet nie net die universiteitsgemeenskap bedien nie, maar ook gemeenskaps- en/of betaalde dienste lewer in die vorm van taalkursusse vir die publiek en vir funksionarisse in spesifieke professies (onderwys, polisiediens ens.), asook deur die lewering van vertaal- en tolkdienste aan buite-instansies.

    Motivering: Soos alle ander departmente aan die Universiteit, moet die Taalsentrum ook gemeenskapsdiens verrig op haar eie spesialiteitsgebied, te wete meertaligheid.

  42. §E.6 maak melding van “opleiding in professionele taalvaardighede aan studente, dosente en kliënte buite die Universiteit (met die fokus veral op dokumentontwerp … [ens])”.

    Voorstel: Die professionele opleiding van tolke en vertalers in al die provinsiale tale (insluitend gebaretaal) moet ook, in samewerking met die taaldepartemente, verskaf word.

    Motivering: Tolk- en vertaalwerk is ’n kernfunksie in ’n suksesvolle veeltalige samelewing, soos deur die nasionale grondwet in die vooruitsig gestel. Die Universiteit as opleidingsinstansie moet dus ook hierin ’n rol speel.

  1. Slot

    Die Taalsekretariaat wil graag die vertroue uitspreek dat die Taakgroep, soos tydens die opstel van die eerste konsepdokument, die voorleggings en ander insette van individue en organisasies in en om die Universiteit werklik ter harte sal neem en dat die impak daarvan in die tweede konsepdokument — en natuurlik in die uiteindelike taalbeleid en taalplan — duidelik merkbaar sal wees.


Onderteken deur:

Andre van der Walt
Gerrit Brand
Koos du Toit

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.