Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Braampie oor die Bulle se spognederlaag!

Hierdie week loop al die ondersteuners van die Bulle weer met breŽ borse en borste rond nŠ ons span se spognederlaag teen die Brumbies. Wie wil nou vir ’n wenspan skree as jy vir so ’n verloorspan kan skree, of hoe sÍ ek.

In een magtige daad van sportmanskap het Heyneke Meyer toe weer sy skopper verander. Franco Smit se vermoŽ om onder druk te swig is goed gedokumenteer in die annale van Suid-Afrikaanse rugbyjoernalistiek. Sy een-uit-sewe-vertoning was presies wat die beroepswedders sou voorspel. Ten spyte daarvan word Nel Fourie as losskakel oor die hoof gesien. Die kombinasie van Boeta Wessels en Franco langs mekaar laat die mees optimistiese Blou Bul-ondersteuners hulle Viagra-voorskrifte vir Prozac omruil. Gaan leen nou nog net vir Marius Goosen by die Stormers en jy het die Three Stooges op Supersport.

Die volmondige vertroue wat die Direksie en SARVU in Heyneke Meyer se vermoŽns gestel het, het toe onmiddellik dividende afgewerp. Die Bulle het nie net eervol verloor nie, hulle het nog boonop ’n sakvol drieŽ gedruk ook. Selfs ’n pessimis soos ek glo nou dat die Bulle net moet voortbou op hierdie pragvertoning. As hulle so aangaan, verloor hulle hulleself nog in die semifinaal in.

Die drie sagte drieŽ wat Sterling Mortlock teen die Bulle gedruk het, het min mediadekking gekry. Die verwelkomingskomitee van die Bulle, bestaande uit hulle losvoorspelers Wasserman, Wannenburg en Le Roux, het ’n erewag by die doellyn gestaan om Mortlock te verwelkom. Heyneke Meyer het, in stryd met die geykte leerstellinge van oorle oom Buurman van Zyl, besluit om ’n melkbaard-flankie (Wannenburg) teen die Hannibal Lecter van die Supertwaalf, Owen Finnegan, in te span. Nodeloos om te sÍ dat Wannenburg soos die perd wat ek verlede jaar vir die July gehad het, nie eers op die foto’s was nie.

Indien Meyer nie aan akute angsgedrewe tonnelvisie gely het nie, het hy al lankal spelers soos Tokkie Kasselman, Jimmy Powell en Kennedy Tsimba by die Bulle betrek.

* * *

“Vandag maak die Hurricanes sardientjiesop van die Sharks,” het die blondine met die pienk buustebuis vir die rooikop in die sportkroeg gesÍ.

“Nie in jou mond nie,” het die blondine teruggekap terwyl die Haai op haar T-hempie rondborstig vasgebyt het.

Na twintig minute en vier sekondes het Murray Mexted en sy medekommentators my gedagtes gelees. Hierdie skeidsregter hoort nie in die Supertwaalf nie. Op daardie stadium was Wayne Erickson besig om die penniefluitjiekwÍla met strafskoppe teen die Sharks te speel. Miskien moet hulle die ou met ’n doedelsak laat blaas. Dalk help dit hom om te dink voor hy strafskoppe gee.

Die Sharks se spel is ook glad nie oortuigend nie. ’n Mens kry die indruk dis dalk ook ’n geval van hulle verloor so lekker want hulle toer so lekker. Toe die Sharks afstap nŠ hulle pak slae, het hulle darem vir my alte vriendelik gelyk. Dis seker nie nodig dat hulle hulself aan die slaap huil elke keer wat hulle verloor nie, maar daardie gesigsuitdrukkings was darem te jollie.

Ewenwel, Dik Dolf se opblaashaai is op hierdie stadium al net so pap soos Tjoepie van der Heever se wieletjies. Tjoepie het teen die Hurricanes ’n onsuksesvolle aanslag op Naka Drotskť se Supertwaalf-rekord gemaak vir die haker wat sy springers die heel meeste misgegooi het. Met al die balle wat ou Tjoepels verlore laat gaan, skep hy natuurlik deurentyd die geleentheid vir Cornť Krige om terugwenballe in te ryg. ’n Mens kry half die gevoel Cornť het ’n onregverdige voorsprong met al die lynstaanballe wat hy gedurig moet terugwen. As die Stormers dink dat hule met dertig persent balbesit oorkant die water gaan wen, moet hulle weer somme maak. Hulle roekelose losskrumtegnieke gaan hulle ook nog duur te staan kom. Hendrik Gerber lyk by tye wÍreldklas, maar hy sal moet leer om op sy voete te bly by losskrums. Sy geÔnduikery maak my baie gespanne.

Die Koue Gatte het, soos met die ander wedstryde in AustraliŽ, ’n konkoksie van ongedissiplineerde spel en swak hantering opgedis. ’n Onervare afrigter en ’n elastiese beseringslys maak van hulle ’n sagte teiken.

* * *

Ek soek verlede Sondag na die Grand Prix op die skottel toe ek op ’n vreemde rugbywedstryd afkom. Die spel openbaar sekere ooreenkomste met dit wat ons hier speel, maar die reŽls verskil merkbaar. So byvoorbeeld word ’n speler wat in die lug spring om ’n bal te vang, te pletter geloop maar geen strafskop volg nie. Die voorspelers bungy-jump in die losskrums in, maar niemand word gestraf nie. Ook praat die kommentators en die skeidsregters in tale. Net hier en daar ’n krom Engelse woord. Ek dog eers dit is een of ander interplanetÍre rugbywedstryd op die sci-fi-kanaal. Iets soos Intergalaxia teen Alpha Centauri. Met die skottel is enige iets moontlik!

Toe wys hulle skielik ’n nabyskoot en die gesig is diť van Andrew Mehrtens. Nog ’n nabyskoot. Diť keer is dit Tappe Henning, die skeidsregter. Ek kom ook agter dat die kommentators AustraliŽrs is.

Die wedstryd blyk die een tussen die Crusaders en die Reds te wees. Die spel is wonderlik konstruktief, die rugby briljant. Dit voel deurentyd vir my na ’n voorbode. Geen Suid-Afrikaanse span kan so speel nie. My grootste bekommernis is egter die reŽls. Hoe rig die Meyers en die Ludekes van hierdie wÍreld ’n span af as hulle nie weet watter van die legio stelle tuisgebroude reŽls geld nie?

* * *

Net toe dit lyk of die dae van wonderwerke finaal verby is, klop die Proteas toe die Aussies. As ek nie van beter geweet het nie, sou ek gedink het dat Hansie en sy gedugte bende beroepswedders dalk ’n paar vinnige bucks uit die wedstryd kon gemaak het. Geluk aan die oorwinnaars. Dit was nou die surprise van die jaar. Kan die Statebond dalk iets hiermee te doen hÍ?

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.