SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Bruin, swart en Afrikaan: jy kan l drie terselfdertyd wees*

Zimitri Erasmus


In hierdie kort stuk wil ek graag my perspektief met julle deel oor van die vrae wat party van ons wat histories as “Kleurling” geklassifiseer is, in die gesig staar. Ek hoop dat wat ek te s het, gesprek onder lesers kan stimuleer.

Onlangs het ’n swart Amerikaner — of moet ek nou s ’n African American — my gevra wat die verhouding was tussen bruin, swart en wit mense in die Suid-Afrika van my jeug. Hy was bietjie verward deur die feit dat ek nie ’n eenvoudige antwoord gehad het nie. My hoop is dat party van julle (indien nie almal nie) nie verward sal wees nie, maar dat julle julleself in my antwoord sal herken.

My punt was dat as ’n kind was my ervaring van die verhouding tussen bruin en swart [in Port Elizabeth] tegelykertyd ’n verhouding van dominasie, respek n aftakeling, van solidariteit n verwerping. Met ander woorde, dit was ’n intern teenstrydige verhouding. Hierdie teenstrydigheid het ek baie duidelik ervaar selfs terwyl ek baie jonk was.

Laat ek ’n voorbeeld maak, soos hulle s. Ek was so ongeveer twaalf jaar oud. Beide my ouers het gewerk. Hulle het ’n swart vrou — ons het haar by haar Engelse naam, Julie, genoem, maar dit was vanselfsprekend nie haar regte naam nie — aangestel om die huiswerk te doen en ook om by die huis te wees om n skool ’n ogie op my te hou. “Julie” het nie ’n dompas gehad nie. My ma het vir my baie duidelike instruksies gegee oor hoe om Julie te beskerm. Sy het my gewaarsku dat ’n witman in ’n bruin uniform aan die voordeur sou klop, en dat terselfdertyd ’n swart man — ook in ’n bruin uniform — by die agterdeur sou klop. Ek moes onder geen omstandighede enige deur oopmaak nie. Ek moes deur ’n venster met die witman praat en vir hom s dat my mammie nie by die huis is nie en dat ek nie die deur mag oopmaak nie.

My ma het my ook geleer dat dit my eie verantwoordelikheid was om my bed op te maak, my klere op te tel, en die skottelgoed te was vr Julie soggens opdaag. Sy het vir my verduidelik dat Julie daar was om vir ons te help met ons werk, nie om agter ons aan op te tel nie.

S is ek geleer om swart mense met respek en solidariteit te behandel. Maar saam met die respek en solidariteit het ek ander dinge ook aangeleer. Ek het grootgeword met die idee dat ek beter was as swart mense — beter as Julie. Dit is wat ek bedoel wanneer ek s ons verhouding was ten diepste ’n teenstrydige een.

Wat van die wit mense? Hier, ook, was ons houdings teenstrydig. Ek het grootgeword met die idee dat ek minder werd was as ’n wit mens. Maar terselfdertyd, alhoewel my ouers die weelde en veronderstelde vryheid begeer het wat ons gedink het wit mense geniet, het dit nie beteken hulle wou wit wees nie. Hulle wou ook nie h dat hulle kinders moet “traai vir wit” deur met wit mense te trou of op enige ander manier nie. Volgens hulle sienswyse het respektabele coloured vroue respektabele coloured mans as hul eggenote geneem. Die voordele van wit mense het hulle wel begeer. Eerbied is aan blanke mense getoon — wanneer dit nou moes. Maar die brutaliteit van baie wit mense, en hul arrogansie, het hulle nie ontgaan nie, en in die privaatheid van ons huis is hierdie dinge ook beskryf.

Benewens hierdie teenstrydige verhoudinge was daar ook ’n interne tweespalt oor ons eie identiteit. “Coloured”, en nog meer, die Afrikaanse “kleurling”, was ’n lelike woord, en moes nooit as ’n selfbeskrywing gebruik word nie. Daar was in die jare sewentig en tagtig geen trots daarin om jouself coloured of kleurling te noem nie. Selfs nou, in die 21ste eeu. is dit ’n kontroversile selfdefinisie.

So, om op te som — ek het grootgeword met die wete dat ek minder as wit was, maar beter as swart. Ek kon en wou nie wit wees nie en ek wou nie swart wees nie. Ons was trots op wie ons was as bruin mense — maar nie trots om onsself kleurling te noem nie.

Gelukkig was daar ander bronne van inligting ook. In my laat tienerjare en vroe twintigs het ek toegang gehad tot die idees van ’n ander seun van Port Elizabeth, Steve Biko. Hy het my geleer om myself polities as swart te identifiseer. Maar ten spyte hiervan was ek nog altyd nie seker oor wat my identiteit as bruin beteken nie. My politiese kamerade het my as swart aanvaar — maar nie volledig nie. Op die ou end was ek ’n swart mens van ’n spesiale soort. Weer eens is my spesifieke identiteit as bruin nie as waardevol ervaar nie. Stadigaan het ek weer eens die idee begin aanvaar dat daar iets met my verkeerd was — dat my probleem was dat ek ’n soort tussenin-identiteit gehad het, dat ek “nie geweet het wie ek is nie”.

Vandag dink ek nie die probleem l by die wat ’n komplekse identiteit het nie. Die probleem l by die denkwyses wat nie plk het vir komplekse identiteit nie. Hierdie denkwyses is gebaseer op die idee dat daar so iets kan wees soos rassesuiwerheid, en dat mens f deel van die wit f deel van die swart “ras” moet wees. Binne hierdie verwysingsraamwerk kan kleurlinge alleen as “gemeng” ervaar word, as mense wat ng wit ng swart is, maar wat nie hul eie identiteit het nie.

Die probleem is nie net dat hierdie denkwyse grof rassisties is nie. Dit is ook onsamehangend, en is gebaseer op ’n verkeerde verstaan van die aard van identiteit. In die Apartheidsdenke is kultuur en ras omtrent met mekaar vereenselwig. Om ng wit ng swart te wees, is om haas geen identiteit te h nie. En om te ontken dat iemand hulle eie identiteit het, is om hul menslikheid te ontken.

Ek verkies ’n ander benadering tot identiteit.

(1) In die eerste plek is daar geen so ’n ding as biologiese “ras” nie. Wetenskaplik gesproke is dit ’n mite. Die DNS van twee mense wat al twee as “swart” vertoon, kan meer van mekaar verskil as die van ’n swart en ’n wit mens.

(2) Dit wil nie s daar is nie so ’n ding soos identiteit nie. Maar identiteit is ’n kulturele gegewe. Dit beteken dat daar baie meer ter sprake is in ons identiteit as die blote keuse tussen wit en swart.

(3) Derdens, kultuur is nie ’n vaste gegewe nie. Dit is heterogeen. Alle identiteite is tot ’n mate vermeng, en alle volkskulture is op die ou end deur en deur verbaster.

Alle identiteit is dus in ’n mate kompleks en kontradiktories. Ons moet hierdie kontradiksies omhels, en die ruimte vir beweging wat hulle ons gee, waardeer. Wat is immers verkeerd daarmee om as swart te identifiseer, in Steve Biko se sin van die woord, en om terselfdertyd die spesifieke praktyke en kulturele waardes wat ons as bruin mense ontwikkel het, te waardeer? Om nie te praat van ons rol in die skepping van Afrikaans nie. S gesien kan die van ons wat in die verlede as “Kleurling” geklassifiseer is, die vraag “Wie is ons?” beantwoord deur te s: bruin, swart n Afrikaan.

Terselfdertyd moet ons ook ’n paar vrae konfronteer wat ons in die gesig staar: Wat is ons verhouding met die kontinent van Afrika? Never mind “Afrikaans” — is ons Afrikane? Voel ons deel van Afrika of verwyderd daarvan? Sukkel ons om deel van Afrika te voel? En indien so, waarom die gesukkel?

Om hierdie vrae te beantwoord moet ons wegbeweeg van die idee dat bruin mense nie swart is nie, dat net swart mense Afrikane is — en dat daar net een outentieke manier is om hierdie swart Afrika- identiteit uit te leef. Om bruin te wees is ook om swart te wees, en bruin identiteit is een van die vele vorme van swart identiteit in die wreld van vandag. En, om dinge nog meer ingewikkeld te maak, daar is ook nie net een bruin identiteit in Suid-Afrika nie. Die bruin gemeenskap is in sigself ook heterogeen. Daar is selfs geen eenselwigheid oor wat ons onsself noem nie. Party van ons noem onsself bruin, party coloured, en ander swart of Khoisan. Elkeen van hierdie name weerspiel eiesoortige sienings en ervarings.

Dit is nie my doel om vir enigiemand voor te skryf oor hoe hy of sy hom-/haarself moet identifiseer nie. My standpunt is ’n resultaat van my eie proses van self-verstaan. Ek identifiseer myself as kultureel coloured, en polities as swart en Afrikaan. En die coloured-identifikasie is belangrik. Dis ’n manier om erkenning te gee aan die voordele wat kleurling-identiteit meegebring het in die Apartheidjare. Dis ’n manier om die rassisme waaraan ons ook deelgehad het, te erken. En die erkenning van hierdie medeverantwoordelikheid vir rassisme is ’n belangrike stap as ons wil seker maak dat die geskiedenis nie herhaal word nie. Vierdens is dit my manier om te s dat ek sal besluit wat ek myself noem. Ek erken die geskiedenis wat my gemaak het wat ek is, en skep die moontlikheid van ’n positiewe waardering van my ervarings.

Ons is nie die enigste mense wat hierdie vrae moet vra nie. Die ervaring van oor die grenslyne heen lewe, bestaan vir ander gemeenskappe in Suid-Afrika ook. Dit is ’n werklikheid dwarsoor hierdie kontinent en hierdie planeet.

(Vertaal deur Andries du Toit)

* Hierdie lesing sou by Die Burger se Lesingreeks plaasgevind het, maar Zimitri het op die laaste nippertjie siek geword en kon nie deelneem nie. Sy het toe wel intussen die lesing voltooi en vir LitNet gestuur.


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.