Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Eenoog koning in die land van die blindes

Blou Bul Braampie

Selde in die geskiedenis het ’n spreekwoord ’n situasie so raak beskryf as juis Andre Watson se vertoning met die fluitjie verlede naweek.

Watson se verduidelikings op “Boots and All” oor sy beslissing in die Sharks-Bulls-wedstryd was volmaak onoortuigend. As Watson nie vir Jaco van der Westhuyzen vir die strafdrie verantwoordelik gehou het nie, was daar geen ander geldige gronde vir die beslissing nie. Die feit dat die Sharks die Bulle in die skrum laat les opsÍ het, is geen rede vir ’n strafdrie nie. Behalwe vir Pedrie Wannenburg wat effens gedraal het voordat hy na die onkantlyn teruggeval het, was daar geen strafbare oortreding gepleeg nie. Die blote feit dat Jaco van der Westhuyzen uit ’n aankantposisie die bal kon kom optel het (Watson se eie bevinding), dien as klinkklare bewys dat daar geen Shark in ’n posisie was wat van ’n waarskynlike drie beroof is nie.

Die opsigtelike hoogvat op Jaco van der Westhuyzen wat nie deur Watson of sy vaak vlagman, ene Schalk Hugo, raakgesien is nie, is nog meer kommerwekkend. Die insident het in oop spel binne die speelveld plaasgevind. Waarna het die twee here gekyk as hulle nie na die wedstryd gekyk het nie? Wie was Eenoog en wie was die blinde?

Die oordrabeslissing ten opsigte van Stefan Terblanche stink ook. Watson het grootmoedig op televisie erken dat hy ’n fout gemaak het. Die beslissing was egter so flagrant foutief dat enige redelike rugbyganger moes begin wonder of Watson regtig nog Suid-Afrika se nommer een is. Sy onwilligheid om die beslissing na die TV-skeidsregter te verwys is ’n verdere vingerwysing na ’n skeidsregter wat die kluts kwyt was. Indien die vyfmeterskrum aan die Bulle toegeken was, het hulle ’n aanvalsgeleentheid na beide kante gehad. Punte daar sou die wedstryd se gang dramaties beÔnvloed het. En onthou: die spanne speel vanjaar vir ’n plek in die Superliga wat vir die volgende twee jaar ingestel is. Vir verloorders wink die woestyn.

Volgens die mediaberigte was Watson uiters sarkasties tydens die perskonferensie. Dit wil lyk of Watson se kop deesdae so groot is dat hy binnekort vir planeetstatus behoort te kwalifiseer. As SARFU ernstig is oor die dissiplinering van swak skeidsregters, sal hulle sommer by hulle nommer een begin. Soveel blatante floute verdien ’n verhoor.

Watson se inkonsekwente vertoning het ook weer bewys dat die spanne die reg behoort te verkry om skeidsregters uit te wys. Die skeidsregter behoort ook Maandag op die rooi tapyt te kan verskyn oor sy wandade van die vorige naweek. Ons weet egter ook dat die Broederskap van die Lang Tone die onaantasbares van rugby is, en al kan ’n span ook ’n skeidsregter uitwys, sal die arme span wat dit durf waag, tot in die volgende eeu toe geviktimiseer word. Tot tyd en wyl die tegnologie optimaal benut word, sal rugby deur die towerfluitmafia beheer word.

Toe ek aan die begin van die jaar die eerste bydrae vir Litsport geskryf het, het ek Marius Goosen die Lasarus van SA rugby gedoop. Hy het toe een of twee blink vertonings vir die Stormers gelewer voordat hy weer sy mantel as ongeluksvoŽl opgeneem het. Kyk, as daar al ooit ’n albatros in SA rugby was, dan is Marius Goosen daardie ou. Sy lynskoppe word gedurig afgestorm en sy stelskoppe is byna altyd net-net mis; en al speel die kÍrel heel waffers, het hy net geen geluk nie.

Toe ek Vrydagaand sien dat hy die Pumas se nommer een stelskoppper is, toe weet ek hier kom moeilikheid. Hoekom Derek Grobbelaar nie maar die skopwerk vir die jeugdige Brent Russell gegee het nie, weet niemand nie. Eers toe Albatros die sesde een mis, toe roep oubaas Grobbelaar vir Franco Smith nader. Wel, die res is gekiedenis.

Louis Koen is seker lag-lag die mees onbeholpe balverspreider in die Curriebeker. Die kere wat Louis die bal onder druk kry, dan lyk hy soos ’n nuweling-pa met sy eerste vuil doek — maar boeta: van stelskopwerk kan jy hom min leer. Toe Louis kans kry om die wedstryd vir die Leeus te wen, toe kon ’n mens sien hoe vonkel sy oŽ en siedaar: die Pumas speel volgende jaar in die grondboontjieliga.

Ek het ’n bietjie navorsing oor Albatros se talente gaan doen en vasgestel dat hy ’n briljante jukskeispeler is. In jukskei is dit blykbaar soms belangriker om net-net die pen mis te gooi eerder as om dit raak te gooi. Hulle noem dit ’n lÍ, en dis nie ’n lÍ soos wat Ilse-Marie van Big Brother dit sou beskryf nie. Wel, ek glo vas dat onse Albatros se se jukskeikorrel soms inskop, dalk na ’n harde tackle. Pleks dat hy dan mik om raak te skop, mik hy vir ’n lÍ.

Hoewel ek baie uitgesien het na die Valke se wedstryd teen die Cheetahs, het die Oos-Randers skandes gemaak voor hulle tuisskare. ’n Foutiewe wedstrydplan, asook die onvermoŽ om die spel voorlangs vas te maak, het hulle duur te staan gekom. Met al die losballe wat rondgelÍ het, het die Vrystaatse losvoorspelers baljaar. Bottervingers en halfhartige verdediging het die Valke se ondergang beteken. Dit is jammer dat hierdie span, wat lekker rugby kan speel, nie ’n beter toets vir Vrystaat was nie. Ek glo nog steeds die Cheetahs is nie werklik so ’n groot faktor nie, ten spyte van die vonkelrugby wat hulle speel.

’n Slotwoord oor die Sharks en die Bulls: dit was ’n wonderlike vertoonvenster vir Curriebekerrugby en ’n baie positiewe teken met die oog op die WÍreldbeker. Ek is bly ek is nie in Dolfman se skoene om die uitverkorenes vir die toernooi uit te soek nie. Aan Heynecke Meyer, wat letterlik in net 100 dae van Muishond tot Meneer gevorder het: jy het baie van ons verkeerd bewys — my inkluis. Geluk, ou swaer. Buurman van Zyl se skaars glimlag sou Saterdagaand op Loftus gepryk het. Jou span se vertoning sou ongetwyfeld sy goedkeuring weggedra het.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.