Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bliksem!

Jaco Botha

My voete trippel en my bene beweeg om my opponent te verwar. Ek jig-jig vir ’n oomblik en dan is ek om die kombuistafel en sidestep die kat om by die yskas uit te kom. Die bier waarmee ek die growwe biltong afsluk, is heerlik koel — halleluja, die Super 12 is hier.

Daar is darem geen beter tyd van die jaar om ’n bachelor te wees nie, dink ek terwyl ek die openingswedstryd tussen die Blues en die Hurricanes kyk. Die Blues is terug met ’n vengeance nŠ hulle vir so drie seisoene in ’n ry bloot met ’n Maori-draffie gespeel het. Hulle het hierdie jaar beslis met ’n beleid van “I’ll see your talent, and I’ll raise you commitment” op die veld gedraf. Ek dink veral hier met koue rillings aan die plettervatte van die monsteragtige nommer 8, Ron Cribb. Ek glo die Aucklanders gaan, saam met die Brumbies, die twee spanne wees om vanjaar te klop.

My Boobie-toekenning vir diť week gaan dan ook aan Doug Howlett van die Blues. (Hoekom “Boobie”, want goeie rugbyspelers verdien Boobies.) Hy was altyd daar om in die gate in te hardloop en is vir sy goeie aanvoeling en toewyding met vier drieŽ beloon. Nie te sleg vir ’n mopkop nie.

’n Ander Blues-speler wat hierdie seisoen maar dopgehou kan word, is die Sewes-ster, Rupeni Caucaunibuca. ’n Windhond, as ek al ooit een gesien het.

As ’n mens sjampanje-rugby kry, dan kry mens sekerlik ook vaaljapie-rugby, en dit is dan ook die tipe rugby wat Saterdagmiddag in die laaste wedstryd van die naweek tussen die Katte en die Bulle gespeel is. Nog meer as in die verlede, was die noordelike spanne ’n verleentheid vir Suid-Afrikaanse rugby. Met moontlike uitsondering van Jannes Labuschagne en Geobani Bobo, was dit maar ’n amateuragtige geploeter.

As daar ’n parallel te trek is tussen prestasie op die rugbyveld en seksuele verowering, twyfel ek of die Katte gou weer gaan kom, en of die Bulle enigsins hierdie seisoen by die horings gepak gaan word.

Uit hierdie wedestyd kom dan ook my Nartjie-toekenning, (tussen die oŽ) vir hierdie week. Hierdie twyfelagtige eer word gedeel tussen Coenraad Groenewald en Wylie Human, albei van die Blou Bulle. Coenraad moet, na my mening, eerder netbal of dambord of so iets speel: hy het die hele span ontwrig en Wylie, wat ek altyd as ’n goeie vleuel gesien het, het, lyk dit my, nou ook by die verloortradisie van die Bulle ingeskakel. Daardie kritieke aangee wat hy nie raakgevat het nie, kan die Bulle nog ’n seisoen in die wildernis kos.

So van swak afrigters gepraat — dit is darem ongelooflik hoe goed ’n vrot speler kan speel met net die regte afrigting. Of dit kon natuurlik bloot ’n vloek of ’n act-of-God gewees het, maar Marius Goosen het Vrydagaand op Absa-Park die wedstryd van sy lewe beleef. Daar is darem geen beter agterlyn-coach in Suid-Afrika as die Prins van Vleuels himself, Carel du Plessis, nie.

En so van ’n darling van Nuweland gepraat, ek glo dat die opwindende skrumskakel Johannes Conradie hierdie seisoen daardie pos gaan beklee. Hy het ’n energie, ’n bullet-pass en ’n aanvoeling wat ek lanklaas by ’n Suid-Afrikaanse skrumskakel gesien het. Dit is dan ook sy skepdoel, laat in die tweede helfte van die wedstryd, wat die gety tussen die Stormers en die Haaie laat draai het.

In hierdie wedstryd het ou campaigners soos Stefan Terblanchť en Pieter Rossouw weer gewys dat klas nie gekoop kan word nie. Of laat ek eerder stil bly — ek hoor Louis Luyt is van hierdie jaar af betrokke by die Bulle.

In ieder geval, dit was ’n heerlike openingsnaweek vir die Super 12 met die reedsgenoemde Dough Howlett, Stefan Terblanchť, Pieter Rossouw en dan ook spelers soos Scott Staniforth, Ben Tune en Roger Randle wat dit ’n naweek van vleuels gemaak het. Dit is ’n goeie teken vir ’n opwindende seisoen wat op ons wag.

Andrew Mehrtens het weer bewys dat ’n losskakel met ’n goeie voet nie te versmaai is nie en die Brumbies het gewys dat spanne meer as bloot ’n vinger in die dyk sal moet druk om die aanstormende wit golf uit te hou.

Ek dink die wedstryd om volgende naweek na uit te sien is diť tussen die Stormers en die Waratahs, Saterdagmiddag vyfuur.

Bliksem, maar dis lekker.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.