SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Die dramatiese werk van NP van Wyk Louw: met volk-wees as inspirasie

Luc Renders

1 Inleiding
Die kritiek van HF Verwoerd op die opvoering van Die pluimsaad waai ver of bitter begin ter geleentheid van die Republiekfees van 1966 is algemeen bekend. So ook die reaksie van NP van Wyk Louw, wat baie teleurgestel gevoel het. JC Steyn berig uitvoerig oor hierdie voorval in sy biografie Van Wyk Louw ’n Lewensverhaal. Selfs na twee jaar het die kontroverse nog bly smeul en skryf Van Wyk Louw:

Dit lyk my ons verset ons teen elke poging [] om ons te laat nadink oor die grondslae van ons volk-wees en ons volk-wil-wees. En hierdie verset het my al laat wanhoop wanneer ek telkens weer sien hoe ’n nas[ionale] Afr[ikaner] intellektueel hulpeloos en onbeholpe staan teenoor die vrae en bedenkings van teenstanders of bloot van ’n nuuskierige buitestaander. Omdat die Afr[rikaner] (sic) nooit diep oor die vrae rakende die gronde van sy nasionale voortbestaan nadink nie (l.w. ek praat hier van sy voortbestaan as volk, nie as individu nie), staan hy hulpeloos teenoor bedenkings oor sy grondslae. (Aangehaal in Steyn II 1998:1044)

Van Wyk Louw self het as kreatiewe skrywer en as kritiese intellektueel gedurig besin oor die konsep “Afrikaner-nasionalisme” en voortdurend kommentaar gelewer op die invulling wat in sy tyd daaraan gegee is. Ook deurheen sy dramatiese werk van Die dieper reg, ’n spel van die oordeel oor ’n volk uit 1938 tot aan Die pluimsaad waai ver of bitter begin uit 1966 loop die refleksie oor Afrikaner-nasionalisme en oor die strewe na volkswording as ’n rooi draad. In die meeste van Van Wyk Louw se dramas en hoorspele word die problematiek rondom “volk-wees” of “volk-wil-wees” aangesny. Die dramatiese vorm met sy dialogiese opset leen hom uiteraard veel meer tot ’n veelkantige benadering en uitdieping daarvan as die liriek.

In die dramatiese tekste van Van Wyk Louw kom die verskillende fases van volkswording aan bod: die voorgeskiedenis en die ontstaan in Dias, Die vonnis en Die eerste voortrek; die groei in Kruger breek die pad oop en Die pluimsaad waai ver of bitter begin; en die volle ontwikkeling in Koning-Eenoog of nie vir geleerdes, Berei in die woestyn, en onregstreeks ook in Germanicus, Die held en Dagboek van ’n soldaat. Asterion en Lewenslyn fokus op die eksistensile onvrede van die mens en bring ’n verdere ontginning van die heersersmotief wat nie los gesien kan word van Van Wyk Louw se denke oor Afrikaner-nasionalisme nie. Eers sal Die dieper reg, wat handel oor die fundamentele bestaansreg van ’n volk, bespreek word; vervolgens sal ingegaan word op die dramatiese tekste waarin fasette uit die geskiedenis van die Afrikanervolk belig en die heersersproblematiek behandel word; en afsluitend sal gekyk word na Die val van ’n regvaardige man, ’n hoorspel oor reg en geregtigheid. Blomme vir die winter val, as ’n storie oor ’n onmoontlike liefde, buite hierdie tematiese raamwerk en sal nie verder bespreek word nie.

Die dramatiese tekste van NP van Wyk Louw weerspiel en weerkaats vir mekaar. Deur die gelyklopende tematiek ontstaan daar ’n hegte netwerk van relasies wat boeiende stof vir nadere ondersoek oplewer. ’n Analise van die ooreenkomste en verskille tussen die verskillende dramatiese tekste sal ons toelaat om die invulling wat Van Wyk Louw in dramavorm aan die konsepte “volk-wil-wees” en “volk-wees” gegee het, noukeuriger te bepaal en aldus bydra tot ’n skerper beeld van Van Wyk Louw se houding teenoor Afrikaner-nasionalisme. Dit sal dit ook moontlik maak om die meriete van die dramatiese werk van Van Wyk Louw beter te beoordeel en om die relevansie daarvan vir ons tyd noukeuriger in te skat.


2 ’n Volk se bestaansreg
Die dieper reg met as ondertitel “’n spel van die oordeel oor ’n volk” is die eerste dramatiese teks wat Van Wyk Louw geskryf het. Die aanleiding was die eeufeesherdenking van die Groot Trek in 1938. Vir ’n volksfees georganiseer deur die Afrikaanse Kultuurraad van Pretoria na aanleiding van die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1938, het Van Wyk Louw die versoek gekry om ’n kort stuk oor die Groot Trek te skryf. Die aard van die opdrag het ongetwyfeld ook die inhoud en die uitwerking daarvan benvloed. Soos die ondertitel aandui, staan nie die individu nie, maar die volk sentraal. In ’n voorwoord getitel “Inhoud” som die outeur die essensie van die stuk soos volg op:

Die trekkers noem hul lyding, maar eis hul reg, ni om die smart wat hulle verduur het alleen nie, maar om die daad self waarmee hulle die geloof aan hul bloedsbesef se waarde betuig het; en hulle vermoed dat ook daardie bloedsbesef die uiting van die wil van God is. Aan die einde klink die Stem van die Geregtigheid op om die sekerheid te gee dat die kragtige en eenvoudige daad van die Trekkers voor God regvaardig is, en dat hulle as volk in die land wat hulle verower het, sal bly bestaan (9-10).

Die versdrama poneer dat die voortrekkers in geregtigheid gehandel het. Die soeke na vryheid as ’n volk is ’n suiwer daad wat uit reine wil gebore is. Die verwesenliking van die volkstrewe is uitdrukking van die volksbloed wat ’n onweerstaanbare krag het. Dit het gepaard gegaan met opoffering, lyding en dood. Deurheen die drama word die klem gel op die smart wat ’n inherente deel gevorm het van die Groot Trek. Die voortrekkers vergelyk hulle lyding met die kruisdood van Christus: “My God, my God, het U ons so verlaat, en was ons kruisiging verniet?” (30). Hulle is vas daarvan oortuig dat hulle God se wil uitgevoer het. Hul nederigheid, godsdienstigheid en kleinheid moet aan God welgevallig wees. Dit is die suiwer wil en die daadkrag van die voortrekkers wat hulle hul dieper reg verskaf om vir ewig te bly voortbestaan: “afsonderlik en trots en vry!” (39).

Teenoor die argumente van die voortrekkers, verwoord deur Voorspraak en representatiewe voortrekkerstemme, word die teenwerpings van die Aanklaer geplaas. Hy voer aan dat die dade van die voortrekkers nie die nodige gewig dra om te bly staan nie. Hulle is nie ’n magtige volk nie. Net in sy eerste tussenkoms verwys hy na die konkrete omstandighede waarin die trek plaasgevind het:

Maar k staan hier en kla hul aan:
in opstand het hul uitgegaan,
die bande en die wet verbreek,
en dwaas hul in verderf gestort
om grond te roof en ryk te word -
laat die Ewige Reg sy eer nou wreek. (19)

Op hierdie konkrete argumente word egter nie verder ingegaan nie, sodat die Aanklaer se betoog uiters vaag bly.

Die dramateks ontliggaam die problematiek oor die reg van ’n volk om te bestaan en maak dit tot ’n abstrakte diskussie. Die karakters is nie individue nie, maar funksies en representatiewe gestaltes. Boondien word die optrede van die voortrekkers nie binne ’n spesifieke historiese raamwerk geplaas nie en ook nie gekoppel aan die verdere geskiedenis van die Afrikaner nie. Nie eers die Anglo-Boereoorlog, waarin die Afrikanervolk sy onafhanklikheid verloor het, kom ter sprake nie. Die Groot Trek word uit die geskiedenis gelig, waardeur die voortrekkers se volks- en vryheidstrewe ’n absolute waarde kry. Die blote gegewe van ’n volk se trotse strewe na vryheid, die daad self, nie die manier van voltrekking nie, word gelykgestel met die verwesenliking van die wil van God. Die Stem van die Geregtigheid stel dit soos volg:

Gaan heen en weet dat julle reg
en daad voor God kan staan
omdat dit krag en eenvoud was,
omdat Hy self eenvoudig is:
n suiwer Wil, n ewige Daad
en bokant alle wisseling vas. (39)

Ook die begrip “volk” kry ’n vae, ongrypbare en ahistoriese inhoud. Daar word net verwys na die trots, die vryheidsdrang en die volk wat onsterflik sal wees:

solank hy daardie bloed wil suiwer hou
bo wins en ydel woorde en medely. (33)

’n Volk wat onderdruk word, het die reg om die onderdrukking af te skud:

As jy ’n trotse volk verkneg,
Word pstand teen die reg sy reg. (19)

Van Wyk Louw interpreteer die soeke na vryheid van die voortrekkers as ’n dieper reg. Hy sien hul optrede as die verwesenliking van God se wil. Net die einddoel word voor o gehou, nie die manier waarop dit bereik word nie. Sowel die religieuse verankering as die onthistorisering hou ’n onvoorwaardelike ondersteuning in van die Afrikaner se nasionalistiese aspirasies wat met die eeufeesviering van die Groot Trek ’n sterk impuls gekry het en deur Die dieper reg ongetwyfeld nog versterk is.

Steyn skryf oor FEJ Malherbe se reaksie die volgende:

Selfs F.E.J. Malherbe was heel positief: “Hierdie posie van Van Wyk Louw is dus geen terugval in die patriotiese digkuns van vroer nie, maar in eie styl en in suiwer voortsetting van sy vorige digkuns [...] toon Van Wyk Louw hoe hy moderne digter kan wees, in subtiele skoonheid, en tog Afrikaner-getrou aan die ‘bloedsbesef se waarde’ - en dit is ’n dubbel oorwinning!” (Steyn I 1998:247).

Dis vanuit ’n agternaperspektief onmiskenbaar dat hierdie voorstelling van sake volledig agterhaal is. Die situasie waarin die Afrikanervolk hom bevind, het radikaal verander in die sin selfs dat dit nou die ander bevolkingsgroepe is wat hulle beroep op God se raadsplan en op die reg om in opstand te kom teen hul verknegting om die afskud van blanke oorheersing te verantwoord.

Boondien ontbreek dit Die dieper reg aan oortuigingskrag, omdat daar nie ’n dramatiese konflik is nie. Die Aanklaer word nie die kans gegee om ernstige weerwerk te bied aan die argumente van Voorspraak nie. Sy opwerpings is nie onderbou en ook nie konsistent nie. Die stemme van die voortrekkers druk hom uiteindelik heeltemal na die agtergrond. Hierdie ongebalanseerdheid is seker onvermydelik as die dramaturg self so oortuig is van die gelyk van die voortrekkersaak. As idedrama is Die dieper reg te eensydig om geloofwaardig te wees. Dit is ’n geleentheidswerk wat nie kan ontkom aan die tand van die tyd nie.


3 Die begin van volkswording
Die hoorspele Dias (1952), Die vonnis (1966) en Die eerste voortrek (1966) handel oor die voorgeskiedenis en die vestiging van die Kaapkolonie.

Dias is ’n hoorspel wat die ontdekking van die rondvaart rondom die suidelike punt van Afrika deur Dias in 1487 beskryf. Dias is ’n man van die daad wat gedryf word deur sy eersug en trots om deur die ontdekking van die seeroete na Indi sy naam verewig te sien. Hy wil na die ronding van die Kaap bly aanvaar en hoop op ’n teken van God as bevestiging van en goedkeuring vir sy strewe. Maar uiteindelik is hy gedwonge om terug te draai. Die skeepsraad en die bemanning sien nie meer kans vir meer gevare en ontberings nie. Die opdrag van die koning is immers uitgevoer. Dias word deur sy eie mense gekortwiek. Teenoor Dias met sy eersug staan Johan Infante wat plig en redelikheid verteenwoordig. Dias voel verneder en teleurgestel. Hy het nie bereik wat hy wou nie. Boondien lyk die nuutontdekte land maar arm aan moontlikhede te wees:

Dit is die keerpunt dan. Hier loop en kraak
ons tog maar net weer deur die skulpe
by hierdie roemlose riviertjie in ’n land
wat ewe minderwaardig is,
en wat geen mens sal prys en s: Dis myne. (36)

Dias kom dan tot die besef dat die teken van God juis die feit is dat daar nie ’n teken was nie:

Hy was nie stil, nie niks, nie dadeloos nie,
maar toornig - of Hy het Sy eie tyd:
van my, van my wou hy die werk nie h nie. (39)

Dias besef dat hy slegs ’n nederige instrument in die hand van God is en dat God Hom nie van hom wou bedien nie. Hy wil dan ook nie sy naam aan ’n baken op die land gee nie: “Niks sal my naam dra nie. Want ek was niks” (40). Dias kom deur sy vernedering tot die insig dat God sy eie plan het. Hy gee hom heeltemal aan die Goddelike wilsbeskikking oor. Hy is gelouter. Hy besef dat sy dadedrang ’n ydele strewe was en hy verwag van God nie langer dat Hy sy ambisie in vervulling moet laat gaan nie. Alle sin en sinvolheid kom van God:

En nou’t ek niks gedoen nie,
en is die werk gedaan. Ek was ’n klip;
ek was nie bouheer nie. En hinderlik
en vaag vermoed ek dat my daad, my krag,
anders sal groei as ek gemeen het, wild
nog sy lote uitstoot in ’n aarde
wat ek nie ken nie, onder mense en volke
wat anders wil. (44)

Die beeld van die klip, wat ook in Die dieper reg voorkom, dui op die beperktheid van die mens. Hy moet hom oorgee aan die ondeurgrondelikheid van die Goddelike wilsbeskikking om vrede te kan vind.

In Dias gee Van Wyk Louw ’n radikaal ander antwoord as in Die dieper reg op die vraag na reg en singewing. Die daad self is nie langer uitdrukking van God se wil nie. Dias weet nie, in teenstelling tot die voortrekkers se vanselfsprekende aanname, wat God se wil is nie. Die daad self is nie meer ’n intrinsieke teken nie. Die kruise wat Dias saamgebring het, is nie langer triomfalistiese simbole van Goddelike uitverkiesing nie:

Dan sal ek hier my verste kruis, Gregorius,
laat plant.

Leitao, laat die langskuit kom,
en bring hom hier: op hierdie voorgebergte
in hierdie duinsand en die duin se biesies
sal hy moet wag. (31)

Dias is ’n pleidooi vir nederigheid. Dit is boondien insiggewend dat Dias se motivasie ’n persoonlike een is: hy sien homself nie in die eerste plek as iemand wat vir sy nasie eer en glorie wil verwerf nie. Daar word volledig weggebreek van ’n nasionalistiese interpretasie van die dade van Dias: terwyl Johan Infante die bevele van die koning letterlik wil uitvoer deur terug te keer, wil Dias, gedryf deur sy eie eersug, verder vaar in die hoop om die seeroete na Indi te ontdek. God vergun dit nie vir hom nie. Die mens is ’n instrument in sy hand. Dias kan dan ook nie eers begin vermoed watter gevolge sy reis sal h vir suidelike Afrika nie. Hy kan net bid dat God die nog onbekende land sal bystaan:

En wees
by di land, by daardie eensaam land
wat ek gevind het  nie wou vind nie. (47)

Inderdaad, “die hoop van die wat n ons kom” (40) sal op die land gevestig word. Terwyl vir Dias die ontdekking van die Kaaproete nie ’n bekroning kon wees nie, was die trek na die binneland vir die voortrekkers wel ’n tog na ’n finale bestemming. Vir hulle was die onbekende binneland die land van hoop, die beloofde land, waarop die sen van God gerus het.

Die volgende stappe in die geskiedenis van die blanke aanwesigheid in suidelike Afrika word beskryf in Die vonnis en Die eerste voortrek. Hierdie hoorspele is saam met Kruger breek die pad oop (1966) in een bundel opgeneem.

Die vonnis het ’n ligter aanslag as Dias. Tog sluit dit regstreeks by Dias aan in die sin dat dit ook handel oor teleurgestelde ambisie. Die jaar is 1665. Jan van Riebeeck is sekretaris van die Raad van Indi. Deur ’n trompetspeler wat baie vals speel, word hy herinner aan ’n anekdote uit sy Kaapse periode waarin korporaal Van der Laak hom skuldig gemaak het aan insubordinasie. Sy vonnis word deur Van Riebeeck omgeset in die opdrag om trompet te leer speel. Dit word vir almal ’n eindelose pyniging. Groot is dan ook Van Riebeeck se verbasing as Van der Laak by die besoek van ’n groot vloot uit Indi, foutloos die Wilhelmus speel. Hierdie klein voorval word ’n beeld van die potensiaal van die Kaap, soos ook die groentetuin en die wingerd. Van hierdie moontlikhede was Van Riebeeck hom as kommandeur maar bra onbewus.

’n Melancholiese stemming oorheers in die teks. Dit hou verband met die besef dat ’n lewe verbygegaan het sonder dat mens ingesien het wat belangrik was of hom bewus was van die vrugbaarheid van die werk wat gelewer is. Van Riebeeck kan net versug: “Miskien is die werk wat ek daar gedoen het, nie niks, nie niks nie ” (27). Hyself sal dit, soos Dias, natuurlik nooit weet nie.

Die hoorspel wys op die beperkte insig wat die individu het. In teenstelling tot Dias word hieraan geen religieuse invulling gegee nie. Sowel Dias as Die vonnis wys daarop hoe belangrik die rol van respektiewelik Dias en Van Riebeeck was in die ontwikkelingsproses van suidelike Afrika. Hulle l aan die basis van alle verdere groei. Die twee tekste maak dit duidelik dat die individu, ondanks sy beperkte insig, tog ’n belangrike bousteen kan wees in die realisasie van iets groots. Implisiet word hierdeur die blanke kolonisasie van suidelike Afrika as positief voorgestel.

Die eerste voortrek is gesitueer in 1691 in die dae van die goewerneurskap van Simon van der Stel. Dit handel oor die verskillende ambisies van Willem en Abel, die twee seuns van ’n boer. Vir Abel besit die onherbergsame binneland ’n groot aantrekkingskrag. Hy sien dit as ideale skaapwreld. Dis sy droom om die binneland mak te maak en so van die Kompanjie wat net op geld belus is, weg te kom. Daarom wil hy ook nie na sy vader luister en terugtrek Kaap toe nie: “Hier sal ons ’n groot volk word, ons sal ’n land h soos Vader en die oumense nie van weet nie ” (38). Die vader sien ten slotte in dat dit die beste is. Maria is bereid om Abel se lewe te deel. Die rede is, betekenisvol, nie soseer Abel self nie, maar haar liefde vir die land en die skape.

In hierdie hoorspel kry twee kragte gestalte wat tot die ontstaan van die Boerevolk gelei het: die aantrekkingskrag van die land en die drang na vryheid. Dat dit ten koste gaan van die swart bevolking, lyk hom heeltemal te ontgaan. Die inheemse bevolking vorm geen bedreiging nie. Apools, ’n Hottentot, is ’n plaaskneg. Verder word ook na die Boesmans verwys. Hulle is skelm, maar ook mak: “Ek wens ek had die geweer gehad, dan het ek ’n bokkie vir hulle geskiet. Die ou nasie is almelewe honger” (33). Die moeder se enigste probleem met Abel se besluit is dat daar baie blanke diewe in die grensstreek woon: “Dis mense wat nie die vrees van die Here ken nie” (38).

Die vader hanteer uitsluitlik gesagsargumente om sy seun van sy plan te laat afsien: die eis tot gehoorsaamheid aan die wense van die vader, die wette van die goewerneur en die gebooie van die bybel. Vir Abel is sy droom so sterk dat die inroep van die blanke patriargale gesagsinstansies hom nie kan oortuig om dit te laat vaar nie. Sy drang tot selfverwesenliking laat hom nie aan bande l nie. Abel slaan nie eers ag op sy vader se beroep op die bybel nie: “Julle sal wegtrek uit die land wat die Here vir ons gegee het. Julle sal gevare ingaan. En Hy sal Sy hand nie oor julle uitstrek nie. Daar sal bloed wees!” (38). In wanhoop vra die vader aan God om sy seun tot gehoorsaamheid te dwing. Abel gee egter nie in nie, waarop die vader aanvaar dat hy sy eie pad loop: “S het ek teen goeie raad my vaderland verlaat. En dit moet ek s: die Here was tot nou toe nog met my. Ons moet vra dat Hy vir jou ook sorg. En jy moet nie wild word nie” (42). As afskeidsgroet haal die vader Abraham se woorde aan Lot aan, waarmee hy te kenne gee dat hy verdere familie-onenigheid wil vermy en aandui dat nie net die Kaap nie maar die hele land deur God vir hulle bestem is.

Insiggewend is die abrupte verskuiwing van Goddelike afwysing tot Goddelike goedkeuring. Wat eers teen die wil van God is, word sommerso omgebuig tot die uitvoering daarvan. Hier het ’n kern vir ’n dramatiese konflik geskuil wat Van Wyk Louw onontgonne gelaat het. As gevolg hiervan verloor die hoorspel sy slagkrag. Ongehoorsaamheid is met die mantel van die ouerlike liefde bedek, opstand teen die wetlike gesag as geregverdig voorgestel, en die verdere inbesitname van grond deur middel van bybelsitate van ’n Goddelike fiat voorsien. Die inwykeling het in ’n handomdraai tot ’n heerser uitgegroei; die regmatigheid van sy strewe het uit die bloute onaanvegbaar geword.

Die eerste voortrek is geskryf vanuit ’n suiwer blanke, historiese perspektief wat met bybelaanhalings onderskraag word. Dit trek die lyn van Die dieper reg verder deur.


4 Die bitter groei tot ’n volk
Die Groot Trek het gelei tot die stigting van die twee Boererepublieke. Kruger breek die pad oop en Die pluimsaad waai ver of bitter begin (1972) handel oor hierdie fase van volkswording.

In Kruger breek die pad oop word die omvorming van Transvaal tot ’n eengemaakte nasie waar wetlikheid heers, beskryf. Verskillende faksies beveg mekaar voortdurend. Die gesag van die Volksraad en van die Geregshof word nie erken nie. Kruger maak ’n einde aan die chaos deur almal tot aanvaarding van die wetlike gesag te dwing waardeur ’n volk gesmee word wat in vrede kan leef en groot dinge verwesenlik. Die taak van Kruger is swaar, maar hy glo onvoorwaardelik in die regmatigheid van sy saak en laat dit aan God oor om oor sy optrede te oordeel. Kruger is ’n man uit een stuk wat nie wil buig vir die teenstand nie. As drama mis Kruger breek die pad oop egter spanningskrag, omdat Kruger sy teenstanders gewoonweg vermorsel. Alleen die enkele oomblik van selftwyfel en die besef van die swaarte van sy taak gee hom ’n beperkte mate van kwesbaarheid.

Kruger se perspektief domineer die drama. Dat ook Schoeman, een van die kwaaiste teenstanders van Kruger, van dieselfde argumente gebruik maak, naamlik ’n beroep op reg en geregtigheid en op die volksbelang, kry nie verdere aandag nie. Is dit Kruger se vertroue op God wat hom laat sevier? Hoekom is Schoeman verkeerd en Kruger reg? Vir Van Wyk Louw is dit ongetwyfeld deurslaggewend dat Kruger se optrede tot volkswording gelei het. Kruger breek die pad oop is ’n sterk pleidooi vir eenheid onder die Afrikaners omdat dit in die belang van die volk is.

Sowel die noodsaak tot saamstaan as die ondergeskiktheid van die individuele aan die algemene belang soos verteenwoordig deur die wetlike gesag, word baie sterk benadruk. Vir hierdie saak word selfs die bloed van volksgenote vergiet. Kruger stel nadruklik dat die individu allereers die wet moet gehoorsaam en dat die oordeel oor die regmatigheid daarvan aan God moet oorgelaat word: “Die wetteloosheid moet uit hierdie volk uitgebrand word. Soos Sodom en Gomorra sal die vuur op ons moet val. Maar dis vir my verskriklik dat die Here my gekies het om dit te doen” (73). Kruger versaag nie: “dit is vir my volk, vir my volk se behoud dat ek hierdie werk moet doen ” (66). Hy slaag ook daarin: “Ons volk is klein. Aan weerskante l gevaar. Maar nooit weer moet ons teen mekaar die wet in eie hande vat nie. Miskien sal daar dan sen kan kom” (76). Kruger stry sy stryd vir wet en orde onder die vaandel van God. Wetlikheid en geregtigheid val daardeur implisiet saam.

In Die dieper reg en Die eerste voortrek is dit definitief nie die geval nie. Abel gaan teen die verordening van Simon van der Stel en teen die gesag van sy ouers in om sy eie toekoms uit te bou. In Die dieper reg word die voortrekkers deur die Aanklaer beskuldig van “wetloosheid en eie sin” (19). Hulle neem hul lotsbestemming wat tot volkswording sou lei, in eie hande. Volkswording is ook die dryfveer in Kruger se optrede. Hy moet die ideaal van volkwees egter op ’n heel ander manier probeer verwesenlik, naamlik deur die belang van die wetlike gesag wat demokraties gekies is, voorop te stel.

In Die dieper reg, Die eerste voortrek n Kruger breek die pad oop staan die ontwikkeling tot volk voorop. Dit is Van Wyk Louw se sentrale gegewe. Die argumentasie word telkens aangepas om die totstandkoming van die Afrikanernasie te regverdig. Vandaar dat, na gelang van die omstandighede, gebruik gemaak word van totaal ander argumente, wat mekaar herhaaldelik teenspreek. Van Wyk Louw neem telkens ’n pragmatiese standpunt in om die belang van nasiebou en volkwees te bevestig. As ’n gevolg van die teenstrydighede ontbreek ’n samehangende visie oor reg en geregtigheid en oor die manier waarop die dade van ’n individu en van ’n volk beoordeel moet word.

Die pluimsaad waai ver of bitter begin is ’n opdragstuk wat Van Wyk Louw geskryf het ter geleentheid van die Republiekfeesviering in 1966. Die drama fokus op die optrede van president Steyn tydens die Anglo-Boereoorlog. Reeds die keuse van hierdie onderwerp is veelseggend. Deur die verlies van die oorlog het die Afrikaner ’n Britse onderdaan geword. Die swaar beproewings van die vroue en kinders in die konsentrasiekampe en die vergeefse heldedood van die burgers in die veld is n die oorlog aangewend om eenheid onder die Afrikanervolk te bewerkstellig, sodat dit as ’n hefboom tot politieke bemagtiging kon dien. Na die verkiesingsoorwinning van die Nasionale Party in 1948 word die herinnering aan die Anglo-Boereoorlog nog steeds opgeroep. Nou dien dit om die Afrikaner te waarsku dat hy die mag nie weer uit hande mag gee nie. Hy kan nie toelaat dat hy weer onderdruk word nie.

Van Wyk Louw het sy drama rondom president Steyn opgebou. Hy is die man wat deurheen die oorlog die sterkhouer van die Afrikaners was: “die siel van die vryheidstryd - die man wat moed gehou en die inspirasie gegee het wat mense gekeer het as hulle wou oorgee” (Steyn II 1998:1019). President Steyn word as ’n nuwe soort Afrikaner voorgestel: “Nie net plat Boer, soos ons s nie  waarom moet ’n Boer plat wees, waarom? Nie net eenvoudig, gelowig sterk, aartsvaderlik nie - laat ek uitpraat! Ek het gevoel: hier het die Afrikaner wsheid geword en intellek; gelyk of bo die Engelse se bestes, beskaafd; mr as hulle Milners en ander. Want ook nog goed van hart b die wysheid en verstand” (25).

Steyn moet teen allerlei weerstande ingaan: generaals wat dapper is, soos Cronj, maar deur hul koppigheid verkeerde militre strategie volg. Boere wat die stryd staak en selfs by die vyand aansluit, Bloemfontein wat beset word sodat die president tot voortdurende rondbeweeg verplig word, verkeerde keuses in verband met die Transvaalse myne en sy eie toenemende fisieke swakheid.

Steyn raak meer en meer in die nou, maar hy bly nietemin getrou aan sy belofte om nie die onafhanklikheid van sy republiek weg te teken nie: “Maar dan sal ons deur geen eed gebind wees nie. En as ons dag kom! As ons dag kom  dan is ons vry!” (78). Hy is rotsvas daarvan oortuig, al ken hy ’n paar momente van twyfel en moedeloosheid, dat die Afrikaner veg vir ’n regverdige saak. Op die ou end staan hy feitlik alleen, maar hy handel steeds in eer en gewete. Ondanks sy vasberadenheid raak hy nooit hoogmoedig nie. Hy is homself, in teenstelling tot Dias, deurentyd bewus van sy menslike beperktheid:

Ek bid u, Heer, laat dit nie ’n politikus se sekerheid wees nie;
laat dit selfs nie ’n staatsman se versekerdheid wees nie.
Ek is ’n sondige mens; my oordeel is vol van my:
vol van my wens, m eersug, my gebrk aan insig:
Ek: Steyn; ek arme, ellendige mens. (53)

In die loop van die drama demitologiseer Van Wyk Louw die optrede van die Boere in die Anglo-Boereoorlog. Hy vestig veral die aandag op hul onenigheid en tweedrag, nie net oor die strategie wat gevolg moet word nie. Daar is Boere wat die nut van die stryd glad nie insien nie of tou opgooi en hensoppers en joiners word, soos Jan Visser. Hulle word selfs as die verantwoordelikes aangewys vir die afbrand van die plase en vir die oprigting van die konsentrasiekampe. Ook Grootvader Visser, wat te oud is om self te gaan veg, pleit vir oorgawe aan die Engelse. Hy verdedig sy standpunt met bybelsitate. Dat sowel die voor- as die teenstanders van die voortsetting van die oorlog hul argumentasie op die bybel stoel, suggereer natuurlik dat die bybel geen uitsluitsel kan bied nie. Van Wyk Louw gaan, soos in Kruger breek die pad oop, nie verder hierop in nie. Visser word tereggestel weens hoogverraad. Ook oor die aanknoop van die vredesonderhandelinge bestaan daar geen eensgesindheid in die Boerekamp nie. Boondien gedra die burgers te velde hulle nie altyd soos helde nie. Hulle is baie gretig om die stryd te laat vaar en na hulle plase terug te keer.

Die Engelse moet selfs vir die Boere as voorbeelde dien: “Generaal, ek wil h ons moet ’n volk wees soos n man, n wil, gehoorsaam, getrou tot die dood, gewillig om op te offer  So is die Engelse vandag. Ons nie” (40). Vir die dapperheid van Wauchope en Hannay het ook die Boere bewondering. Boondien is die Engelse soldate, soos die Boere, slagoffers van ’n vraatsugtige oorlogsmasjien: “Ons het ’n vyand van goeie mense - of, mense soos ons. Hulle word in hierdie oorlog gedryf soos geen volk nog ingedryf is nie. Hefoffers, toonoffers, brandoffers. Hulle n ons; vir wie? Die Here moet vir ons n vir hulle genadig wees” (38).

Van Wyk Louw bring op hierdie manier ’n meer genuanseerde benadering van die Anglo-Boereoorlog. Die pluimsaad waai ver of bitter begin wyk daardeur sterk af van die tradisionele voorstelling van die Anglo-Boeroorlog. Van Wyk Louw trek dit egter nie alte ver deur nie: die vrouens bly nog altyd standvastig; daar is nog altyd baie dapper burgers wat bereid is om hul lewe vir hul volk op te offer; Steyn is beginselvas en die Boerenasies veg ’n verbete stryd met die reg aan hul kant teen ’n oppermagtige vyand.

Die belangrikste strydpunt in die drama betref die voortbestaan as volk. Grootvader Visser en president Steyn neem hieroor radikaal teengestelde standpunte in. Vir Grootvader Visser bestaan die Afrikanervolk nie. Vir president Steyn gaan die oorlog oor die voortbestaan van die Afrikanervolk in vryheid. Uiteindelik besef selfs die Boeregeneraals dat verder veg sinloos is. Hulle wil die oorlog beindig om die Afrikanervolk te red: “Ons moet ons volk red: wat oorbly van ons volk. Dis nie nou hensoppers wat praat nie ” (77). Alleen Steyn bly egter onwrikbaar staan op sy eis van volle vryheid vir sy volk. Hy neem dan ook die besluit om Grootvader Visser te laat teregstel.

Van Wyk Louw suggereer dat juis hierdie prinsipile houding gelei het tot die eenwording en vrymaking van die Afrikanervolk. Die 1966-Republiekfees vorm die bevestiging en bekroning daarvan. Die begin was bitter, soos in Kruger breek die pad oop, maar die pluimsaad het uitgewaai, wortel geskiet en vermenigvuldig. Die pluimsaad waai ver of bitter begin is ’n pleidooi tot die Afrikaner om die verdeeldheid en bitterheid van die verlede te vergeet, om saam te staan en daardeur sterk te wees: “Maar: waar Steyn en De Wet was, het die republiek gelf! Bestaan! Geleef! ’n Pluimsaad wat gewaai is om te groei” (66). Trouens, die drama is ’n vertelling aan die seun van Jan Visser. Vanuit die staanspoor hoor hy dat die Afrikaner altyd al meningsverskille vergewe het. Daar word boondien deur die verteller regstreeks aan die gehoor geappelleer: “julle wat ryk en rustig lewe, wt julle hoe is daar gely vir ons eerste republieke? en kan julle self so ly as dit moet?” (43).

Geen wonder dat Van Wyk Louw hom verontreg gevoel het deur die kritiek van HF Verwoerd nie. Sy drama was bedoel as lojale ondersteuning: ’n onthou van die Anglo-Boereoorlog en ’n waarskuwing teen verdeeldheid. Sy demitologisering het nie die oogmerk gehad om die nasionalistiese ideologie te ontmantel nie, maar juis om dit te bevestig en te versterk. Die negatiewe reaksies wat die drama binne die nasionalistiese deel van die Afrikanergemeenskap teweeggebring het, berus op ’n verkeerde interpretasie van die inhoud daarvan.

Ook in Die pluimsaad waai ver of bitter begin ontbreek ’n brer historiese perspektief. Vandaar dat president Steyn nie tot ’n tragiese karakter kan uitgroei nie. Was sy beginselvastheid immers die juiste keuse? Was dit inderdaad die kiemsaad wat tot die ontvoogding van die Afrikaner gelei het? Juis die verdere ontwikkeling van die Afrikanervolk moes Van Wyk Louw bewus gemaak het van die relatiwiteit van die standpunt wat Steyn in hierdie geleentsheidsdrama inneem. Van Wyk Louw gee doelbewus ’n welbepaalde interpretasie van die Anglo-Boereoorlog om ’n nasionalistiese boodskap te kan oordra. Hierin l ook die fundamentele verskil met die meeste hedendaagse werke oor die Anglo-Boereoorlog. Die demitologisering wat daarin plaasvind, is uitdruklik bedoel om die nasionalistiese ideologie volledig te ontkrag en radikaal af te wys. Van Wyk Louw se drama, daarenteen, is ’n oproep om die geledere te sluit en beginselvas op te tree, want alleen daardeur kan die belange van die Afrikanervolk gedien word. En dis nog altyd nodig:

’n groot tyd
toe ons volk gesif is, of gebrei
of bo die loutervlamme gelaat brand,
maar geen volk het ooit rus van loutervlamme. (9)

Daar is baie ooreenkomste tussen Die pluimsaad waai ver of bitter begin en Kruger breek die pad oop. Daar is dieselfde oorgawe aan God se genade, dieselfde moeilike beslissings wat geneem moet word, dieselfde tweedrag, dieselfde beginselvastheid, dieselfde strewe na nasiebou, dieselfde vaste geloof in Goddelike uitverkiesing. Die verwikkeldheid van Die pluimsaad waai ver of bitter begin maak dit egter tot ’n oortuigender drama.

Dit kan egter nie beskou word as ’n ernstige besinning oor die sosiale en politieke probleme waarmee Suid-Afrika in die begin van die sestigerjare gekonfronteer was nie; daarvoor is dit te miopies gerig op die belange van die Afrikanervolk. In sy toespraak tot die Volksraad by die uitbreek van die oorlog l Van Wyk Louw president Steyn die volgende woorde in die mond:

Ek praat met elkeen in Suid-Afrika, met Engelse ook, met bruin en swart: as hierdie mag wat nou dreig om die Afrikaner neer te slaan, finaal gaan wen - as die goud-lus wat oorgegaan het tot moordlus - as daardie mag finaal wen, dan sal elkeen in hierdie land, blank, bruin en swart die slawerny voel toesak. ns is maar die dyk teen die vloedgolf. Miskien is ons die kind wat aan Molog geoffer word. (17)

Selfs in 1966 moet hierdie woorde, in elk geval buite die Afrikanergemeenskap, nie meer baie geloofwaardig geklink het nie.

In sy historiese dramas belig Van Wyk Louw verskillende fases uit die Afrikanergeskiedenis om aan te toon hoe moeilik die pad na volkswording is. Hulle is doelbewuste pogings om tot hierdie proses by te dra en is daardeur in die eerste plek refleksies oor sy eie tyd waarin ook die noodsaak van saamstaan teen die bedreiging van verskillende eksterne en interne vyande baie sterk gevoel is. Die gebrek aan nuansering en kritiese afstandname waarmee die proses van volkswording bespreek word, maak hierdie dramas baie eensydig. Is die propagandistiese instelling van Van Wyk Louw ook die rede hoekom sy tekste telkens gesoleerde episodes uit die verlede behandel en nooit ’n brer perspektief aanbied nie? ’n Omvattender Suid-Afrikaanse en historiese invalshoek sou onvermydelik ’n ander kyk op volkswording genoodsaak het.

5 Die volle ontwikkeling van ’n volk
In twee dramas speel Van Wyk Louw in op die selfvoldaanheid in ’n samelewing wat gepaard gaan met die besit van status en mag.

Die komedie Koning-Eenoog of nie vir geleerdes is in 1963 uitgegee. Dit handel oor Bokkh, ’n meesterbedrier-kunsskilder wat in ’n klein universiteitstad ’n skare bewonderende aanhangers vind. Bokkh buit die swak kante van die mens, en veral sy verwaandheid, tot sy finansile voordeel uit: “... klein skoolgeld vir u akademiese ydelhede, here. Sulke volwasse, vol-in-die-blom kampioen-ydelhede het ek nog nie by  kunstenaars gesien nie. Ek is die aasvol wat aas op julle ydelheid. My soort sal daar wees solank as jou soort bestaan” (57). Hy deursien almal en koester net simpatie vir Massie, die niggie van die rektor, wat haar eie ongekunstelde self is. Sy is die enigste een wat nie toneel speel nie. Al die ander het spelers in hulle eie lewens geword en het, in teenstelling tot Bokkh, vergeet dat daar ook ’n ander lewe is: “eg, uit die hart, ’n hl lewe, nie ’n legkaart nie” (58). Bokkh is verplig om die hasepad te kies. In die universiteitstad gaan die lewe gewoon verder.

Van Wyk Louw dryf die spot met die parvenu’s wat net in hulle eie persoontjies belangstel. Hy laat die Afrikaner met homself lag. Van Wyk Louw skets met ’n rowwe palet ’n aantal karikatuuragtige personasies wat hy in lagwekkende situasies plaas. Daar is egter te min subtiliteit en te min intrige, sodat Koning-Eenoog of nie vir geleerdes tot ’n klug verskraal.

Berei in die woestyn (1968) is ook ’n opdragstuk wat by die eenmalige Fees van die Grond in 1968 opgevoer is. Dit pas die bybelse situasie wat in Jesaja beskryf word, toe op die Afrikaner in Suid-Afrika. Hy is welgesteld en ken vrede. Tog gaan dit nie goed met die volk nie. ’n Profeet wys aan die heerser uit dat daar groot fout is:

paleise gebou
en nie u land bewaar nie:
die land, die erfgoed
van u en die lang geslagte. (5)

Na die profeet se woorde word eers nie geluister nie. Sy sinnepoppe wat die sondes van die volk voorstel: Verwatenheid, Oordaad, Versekerdheid, en Traak-nie, word as opligters weggehoon totdat Droogte en Hongersnood hul werk begin doen. Die volk volg eers slaafs sy leier, maar as moeilike tye aanbreek, begin al gou die kritiek toeneem. Uiteindelik besef die leier die waarheid in die profeet se woorde dat die relasie tussen mens en natuur heeltemal versteur is:

di aarde het julle misbruik
Nee, nooit eers aan gedink nie!
Haar bosse vernietig;
haar weiveld laat kaal wei,
gierig, deur te veel vee 
Kyk, hoe staan Tafelberg kaal:
waar is haar geelhoutbos? (32)

Die belofte word gemaak dat dinge sal verander:

Dan sal ons hierdie land
weer h soos nooit tevore,
ni soos hotelgaste verkeer nie! (35)

Almal moet bydra tot die nuwe benadering. Elkeen dra sy verantwoordelikheid, sodat die aarde kan wees “die ewebeeld van die Tuin” (39).

As sinnespel is Berei in die woestyn nie oortuigend nie, omdat die figure nooit tot lewe kom nie. Boondien is die skielike mentaliteitsverandering as gevolg van droogte en hongersnood glad nie geloofwaardig nie. Daar is ’n oormaat van bekeringsdrif in hierdie allegoriese drama. ’n Religieuse argumentasie word daarby gent op ’n ekologiese een.

Van Wyk Louw het dit uitsluitlik oor die relasie mens/Boer-grond. Die uitputting van die grond is natuurlik onder andere die gevolg van die droom van Abel in Die eerste voortrek om met kuddes skape wat “so wit uitvlek teen die rant” (33) te boer. Die relasie koloniseerders en gekoloniseerdes, basies ook ’n grondkwessie, kom glad nie ter sprake nie. Berei in die woestyn getuig van ’n ekologiese bewussyn avant la lettre, maar bly vasgevang binne die grense van die Afrikaner-leefwreld. Word in die natuur die Suid-Afrikaanse werklikheid ontvlug?

Hoewel Germanicus (1956) en Dagboek van ’n soldaat (1961) nie oor Suid-Afrika handel nie, is dit tog belangrike refleksies oor die verantwoordelikheid van die maghebbers en van die individu in sy relasie tot politieke gesag en mag.

Soos in Die dieper reg, staan ook in Germanicus daadkrag en lewe in geregtigheid voorop. Germanicus is die antiheld wat tot daadloosheid gedoem is. Wat in Die dieper reg nog veroordeel word as die “dieper smaad van dadeloosheid” (14), is vir Germanicus ’n leefwyse. Waar die voortrekkers in die daad self geregtigheid gevind het, is dit vir Germanicus onmoontlik om daadkragtig op te tree, ondanks die feit dat hy oor die vermo beskik om die wreld tot ’n beter plek te maak, soos Clemens aandui:

maar skielik was ek vry: ek het gevoel
hier is ’n meester, leier vir die wreld,
hier kan ek volg en sonder slaaf te voel.
Ek het gemeen dat hy sou Caesar word
en Rome en die aarde nuut maak, skoon
en heerlik - en dat ek ook mens kan word. (78)

Germanicus doen egter niks nie. Hy word verlam deur die verwikkeldheid en die relatiwiteit van alles. Daar is vir hom geen finale sekerhede meer nie en alle beskawings het verdienstes. Die term “barbaars” is nie inherent verbonde aan ’n bepaalde groep nie; dis eerder ’n geestesgesteldheid, ’n gedragsvorm. Dis boonop nie eers seker dat die Romeinse samelewing sal bly bestaan nie. Dit sal waarskynlik verval en verdwyn. Hierdie opvatting oor volkwees staan diametraal teenoor die belofte van ewige voortbestaan vir ’n volk in Die dieper reg.

Germanicus sien in dat die Ryk van Rome op fondamente van klei gebou is, op “die haat en bitterheid van ons volke, slawe ” (80). Hy besef dat Rome hierdeur ondergrawe word en op die ou end sal moet ineenstort:

di slawe hier,
dis mense, Caesar, dapper en eenvoudig;
s moes ek duisende uit Germani bring.
Wat maak ons van hulle? gee ’n orde, ’n rus
wat al die ruimte, al die menslikheid omknel.
Is daar geen uitkom-kans? moet ons net moor?
totdat hl aan ons kele gryp?, en dn
moord stel teen haat, verskrikking teen die skrik?
slaan tot hulle steier, neerslaan di wat steier?
self in die bloedige sirkel wentel, m
en m; en nrens mens-word: ns nie, hl nie -
ons met ons trots nie, hul nie met hul haat  (81)

Sou Van Wyk Louw die draagwydte van hierdie woorde besef het? Om die ideaal van menslikheid te bereik, is daar egter ’n daadkragtige leier nodig wat ’n menswaardige samelewing wil tot stand bring. Germanicus is ’n drama oor die politieke verantwoordelikheid van die heerser en oor die basis waarop samelewings gebou moet word.

Teenoor die donker visie van Tiberius wat die dom en wilde mensheid deur wreedheid en geweld wil onderdruk om so ’n tydelike vorm van orde daar te stel, plaas Germanicus die helderheid wat vryheid en menslikheid inhou. Tiberius handel uit vrees om sy mag te verloor. Germanicus vrees nie omdat hy nie na mag strewe nie. Hy weier egter om in opstand te kom omdat niks eenduidig is nie:

Maar ls is ingewikkeld; selfs die daad
is nie, soos jy meen, enkeld; en die denk
sit knoop aan knoop gekoek. (100)

Die helderheid waarvan Germanicus die vergestalting is, kan net ideel of artisties bly. Sodra mens tot die daad oorgaan, raak korrupsie onvermydelik.

Germanicus tree, ondanks die groot verskil in vormgewing, in regstreekse dialoog met Die dieper reg. Van Wyk Louw lyk sy eie idees te herroep om by monde van Germanicus ’n lewe in geregtigheid voorop te stel. Hoewel dit hier om ’n historiese drama oor die Romeinse tyd handel, speel Germanicus in op die eietydse problematiek van Suid-Afrika. Dit stel die rol van die leier sentraal en gaan duidelik nie meer uit van die inherente geregtigheid van die suiwer daad nie.

Die verskillende interpretasies wat aan die begrip “Romein” gegee word, sluit hierby aan. Daar is die Ou-Romeinse ideaal en die nuwe invulling daarvan. Die eertydse republiek was ’n plek van vryheid, trots, pligsbewussyn en eerbaarheid. Onder die keisers het die Romeine tot kruideniers ontwikkel. Hulle het sag en week geword. Hulle het hul trots verloor. Die meeste Romeine het uit vrees of winsbejag ’n pragmatiese houding aangeneem. Die ou ideale moet weer in ere herstel word. Maar daar is min Romeine wat nog in hierdie ideale glo.

Is dit vergesog om dit alles ook op die Afrikaner van toepassing te maak? Was die keuse tussen pragmatiese optrede om oorlewing te verseker en helder handeling ook nie die belangrikste uitdaging vir die Afrikaner deurheen die twintigste eeu nie? Dis duidelik dat Van Wyk Louw met die herhaalde verwysings na “Romeine” hierdie taak sien as die opdrag vir ’n volk. Dis die volk wat onder leiding van ’n verligte heerser die pad van geregtigheid moet loop. Die nasionalistiese ideaal word nie meer as absolute daargestel nie, maar omgebuig tot ’n groter strewe. Die verskil met Die dieper reg kan nie groter wees nie.

Germanicus is ’n idedrama waarin Germanicus aan homself getrou bly. Hy tree konsekwent, tot die dood toe, op. Die spankrag van die drama is gele in die botsings van standpunte, in die genuanseerde weergawe van onversoenbare visies oor die samelewing en in die aanduiding van die verantwoordelikheid van maghebbers. Die drama lewer daardeur indirek kommentaar op die politieke optrede van die Afrikaner in ’n Suid-Afrikaanse konteks. Dit plaas die Afrikaner vir sy maatskaplike verantwoordelikheid, maar ontkrag tegelykertyd die moontlikheid tot daadwerklike optrede. As elke daad deur besoedeling aangetas is, word dadeloosheid die enigste eerbare opsie. Dis futiel om iets te probeer verander. Germanicus lyk daardeur te berus in ’n politieke status quo. Dit skets ’n baie pessimistiese beeld van die mens, van die lewe en van die maghebbers se vermo om ’n menswaardiger maatskappy tot stand te bring.

Die hoorspel Dagboek van ’n soldaat kan as ’n teenhanger van Germanicus beskou word. Dit is ’n opdragstuk wat op 4 Augustus 1961 deur die SAUK uitgesaai is. Die hoofkarakter is kaptein Gerardo de Torres. Hy hou ’n dagboek by oor sy betrokkenheid by die poging om sy eiland van die diktator Lobos te bevry. Gerardo is in diens van die versetsmagte. Die opstand is ingegee deur idealisme, naamlik om vir die bevolking geluk en vryheid te bring: “Die geluk van hierdie taak is byna groter as wat ek kan dra. Lt hulle bomme gooi! Ons sal die harte, die mense wen, en drn hulle bomme vernietig!” (4). Die opmars van die bevrydingsler word gestuit en hulle word omsingel in die hawestad Vera Cruz, waar hul situasie al hoe desperater raak. Gerardo beskou homself as skoon. Die bevrydingsler voer geen propagandaslag nie. Lobos, daarenteen, het sy mag gekry deur geweld, le beloftes en leuens.

Generaal Antonio Alonso, die opperbevelhebber van die bevrydingstroepe, begin egter onder die druk van Lobos meer en meer soos die diktator self op te tree. Hy gysel verdagte inwoners van Vera Cruz wat hy later laat doodskiet as teenreaksie op die geweld van Lobos. Gerardo stem nie met hom saam nie, uiter ook sy protes maar voer tog sy bevele uit, hoewel hy besef dat hulle besig is om ewe erg as Lobos te word. Alonso maak dit baie duidelik aan hom dat hy sy bevele moet uitvoer: “Ons is in ’n krisis. In ’n krisis moet elkeen sy eie gevoelens laat vaar en moet elkeen die bevel volg van die man wat die leiding het en die verantwoordelikheid dra” (35). Na die dood van Gerardo se vader, wat die leier van die versetsbeweging was, en die bekentenis van Maria dat sy ’n verhouding met hom gehad het, raak ook Gerardo self in die ban van die geweld.

Onder die invloed van Maria kom hy egter weer tot inkeer. Sy is ’n Katolieke meisie (sy wil selfs ’n non word) op wie Gerardo verlief geraak het. Sy glo in God en in die waarde van die gebed: “Maar dis tog eenvoudig: ons moet aan God glo, nie aan onsself nie - wat feilbare en sondige mense is ” (25). Sy is daarvan oortuig dat die individu die wreld beter kan maak. Mens moet net aan God gehoorsaam wees: “Net God kan s: jy moet aan My gehoorsaam wees, wt ook al” (32). Sy wys verder daarop dat iets gedoen moet word: “Dit is dit juis: ons moet doen“ (43). In die daad werk God deur die mens. Maria neem self die inisiatief deur voor die vuurpeloton te gaan staan om onskuldige lewens te probeer red. Sy word doodgeskiet. As Gerardo dit verneem, verander sy lewe: “Klaar is die haat. Klaar is alles wat nie liefde is nie” (50). Vanuit hierdie oortuiging rebelleer hy ’n tweede keer. Alonso word geskiet. Gerardo is nou reg om vir Lobos aan te vat: “Lobos ek hr jou. Nou kan ek veg - nou dat ons weer skoon staan. Vir ’n saak wat skoon is, kan ek alles verduur, alles waag, alles gee. Maria!” (57).

In hierdie stuk pleit Van Wyk Louw vir keuses wat op ’n christelike lees geskoei is. Die doel kan nie die middele heilig nie. Die dade van die mens moet teen die wil van God geweeg word. Net deur ’n eties verantwoorde optrede kan die gewenste resultaat bereik word. Onreg kan nie deur ander onreg ongedaan gemaak word nie. Anders raak mens ewe korrup as die magte wat bestry word. Dit geld in die eerste plek vir die politieke maghebbers. Dis hulle verantwoordelikheid om aan elke mens sy reg op ’n menswaardige bestaan, op vryheid en geluk te gee. Dagboek van ’n soldaat is ’n aanklag teen magsmisbruik en teen die middele waarvan maghebbers hulle bedien om ’n magsposisie te bereik en in stand te hou: propaganda, leuens, vals beloftes, nasionalistiese retoriek, geweld.

Dagboek van ’n soldaat roep onteenseglik eggo’s van Germanicus op. Waar Germanicus egter aandui dat elke vorm van totale mag noodsaaklikerwys korrup is en suiwerheid net behou kan word deur geen mag na te strewe nie en geen daad van opstand te stel nie, pleit Dagboek van ’n soldaat vir daadwerklike optrede. Net deur betrokkenheid kan die wreld verbeter word, selfs al beteken dit verset teen die wetlike gesag. Die heerser en die humanis word in Dagboek van ’n soldaat verenig.

Het Van Wyk Louw met hierdie drama gereageer op die politieke ontwikkelinge aan die begin van die jare sestig? Het hy duidelik wil maak dat die Afrikaner-politiekers hulle bewus moet wees van hul morele en maatskaplike verantwoordelikheid? Dat Dagboek van ’n soldaat, hoewel dit ’n stryd tussen volksgenote betref, handel oor die opstand teen ’n diktator, kry natuurlik in die lig van die swart versetstryd teen die apartheidsregime ’n sterk ironiese inslag. Het Van Wyk Louw die implikasies van die teneur van sy hoorspel besef? Is dit toevallig dat juis die dramatiese werke waarin die etiese problematiek die sterkste aan die orde is, juis nie in ’n Suid-Afrikaanse konteks ingebed is nie?

Die held het verskyn in 1962. Dit handel oor ’n episode uit die Tweede Wreldoorlog. Louis Girod, ’n inbreker, word deur die Duitsers verkeerdelik op verdenking van versetswerk in hegtenis geneem. Hy beken dat hy tot die verset behoort en word tot die dood veroordeel. In die o van sy vrou groei hy uit tot ’n held wat teen die besetter gestry het vir die vryheid van Frankryk. Girod besluit om te sterf om op hierdie manier vir sy kinders ’n toekoms te gee: met ’n inbreker as vader kan hulle net uitvaagsels word. Hy offer homself op vir sy gesin. Deur sy dood word hy in almal se o ’n versetsheld.

Die problematiek wat in die inleiding aangeroer word, naamlik dat Girod gely het aan “’n siekte van ons land en van ons eeu, ’n siekte waaraan ons almal siek is” (1), wat waarskynlik dui op die stereotipering van mense waardeur hulle nie meer kanse kry nie, en die vraag na die noodsaak van huldigings: “Moet ons aanhou met huldig, elke jaar, elke dag, sodat ons ons eie hart kan ondersoek na wat heldhaftigheid of die waan, die dwaasheid is?” (1), word nie verder uitgewerk nie. Die intrige en die karakters is onoortuigend en die punt wat gemaak word, onduidelik. Die verteller eindig soos volg: “Die heldedom, so lyk dit my, is, soos van die heiligheid ges word: ’n vreemde ingewikkelde ding. As ons trou is  Wraan is ons trou? Of maak dit saak?” (39). Is Girod deur sy opoffering vir sy gesin genoeg van ’n held? Wat is die verband tussen sy daad en die nasionalistiese interpretasie daarvan? Die dokter wat hom bygestaan het, sluit, genspireer deur Girod se daad, by die weerstandsbeweging aan. Girod figureer vir hom as ’n voorbeeld van iemand wat bereid is om sy lewe vir sy medemens op te offer.

Ook hierdie episode uit die Tweede Wreldoorlog word nie binne ’n groter raamwerk gesitueer nie. Die voorval word nie binne ’n spesifieke historiese konteks gesitueer nie. Die held word daardeur ’n abstrakte besinning oor die aard van die heldedom. Die slotsom bly egter baie onduidelik en problematies. Die verhaalontwikkeling is baie ongeloofwaardig en die ironie in verband met die teregstelling van Girod word nie uitgewys nie. As gevolg hiervan vind geen kritiese besinning plaas oor helde en die heldedom nie, ng word die diskussie deurgetrek na die geskiedenis van Suid-Afrika wat tog ook sy magdom aan helde opgelewer het.

Die hoofkarakters uit Lewenslyn en Asterion vertoon ’n sterk verwantskap met die absoluteheersersfigure uit die ander dramas van Van Wyk Louw in hul uitdagende, niemand en niks ontsiende ongenaakbaarheid. Lewenslyn is ’n “elckerlyck”-drama oor die verwagtings van die mens oor die lewe. Esme wil die hoogste bereik. Sy is nie tevrede met die deurdeweekse nie. Sy wil absoluut lewe. Iets bereik. Sy maak alles en almal aan haar wil ondergeskik. Sy wil ook h dat mense volledig aan haar toegewy moet wees. Is dit nie die geval nie, dan dryf sy hulle die dood in. Sy is gewetenloos. As die mense van haar sirkuswreld haar in die steek laat, het sy nie ’n ander keuse as om haar eie lewe te neem nie. Lewenslyn is ’n drama oor menslike versugtings wat nie vervul word nie: “Ek wou skoon, hoog, ek wou rein, ek wou heilig gelewe het. Nie s eindig  nie so, so verskriklik in die niks en die wrok eindig nie!” (11).

Lewenslyn is ook ’n drama oor die onvermo van die mens om wesentlik te verander. Sy lewenslyn l onherroepelik vas. Lewenslyn gee aan dat daar nie eintlik iets soos ’n vrye wil bestaan nie: “Ken jy die ou grap van die man wat ges het: Aai, die diere het tog goeie name, regte name gekry; kyk, ’n buffel is mos sommer ’n buffel; en ’n vark is mos sommer ’n vark; en ’n wielewaal is ’n wielewaal  en ’n koester is sommer niks anders as ’n koester nie; en ’n elsbek: is hy nou iets anders as ’n elsbek? Heerlike gedagte. Al begryp niemand niks nie” (39). Hierdie voorstelling gaan lynreg in teen Dagboek van ’n soldaat waarin Maria deur haar geloof volledig vry is.

Asterion is ’n libretto vir ’n radiofoniese opera. In die “Opsomming van die verhaal” skets die skrywer die inhoud daarvan. Die kern is die onvergenoegdheid van die prinses en haar hofhouding met hulle eentonige en vervelige lewens. Op hulle versoek vir ’n nuwe wonder skep die ou magir ’n homunculus, ’n nuwe magir, wat homself as volmaak beskou en die hele wreld perfek wil maak. Hy wil soos ’n god wees. Die prinses besef ten slotte dat die nuwe magir die lewe self onmoontlik maak en dat hy moet verdwyn. Volmaaktheid is onleefbaar. Die magiese is eintlik die lewe en die mens self:

Nou neem ek dit aan:
die bitterheid:
wisselvalligheid en snel vergaan. (59)

Die opera is oorlaai met simboliek en simboliese karakters. Dit word daardeur ’n bloedlose idedrama. In die figuur van Asterion gee Van Wyk Louw weer eens gestalte aan die tipe heersersfiguur wat vir niks of niemand ontsag het nie - hy onderwerp almal aan sy wil. Sy teenstanders is karakters wat die beperkings van menswees as die wesenskenmerk van die lewe aanvaar.


6 Volk en samelewing
Ook Die val van ’n regvaardige man hou geen verband met die Afrikaner se geskiedenis nie. Maar deur die aandag vir die problematiek van reg en geregtigheid sluit dit direk aan by die hor besproke dramatiese tekste. Die hoorspel illustreer boondien wat die fundamentele probleme met die dramatiese werk van NP van Wyk Louw is, naamlik die gebrek aan ’n prinsipile standpuntinname en die vaagheid van die standpunte wat ingeneem word.

Die val van ’n regvaardige man het ’n baie ho Dias-gehalte. Die hoofkarakter is ’n man wie se dogtertjie van nege verkrag en vermoor is. As die regbank die beskuldigde by gebrek aan bewyse vryspreek, skiet die vader die aangeklaagde dood om geregtigheid te laat sevier. Hy word self veroordeel, maar verneem in sy tronksel dat die ware dader in hegtenis geneem is. Die skok dat hy verkeerd was, laat hom ’n sondige mens voel: “hierdie klein sel: dt is die juiste maat van my vryheid: so klein is ek. Die Here het dit pasklaar gemaak vir my: dit pas my soos ’n goei pak. Hy wou my nederig maak: vol vrees vir Hom, ’n eenvoudige van gees, ’n wurm voor Sy Aangesig” (40). Die vader is, soos Dias, verneder omdat hy God wou wees. Hy kom tot insig en gee homself heeltemal aan God oor, in teenstelling tot die ware Skuldige wat hom bo alles verhewe voel.

Maar wat is die boodskap van hierdie hoorspel? Dat ’n mens nie die reg in eie hand mag neem nie en maar op die regbanke moet vertrou? Dat die mens homself as ’n sondaar moet beskou: “ek was die eerste sondaar wat ek na moes gesoek het” (39)? Dat verootmoediging vir God alles weer regmaak? Dat daar goeie mense is, naamlik hulle wat God erken, en slegtes, hulle wat soos God wil wees? Dat ons nie kan weet wat reg en geregtigheid is nie? Dat God aan die mens slegs ’n beperkte vryheid mag gee?

Die vader het, hoewel hy nie heeltemal onbesproke is nie, ’n daad gepleeg waarvan hy gedink het dis ’n daad van geregtigheid. Die erkenning deur die skuldige maak dit egter tot ’n onreg. Sou die vader se daad sonder die skuldbekentenis van die dader regverdig gewees het? Die titel lyk dit in elk geval te suggereer. Moes die vader hom nie neergel het by die uitspraak van die regbank nie? Doem die erkenning van die mens se beperkte insig die individu tot dadeloosheid? Hoe weet die mens trouens wat God se wil is? Die hoorspel roep meer vrae as antwoorde op. Dit wys op ’n volstrekte onduidelikheid in die verwoording van die problematiek.

Wat vir Die val van ’n regvaardige man geld, is van toepassing op die hele dramatiese oeuvre van Van Wyk Louw. Steeds rys ’n hele aantal vrae op waarop geen afdoende antwoorde gegee word nie. Hoekom is die voortrekkers, Paul Kruger, president Steyn, Abel en kaptein Gerardo reg? Hoekom is Dias en die vader verkeerd? Is dit net omdat die eersgenoemdes hulself as sondige mense oorgee aan die genade van God? Kan iemand se geloof sy dade verskoon? Het die geskiedenis dan nie die dade van die voortrekkers, van Paul Kruger, van president Steyn en van Abel as problematies of selfs as verkeerd bewys nie? Is dit nie omdat Van Wyk Louw hulle uit hul brer historiese verband gelig het dat hulle ’n selfregverdigende onaantasbaarheid gekry het nie?

Van Wyk Louw gee, na gelang van die situasie, telkens ander antwoorde op die vraag hoe ’n volk of ’n individu in reg en geregtigheid kan lewe. Hy hou die ideaalbeeld voor van ’n skoon, regverdige en menslike wreld waarin ’n volk tot volle ontwikkeling kan kom en die individu vryheid en geluk kan geniet. Hy neem egter nie ’n duidelik geformuleerde en prinsipile moreel-etiese standpunt in oor die vraag hoe om hierdie ideale wreld te realiseer nie. Van Wyk Louw gee wel aan dat die mens sy vertroue in God moet stel, maar dit lei in verskillende situasies tot telkens ander antwoorde. As gevolg hiervan word die dramatiese tekste van NP Van Wyk Louw nie deur ’n eenheid van visie saamgesnoer nie. Hulle fungeer as afsonderlike tekste. Dis eers uit die vergelyking tussen die dramas dat die onduidelikhede, inkonsekwenthede en teensprake duidelik na vore kom.

In die dramatiese tekste self is hierdie problematiek skaars aan die orde. Meestal bied hulle pasklaar maar ook uiters vae antwoorde op verwikkelde probleme. Die oplossings wat aangereik word, kry ’n absolute waarde. Vir nuansering is daar nie plek nie. Hierdeur kry die meeste tekste ’n propagandistiese inslag. Hulle bring ’n eenduidige boodskap.

Die karakters word nie deur twyfel oorman nie; hulle is vas oortuig van hul gelyk. Selfs Germanicus is standvastig in sy passiwiteit. Van Wyk Louw se dramatiese werke beeld nie mense uit wat deur morele of ander dilemmas gepla word nie. Dis juis in hierdie opsig dat hulle fundamenteel as dramas tekortskiet. Daar is geen interne konflik wat spankrag gee nie, net eksterne obstakels wat oorwin moet word, wat gewoonlik sonder veel probleme gebeur. Die dramas ken geen ontwikkeling nie, net ’n afloop. Dis allesins die geval in die tekste wat oor die hindernisse op die pad na volk-wees of volk-wil-wees handel. Die uitkoms is telkens uiters voorspelbaar. Hierdie dramas is draers van Van Wyk Louw se nasionalistiese oortuiging waarop hy hom steeds beroep het, ook na sy uitval met HF Verwoerd:

As iemand s ek is ’n vrot skrywer, haal ek my skouers op - wie is ek om te oordeel? Maar as my Afrikanerskap in twyfel getrek word, kan dit nog seer maak, bitter seer  As gevra word om jonger digters wat eg nasionaal sing, kan een maklik s: ‘Wat het gebeur met Van Wyk Louw, wat dit al dertig jaar probeer doen?’ (Aangehaal in Steyn II 1998:1046)

Juis omrede van Van Wyk Louw se maatskaplike en politieke aktivisme is dit verwonderlik dat hy nie vashou aan ’n vaste eties-morele kode nie. Sy wisselende standpuntinnames het te make met sy nasionalistiese oortuiging. Volkswording is dan die finale toetssteen, nie die eis van ’n eties-morele optrede nie. Dit verklaar ook hoekom Van Wyk Louw geen oog het vir die interne kontradiksies in sy tekste nie: die opponerende partye wat hulle op dieselfde God en volk beroep om hulle gelyk te probeer haal. Hy kies steeds die kant van die kragte wat volkswording in die hand werk. Die reg op volk-wees val vir Van Wyk Louw saam met ’n dieper reg, sodat daar in sy o in feite geen breuk ontstaan tussen die eis tot eties verantwoorde optrede en die strewe na volkswording nie. Tog word in Germanicus en in Dagboek van ’n soldaat die problematiek van ’n eties verantwoorde optrede sentraal gestel en losgekoppel van ’n nasionalistiese strewe. Die twee tekste gee totaal teengestelde antwoorde.

Van Wyk Louw se dramatiese tekste hou aan die Afrikanervolk ’n spiel voor. Hulle wys voortdurend op die moeilikhede op die pad na volkswording. Sy dramatiese werk is geskryf vanuit ’n nasionalistiese perspektief oor temas wat net vir die Afrikanergemeenskap relevant is. Dikwels speel die handeling hom op ’n abstrakte vlak af, of is dit gesitueer in ’n ander plek of tyd. Die antwoorde wat aangereik word, is vaag, dubbelsinnig en soms teenstrydig. Van Wyk Louw se dramas handel nooit regstreeks oor die akute maatskaplike probleme van sy tyd, soos die rasseverhoudinge of die demokratiese regte van die ander bevolkingsgroepe, nie.

Tog is daar aansette tot kritiese refleksie deur die aandag vir die vraagstukke rondom reg en geregtigheid. Die kritiek wat daar is, word altyd baie versigtig geformuleer, bly baie omfloers en word nooit op die Afrikaner-politiek van die dag van toepassing gemaak nie. Van Wyk Louw tas die grense van Afrikaner-nasionalisme af sonder om hulle te deurbreek of te oorstyg. Vir die katastrofale gevolge van apartheidspolitiek vir die ander bevolkingsgroepe het hy geen oog nie. Dat die opdrag tot reg en geregtigheid nie mag beperk bly tot die eie volk nie, maar konsekwent moet toegepas word oor die hele kleurspektrum van die Suid-Afrikaanse samelewing, is in sy dramatiese tekste nie aan die orde nie. Dis uiters ironies dat waar Van Wyk Louw verset en opstand teen die onreg wat ’n volk aangedoen word as ’n reg beskou, hy dit net op die Afrikanervolk van toepassing maak.

Presies omdat die dramatiese werk van Van Wyk Louw fokus op die maatskaplike en politieke verantwoordelikheid van die maghebber en op die individu se relasie met die gesagsinstansies, is dit haas onbegryplik dat hy nie ook die brer Suid-Afrikaanse samelewing en die Afrikaner se verhouding met en behandeling van die ander bevolkingsgroepe in sy dramas betrek het nie. Dit lyk asof Van Wyk Louw se nasionalistiese simpatie hom blind gemaak het vir die groter Suid-Afrikaanse realiteit. Of was hierdie problematiek net te delikaat om in alle openheid binne die Afrikanergemeenskap behandel te word?

Die politieke terughoudendheid, die beperking van die fokus tot hoofsaaklik die Afrikanergemeenskap, die inhoudelike vaagheid, die onaanvaarbare stellinginnames, die afwesigheid van ’n koherente visie, die tekort aan interne dinamiek, die gebrek aan spankrag, die dikwels onbevredigende opbou en die simboliese vormgewing lei daartoe dat die dramatiese werk van Van Wyk Louw baie verouderd aandoen en deesdae eintlik onopvoerbaar is. Die literre verdienstes van Van Wyk Louw l definitief nie in sy dramatiese oeuvre nie.


Bronnelys
Louw, NP van Wyk. 1938. Die dieper reg. Kaapstad: Nasionale Pers.
Louw, NP van Wyk. 1952. Dias. Kaapstad: Tafelberg.
Louw, NP van Wyk. 1956. Germanicus. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Louw, NP van Wyk. 1961. Dagboek van ’n soldaat. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel.
Louw, NP van Wyk. 1962. Die held. Johannesburg: Afrikaanse Pers.
Louw, NP van Wyk. 1963. Koning-Eenoog of nie vir geleerdes. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Louw, NP van Wyk. 1965. Asterion. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1966. Kruger breek die pad oop. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1966. Die vonnis. In Kruger breek die pad oop. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1966. Die eerste voortrek. In Kruger breek die pad oop. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1968. Berei in die woestyn. Kaapstad: Nasionale Boekhandel.
Louw, NP van Wyk. 1971. Lewenslyn. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1972. Die pluimsaad waai ver of bitter begin. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1974. Blomme vir die winter. Kaapstad: Human & Rousseau.
Louw, NP van Wyk. 1976. Die val van ’n regvaardige man. Kaapstad: Human & Rousseau.
Steyn, JC. 1998. Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal. Kaapstad: Tafelberg.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.