Taaldebat - Language debateArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Taal en die Afrikaanse Suid-Afrikaner se verantwoordelikheid

Hermann Giliomee

Die mens kan van identiteit verwissel en homself heruitvind. Maar hy kan nie van sy verantwoordelikheid ontsnap nie. Daarom haal sy verlede hom altyd in. Joseph Ratzinger
Net soos n mens na 1994 min mense kon kry wat vir apartheid gestem het, kry ons deesdae niemand wat s dat hy teen Afrikaans nie. Maar dieselfde mense wat dit as die mees natuurlike ding beskou dat die werkers vakbonde vorm om die arbeidsregte in die grondwet af te dwing, reageer met afgryse wanneer Afrikaanssprekendes vir regte wil mobiliseer of aandring dat n opvoedkundige instelling, soos die Universiteit van Stellenbosch, hoofsaaklik Afrikaans moet wees.

Dit wil lyk of daar in die o van die mense wat krities is teenoor enige taalmobilisasie aan die kant van wit Afrikaanssprekendes, onmiddellik die aanname is dat n openlike vereenselwiging met Afrikaans en die Afrikaanssprekende gemeenskap uit die mees verderflike motiewe spruit. Jonathan Jansen, wat al oor n hele aantal sake van nasionale belang baie konstruktiewe kommentaar gelewer het, verdoem nou wel nie alle Afrikaners nie, maar hy maak die volgende stelling: The assertion of Afrikaans is not a struggle for language rights; it is a handy banner to protest the loss of power, privilege and the loss of place.

Dit is so n wilde veralgemening hierdie dat n mens nie weet waar om te begin om daaroor te praat nie. George Orwell het eenkeer in n ander verband iets ges wat alle akademici ter harte behoort te neem: You have to be an intellectual to believe such nonsense. No ordinary man could be such a fool.

Hierdie soort aantyging kom gewoonlik vanuit die kwetterende klas bestaande uit joernaliste, akademici en topamptenare, waartoe ek ook behoort. Meningsopnames toon dat minder as n derde van swart mense en minder as n vyfde Engelssprekendes dink dat die sprekers van Afrikaans onbehoorlik op voorregte aandring. En meer as 70 persent van Afrikaners verlang dat alle tale bygestaan word om net so belangrik as Engels en Afrikaans te word. n Studie wat ek en Lawrence Schlemmer verlede jaar gedoen het, het getoon dat die Indirs nog meer as die Afrikaners gesteld is op die handhawing van hul kultuur en erfenis in opvoedkundige instellings en nog meer ontevrede as die Afrikaners is oor die huidige toestand van die onderwys. Wil Jansen nou vir ons vertel die Indirs is rassiste wat hunker na mag en voorregte?

Die beskuldiging dat Afrikaners wat aandring op Afrikaans en wat hulle verset teen die verontagsaming van Afrikaans, rassiste is, is nie nuut nie. In die eerste drie dekades van die Unie van Suid-Afrika was daar baie Engelssprekendes wat niks daarvan gehou het dat die Afrikaners Artikel 137 van die Unie-grondwet gebruik het om op die gelykheid van die twee ampstale aan te dring nie. Daar is dikwels na die stryd tussen die twee blanke gemeenskappe as n rassestryd verwys waarin die Angel-Saksiese en die Hollandse rasse teen mekaar te staan gekom het. Wanneer die Afrikaners van Artikel 137 van die grondwet gebruik gemaak het om gelykheid tussen die twee ampstale af te dwing, het sekere Engelssprekendes hulle dikwels van rassisme beskuldig. En toe op n dag het CJ Langenhoven aan n Engelssprekende gehoor die vraag gestel: Why do you always call our politics racialism, but your racialism you call politics?

Ons kan inderdaad vandag presies dieselfde vraag stel. Waarom is die Afrikaners se politiek altyd verwerplike rassisme, maar die rassisme van die ander party is altyd politiek?

Komponente van n taalgemeenskap

Om vandag vir Afrikaans te veg, is om n legitieme vorm van politiek te bedryf ten behoewe van n bepaalde taal en taalgemeenskap. Hierdie Afrikaanse taalgemeenskap bestaan uit twee komponente: daar is die komponent kom ons noem hulle die Afrikaanses vir wie Afrikaans hoofsaaklik n instrument van kommunikasie is, en daar is die komponent kom ons noem hulle Afrikaners wat Afrikaans as deel van hul maatskaplike identiteit sien. Die twee groepe saam vorm die Afrikaanse Suid-Afrikaner, n konstruksie wat ons meer dikwels kan gebruik.

Dit bring my baie n belangrike saak. Daar was in die laaste tyd meningsvormers wat die term Afrikaner probeer diskrediteer het, of aangekondig het dat hulle die term vir hulself verwerp, of die mening uitgespreek het dat n klem op Afrikaner-identiteit kontraproduktief in n taalstryd is. Anton van Niekerk verklaar byvoorbeeld:

Om Afrikaans se toekoms te bind aan n selfregverdigende sug na die identiteit van die Afrikaner, is die dood in die pot vir die taal.*1
Ek wil graag weet of Van Niekerk se afkeer slaan op enkele Afrikaners van wie hy nie hou nie, of op alle mense wat hulself Afrikaners noem en as sodanig deelneem aan taalbevordering.*2 Maar die eintlike punt wat ek wil maak, is dat sy standpunt heeltemal indruis teen nuwe navorsing in taalsosiologie. Stephen Wurm skryf soos volg in die werk Language Endangerment and Language Maintenance:
One of the most important factors for the maintenance and reinvigoration of a threatened language is the attitude of speakers towards their own language and the importance they attach to it as a major symbol of their identity.*3
In die era van apartheid was daar n amper noodlottige koppeling tussen Afrikaans-wees en blank-wees as grondslag vir die bevoorregting van die Afrikaners. Gelukkig het die siening van Jan Rabie, uitgespreek in die 1950s, met verloop van tyd al meer die oorhand gekry. Hy het toe geskryf dat dit vir hom n belangrike waarde is om jaloers aan sy taalgemeenskap getrou te wees. Maar hy het bygevoeg: Hierdie taalgemeenskap huldig geen vooroordeel van kleur nie.

Ek ken geen Afrikaanse meningsvormer vandag wat van Rabie hieroor verskil nie. Afrikaans sal net as publieke taal oorleef met die steun van mense soos Rabie wat hulself as Afrikaners gesien het, en instrumentaliste wat die taal as instrument hoog ag.

Ons taalstryd word nog steeds befoeter deur n twis tussen die instrumentaliste en identiteitsmense.*4 Dit loop hoofsaaklik langs die lyn van kleur en langs die ouer en die jonger geslag, maar dit is nie n rigiede lyn nie. Die twee komponente kan as n vennootskap saamwerk, mits albei aanvaar dat sterk erosiewalle in die verskillende instellings nodig is tesame met n sterk taalwil by die topbestuur om te verhoed dat Afrikaans verder gerodeer word.

Oor die vraag wie se plek n opvoedkundige instelling soos n universiteit vandag is, kan n mens maar net die voor die hand liggende waarheid uitspreek dat universiteite aan die vorige, die huidige en toekomstige geslagte behoort. Dit sou atavisties wees as ons, soos sommige van die nasionaliste van die apartheidsjare, n obsessie met identiteit so ver voer dat die kampus in n etniese kraal omskep word. Laat my egter dadelik s dat selfs in die donkerste dekades van apartheid en veral die 1960s daar altyd ruimte was vir mense soos Johannes Degenaar om vernuwende denke oor identiteit en etnisiteit te verkondig en die heersende ideologie uit te daag.

Maar die instrumentaliste in die postnasionale era loop ook n groot gevaar. Dit is om in die naam van globalisasie en transformasie taalkoekoeke te word en die nes van die universiteit vir n totaal ander broeisel te gebruik. Dit is vir my moeilik om te begryp waarom Afrikaans nie die dominante taal aan minstens twee kampusse in Suid-Afrika kan wees nie, en dat hierdie kampusse kan funksioneer saam met kampusse waar Afrikaans en Engels gelyktydig gebruik word, met tolkdienste of parallelmediumonderrig om taalkonflikte te besweer.

Ek s dit veral in die lig van die Applhof-uitspraak in die Mikro-saak. Die uitspraak kom daarop neer dat opvoedkundige instellings enkelmediumonderrig in Afrikaans kan gee mits daar skole of universiteite in die omgewing is waar leerders wat in Engels of in parallelmedium onderrig wil word, tereg kan kom.*5 Waar redelik moet die staat dus enkelmediuminstellings toelaat.*6

Veral in die geval van Stellenbosch (en dit is sekerlik ook waar van die Potch-kampus) is die idee van die universiteit, soos in 1913 geformuleer deur dr DF Malan, nog geldig: dit is primr diens aan n bepaalde taalgemeenskap, gelukkig nou, in die gees van Jan Rabie, inklusief wat betref ras of kleur. Om Stellenbosch n veeltalige universiteit te probeer maak na analogie van sekere tweetalige universiteite elders, lyk vir my na n gevaarlike mistasting. Afrikaans as taal staan veel swakker as Frans in Kanada of Fins of Sweeds in Europa. By ons regering is dit veel minder van n prioriteit om van twee- of meertaligheid in die openbare lewe n werklikheid te maak as by die regerings in Switserland of in Belgi of in Finland. Met die agteruitgang van taalvaardigheid onder die huidige geslag studente is die historiese verantwoordelikheid van die Universiteit van Stellenbosch om by die studente taalvaardigheid in Afrikaans te ontwikkel en Afrikaans as wetenskapstaal te ontwikkel.

n Plan vir die toekoms

In n era waarin Afrikanernasionalisme finaal afgelope is, is daar veral drie dinge waaroor Afrikaners as n gemeenskap begaan is:

    n realistiese kans dat Afrikaans as publieke taal sal oorleef, wat in die eerste plek n bepaalde voertaalbeleid in die onderwys vereis
    n billike kans om werk te kry
    die bewaring van n bepaalde historiese erfenis.
Wat die tweede aspek betref, het Flip Buys en sy mense by Solidariteit oor die laaste tien jaar voortreflike werk gedoen om mense wat polities die verkeerde kleur het, bewus te maak van hul grondwetlike regte en waar nodig hofaksies in te stel.

Wat die derde aspek betref, dink n mens veral aan die opwindende inisiatiewe van genl Opperman by die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting om die bewaring van die historiese erfenis op n stewige voet te plaas.

Daar is egter ook n donker kant. Dorpsname en stadsname is ook deel van n historiese erfenis. Ons staan voor die moontlikheid van grootskaalse naamsveranderinge in die volgende tien jaar. Gaan die Afrikaanse organisasies niks verder hieraan doen noudat dit lyk of die geveg oor Pretoria verlore is nie? Meer nog: Moet Afrikaanse persone teenwoordig wees op die komitees wat oor naamsverandering besluit en sodoende aan die proses legitimiteit verleen?

Ek is seker ek is op veilige terrein as ek verklaar dat dit vir n goeie meerderheid van die Afrikaners baie belangrik dat Afrikaans nie verder gemarginaliseer raak aan skole en universiteite en in die openbare lewe nie. In uitvoering van n opdrag van die SA Akademie het ek begin onderhoude voer met lede van die topbesture van die Histories Afrikaanse Universiteite oor veeltaligheid en die posisie van Afrikaans aan universiteite. Ek kan onomwonde s dat ek by sommige van die noordelike universiteite n taalwil en n verbintenis tot Afrikaans teengekom het wat my aangenaam verbaas het. Daar het die besef gekom dat pragmatisme oor taal n punt bereik waar die voortbestaan van Afrikaans as taal aan daardie instelling bedreig word. Wat op Bloemfontein en Potchefstroom gedoen word om tweetaligheid te verseker, dwing bewondering af.

Tog voel ek dat daar ernstige leemtes is wat op die langer duur Afrikaans as openbare taal in gevaar sal stel. As ek dit bondig kan saamvat, is die vernaamste leemte die volgende:

Die klem in die gesprek oor Afrikaans val op die konsumpsie van Afrikaans, dws die Afrikaanse mark, en baie min op die reproduksie van Afrikaans en van n taalgemeenskap.
As n mens na die konsumpsie van Afrikaans en die mark vir Afrikaans kyk, lyk die prentjie tans goed. Daar is koerante, tydskrifte, n sterk publieke radiosender vir die algemene smaak; daar is LitNet vir elektroniese debatsvoering; en daar is die Vrye Afrikaan, die enigste intellektuele blad in die land in enige taal.

Waar dit kom by reproduksie, lyk die prentjies egter minder gunstig.

Kom ons vat eerstens skole. Wat leerders betref is daar volgens die 2001-sensus nagenoeg 1,2 miljoen Afrikaanse kinders op skool. Daar kan verwag word dat daar in 2013 steeds bykans 1,2 miljoen Afrikaanse leerders op skool sal wees. Die groot vraag raak die onderwysers. Bertie du Plessis stel die belangrike vraag

of daar wel genoeg onderwysers sal wees om deur medium van Afrikaans onderrig te gee en of Afrikaanse ouers en kinders die begeerte en die wilskrag het om Afrikaanse skole te bly ondersteun.*7
n Tweede vraag is of Afrikaanse enkelmediumskole lewenskragtig is. Data uit sekere onlangse studies wek groot kommer. Die volgende is bekend:
    Afrikaanse enkelmediumskole het oor die laaste tien jaar met 40 persent afgeneem.
    14 persent van die Afrikaanse kinders is vandag in enkelmedium Engelse skole.
    Afrikaanse ouers is, om watter redes ook al, baie meer krities teenoor Afrikaanse enkelmediumskole as parallelmediumskole of enkelmedium Engelse skole. (Hulle is sterk ten gunste van moedertaalonderrig, maar is nie bereid om daarvoor te betaal nie.)
    Die getal onderwysers wat in Afrikaans kan klas gee, het die laaste tyd met n derde afgeneem en net een uit vier onderwysers wat oor sewe jaar vir onderrig nodig sal wees, word tans opgelei.
    Die staat se onderwysdepartmente beplan nie vir die verwagte vraag na Afrikaanse onderwysers nie.
Die vraag is: Wat gaan ons universiteite maak as die vraag na onderrig in Afrikaans kwyn? Gaan dit gewoon as n geval van vraag en aanbod beskou word, wat beteken dat die universiteite hulle aanbod van Afrikaans-kursusse besnoei? Ek kry soms die idee dat n universiteit wat my na aan die hart l, werk met Afrikaans op dieselfde manier as n produsent van sement. As daar n vraag na meer sement is, verhoog jy die aanbod van sakkies sement; as die vraag daal, verminder jy die aanbod.

Die Rektor van US praat daarvan dat taalprobleme bestuur moet word. Maar volgens watter verkeersrels?

Wat gaan hy maak as die groot en kragtige voertuig Engels die veel kleiner Afrikaanse motor van die pad af dwing? Gaan hy s dis Afrikaans se eie skuld dat hy so `n klein karretjie is dat hy homself nie op die hoofweg teen Engels kan handhaaf nie? Is daar in prof Brink se skema `n wyse waarop motorkapers wat ander padgebruikers wil uitwis bestuur kan word? Engels is immers in vakgeskrifte oor taalverplasing as die "killer language" bekend. Tel die feit dat amper driekwart van die Stellenbosse studente in Afrikaans onderrig wil word niks in die bestuurskema van die rektor nie?

Met die besluit van die Fakulteit van Lettere en Wysbegeerte om die tweetalige opsie tot op derdejaarsvlak in te voer, word daar n brughoof van minstens 50 persent klastyd vir Engels geskep en Afrikaans sal moet soebat vir n porsie van die oorblywende 50 persent. By die Universiteit van Pretoria het hierdie stelsel daartoe gelei dat die Afrikaans progressief veld verloor het tot 10 persent en in talle gevalle selfs minder as 10 persent.

As dit gebeur, moet die universiteitsowerhede halt roep, of kan hulle s dis nie hulle nie maar die vrye mark wat besluit het? Hoe regverdig US dit dat hy nou n beleid wil aanvoer wat so klaarblyklik by UP tot die marginalisering van Afrikaans gelei het? US kan nie s hy stel die beleid in goeie trou op die proef nie. Hy weet klaar wat sal gebeur. En wat by UP met Afrikaans gebeur het, het elders ter wreld met veel sterker tale as Afrikaans gebeur.

Wat maak die bestuur van die Histories Afrikaanse Universiteite met die syfer wat onlangs bekend gemaak is, dat die wetenskaplike publikasies in Afrikaans in die laaste 15 jaar met 300 persent gedaal het? Gaan die universiteit van die standpunt uit dat hy hom nie wil inmeng met die taal waarin die dosent publiseer nie, of probeer hy deur middel van insentiewe die dosente beloon wat in meer as een taal publiseer? Hoekom kan n universiteit nie die subsidie wat dosente kry vir publikasies in geakkrediteerde tydskrifte, met een derde aanvul waar die dosent in n taal anders as Engels publiseer nie?

Ek was onlangs by die Universiteit van die Vrystaat en was aangenaam verras met die taalwil en gevoel van taalverantwoordelikheid van die bestuur. n Student kan tot in sy honneursjaar klasse in Afrikaans volg. Die universiteit publiseer verskeie vaktydskrifte wat Afrikaanse artikels verwelkom. Wat doen US? Is daar n enkele Afrikaanse publikasie wat dit subsidieer?

Daar is tans vyf universiteite wat om baie goeie redes meeding in die mark van Afrikaanse studente. Die vraag is: Wil hulle die studente h omdat hulle gewoonlik goed voorberei is vir universiteite en omdat hulle ouers gewoonlik die rekenings betaal? Of wil hulle studente h omdat hulle Afrikaanse studente is vir wie hulle n hoofsaaklik Afrikaanse universiteitservaring wil aanbied? Voel hierdie universiteite n historiese roeping ten opsigte van die reproduksie van Afrikaans?

Ek wil in hierdie verband die treffende woorde aanhaal van Joseph Ratzinger, die nuwe pous, wat in sy boek Werte in Zeiten des Umbruchs (Waardes in tye van omwenteling) geskryf het:

Die mens kan van identiteit verwissel en homself heruitvind. Maar hy kan nie van sy verantwoordelikheid ontsnap nie. Daarom haal sy verlede hom altyd in.
Ons het speke maar ons kort n naaf

As ons na die onderwystoneel kyk, is daar verskeie sterk speke: FEDSAS, wat die skole se beheerrade verteenwoordig; die Suid Afrikaanse Onderwysunie wat namens die hoofsaaklik wit onderwyskorps optree; die Kaaplandse Professionele Onderwysverening (KPO), wat dieselfde vir die bruin onderwyskorps buite Cosatu-verband doen; die FAK, wat die onderwyssituasie monitor; en die Histories Afrikaanse Universiteite, wat bepaalde verpligtinge ten opsigte van Afrikaans nakom. Daar is egter geen naaf waarin die speke behoorlik byeenkom om die wiel te laat rol nie.

Ek wil n naaf voorstel. Dit is n sekretariaat waar daar beplan word vir en toesig gehou word oor die vereistes vir die reproduksie van Afrikaans. So n sekretariaat behoort gestig te word op die inisiatief van instansies soos die Historiese (of Veeltalige) Afrikaanse Universiteite tesame met die SA Akademie vir Kuns en Wetenskap, die NTLA, Solidariteit (en die liggaam wat dit beoog om te stig), ATKV, FEDSAS, KPO, die FAK en PANSAT. By die vestiging van die sekretariaat behoort al die verskillende organisasies wat hulle tans vir Afrikaans en/of veeltaligheid beywer, ingeskakel te word, maar dit sal net kan werk indien die Histories Afrikaanse Universiteite aktief daaraan deelneem. Dit is veral nodig dat die dekane van die verskillende fakulteite van Opvoedkunde betrokke raak by die navorsing en beplanning van onderwys in Afrikaans en ander inheemse tale in hul streek. Die UV kan verantwoordelikheid neem vir die sentrale streek, Potchefstroom en Pretoria vir die ou Transvaal, en Stellenbosch vir die ou Kaapprovinsie.

In die eerste instansie moet so n sekretariaat tendense ten opsigte van aanbieding van die onderrig in Afrikaans en die voortgesette ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal aan die verskillende kampusse monitor.

Ten tweede moet dit die vraag na Afrikaanse onderwysers en ander behoeftes beplan en, waar nodig, kinders stimuleer om n loopbaan in die onderwys te volg. Hier sal veral die voorligtingsbeamptes van die verskillende universiteite n sleutelrol speel.

Ten derde behoort die sekretariaat aktief betrokke raak by die gesprek oor Afrikaans as tersire medium en as openbare taal. Dit is sekerlik nodig om die publiek n beter greep op die taalkwessie te laat kry. Ek dink die volgende stellings kan gemaak word:

    Dit gaan nie oor n keuse tussen Afrikaans en Engels nie; vaardigheid in albei is ewe nodig.
    Engels is nie vandag in Suid-Afrika magtiger as ooit nie; dit was in 1910 en die dekade daarna veel magtiger.
    Die waarde wat moedertaalonderrig toevoeg veral wat betref die ontwikkeling van konseptuele denke, is veel belangriker as dat n kind sy woordeskat in Engels te verbeter.
Ten slotte: die oorlewing van n kleiner taal soos Afrikaans word nie bepaal deur vraag en aanbod nie, maar deur die taalwil en gevoel van taalplig. In die tyd van Afrikanermag kon die staat Afrikaanse ouers verplig om kinders na Afrikaanse skole te stuur. Vandag, in die postnasionale fase, moet dit met oorreding gedoen word.

Duncan Hindle, die DG van Nasionale Onderwys, het onlangs ges dat as Afrikaanse skole vol is, die departement geen probleme met Afrikaanse enkelmediumonderrig het nie. Die probleem ontstaan wanneer Afrikaanse ouers hul kinders na Engelse skole of klasse stuur. Hierdie ouers sal argumenteer dat dit hul eie saak is waarheen hulle hul kinders stuur. Die groot uitdaging sal wees om hulle te oortuig dat daar ook n gemeenskaplike saak is wat bedreig word wanneer Afrikaanse skole halfleeg staan en die skool eers na parallelmedium oorslaan, en dan na dubbelmedium, en uiteindelik verengels.

Die voorgestelde sekretariaat moet n studie maak van die houding van ouers. Dit gaan veral oor hul standpunt ten opsigte van die volhoubaarheid van Afrikaans as openbare taal en medium van onderrig op tersire vlak. Daar is sterk getuienis dat sommige ouers hul kinders op skool in Engels laat onderrig omdat hulle glo dat die universiteite aan die verengels is. In die meeste gevalle is die geloof op verkeerde persepsies gebaseer, maar dan moet ek dadelik byvoeg dat sommige universiteite nie altyd hul taalbeleid goed kommunikeer nie.

Niek Grov, registrateur van UP, het onlangs in n onderhoud n gedagte geopper wat groot meriete het. Hy het ges dat universiteite die versekering moet gee dat hul kinders in Graad 1 wel sekere sleutelmodules in programme sal kan volg wanneer hulle eendag op universiteit kom. Ek kan aan min ander voorstelle dink wat beter die idee van Afrikaans as n volhoubare medium van tersire onderrig sal bevorder.

Maar op die ou end is die loopbaanmoontlikhede wat n taal bied, van groot belang. Wallies maak tans vinniger onder die jong geslag vordering omdat daar veral in die openbare sektor werksgeleenthede in Wallies is.

In die staatsdiens in Suid-Afrika het die werksgeleenthede wat vaardigheid in Afrikaans vereis, dramaties verminder. Miskien kan die sekretariaat die voortou neem en die regering vra om die taalplan en taalwetsontwerp op die agenda te plaas. Ons moet aan maniere dink om die uitstekende Nasionale Taalplan en die ewe uitstekende Nasionale Taalwetsontwerp van die rak afgehaal te kry en dit in die wetmaakproses ingevoer te kry.

Slot

Die jonger geslag moet nie net oorreed word dat Afrikaanse onderrig veel meer pedagogies en kultureel bied nie, maar ook dat werksvooruitsigte veel beter is vir mense wat Afrikaans en Engels goed magtig is. Afrikaans sal net groei as die jeug dit as die sleutel tot hul betrokkenheid by en bestaan in Suid-Afrika beskou. Sonder so n betrokkenheidsgevoel ten opsigte van sowel Afrikaans as Suid-Afrika, sal Afrikaans kwyn.

1. Anton van Niekerk, Afrikaans as taal is waardige saak, Die Burger, 14 April 2005.
2. Lina Spies, Auschwitz en Apartheid, Die Vrye Afrikaan, 16 September 2005, p 13.
3. Stephen Wurm. Strategies for Language Maintenance and Revival, David Bradley and Maya Bradley (eds), Language Endangerment and Language Maintenance (London: RoutledgeCurzon, 2002), p 15.
4. Sien oor die burgeroorlog Henry Jeffreys se belangrike artikel in Beeld, 2 Augustus 2000.
5. Uitspraak in Saak nr 140/05.
6. Andreas van Wyk, Skole en die grondwet, 8 Augustus, 2005.
7. Bertie du Plessis, Beknopte Verslag van Verengelsing in Afrikaanse Skole in Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo, 19932003.

Prof. Giliomee is buitengewone hoogleraar aan die departement van geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch.


LitNet: 29 September 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.