Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tweede glip: kapteinskap, broedertwis en broederskap

JP du Toit

Verlede keer het ons so ’n bietjie gesels oor hoe dit nou maar in ons natuur is om ’n swart skaap te soek wanneer dinge nie so vlot verloop nie. En veral hoe dit weer duidelik was na ons boys se loesing teen Nieu-Seeland. Hierdie keer praat ons nog steeds oor die vingerwysery, maar ook meer spesifiek oor kapteinskap, oor Hansie, oor Pollock, oor broedertwis en oor broederskap.


Tweede glip: kapteinskap, broedertwis en broederskap

Die WB-toernooi was natuurlik die ideale geleentheid vir die vrystelling van Herschelle se biografie. ’n Deel van hierdie biografie sou ongetwyfeld ook oor Hansie handel. En natuurlik sou Polly weer met Hansie vergelyk moes wees. Maar eintlik moes dit nie so wees nie.

Ek is sowaar die laaste ou om te besluit aan wie enige speler sy spel mag opdra of nie. Dis ’n persoonlike affre. Dis soos godsdiensvryheid of iets. Maar dan moet jy darem besef dat as jy die enigste ou is wat jou pap met ’n vurk eet, die lepelhouers jou stellig snaaks gaan aankyk.

Oor Hansie wil ek nie eintlik praat nie. Dis ’n persoonlike affre. En Polly ook. Maar ek kan sekerlik iets s oor kapteinskap. En as dinge verkeerd loop, dan blameer ons iemand. En as hy kaptein is, dan sal hy uiteraard een van die eerstes wees wie ons gaan ondersoek. En as hy ’n goeie kaptein is, of ’n held, of ’n rolmodel, dan gaan ons hom rs beskuldig. Want ons wat in die eerste plek die podium gebou het, ons breek hom weer af. En as ons voel die nuwe regering vaar nie na wense nie, dan vergelyk ons hulle met die vorige een.

Dis altyd vir my wonderlik hoedat ’n speler wat vorm herwin, se geskiedenis herskryf word. Neem nou maar vir Hansie: voor die val was daar nie sprake van ’n skaduwee nie. Tydens die val was daar ’n goeie tydperk van ontkenning. Later was hy net ’n ou skelm. Dis soos toe ons teen Nieu-Seeland gespeel het: Daar was net een span op die veld. Na ons kolfbeurt was ons hero. Na Nieu-Seeland se kolfbeurt was ons zero. Asof Gibbs nooit ’n honderd gekry het nie. Dieselfde geld vir Polly. En, helaas, vir Lance. Want toe die WB-span aangekondig was, toe het almal gemompel dat hy van vorm af is en nie eintlik daar hoort nie. En toe, skielik in die openingswedstryd, toe onthou ons net die held. Toe was daar geen sprake dat hy ooit van vorm af was nie.

Vanaand sukkel ek ’n bietjie om te s wat ek wil s, want ek weet nie of ek van die voorvoet of die agtervoet moet speel nie. Om oor kapteins en helde en gevalle helde te praat, is so gevaarlik soos vir ’n ruspe om op ’n yorker-lengte oor die kolfblad aan te sukkel wanneer Waqar Younis besig is met sy aanloop. Maar partykeer moet mens maar “double step”, o toeknyp en die kolf swaai En hoop Partykeer moet mens maar jou s s. Dit help nie mens maak van jou hart ’n stadiger bal nie.

Broedertwis sal daar wees. Die boys is familie. Partykeer glo ek net dat ons, die ondersteuners en media (uitgebreide familie), ons net t veel probeer inwurm in hierdie familietwis. Partykeer glo ek hulle sou dinge heelwat vinniger kon uitstoei as dit nie vir ons inmengery was nie. Want nou kies ons kante. Ons bou die linies. En hulle wat nie vir ons is nie, is teen ons. En almal moet kant kies. En dis waar skrape seerplekke word. En met die aanhoudende geskrywery en spekulasie en skinder, krap ons aan die rofies

Miskien moet ’n ou hulle so ’n bietjie los om te rol en te stoei totdat hulle g so ’n bietjie uit is. En dan - seker die moeilikste - vertrou dat, wanneer hulle weer op die veld uitdraf, hulle broers sal wees. Maak nie saak wat in die kleedkamer vir mekaar ges is nie, as hulle die veld vat, dan is hulle familie, en dan s jy niks van my broer nie. Al kan ek en my broer mekaar so nou en dan verkeerd opvryf, gaan ons jou saam-saam tackle as jy iets te s het oor een van ons. Miskien moet ons ons boys toelaat om boys en broers te wees.

Genoeg daarvan. Kapteinskap, dan: Party kapteins raas en skree en beduie en spring op en af. Ander kapteins sal amper buite sig met ’n grassie in die mond skynbaar staan en droom. Die een is nie noodwendig beter as die ander nie. Hansie was ’n ander soort kaptein as Kepler. En Pollock is ’n ander soort kaptein as Hansie. Niemand vergelyk Polly met Kepler nie (dankie tog!).

Ek wil myself hier net gou in die rede val: Dit was Oktobermaand, in die Oos-Kaap. Die Albany-liga, om presies te wees. Daar was sonbesies en aalwyne. Die kolfblad was in ’n uitmuntende toestand. Al die beesmis was afgeskraap. Ons het die loot gewen. Ons het gaan kolf. Die kolfblad was vol lopies, maar die telkaart was leeg. Ons het nog uitgesien na die eerste drinks break, toe moet ons boulers reeds opwarm. Vier en sewentig almal uit. Die stemming in die kleedkamer was ietwat gedemp. Maar ons kaptein was kalm. Op ’n kommerwekkende soort manier. Almal het gespot en ges ons gaan teen middagete by die huis betyds wees vir die Super 12-game. Toe praat die skipper. Hy het vir ons gevra of ons eerder die rugby wou gaan kyk. Indien wel, sou hy na die opposisiekaptein gaan en s ons gee vir hulle die punte. Dan kan ons sommer nou huis toe gaan. Maar sou ons besluit om, ten spyte van ’n verwagte pak slae, wel te speel, dan speel ons om te wen. Niemand het meer grappies gemaak nie. Ons het gestem. Almal wou speel. “Nou ja toe, dan speel ons. Om te wen.” En ons het. Gespeel. En die opposisie sowaar vir sewe en vyftig uitgehaal. Al was die kolfblad kolwervriendelik. Hy was ’n goeie kaptein.

Hoekom sou ek hierdie storie vertel? Ek kan nie eintlik onthou nie, maar miskien is daar iets in van Kepler, Hansie en Polly. Of miskien glad nie. Maar dis ’n nice storie. En dis waar. En dit was hy, en Kepler was Kepler en Hansie was Hansie. En nou is Polly Polly. En almal was (is) kaptein, op hulle eie manier. En uit eie reg.

Laat die kommentators kommentaar en die ondersteuners ondersteun. En laat die boys twis en bymekaar staan en die kapteins kaptein. Laat ons nie vir Polly vertel hoe om Polly te wees nie. En laat ons nie vir Herschelle vertel van “forward defensive” nie. Hierdie ouens het ons boys geword deur te doen wat hulle doen. Kom ons ondersteun hulle daarin.

Nou ja, dan groet ek tot ’n volgende boulbeurt. Hou dit aan die wegkant.


boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.