SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die nuwe hervorming

Prof Hansie Wolmarans (RAU)

Sol Plaatje-Diskoersreeks, Aardklop, 2002

OU DOGMAS
My storie oor die Nuwe Hervorming begin by ’n stuk graffiti wat op die muur van ’n bomskuiling in Berlyn in die onsekerhede van die Tweede WÍreldoorlog uitgekrap is:

Ek is, ek weet nie wie nie.
Ek kom, ek weet nie waarvandaan nie.
Ek gaan, ek weet nie waarheen nie.
Ek is verbaas dat ek so vrolik is.[1]

Soos ek, en dalk jy ook, grootgemaak is, het ons geleer dat die Christendom die finale antwoorde op hierdie ernstige lewensvrae bied:

  • Ek is Ö ’n gevalle en sondige mens, bestem vir die finale oordeel en hel.
  • Ek kom Ö vanaf Adam en Eva in Genesis. Na die vlees en na die gees is ek hulle afstammeling.
  • Ek gaan Ö hemel toe as ek Jesus Christus se verlossende kruisdood in die geloof aanvaar. Hierdie heilsplan word in die Bybel vir my uiteengesit. My ouma het ’n hele paar bybelversies en ander stigtelike spreuke teen die muur gehad wat oor ons eindbestemming handel. Een was: “Mens, waar brengt gij de eeuwigheid eens door?” Die evangelisasieprogram Evangelism Explosion Three (EE3) se vertrekpunt is om ’n potensiŽle bekeerling te nader met die vraag: “As jy vannag doodgaan, is jy seker jy gaan hemel toe?” Dit berus uiteraard op angs.
  • Ek is verbaas Ö dat ek welgetroos en salig kan lewe en sterwe as ek dit alles glo.

    Hierdie sieninge wat uit ons sogenaamde ortodokse geloofstradisie kom, berus op ’n paar vertrekpunte, en dit is

    1. dat die Bybel op een of ander manier die geopenbaarde woord van God is
    2. dat die wese van (die drie-enige) God betroubaar in die Belydenisskrifte uitgedruk word wat op hulle beurt ’n betroubare opsomming van die Bybel is, en
    3. dat die (Protestants-Calvinistiese) Christelike geloof die enigste ware godsdiens is.


    DIE NUWE HERVORMING AANVAAR NIE OU DOGMAS NIE
    Die beweging van die Nuwe Hervorming aanvaar nie een van hierdie uitgangspunte nie. Daar is goeie redes hiervoor:

  • Hierdie sienings berus op ’n premoderne en uitgediende wÍreldbeeld, naamlik diť van die drieverdieping-kosmos met ’n doderyk en hel onder die aarde, ’n hemel met die Goddelike bů die aarde, en ons aardse tranedal — uitgelewer aan magte bů en onder waaroor ons geen beheer het nie. Binne hierdie voorstelling van die wÍreld is die wyse waarop die Goddelike met mense kommunikeer onder ander by wyse van “inspirasie” of openbaring. Hesiodus vertel reeds in die agste eeu vC dat sy Geskiedenis van die Gode deur Zeus, die oppergod, se dogters, die Muses, aan hom geopenbaar is terwyl hy skape op die Kithaironberge opgepas het.

  • Die tradisionele vertrekpunte is strydig met die nuutste resultate van die Bybelwetenskappe.

    — Die Bybel bevat wesenlike teenstrydighede. Volgens 1 Kronieke 21:1 het die duiwel Dawid verlei om ’n volkstelling te hou. In 2 Samuel 24:1 staan daar dit was die Here wat dit gedoen het. Verder kry ons ook verskillende voorstellings van God, byvoorbeeld as ’n wraaksugtige stamgod wat man, vrou, kind en dier laat uitroei. Ander kere word God as universeel en liefdevol voorgestel.
    — Die Bybel het ’n skadukant wat fisiese en verbale geweld verheerlik. Rigters 11:39 vertel instemmend hoedat Jefta sy eie dogter geoffer het. In Rigters 20:29 sny ’n Leviet sy byvrou in stukke. Dit was nadat sy vir ’n nag lank deur die Benjaminiete verkrag is. Handelinge 5 laat vir Ananias en Saffira dood neerslaan omdat hulle onwillig deelgeneem het aan ’n mislukte eksperiment met Kommunisme. Verbale geweld kry ons in Psalm 69 waar Dawid sy vyande vervloek om “stokblind” te word, “gebreklik” en dat “hulle blyplekke verwoes word”. In Filippense 3:2 en 8 gebruik Paulus sulke sterk vloekwoorde vir sy opponente dat die Nuwe Vertaling dit gesensor het. Hy noem sy Joods-Christelike teenstanders letterlik “honde”, “skelms”, “afsnyers van penisse” (’n verwysing na die besnydenis) wat hulle met “str*nt” (skubala) besig hou.
    — Die hiernamaals word in die Bybel gebruik om oor die hiernoumaals te praat. Dit is ’n motiverende denkraamwerk, en jy kan dit nie sommer so as werklikheid beskou nie. In Jakobus 2 word mense gemotiveer om nie in die kerk te diskrimineer nie. Hoekom nie? Nie omdat jy nie aan ander moet doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hÍ nie - maar omdat onbarmhartige mense in die eindoordeel onbarmhartig geoordeel sal word (in die hel gaan brand!).
    — Die Bybel maak ruim van die genre van mites gebruik. ’n Mite is per definisie ’n storie wat vrae oor die sin van die lewe in die bonatuurlike veranker. Mites kan gevolglik die draers van groot waarhede wees, maar dit is gevaarlik, en ek bedoel uiters gevaarlik, om dit tot geskiedkundige of natuurwetenskaplike waarhede te verhef - want dan beteken dit jy moet die werking van jou gesonde verstand (wat God ons gegee het), ophef. Die skeppingsverhale van Genesis 1 en 2 is, per definisie, mites. Dit verklaar waarom daar harde werk, siekte, ellende en dood op aarde is: vanweŽ ’n vrou se nuuskierigheid. (In my ouerhuis, by verjaarsdae, was daar altyd toesprake. Een van my oorlede pa se geliefkoosde aanhalings was uit Job: “’n Man uit VROU gebore, is kort van dae en sat van onrus!”) Lees ons nou die skeppingsverhale as mites, is die teorie van ewolusie of die astrofisika se leer van ’n heelal wat nog steeds besig is om te ontplooi, nie ’n probleem nie. Daar is kerke wat vroue uit die amp hou omdat daar ’n sogenaamde “skeppingsorde” is wat haar tot minderwaardige posisies beperk. Die Nuwe Hervorming wil graag vroue gelykberegtig en het geen probleem daarmee dat die skepping nog steeds besig is om voort te gaan nie. Om die waarheid te sÍ, wanneer Stephen Hawking verklaar dat daar geen beginsel buite die werklikheid nodig is om hierdie werklikheid te verklaar nie, kan ons daarmee saamgaan. Ons moet nuut oor God dink, as aanwesig binne die skepping. Hy werk met weerspannige materie om iets goeds tot stand te bring. Ons noem dit panenteÔsme teenoor die tradisionele teÔstiese godsbeeld (God is ’n koning, in die hemel, wie jy moet prys en wat witbroodjies het). Hierdie nuwe voorstelling van God sluit baie nou aan by 1 KorinthiŽrs 12. Die astrofisika toon ook duidelik aan dat God nie “ingryp” in die skepping nie, maar dat dinge hier volgens bepaalde wetmatighede of selfs chaotiese prinsipes verloop. Gebed as meditasie, as luister eerder as vra, is daarom vir die Nuwe Hervorming meer sinvol.

  • Die tradisionele leerstukke is ook in botsing met die heel nuutste navorsing oor Jesus.

    — Hiervolgens was Jesus ’n Joodse Rabbi (sien veral die Jakobus-brief) wat nŠ sy kruisdood binne die raamwerk van die Griekse heldepatroon geÔnterpreteer is. Binne die drieverdieping-kosmos sou God ingryp om mense te verlos deur sy genetiese saad aan ’n aardse maagd oor te dra (bv Zeus aan Semele), wat dan ’n held in die wÍreld laat bring (bv Dionisus), wat dan groot dade en wonderwerke doen, sterf, afdaal doderyk toe (bv Odusseus), opstaan en opvaar hemel toe (bv Herakles). Partykeer verskyn hy ook aan mense en ontstaan daar ’n kultus rondom hom. Van Mithras is geglo dat hy sal terugkom om sy vyande te oordeel en te straf. Die parallelle met Jesus is ooglopend.
    — Ons weet vandag dat daar nie ’n plek is waarheen Jesus kon opvaar nie. Die Hubble-teleskoop se prentjies kan op die internet verkry word van sterrestelsels (bv NGC 4414) wat 60 miljoen ligjare vanaf die aarde is en ’n deursnit het van 56 000 ligjare. Diť sonnestelsel lyk maar net soos ons s’n. Die hemelvaart is dus mite, nie geskiedenis nie.
    — Die maagdelike geboorte is nie ’n ginekologiese feit nie, maar ’n manier om te sÍ dat ons in Jesus vir God ontmoet. Die opstanding is ’n simbool van onder andere dat die werk van Jesus in die lewe van sy volgelinge “opstaan.”
    — Die ortodoksie fouteer deur hierdie mites in dogmas te omskep en dit te verhef tot Christene se identiteitsmerkers. Dit was deur hulle liefde dat mense Christene geken het: hulle het omgesien na armes, weduwees, wese, siekes en gevangenes.

  • Die ortodokse tradisie is in botsing met die insigte van die vergelykende godsdienswetenskap. Ons kan, wanneer dit oor godsdiens gaan, ’n onderskeid tref tussen vorm en inhoud. Vorm het onder andere te doen met die leerstellings wat ons het oor die Goddelike, hoe ons God voorstel. Inhoud gaan oor hoe ons met onsself, ander en ons omgewing saamleef. Interessant is dat godsdienste van mekaar oor die vorm verskil, maar baie ooreenkomste vertoon waar dit om die inhoud gaan. Dit is dus duidelik dat ons as Christene met ander godsdienste kan saamwerk om gemeenskaplike doelwitte te verwesenlik. Die Christendom is nie uniek nie. God wil hÍ dat ons ’n pad moet loop. Ek kan nie dink dat Hy bekommerd is oor die handelsmerk van die skoene wat ons dra nie.

  • Die ou dogmas is in stryd met nuwe insigte van die moderne teologie. Prof Sakkie Spangenberg toon byvoorbeeld op ons webwerf www.nuwe-hervorming.org.za aan hoedat die tradisionele dogma van die sondeval op ’n foutiewe uitleg van Bybelse tekste berus. Ons is nie in sonde gebore en ontvang nie, maar ons word gedefinieer deur ons dade. Die idee dat Christus se sterwe aan die kruis ’n offer aan God is wat vir ons sondes betaal, is ook op ’n primitiewe en uitgediende offersisteem geskoei. Die nadeel van die tradisionele verlossingsleer (sondeval en verlossing) het uiters nadelige effekte. Dit skep gevoelens van angs en skuld en maak mense kwesbaar vir religieuse manipulasie. Dit ondermyn ook menslike verantwoordelikheid.

  • Die effek van die tradisionele dogmas op ons menswees strook nie met die liefde van Jesus nie.

    — Dit maak mense bygelowig. Dit is juis Afrikaanssprekende Christene wat die sogenaamde profeet van Lagos, TB Joshua, plaaslik aanhang. Dit was nie ’n kerklike tydskrif of Afrikaanse koerant wat sy bedrog blootgelÍ het nie, maar Special Assignment van 17 September 2002. Dit was weereens veral Afrikaanse Christene wat geglo het Marietjie Prinsloo se Krion-skema kan hulle ’n wonderbaarlike opbrengs van 10% per maand gee, want op haar briefhoofde verskyn mos die woorde Soli Deo Gloria: “Aan God alleen die eer”. Dit is veral Afrikaanssprekende Christene wat in hulle duisende Bruce Wilkinson se Jabesgebed[2] aankoop en sy saamtrekke bygewoon het. Volgens hom hoef jy net elke dag 1 Kronieke 4:10 woordeliks te bid, en God sal jou ryk maak.
    — Dit maak mense onverdraagsaam. Calvyn het Servetus op die brandstapel laat verbrand omdat hulle oor die pre-eksistensie van mekaar verskil het. In die Hervormde Kerk is prof Albert Geyser in die sestigerjare aangekla, skuldig bevind en uit sy pos ontslaan omdat hy sogenaamd die Godheid van Christus sou loŽn - dit natuurlik nadat hy gesÍ het dis onbybels om swart mense nie as lidmate van die kerk toe te laat nie. Tot vandag toe het die Hervormde Kerk nie verskoning hiervoor aangebied nie. Die “blanke” en “swart” kerke is steeds organisatories geskei.
    — Dit lei tot die paradigma van beheer en beveel. Dit was vir my ironies dat ek juis in kerklike vergaderings ervaar hoedat besluitnemingsprosesse gemanipuleer word, hoedat mense agteraf knoei en konkel om sekere mense in te werk, en ander uit te werk, hoedat beroepe “gereŽl” word, hoedat fluisterveldtogte teen mense gevoer word, en hoedat veral finansiŽle bestuur ondeursigtig bedryf word. Interessant ook dat die debat oor die Nuwe Hervorming nie binne die kerk plaasvind nie, maar buite die kerk. Om die waarheid te sÍ, kerke het sover alles moontlik gedoen om die debat dood te smoor. Toe ek laas getel het was daar al sewentien verklarings uitgereik deur teologiese skole, sinodes, ringe en gemeentes oor die Nuwe Hervorming. Insiggewend kon ek nie ’n enkele een vind oor die toere Lagos toe (wat in sekere gevalle deur gemeentelike leraars gereŽl is nie), oor die Krion-piramideskema en leraars wat as agente kommissie daaruit verdien het nie, of oor die Jabesgebed nie.

    Al gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die tradisionele geloofsisteem onkrities deur die apparatsjiks van kerklike politburo’s in stand gehou word ter wille van kerklike magsisteme - en die wapens is skuldgevoelens en angs.


    TESES
    Vir my is daar dus geen twyfel dat ’n Nuwe Hervorming op hande is nie. Die sin van die lewe, vir my, is in ’n paradigma van luister en dien. Die tradisionele ortodoksie berus op ’n teologie van die dood. ’n Teologie van die lewe is nodig sodat ons ’n vry en oop samelewing kan skep waar alle mense gelykwaardig is, waar inligting vryelik kan vloei, waar klein kliekies met hulle eie magsbelange en agendas nie ander oorheers nie, waar mense ja kan sÍ vir hulleself en op nuwe en opwindende maniere met hulleself en ander kan saamleef. Want daar is nou nie meer Jood of Griek, man of vrou, slaaf of vry, gay of straight, gees of vlees, hiernoumaals of hiernamaals nie, maar in Jesus is almal en alles een.

    ’n Paar teses gee uitdrukking hieraan:

    1. Teologie

    1. Die skepping is nie afgehandel nie, maar gaan voort.
    2. Die patriargale samelewingspatroon is uitgediend; so ook alle dogmas wat dit in stand hou.
    3. Die leer oor God se ingrype word vervang met ’n teologie van verantwoordelikheid. Gebed is meer luister as vra. Vergifnis is iets wat jy ontvang deur dit te gee.
    4. Die leerstuk van die sondeval en Jesus se kruisdood as ’n soenoffer is primitief en uitgediend.

    2. Jesus

    1. Om ’n Christen te wees is om Jesus na te volg.
    2. Die Nuwe Testament gebruik onder andere die genre van mites om van Jesus te sÍ dat ons God in hom ontmoet, en dat ons moet voortgaan met sy soeke na reg en geregtigheid binne ’n Teologie van die Lewe.

    3. Die Bybel

    1. Die Bybel is die neerslag van mense se worsteling met God, en vertoon daarom, soos mense, ook ’n skadukant.
    2. Die Bybel is die Christendom se basisdokument, maar dit moet krities gelees word.
    3. Die drieverdieping-wÍreldbeeld word ingeplof sodat die onderskeid tussen liggaam en gees, hiernoumaals en hiernamaals, hemel en aarde, opgehef word.

    4. Die kerk

    1. Die kerk se funksie is om as ’n voorbeeld van ’n oop gemeenskap te funksioneer waar alle mense gelyk behandel word, ongeag ras, geslag, seksuele voorkeur of ouderdomsfase.
    2. Die kerk begelei mense van ’n selfgesentreerdheid na ’n omgewingsgesentreerdheid.
    3. Die organisatoriese strukture van die kerk behoort plat, nonoutoritÍr, nonhiŽrargies, gefederaliseerd, en maksimaal gedesentraliseerd te wees.
    4. Die kerk erken die krag van diversiteit en omhels dit met vreugde in sy midde. Die aanvaarding van dogmas word nie gebruik om mense in of uit te sluit nie. Christene vind hulle identiteit in die liefdevolle navolging van Jesus.

    [1]Ich bin, Ich weiss nicht wer. Ich komme, Ich weiss nicht woher. Ich gehe, Ich weiss nicht wohin. Mich wundert dass Ich so frŲhlich bin.
    [2]Sien my bespreking van hierdie publikasie by ons webwerf: www.nuwe-hervorming.org.za.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.