Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Supertwaalf Week 2: Oor Black Magic, Samboksalf en die Beatles

Blou Bul Braampie

Die hoogtepunt van my sportnaweek was die feit dat die Proteas nie gespeel het nie. Hulle vakleerlinge, die Suikerbossies, of wat hulle ook al genoem word, het effens beter teen die sorgvrye Aussies gekolf voordat die besoekers tafeltennis met ons verlepte boulaanval gespeel het. My simpatie lÍ by e-tv wat volgende week se tweede toets moet uitsaai. Vyf dae se uitsaaityd, drie dae se krieket.

Baie van die wÍreld se groot skaakspelers is glo baie bygelowig oor die kleur wat hulle speel. Dit is hoe ek oor die Stormers voel. Teen die Sharks het die Stormers in wit gespeel. Hulle vertoning van berekende vakmanskap het my baie aan die sokkerspan van Manchester United laat dink. Die rooi gevaar, soos sokkerliefhebbers sal getuig, wag gewoonlik tot in die laaste paar minute voor hulle die finale nekslag toedien. Dit is wat die Stormers teen die Sharks reggekry het. ’n Loslyf-oorwinning in die laaste paar minute. Boonop het hulle bewys hulle is net so goed in wit as in swart.

Toe die Stormers verlede Saterdag in hulle geliefde swart gewade op Nuweland verskyn, het ek die gevoel gehad hulle gaan weer hulle beproefde Black Magic gebruik om die Waratahs koud te sit. En toe Gus Theron boonop in die doodsnikke daardie drietjie teen die verloop van die spel druk, het ek koue rillings langs my ruggraat voel afglip. Wat had hierdie span dat die bal altyd reg spring vir hom?

Ongelukkig het Theron en sy mede-Swart Towenaars vergeet dat enige rugbywedstryd ook ’n twilight zone het. Dit is natuurlik daardie laaste paar minute beseringstyd voor die eindfluitjie blaas — die grys sone wanneer skeidsregters rondsluip en prooi soek. Hierdie keer was dit egter ’n kasuele skepskoppie van ’n onwaarskynlike skopper wat die Stormers se skippie gesink het. Wallaby-senter Nathan Grey het ongemerk toegeslaan en ’n voortydige einde aan die partytjie op Nuweland gemaak.

Die kommentators het nie geaarsel om vir Marius Goosen as sondebok uit te wys nie. Na sy briljante vertoning verlede week het Goosen se ou streke weer na vore gekom. ’n Skewe korrel wat al sy stelskoppe laat skipbreuk lei het en ’n onvermoŽ om die kantlyn op kritieke stadia te vind, het gou kop uitgesteek. Dit was juis een van Goosen se onsuksesvolle kantlynskoppe wat die agterdeur vir die Waratahs oopgemaak het om die wedstryd te red. As Groot Gert die kommentators se siening deel, voorspel ek vir Goosen ’n lang seisoen op die bankie. Bring maar die samboksalf vir daardie bankieboude.

Die Noordelike Nulle het gebruiklikerwys ’n silwer medalje behaal. Hierdie keer het die Hurricanes die vyf wedstrydpunte gekollekteer. Heynecke Meyer se beloftes het soos strooi in die wind weggewaai.

Die wrede werklikheid komende van ’n ondersteuner van die Blou Bulle (die uwe) is dat hulle groter broer, die Noordelike Bulle, net nie die talent of vaardighede het om dit in die Supertwaalf te maak nie. Net drie van die Bulle wat Saterdag op die veld was, hoort myns insiens in die Supertwaalf-reeks. Vir die ouens in Pretoria en Mparalanga is dit net ’n oorsese trip werd. Net solank hulle betaal word en oorsee reis, gee hulle nie eintlik om om hulle naam gat te maak nie. Ondersteuners soos ekke word met opgewarmde beloftes gekierang. Hulle spel Saterdag het my baie laat dink aan ’n plaat wat teen die verkeerde spoed gespeel word, om nie eens van hulle verdediging te praat nie. En Boeta Wessels se spel — dit hoort op South Africa’s Funniest Home Videos en nie op ’n betaalkanaal nie.

Ten slotte, nog iets oor hulle kaptein Chris le Roux.. Die ou gesegde bly waar: die enigste manier om van ’n kaptein ontslae te raak is om hom te drop.

Oor Dik Dolf se Sharks gaan ek min skryf. Ek vermoed hulle het die nuus oor die nuwe Springbokafrigter voor ons gekry en dit gevier. Hulle spel was tam en lusteloos. Soos ouens wat die hele nag saam met Koos Kombuis gekuier het.

Dik Dolf self glimlag besonder breed vir ’n ou wat ’n bankrotboedel geŽerf het. Solank hy by sy pa se raad hou, kan Dolfie oorleef. Oom Hans Straeuli is ’n fyn kenner van die spel met ’n nog fyner humorsin. En om die nuwe Springbokafrigter te wees gaan onse Dolfie humor in al sy volheid nodig hÍ. Dis nou die lag met die traan. Ek kan net aan een erger ding dink en dis om die nuwe Springbokkrieketafrigter te wees.

Om goeie talent mis te kyk is natuurlik iets waarin Suid-Afrikaanse afrigters spesialiseer. Dr John Williams het Braam van Straaten misgekyk en Groot Gert vir Brent Russel. Russel verdedig glo volgens Groot Gert nie in al sy kanale nie. Wel, verlede Saterdag het Russel vir die Pumas se ouetehuisspan teen die Kaapse vlinders uitgedraf. Tussen die oupas en ooms van die Pumas was Russel baie cocky. Amper soos ’n ou wat al die uitsmyters by ’n nagklub op hulle voorname ken. Ewenwel, Russel het eers deur al Groot Gert se kanale gehardloop en toe nog ’n paar ander ontdek wat Groot Gert nog nie eens van gelees het nie. Van WP se aangeskafte Wunderkind, Swys Swart, het net soldeersel oorgebly toe Russel met hom klaar was. ’n Trooswoord aan Groot Gert: moenie worry nie, ou, vier platemaatskappye het die Beatles misgekyk.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.