SeminaarKamer - dinkruimteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Kos en Wyn /
Food and Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
This table is 9.2 mm thick, is replica watches online a relatively slim watches, with automatic movement, more importantly, it is fake rolex watches equipped with 1150 core, with 100 hours of fake rolex power storage, is a long dynamic table does not swiss replica watches see more regular table in paragraph.

Uit die Argief (Rapport, 6 Mei 1973, bladsy 16):

Vergewe Bram, vra Uys

Uys Krige, Onrusrivier, Kaapstad, skryf:

As iemand wat Bram Fischer veertig jaar lank ken, kan ek nie anders nie as om heelhartig die versoek aan ons Regering te onderskryf van 'n groep bekende Suid-Afrikaners om nou, nŠ sewe jaar se gevangeneskap, aan Fischer amnestie te gun.

Ek het Bram in 1933 in Oxford ontmoet. En ek onthou nog goed watter sterk indruk hy dadelik op my gemaak het, as mens en as hoog begaafde jong student.

Nie lank daarna nie is hy met my niggie Molly Krige van Pretoria getroud. Toe albei ons families voor, tydens en nŠ die oorlog in Johannesburg gewoon het, het ek dikwels by die Fischers aan huis gekom.

Dit was een van die die gelukkigste en mees voorbeeldige huwelike waarmee ek in my lewe kennis gemaak het. En Bram en Molly het hul geluk aan andere uitgedeel - veral aan diť wat dit baie nodig gehad had.

Laat my toe om net een voorbeeld te gee van hul bedagsaamheid, hul gulhartigheid, hul vrygewendheid. NŠ die oorlog in Europa moes ek in Egipte agterbly tot byna 'n jaar nŠ die Europese vrede, naamlik tot Maart 1946.

Gedurende die laaste paar maande van die tydperk het Bram en Molly my vrou, Lydia, genooi om om met ons twee kinders by hulle te kom woon, "Tot Uys terugkom," het hulle gesÍ. "En dan kan die vier Fischer- en Krige-kinders saam speel," het hulle bygevoeg.

So het ek op die dag van my uiteindelike terugkeer my seun Taillefer, toe reeds veertien maande oud, die eerste maal gesien soos hy na my uitgehardloop kom uit Bram-hulle se huis in Johannesburg.

Ek meen dus ek kan met vrymoedigheid sÍ ek het Bram soos 'n broer geken en hom soos 'n broer leer liefkry ... Want 'n mens kon nie anders nie, hy was die ene goedheid ... En ek is seker hy is dit nog.

Van hom kan dit seer seker gesÍ word dat sy karakter 'n sekere adel het.

Die geskiedenis het ons geleer dat die begrip van hoogverraad of sy aanverwante vorms nogal taamlik betreklik is. Die een geslag - of selfs in bepaalde gevalle in die verlede, 'n dekade - kyk nie met dieselfde oŽ na hierdie hoogs ingewikkelde vraagstuk, as die ander geslag op dekade nie.

En dit lyk asof verskeie van ons regerings gedurende die afgelope sestig jaar hierdie feite wel deeglik in ag geneem het deur 'n veroordeelde weens hoogverraad, of 'n ander ernstige vergryp teen die staat, nŠ 'n sekere tydperk van gevangenisskap weer op vrye voete stel.

Die merkwaardigste voorbeeld hiervan is seker die geval van die onvergeetlike genl Christiaan de Wet. Tot ses jaar se tronkstraf veroordeel vir sy aandeel in die rebellie van 1914, is hy elf maande later vrygelaat, ook om gesondheidsredes, is destyds beweer.

En was daar nie etlike duisende rebelle wat in gewapende opstand teen hulle wettige regering gekom het nie en toe nŠ hul oorgawe Úf huis toe gestuur is Úf slegs 'n kort tydjie in die tronk deurgebring het?

Dan was daar ook in later jare die gevalle van Robey Leibrandt en Erich Holm. Albei is deur ons huidige regering begenadig nadat hulle net 'n gedeelte van hul gevangenisstraf uitgedien het.

Holm het jare lank elke dag vyandige propaganda in Afrikaans uitgesaai teen sy land, destyds gewikkel in 'n stryd om lewe en dood teen die magtigste oorlogsmasjien wat die wÍreld tot op daardie datum aanskou het.

Ek kan dit nou ten enemale nie begryp waarom 'n politieke gevangene minder aansprake het op amnestie van staatsweŽ as 'n kriminele misdadiger nie. Waarom? Volgens watter etiese of morele kode of lewensleer?

'n Man kan met voorbedagte rade, ja, koelbloedig, 'n vrou of 'n kind vermoor, hy kan daardie kind verkrag. En nŠ hy 'n sekere aantal jare in die tronk deurgebring het, kan hy op amnestie aanspraak maak, mits hy hom goed gedra het.

Maar 'n politieke oortreder wat glad geen kriminele misdadiger is nie, geen menslike bloed op sy hande het nie, net mislei was deur sy blinde geloof in sekere doktrinÍre politieke leerstellinge, mag geen dergelike aanspraak maak nie.

Ek vra weer: Waarom?

En dat mnr Mike Mitchell, LV kan beweer dat hierdie soort vergrype teen die owerheid of staat meer afskuwelik - Heinous, meen ek, was sy woord - is as die misdadigste van kriminele misdade, gaan my verstand te bowe. Dit is vir my 'n sonderlinge soort logika en 'n sedeleer sonder punt.

Bram Fischer behoort tot die oudste en bekendste Vrystaatse families. Sy grootvader was president van die Republiek van die Oranje Vrijstaat, sy vader regter-president van die Vrystaat.

Sy Fichardt-grootvader was een van die stigters destyds van die Nasionale Party in daardie provinsie. En kan in diť trant aanhou.

Het Bram Fischer nie genoeg gely, is hy nie genoeg gestraf nie? Kort voor hy in hegtenis geneem is, het hy sy vrou in tragiese omstandighede verloor. In die gevangenis het hy sy vryheid verloor, sy enigste seun, sy gesondheid ... hy is 'n ou en siek man.

Soos reeds aangedui, is dit 'n goeie ou Afrikaanse (of Suid-Afrikaanse) gewoonte om genade te betoon aan politieke oortreders nŠ die verloop van 'n sekere aantal jare. Om te kan vergewe, is ons geleer, is 'n goddelike trek in diť mens. Ja, vergewensgesindheid is een van die weinige menslike eienskappe wat aan die Godheid kan grens. Word dit nie nou tyd om Abraham Fischer te vergewe nie?



LitNet: 28 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.